S v Mbuyane; S v Nkitle

JurisdictionSouth Africa
JudgeMynhardt R
Judgment Date16 March 1999
CounselE Jordaan SC en H F Klein op versoek van die Hof as amicus curiae
Hearing Date16 March 1999
CourtTransvaal Provincial Division
Citation1999 (1) SACR 458 (T)

Mynhardt R:

In elk van die twee sake wat voor die Hof op hersiening dien is die beskuldigde deur 'n landdroshof, 'n sogenaamde distrikshof, gevonnis tot gevangenisstraf vir 'n langer termyn as 12 maande. In die eerste geval, dié van Mbuyane, is die beskuldigde skuldig bevind aan huisbraak met die opset om te C steel en diefstal. Hy is gevonnis tot 24 maande gevangenisstraf. Die misdaad is gepleeg op 16 September 1998. Die verhoor het plaasgevind op 9 November 1998 en die beskuldigde is op 3 Desember 1998 gevonnis. In die geval van Nkitle is die beskuldigde skuldig bevind aan diefstal en gevonnis tot drie jaar gevangenisstraf. D Die misdaad is gepleeg op 13 Mei 1998. Die verhoor het plaasgevind op 29 Junie 1998 en die beskuldigde is op daardie dag skuldig bevind. Die saak is toe uitgestel om die Staat die geleentheid te bied om die beskuldigde se vorige veroordelings te bewys. Op 5 November 1998 is die beskuldigde toe gevonnis. In albei gevalle is die misdade waarvoor die beskuldigdes voor die hof tereggestaan het dus gepleeg voor 7 Oktober 1998. Die belang van hierdie datum sal aanstons blyk. In die een E geval het die verhoor na 7 Oktober 1998 'n aanvang geneem maar in die geval van Nkitle het die verhoor 'n aanvang geneem voor 7 Oktober 1998 alhoewel dit afgehandel is na daardie datum.

In S v Mnisi en Andere ('Mnisi') 'n tot nog toe ongerapporteerde uitspraak van F Stafford R, met wie Ngoepe RP saamgestem het, wat gelewer is in hierdie Afdeling op 23 Desember 1998 onder saaknr A1446/98, is beslis dat 'n landdroshof nie 'n persoon wat skuldig bevind is aan 'n gemeenregtelike misdaad wat voor 7 Oktober 1998 gepleeg is, kan vonnis tot gevangenisstraf vir langer as 12 maande nie. Alhoewel die beslissing net direk betrekking het op 'n landdroshof volg dit logies dat die hof van 'n streekafdeling, of streekhof, in sulke gevalle ook G nie gevangenisstraf vir langer as tien jaar mag oplê nie. Die beslissing sou logies ook van toepassing wees op beide landdroshowe en streekhowe wat persone skuldig bevind aan statutêre oortredings wat gepleeg is voor 7 Oktober 1998 in gevalle waar die betrokke statuut vir 'n langer termyn van gevangenisstraf as 12 maande of tien jaar voorsiening maak maar nie 'n landdroshof of streekhof magtig H om die langer termyn gevangenisstraf op te lê nie.

Die beslissing in Mnisi het onmiddellik 'n gefladder in die duiwehok veroorsaak. Voor die beslissing gelewer was, was daar 'n hele paar gevalle waar Regters van hierdie Afdeling soortgelyke vonnisse bekragtig het in hersieningsake wat in die I gewone loop voor hulle gedien het. Volgens Mnisi was daardie vonnisse ongeoorloof. 'n Paar landdroste en minstens een streeklanddros wat sake voorgelê het vir hersiening en spesiale hersiening ingevolge arts 302(1) en 304(4) van die Strafproseswet, 1977, het ook memoranda voorgelê ter ondersteuning van die vonnisse wat J

Mynhardt R

A opgelê was en het hulle die standpunt ingeneem dat Mnisi verkeerd beslis is. Omdat die aangeleentheid van groot praktiese belang is en dringend aandag geverg het, het die Regter-president gelas dat 'n Volle Hof saamgestel moet word om die aangeleentheid te oorweeg. Vir daardie doel is bogenoemde twee sake geselekteer deur die Direkteur van Openbare Vervolgings, Transvaal, om voor B hierdie Hof te dien. Mnre E Jordaan SC en H F Klein van die Pretoria Balie het goedgunstig ingestem om as amici curiae op te tree by die beredenering van die aangeleentheid. Die Hof wil sy dank en waardering teenoor hulle uitspreek vir die moeite wat hulle gedoen het en die hulp wat hulle met hul betoog aan die Hof verleen het.

C Die vraag wat die Hof moet beantwoord is of dit geoorloof is vir 'n landdroshof en 'n streekhof om na 7 Oktober 1998 'n beskuldigde te vonnis tot gevangenisstraf van hoogstens drie jaar en 15 jaar onderskeidelik in gevalle waar 'n beskuldigde skuldig bevind is aan:

(1)

'n gemeenregtelike oortreding wat voor 7 Oktober 1998 gepleeg is; of

(2)

D 'n statutêre oortreding wat voor daardie datum gepleeg is en die betrokke statuut voorsiening maak vir die oplegging van 'n langer tydperk van gevangenisstraf as 12 maande of tien jaar maar nie die landdroshof of streekhof magtig om daardie vonnis op te lê nie.

E Tot 6 Oktober 1998 was die algemene jurisdiksie van landdroshowe en streekhowe om gevangenisstraf op te lê, beperk ingevolge art 92(1)(a) van die Wet op Landdroshowe 32 van 1944 tot hoogstens 12 maande en hoogstens tien jaar onderskeidelik. In die geval van gemeenregtelike misdrywe en wetteregtelike F misdrywe waar die betrokke statuut nie magtiging verleen het aan 'n landdroshof of 'n streekhof om gevangenisstraf vir 'n langer tydperk as bogemelde op te lê nie, was daardie howe se jurisdiksie dus beperk tot gemelde maksimum tydperke. In gevalle waar die betrokke statuut egter 'n korter tydperk as die bogemelde termyne as die maksimum tydperk van gevangenisstraf voorskryf wat opgelê kan word, G was die onderskeie howe natuurlik nie bevoeg om 'n langer tydperk van gevangenisstraf op te lê as wat deur die statuut voorgeskryf word nie. In daardie gevalle kon die bepalings van art 92(1)(a) van die Wet nie aangewend word om die maksimum tydperk van gevangenisstraf wat opgelê kan word volgens die statuut, te oorskry nie.

H Op 7 Oktober 1998 is die perke van die algemeen jurisdiksie van bogemelde howe verander. Artikel 6 van die Wysigingwet op Landdroste, 1998, Wet 66 van 1998, het art 92(1) van Wet 32 van 1944 gewysig deur para (a) daarvan te vervang met 'n nuwe para (a) waarvolgens 'n landdroshof, 'n distrikshof, gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens drie jaar kan oplê terwyl 'n streekhof gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens 15 jaar kan oplê.

I Die basis van die beslissing van Mnisi is dat die wysiging van art 92(1)(a) van Wet 32 van 1944 deur art 6 van Wet 66 van 1998 neerkom op verhoging of verskerping van die straf wat voorgeskryf was vir (gemeenregtelike) misdade wat voor 7 Oktober 1998 gepleeg is en omdat daar geen aanduiding te vind is in Wet J 66 van 1998 dat art 6 daarvan van

Mynhardt R

terugwerkende krag is nie, magtig dit nie 'n landdroshof om nou gevangenisstraf A van hoogstens drie jaar op te lê in gevalle waar die misdaad voor 7 Oktober 1998 gepleeg is nie.

In sy uitspraak in Mnisi het Stafford R uitsluitlik gesteun op die beslissing in R v Sillas 1959 (4) SA 305 (A). In daardie saak was die vraag wat die Hof moes beantwoord die vraag of die Verhoorregter in die Hof a quo verplig was om die B beskuldigde tot 'n gewoontemisdadiger te verklaar en of hy bloot 'n diskresie gehad het om dit te doen. Volgens die tersaaklike statutêre bepalings wat van toepassing was ten tye van die pleging van die misdaad deur die beskuldigde, was dit verpligtend vir die Verhoorregter om hom tot gewoontemisdadiger te verklaar. Na die datum van die pleging van die misdaad is die betrokke bepalings egter C gewysig. Volgens die gewysigde bepalings, wat op datum van skuldigbevinding van die beskuldigde in werking getree het, was dit nie meer verpligtend vir die Verhoorregter om die beskuldigde tot gewoontemisdadiger te verklaar nie. Die Verhoorregter was van oordeel dat dit steeds verpligtend was om die beskuldigde tot gewoontemisdadiger te verklaar en het dit ook gedoen. Hy het egter 'n D regsvraag vir beslissing deur die AppÉlhof, tans die hoogste Hof van appèl, voorbehou. Die AppÉlhof het beslis dat dit nie verpligtend was om die beskuldigde tot gewoontemisdadiger te verklaar nie. Die slotsom waartoe Botha Wn AR, soos hy toe was, gekom het, op 317A - B van die beslissing, en waarmee De Beer AR, Beyers AR en Smit Wn AR saamgestem het, was dat die Wetgewer ' 'n E retrospektiewe toepassing van die bepalings van die nuwe art 335 bedoel het, sodat vanaf die inwerkingtreding daarvan die voorwaardes vir verpligte verklaring tot gewoontemisdadiger dieselfde is, afgesien van wanneer die misdaad gepleeg is . . .' F

As dit nie was dat Botha Wn AR bevind het dat die wysigende Wet bedoel was om terugwerkende krag te hê nie sou die normale posisie volgens die belese Regter, op 315F van die beslissing, wees dat die gewysigde tersaaklike bepaling 'in die lig van die algemene vermoede teen retrospektiwiteit slegs van toepassing (is) ten opsigte van misdade gepleeg na die inwerkingtreding daarvan'. G

In die loop van sy afsonderlike uitspraak in Sillas het Schreiner AR, met wie De Beer AR, Beyers AR en Smit Wn AR ook saamgestem het, verwys na die uitspraak van Steyn AR, soos hy toe was, in R v Mazibuko 1958 (4) SA 353 (A) waar bevind was dat as 'n straf vir 'n misdaad verhoog word na die datum van die pleging daarvan dan moet 'n beskuldigde gevonnis word volgens die straf wat van H toepassing was op die datum van die pleging van die misdaad tensy bevind kan word dat die Wet wat vir die verhoogde straf voorsiening maak, terugwerkende krag het.

Ten aansien van die beslissing in Mazibuko sê Schreiner AR in Sillas die volgende op 311E - H van die beslissing: I

'The ratio decidendi of the judgment is accordingly not simply that the crime logically and necessarily carries its fixed penalty when it is committed but that, where the penalty is increased the accused is entitled to be treated on the basis of the penalty existing at the date of the offence. The whole of the ratio decidendi was that a penalty cannot without express words or clear implication, be increased against a wrongdoer after the commission of the offence. J

Mynhardt R

A I have consulted the authorities mentioned in the judgment in Mazibuko's case and those referred to in Voet 1.3.17. They do not in general deal with the reduction of a penalty. The language of Voet, however, in the passage cited shows that, in saying (Gane's translation I at 47):

"If a penalty has to be imposed for wrongdoing committed before a new law which B perhaps sharpens the penalties, then it must be inflicted according to the terms of...

To continue reading

Request your trial
9 practice notes
  • Veldman v Director of Public Prosecutions, Witwatersrand Local Division
    • South Africa
    • Invalid date
    ...G approved S v Makwanyane and Another 1995 (3) SA 391 (CC) (1995 (2) SACR 1; 1995 (6) BCLR 665): referred to S v Mbuyane; S v Nkitle 1999 (1) SACR 458 (T) (1999 (6) BCLR 699): referred to S v Mhlungu and Others 1995 (3) SA 867 (CC) H (1995 (2) SACR 277; 1995 (7) BCLR 793): referred to S v M......
  • Veldman v Director of Public Prosecutions, Witwatersrand Local Division
    • South Africa
    • Invalid date
    ...approved C S v Makwanyane and Another 1995 (2) SACR 1 (CC) (1995 (3) SA 391; 1995 (6) BCLR 665): referred to S v Mbuyane; S v Nkitle 1999 (1) SACR 458 (T) (1999 (6) BCLR 699): referred to S v Mhlungu and Others 1995 (2) SACR 277 (CC) (1995 (3) SA 867; 1995 (7) BCLR 793): referred to D S v M......
  • S v Senyolo
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SA 534): referred to S v Malgas 2001 (1) SACR 469 (SCA) (2001 (2) SA 1222; [2001] 3 All SA 220): referred to S v Mbuyane; S v Nkitle 1999 (1) SACR 458 (T) (1999 (6) BCLR 699): S v Mnisi en Andere 1999 (1) SACR 189 (T): referred to G S v Rall 1982 (1) SA 828 (A): referred to S v Sikhipha 200......
  • Veldman v Director of Public Prosecutions, Witwatersrand Local Division
    • South Africa
    • Constitutional Court
    • 5 décembre 2005
    ...G jurisdiction had come into force. [54] In a subsequent Full Bench decision of the Pretoria High Court, S v Mbuyane; S v Nkitle 1999 (1) SACR 458 (T) (1999 (6) BCLR 699), a majority of the Court held that the decision in Mnisi was wrong. [8] In I O'Regan particular, the majority correctly ......
  • Request a trial to view additional results
6 cases

3 books & journal articles
  • Recent Case: Sentencing
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , September 2019
    • 3 septembre 2019
    ...contained in the penalty clause of any statutory offence (at para 18). However, disagreeing with the minority view in S v Mbuyane 1999 (1) SACR 458 (T), the court found that the general penal jurisdiction of a court is not 'prescribed punishment' and that an increase in this jurisdiction is......
  • Recent Case: Sentencing
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , May 2019
    • 24 mai 2019
    ...came i to operatio , eve if the rime was committed before that date. The same conclusion was reached in S v Mbuyane; S v Nkitle 1999 (1) SACR 458 (T) in which the majority judgme t of the full bench, delivered by Mynhardt J (Du Plessis J oncurring, Pri sloo AJ disse ting), overruled S v Mni......
  • Recent Case: Criminal procedure
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , May 2019
    • 24 mai 2019
    ...(see R v Mazibuko 1958 (4) SA 353 (A)). After due consideration of relevant authorities the court in S v Mbuyani; S v Nkitle 1999 (1) SACR 458 (T) (per Mynhardt J) concluded that the provision limiting the penal jurisdiction of the magistrates' and regional courts was merely procedural and ......
9 provisions
  • Veldman v Director of Public Prosecutions, Witwatersrand Local Division
    • South Africa
    • Invalid date
    ...G approved S v Makwanyane and Another 1995 (3) SA 391 (CC) (1995 (2) SACR 1; 1995 (6) BCLR 665): referred to S v Mbuyane; S v Nkitle 1999 (1) SACR 458 (T) (1999 (6) BCLR 699): referred to S v Mhlungu and Others 1995 (3) SA 867 (CC) H (1995 (2) SACR 277; 1995 (7) BCLR 793): referred to S v M......
  • Veldman v Director of Public Prosecutions, Witwatersrand Local Division
    • South Africa
    • Invalid date
    ...approved C S v Makwanyane and Another 1995 (2) SACR 1 (CC) (1995 (3) SA 391; 1995 (6) BCLR 665): referred to S v Mbuyane; S v Nkitle 1999 (1) SACR 458 (T) (1999 (6) BCLR 699): referred to S v Mhlungu and Others 1995 (2) SACR 277 (CC) (1995 (3) SA 867; 1995 (7) BCLR 793): referred to D S v M......
  • S v Senyolo
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SA 534): referred to S v Malgas 2001 (1) SACR 469 (SCA) (2001 (2) SA 1222; [2001] 3 All SA 220): referred to S v Mbuyane; S v Nkitle 1999 (1) SACR 458 (T) (1999 (6) BCLR 699): S v Mnisi en Andere 1999 (1) SACR 189 (T): referred to G S v Rall 1982 (1) SA 828 (A): referred to S v Sikhipha 200......
  • Veldman v Director of Public Prosecutions, Witwatersrand Local Division
    • South Africa
    • Constitutional Court
    • 5 décembre 2005
    ...G jurisdiction had come into force. [54] In a subsequent Full Bench decision of the Pretoria High Court, S v Mbuyane; S v Nkitle 1999 (1) SACR 458 (T) (1999 (6) BCLR 699), a majority of the Court held that the decision in Mnisi was wrong. [8] In I O'Regan particular, the majority correctly ......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT