S v Mento en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa
JudgeSmalberger AR
Judgment Date20 May 1997
Docket Number275/94 & 505/94
CourtAppellate Division
Hearing Date09 May 1997
Citation1997 JDR 0377 (AD)

Smalberger AR:

Die 83 jarige mev A M Dombrowsky ("die oorledene") was 'n beminde inwoner van Kleinmond. Gedurende die laat namiddag op 13 Oktober 1992 is sy by haar huis te 15de Laan 19, waar sy alleen gewoon het, op gruwelike en gewelddadige wyse aangerand en om die lewe gebring. Sy is 'n aansienlike aantal beserings toegedien, hoofsaaklik aan haar kop en bolyf. Daar is mettertyd bevind dat die oorsaak van haar dood 'n ingedrewe skedelfraktuur met breinskade was. Die aard en omvang van haar beserings was sodanig dat dit geen twyfel gelaat het nie dat haar aanvaller of aanvallers die direkte opset gehad het om haar te dood. Sover vasgestel kon word, is daar uit haar woning 'n goue polshorlosie, sekere toiletware en 'n bos sleutels geneem. Haar Volkswagen motor ("die voertuig") is ook uit haar motorhuis verwyder. Dit is later 'n entjie in die straat-af gevind, waar dit geabandoneer was. Die sleutels

1997 JDR 0377 p3

Smalberger AR

van die voertuig was in die skakelaar. Dit het later geblyk dat die voertuig se battery pap was. Dit het verhoed dat die aangeskakel kon word. Op die agterste sitplek was 'n snoeiskêr waarop bloed was. Die verwyderde toiletware is ook in die voertuig gevind. In die oorledene se slaapkamer, waar sy dood aangetref is, is daar 'n bloedbevlekte broodmes gevind.

Voortspruitend uit die gebeure wat aanleiding gegee het tot die dood van die oorledene het die twee appellante in die destydse Kaapse Provinsiale Afdeling voor Horn Wnd R en twee assessore tereggestaan op aanklagte van, onder andere, roof met verswarende omstandighede (aanklag 2) en moord (aanklag 4). Albei het aanvanklik onskuldig gepleit, maar die eerste appellant het gedurende die verhoor sy pleit verander na een van skuldig aan die genoemde twee aanklagte. Na afloop van die verhoor is albei appellante skuldig bevind aan moord. Op die roofaanklag is die eerste appellant skuldig bevind aan roof (sonder verswarende omstandighede) ten opsigte van die polshorlosie,

1997 JDR 0377 p4

Smalberger AR

die toiletware en die sleutels, en diefstal ten opsigte van die voertuig. Die tweede appellant is skuldig bevind alleenlik aan diefstal van die toiletware, sleutels en voertuig. Hulle is vrygespreek op die ander aanklagte hulle ten laste gelê. Albei appellante is die doodvonnis opgelê ten opsigte van die moord; wat die oorblywende skuldigbevinding betref, is die eerste appellant en die tweede appellant onderskeidelik tot 5 en 41/2 jaar gevangenisstraf gevonnis. Die eerste appellant kom nou in hoër beroep alleenlik teen die doodvonnis hom opgelê; die tweede appellant appelleer (met verlof, sover dit nodig is) teen beide sy skuldigbevindings en die vonnisse wat daarmee gepaard gaan.

Ek behandel eerstens die tweede appellant se appèl teen sy skuldigbevindings. Die Staat se saak teen hom berus hoofsaaklik op omstandigheidsgetuienis. Hy self het nie getuienis afgelê nie. Sy verweer blyk uit 'n verklaring wat hy 'n dag na die betrokke voorval voor 'n landdros afgelê het. Aanvanklik was die toelaatbaarheid van die verklaring betwis, maar die

1997 JDR 0377 p5

Smalberger AR

beswaar daarteen is later teruggetrek, en die verklaring is ingehandig as deel van die Staat se saak. Die verklaring lui soos volg:

"Gister so 11 vm het ek opgehou met werk. Ek loop toe dorp toe. Ek kry vir Pieter Mentoor. Ek het 'n half dosyn bier by my gehad. Pieter gee my toe R12 vir 'n bottel Honey Blossom en Lion bier. Ek het dit vir hom gaan koop. Ons gaan sit toe by die see. Ek het nie van die Honey Blossom gedrink nie. Jim Reeve, Sanien en nog 'n ou wat by Heuningklip bly was ook daar. Ek het vir hulle bier gegee. Hulle loop toe. Ek en Pieter Mentoor het oorgebly. Pieter sê hy het nie geld en is lus om te gaan inbreek. Hy loop toe. Ek het hom agtervolg. Ek sien hy staan by iemand met 'n bruin jas en rooi broek. Ek weet nie wie dit was nie. Ek het hom dopgehou so ± 20/50 meter weg. Ek sien hy gaan by die erf in. Ek hardloop toe nader. Ek hoor toe 'n fyn stemmetjie in die huis. Ek hoor glase breek. Ek het toe by die kamer venster gestaan. Die gordyn was toe. Ek gaan na die deur toe. Ek draai die knip oop. Ek gaan saggies in en loop saggies. Ek gaan die kamer in. Ek sien daar lê 'n vrou...

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT