S v Moolman

JurisdictionSouth Africa
Citation1993 (2) SACR 519 (E)

S v Moolman
1993 (2) SACR 519 (E)

1993 (2) SACR p519


Citation

1993 (2) SACR 519 (E)

Court

Oos-Kaapse Afdeling

Judge

Zietsman RP, Nepgen R

Heard

February 12, 1993

Judgment

July 8, 1993

Counsel

JW Wessels namens die appellant
L Jordaan namens die Staat

Flynote : Sleutelwoorde B

Uitspraak — Beskuldigde geregtig op uitspraak ten opsigte van elk van aanklagtes waarop hy gepleit het — Beskuldigde aangekla van vier aanklagtes van aanranding met die opset om ernstig te beseer gepleeg oor tydperk van twee dae maar skuldig bevind aan slegs een gekonsolideerde C aanklag — Beskuldigde nie vrygespreek op ander aanklagtes nie — Bevind op appèl dat in daardie geval beskuldigde op ander aanklagtes ingevolge art 106(4) van die Strafproseswet 51 van 1977 vrygespreek moes word maar in lig van die getuienis moes hy op vier afsonderlike aanklagtes skuldig bevind gewees het.

Headnote : Kopnota

Die appellant is in 'n landdroshof aangekla van vier aanklagtes van D aanranding met die opset om ernstig te beseer. Uit die aanvaarde getuienis het dit geblyk dat die appellant die klaer op vier geleenthede oor 'n tydperk van twee dae aangerand het. Die landdros was van mening dat aangesien al die voorvalle op presies dieselfde wyse plaasgevind het die appellant hom skuldig gemaak het aan slegs een gekonsolideerde aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer. Die appellant is nie op die E ander aanklagtes vrygespreek nie. Op appèl het die Hof beslis dat die landdros fouteer het deur nie uitspraak te gee ten opsigte van elk van die aanklagtes waarop die appellant gepleit het soos vereis deur art 106(4) van die Strafproseswet 51 van 1977 nie. Die Hof het verder beslis dat die getuienis in elk geval skuldigbevindings op elkeen van die vier aanklagtes regverdig het. Ingevolge art 309 gelees met art 304(2) van die F Strafproseswet het die Hof die skuldigbevinding op die een gekonsolideerde aanklag tersyde gestel en dit vervang met 'n skuldigbevinding aan aanranding met die opset om ernstig te beseer ten opsigte van elk van die vier afsonderlike aanklagtes.

Flynote : Sleutelwoorde

Verdict — Accused entitled to verdict in respect of each count to which he pleads — Accused charged with four counts of assault with intent to do grievous bodily harm committed over period of two days but convicted of only one consolidated count — Accused not acquitted on other counts — Held on appeal that in that event accused entitled in terms of s 106(4) of H Criminal Procedure Act 51 of 1977 to be acquitted on other counts but in light of evidence he ought to have been convicted of four separate counts.

Headnote : Kopnota

The appellant was charged in the magistrate's court with four counts of assault with intent to do grievous bodily harm. From the accepted evidence it appeared that the appellant had assaulted the complainant over a period I of two days on four occasions. The magistrate was of the opinion that as all the incidents had taken place in exactly the same way the accused was guilty of one consolidated count of assault with the intent to do grievous bodily harm. The appellant was not acquitted on the other counts. On appeal the Court found that the magistrate had erred in not giving a verdict in terms of s 106(4) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977 on J each of

1993 (2) SACR p520

A the counts to which the appellant had pleaded. The Court held further that the evidence in any event justified convictions on each of the four counts. In terms of s 309 read with s 304(2) of the Criminal Procedure Act the Court set aside the conviction on the one consolidated count and replaced it with a conviction of assault with intent to do grievous bodily harm on each of the four separate counts. B

Case Information

Appèl teen 'n skuldigbevinding en vonnis in 'n landdroshof.

J W Wessels namens die appellant.

L Jordaan namens die Staat. C

Cur adv vult.

Postea (8 Julie 1993).

Judgment

Nepgen R:

Die appellant, 'n konstabel in die Suid-Afrikaanse Polisie, is in die streekhof te Elliott skuldig bevind aan aanranding met die opset om ernstig te beseer en is gevonnis tot drie jaar gevangenisstraf, waarvan een jaar gevangenisstraf voorwaardelik opgeskort is vir vyf jaar. Die appellant appelleer teen beide die skuldigbevinding en die vonnis. D

Toe die appellant aanvanklik verskyn het, was ene Hayward, 'n sersant in E die Suid-Afrikaanse Polisie, 'n mede-beskuldigde in verband met 'n klagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer ten opsigte van ene Jonase. Daar was verder vier klagtes van aanranding met die opset om ernstig te beseer ten opsigte van Nombuko Kleinboy Nqelana teen die appellant alleen. By die aanvang van die verhoor is die klagte van aanranding ten opsigte van Jonase teruggetrek, en die verrigtinge is daarna slegs teen die appellant voortgesit. Hy het op die vier klagtes F waarop hy tereggestaan het, onskuldig gepleit maar is, soos reeds vermeld, aan een klagte van aanranding skuldig bevind. Ek sal hieronder meer volledig na hierdie aspek van die saak verwys.

Die appèl het aanvanklik op 25 September 1992 voor Zietsman RP en Rein Wn R gedien. Daar is toe 'n bevel gemaak dat die appèl sine die uitgestel word, en dat die Staat die klaer se polisieverklaring aan die appellant se G regsverteenwoordigers beskikbaar moet stel ten einde die appellant in staat te stel om te besluit of hy aansoek moet doen om die polisieverklaring van die klaer aan die hof beskikbaar te stel. Hierdie bevel is gemaak in die lig van die betoogshoofde van die appellant en die Staat. In hierdie verband moet dit gemeld word dat die appellant se betoogshoofde die indruk skep dat die appellant aanvoer dat daar tydens die verhoor 'n onreëlmatigheid plaasgevind het deurdat die aanklaer, ten H spyte daarvan dat die klaer klaarblyklik van sy polisieverklaring afgewyk het, versuim het om hierdie verklaring aan die verdediging beskikbaar te stel. Die Staat het, op sy beurt, te...

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT