S v Molefe

JurisdictionSouth Africa
JudgeHiemstra HR
Judgment Date02 March 1982
Citation1982 (4) SA 424 (B)
Hearing Date02 March 1982
CourtBophuthatswana Supreme Court

Hiemstra HR:

Hierdie hersiening het betrekking op die bedoelinge en oogmerke van die Wet op Staatsveiligheid 32 van 1979 (B). Die beskuldigde is aangekla van 'oortreding van art 10 (a) van Wet 17 van C 1956'. Dit is die Suid-Afrikaanse Wet op Oproerige Byeenkomste. Hier is ongelukkig groot onkunde aan die dag gelê en in die loop daarvan is ernstige onreg gepleeg.

In die eerste plaas is die Suid-Afrikaanse Wet reeds herroep, by art 40 van die Bophuthatswana Wet op Staatsveiligheid 32 van 1979. Artikel 37 D van die Bophuthatswana Wet stem woordeliks ooreen met art 10 van die Suid-Afrikaanse Wet. Die foutiewe verwysing na die reeds herroepe Wet sou nie noodwendig 'n noodlottige gebrek in die aanklag gewees het nie, so lank die oortreding maar duidelik genoeg in die aanklag uiteengesit word (R v Kharibe 1958 (1) SA 191 (T); Hiemstra 3rde uitg te 199). Ek sal die aanklag behandel asof art 37 van Wet 32 van 1979 daarin vermeld E was, soos dit moes gewees het. Die liggaam van die aanklag, nadat hy gesuiwer is van sy grammatikale monstruositeite en die regte artikelnommers daarin geplaas is, lui so:

'dat beskuldigde skuldig is aan oortreding van art 37 (a) saamgelees F met art 42 van Wet 32 van 1979 deurdat hy op of omtrent 13 November 1981 wederregtelik en opsetlik vir Shadrack More gedreig het om geweld te gebruik op sy persoon, deur te sê dat hy hom sal vermoor deur hom dood te skiet'.

Wanneer 'n mens let op die bewoording van die artikel kom die gebreke van die aanklag aan die lig. 'n Artikel word uitgelê volgens die verband waarin hy verskyn. Die Wet is 'n Wet op Staatsveiligheid en die hoofstuk G se opskrif is 'Diensverrigting, openbare geweldpleging en aanverwante aangeleenthede'. Die artikel self lui:

'Iemand wat, ten einde 'n ander persoon te dwing om 'n handeling na te laat of te verrig, wat daardie ander persoon regtens mag doen of nalaat, of omdat daardie ander persoon bedoelde handeling nagelaat of verrig het -

(a)

dreig om geweld of dwang te gebruik of voorstel dat geweld of dwang gebruik word teenoor daardie ander persoon of enige van sy familiebetrekkinge

Hiemstra HR

of afhanklikes, of dreig om die eiendom van daardie persoon of enige van sy familiebetrekkinge of afhanklikes te beskadig of voorstel dat dit beskadig word;

(b)

A .....

(c)

.....

(d)

.....

is aan 'n misdryf skuldig tensy hy bewys dat hy wettige rede gehad het om aldus op te tree, of dat sy optrede nie in verband...

To continue reading

Request your trial
4 practice notes
  • Greeff NO v Registrar of Deeds, Cape Town, and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...I hold that the Minister was not empowered to authorise the permanent restriction of the separate sales of the properties. S v Molefe 1982 (4) SA 424; Director of Public Prosecutions v Schildkamp 1971 AC at 29; Simango v Buitendag NO 1943 WLD at 91; Sitole v Johannesburg City Council 1933 A......
  • S v Madito
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and that the presumption which he had to rebut was that the passengers were being carried for reward.' In die saak van S v Molefe 1982 (4) SA 424 (B) op 426E - F G ondersteun Hiemstra HR ook hierdie benadering waar hy 'Ook is dit in 'n aanklag verpligtend om, waar 'n artikel 'n bewyslas op ......
  • S v Madito
    • South Africa
    • Northern Cape Division
    • 30 May 1986

  • S v K and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...a grave error of judgment on the part of the policeman not to keep the soiled clothing as an exhibit. This judgment will be forwarded 1982 (4) SA p424 Hiemstra to the chief of police with the request that the policeman be instructed in regard to exhibits. A Another unusual incident in the c......
4 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT