S v Mokgethi en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa
JudgeHiemstra HR en Steenkamp R
Judgment Date25 February 1982
Citation1982 (3) SA 555 (B)
Hearing Date15 February 1982
CourtBophuthatswana Supreme Court

Hiemstra HR:

Hierdie appèl handel oor verbeurdverklaring van handelsvoorraad weens handeldryf sonder lisensie. Dit word verbied by A art 19 (a) (i) van die Wet op Sake - en Handelsondernemings 26 van 1979 (B).

Daar was twee beskuldigdes, 'n sestienjarige meisie Mieta Mokgethi, wat beskuldigde nr 1 was, en Fred Makhabele, 'n 53-jarige man wat beskuldigde nr 2 was. Die handelsvoorraad was in nr 2 se huis. Nr 1 was 'n toevallige besoeker daar op 'n partytjie en het 'n pakkie Boxer-tabak B aan een van die gaste verkoop. Sy het dit sonder opdrag of toestemming gedoen. Prima facie lyk dit of nr 2 die werklike handelaar was, want daar was voorrade kruideniersware in sy huis, veel groter as wat in 'n gewone huishouding benodig word. Beskuldigde nr 1 se optrede C was wel tegnies 'n oortreding, maar dit skyn of sy heeltemal sonder wederregtelikheidsbewussyn (knowledge of unlawfulness) gehandel het. Sy was deur 'n prokureur verteenwoordig maar het skuldig gepleit en is skuldig bevind. Op appèl is haar saak hoegenaamd nie bepleit nie, hoewel sy 'n prokurasie om te appelleer gegee het. Ek sal op haar geval terugkom.

D Beskuldigde nr 2 het onskuldig gepleit en die aanklaer het sy pleit aanvaar hoewel daar myns insiens 'n saak teen hom uitgemaak kon gewees het op grond van die voorrade in sy huis. Hoewel hy onskuldig bevind is, is op heeltemal onlogiese wyse sy voorraad verbeurd verklaar aan die Staat. As hy onskuldig is, hoe kon sy voorraad dan verbeurd verklaar word?

E Op dié grond alleen moet die verbeurdverklaring ter syde gestel word, maar daar is twee ander gronde waarop die bevel ook aanvegbaar is.

Die magistraat het nie die verbeuringsmag uitgeoefen wat in art 19 van F die betrokke Wet gegee word nie, maar het gehandel ingevolge art 35 van die Strafproseswet 51 van 1977. Dit het te doen met werktuie en hulpmiddels wat by die pleging van 'n misdaad gebruik word. In S v Hlangothe en 'n Ander 1979 (4) SA 199 (B) het hierdie Hof beslis dat handelsvoorraad nie die soort hulpmiddel is wat daar bedoel word nie, en nie verbeurd verklaar kan word weens handeldryf sonder 'n lisensie nie. G Daar is wel 'n Suid-Afrikaanse beslissing na die ander kant toe (S v Matsane en 'n Ander 1978 (3) SA 821 (T)), maar hierdie Hof het daarvan verskil en hierdie Hof moet gevolg word.

Skynbaar in die lig van die Hlangothe- beslissing het die Wetgewer toe in die daaropvolgende Wet op Sake - en Handelsondernemings 'n spesiale H verbeuringsmag...

To continue reading

Request your trial
2 practice notes
  • National Director of Public Prosecutions v Swart
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(2) SACR p187 A National Director of Public Prosecutions v Seleoane [2003] 3 All SA 102 (NC): referred to S v Mokgethi en 'n Ander 1982 (3) SA 555 (B): referred Unreported cases National Director of Public Prosecutions v Mohamed and Another (TPD case No 19055/02, 17 September B 2003): refer......
  • National Director of Public Prosecutions v Swart
    • South Africa
    • South Eastern Cape Local Division
    • 24 February 2005

2 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT