S v Moloto

JurisdictionSouth Africa
JudgeRumpff HR, Wessels AR, Jansen AR, Corbett AR en Joubert AR
Judgment Date30 November 1981
Citation1982 (1) SA 844 (A)
Hearing Date22 May 1981
CourtAppellate Division

Rumpff HR:

Nadat die uitspraak in S v Moloto gegee is (kyk 1980 (3) SA 1081 (B)), het die Verhoorregter die volgende regsvrae voorbehou:

'1. Kan poging tot moord wat gepleeg is in die loop van 'n roof en daarby aanwesig was soos bedoel in art 277 (1) (c) van die Strafproseswet 51 van 1977 as 'n verswarende omstandigheid by die roof behandel word soos bedoel in die genoemde bepaling, en ook die feite-basis vorm vir 'n onafhanklike skuldigbevinding van dieselfde persoon aan poging tot moord?

2. Is S v Benjamin en 'n Ander 1980 (1) SA 950 (A) korrek beslis?'

B Die eerste regsvraag omvat twee aspekte, nl

(a)

kan poging tot moord wat deur 'n beskuldigde gepleeg is 'in die loop van' 'n roof 'en daarby aanwesig was soos bedoel in art 277 (1) (c) van die Strafproseswet 51 van 1977',

(b)

C dien as 'n verswarende omstandigheid by die roof en ook die feite-basis vorm om dieselfde beskuldigde aan poging tot moord skuldig te bevind?

Die eerste aspek verwys na die geval waar 'n beskuldigde 'in die loop van' of gedurende die pleging van roof ook poging tot moord pleeg, dws D waar die pleging van hierdie twee misdade in samehang met mekaar gepleeg word al word die een voor of na die ander of gelyktydig gepleeg. Die sinsnede 'en daarby aanwesig was soos bedoel in art 277 (1) (c) van die Strafproseswet 51 van 1977' in die eerste aspek van die eerste regsvraag is ongelukkig bewoord aangesien art 277 (1) (c) glad nie verwys na poging tot moord wat by die pleging van roof aanwesig is nie. E Artikel 277 (1) (c) verleen aan 'n Verhoorregter 'n diskresie om 'n beskuldigde wat skuldig bevind word aan roof, of poging tot roof, met verswarende omstandighede die doodvonnis op te lê. Hierdie verwysing in die eerste aspek van die eerste regsvraag na art 277 (1) (c) is irrelevant omdat die tweede aspek van die eerste regsvraag op die F handelingselement van poging tot moord as 'n verswarende omstandigheid by roof betrekking het. Die eerste regsvraag kom wesenlik daarop neer (1) of die handelingselement by poging tot moord wat 'n beskuldigde in samehang met roof pleeg (hetsy voor of na of gelyktydig met die pleging van die roof) as verswarende omstandigheid by die roof kan dien en (2) G of die beskuldigde skuldig bevind kan word aan poging tot moord sowel as roof met verswarende omstandighede.

Artikel 1 van die Strafproseswet 51 van 1977 omskryf 'verswarende omstandighede' met betrekking tot roof, of poging tot roof, soos volg:

'(i)

die hanteer van 'n vuurwapen of 'n ander gevaarlike wapen;

(ii)

die toediening van 'n ernstige liggaamlike besering; of

(iii)

'n dreigement om 'n ernstige liggaamlike besering toe te dien

H deur die oortreder of 'n medepligtige by die geleentheid waarby die misdryf gepleeg word, hetsy voor of gedurende of na die pleging van die misdryf.'

(My kursivering.) Volgens hierdie wye omskrywing van 'verswarende omstandighede' volg dit dat die handelingselement by poging tot moord slegs daaraan kan voldoen indien dit bestaan uit (1) die hanteer van 'n vuurwapen of 'n ander gevaarlike wapen, of (2) die toediening van 'n ernstige liggaamlike besering. 'n Dreigement om 'n ernstige liggaamlike besering toe te dien, is per se onvoldoende om 'n

Rumpff HR

handelingselement by poging tot moord te wees. Poging tot moord is immers onvoltooide moord omdat die slagoffer nog in lewe is. Dit is 'n A selfstandige misdaad wat gepleeg word met die wederregtelike opset om die slagoffer te vermoor maar die dood-veroorsakende handeling, wat verrig is, het nie die dood van die slagoffer teweeggebring of veroorsaak nie.

Roof is diefstal wat deur middel van geweld, of dreigement van geweld, B gepleeg word. Dit bestaan uit twee wederregtelike handelinge, nl die geweldpleging, of bedreiging van geweldpleging, teenoor die slagoffer, asook die ontneming en toe-eiening van die slagoffer se goed. Dit geskied met die opset om te steel, dws om die slagoffer se goed te neem en toe te eien, asook met die opset om die slagoffer deur die geweldpleging, of bedreiging van geweldpleging, tydelik vir doeleindes C van die pleging van die roof so weerloos te maak deur sy weerstand uit te skakel sodat hy hom aan die rower onderwerp om nie sy goed te verdedig nie of hom daarby berus dat die rower sy goed steel. Roof, of poging tot roof, met verswarende omstandighede is nie 'n nuwe soort misdaad wat deur die Wetgewer geskep is nie. Dit bly steeds roof, of D poging tot roof, maar volgens art 277 (1) (c) verleen die aanwesigheid van verswarende omstandighede aan die Verhoorregter 'n diskresionêre bevoegdheid om by skuldigbevinding die doodvonnis op te lê.

Ten einde 'n antwoord op die eerste regsvraag te vind, is dit nodig om E aan die hand van die omskrywings van poging tot moord, roof en verswarende omstandighede te let op die toepassing daarvan op sekere voor die handliggende gevalle wat hul in die praktyk voordoen of kan voordoen sonder om daardeur te kenne te gee dat daardeur alle moontlike gevalle gedek word. Daar kan tussen die volgende gevalle onderskei word:

(a)

F Poging tot moord, of moord, kan in samehang met diefstal gepleeg word sonder dat daar sprake van roof is. Byvoorbeeld X skiet na sy aardsvyaand Y met die opset om hom te dood; Y val op die grond neer en X meen dat Y gedood is; toe X die toneel wil verlaat, sien hy toevallig Y se goue sakhorlosie wat op die grond lê; X tel die goue sakhorlosie op en G hardloop weg. Indien dit later blyk dat Y nie gedood is nie, is X duidelik aan poging tot moord sowel as diefstal skuldig. Indien Y wel gedood is, dan is X duidelik aan moord sowel as diefstal skuldig. In beide gevalle is daar geen sprake van roof nie omdat daar nie aan die vereiste van roof voldoen is H nie. Vgl S v Mogala en 'n Ander 1978 (2) SA 412 (A) te 415G.

(b)

Diefstal kan gepleeg word in samehang met poging tot moord, of moord, sonder dat daar sprake van roof is. Neem die geval waar X diefstal pleeg. Daarna verdwyn hy met die gesteelde goed. Y, die eienaar van die gesteelde goed, vind X later en X pluk sy vuurwapen uit, skiet na Y, maar mis hom. Dit...

To continue reading

Request your trial
40 practice notes
  • S v Mbatha en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...te skakel sodat hy nie in staat is om sy goed te verdedig nie of sodat hy hom D daarby berus dat sy goed gesteel word (vgl S v Moloto 1982 (1) SA 844 (A) op 850B - C). Appellant no 6 het aanskou hoe appellant no 5 by die betreding van die winkel 'n vuurwapen uithaal en dit op die oorledene ......
  • 2015 index
    • South Africa
    • Juta South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...242-3S v Mokgara 2015 (1) SACR 634 (GP) ................................................. 421, 428S v Moloto 1982 (1) SA 844 (A)........................................................... 400S v Mooketsi 2015 (1) SACR 295 (NCK) .............................................. 114-5, 128S v Mo......
  • S v Bapela and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SA 757 (A) at 760; S v Giannoulis 1975 (4) SA 867 (A) I at 873; S v M 1976 (3) SA 644 (A); S v Pillay 1977 (4) SA 531 (A); S v Moloto 1982 (1) SA 844 (A); S v Knoop 1982 (2) PH H120 (A); S v Mthambamba (AD) 19 May 1983, unreported; S v Sithole en Andere 1983 (3) SA 610 (A) at 614 - 5; S v T......
  • S v Tloome
    • South Africa
    • Invalid date
    ...S v Mathebula and Another 1978 (2) SA 607 (A); S v Felix and Another 1980 (4) SA 604 (A); S v Witbooi 1982 (1) SA 30 (A); S v Moloto 1982 (1) SA 844 (A); S v Mooi 1985 (1) SA 625 (A); S v Pieters 1987 I (3) SA 717 (A); S v Masina and Others 1990 (4) SA 709 (A); S v Senonohi 1990 (4) SA 727 ......
  • Request a trial to view additional results
38 cases

    ...S v Mathebula and Another 1978 (2) SA 607 (A); S v B Felix and Another 1980 (4) SA 604 (A); S v Witbooi 1982 (1) SA 30 (A); S v Moloto 1982 (1) SA 844 (A); S v Mooi 1985 (1) SA 625 (A); S v Pieters 1987 (3) SA 717 (A); S v Masina and Others 1990 (4) SA 709 (A); S v Senonohi 1990 (4) SA 727 ......
  • Request a trial to view additional results
1 books & journal articles
  • 2015 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...242-3S v Mokgara 2015 (1) SACR 634 (GP) ................................................. 421, 428S v Moloto 1982 (1) SA 844 (A)........................................................... 400S v Mooketsi 2015 (1) SACR 295 (NCK) .............................................. 114-5, 128S v Mo......
40 provisions
  • S v Mbatha en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...te skakel sodat hy nie in staat is om sy goed te verdedig nie of sodat hy hom D daarby berus dat sy goed gesteel word (vgl S v Moloto 1982 (1) SA 844 (A) op 850B - C). Appellant no 6 het aanskou hoe appellant no 5 by die betreding van die winkel 'n vuurwapen uithaal en dit op die oorledene ......
  • 2015 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...242-3S v Mokgara 2015 (1) SACR 634 (GP) ................................................. 421, 428S v Moloto 1982 (1) SA 844 (A)........................................................... 400S v Mooketsi 2015 (1) SACR 295 (NCK) .............................................. 114-5, 128S v Mo......
  • S v Bapela and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SA 757 (A) at 760; S v Giannoulis 1975 (4) SA 867 (A) I at 873; S v M 1976 (3) SA 644 (A); S v Pillay 1977 (4) SA 531 (A); S v Moloto 1982 (1) SA 844 (A); S v Knoop 1982 (2) PH H120 (A); S v Mthambamba (AD) 19 May 1983, unreported; S v Sithole en Andere 1983 (3) SA 610 (A) at 614 - 5; S v T......
  • S v Tloome
    • South Africa
    • Invalid date
    ...S v Mathebula and Another 1978 (2) SA 607 (A); S v Felix and Another 1980 (4) SA 604 (A); S v Witbooi 1982 (1) SA 30 (A); S v Moloto 1982 (1) SA 844 (A); S v Mooi 1985 (1) SA 625 (A); S v Pieters 1987 I (3) SA 717 (A); S v Masina and Others 1990 (4) SA 709 (A); S v Senonohi 1990 (4) SA 727 ......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT