S v Mathope

JurisdictionSouth Africa
JudgeHiemstra HR
Judgment Date23 November 1981
Citation1982 (3) SA 33 (B)
Hearing Date16 November 1981
CourtBophuthatswana Supreme Court

Hiemstra HR:

In hierdie appèl kom die betekenis van 'n pleitverduideliking en die wyse van kruisondervraging skerp na vore, veral omdat die beskuldigde 'n regsverteenwoordiger gehad het en gebonde

Hiemstra HR

is aan die wyse waarop die regsverteenwoordiger sy saak behartig het. Wanneer 'n beskuldigde eenmaal sy saak in die hande van 'n A regsverteenwoordiger geplaas het, het die verteenwoordiger volle beheer oor die saak en die beskuldigde kan nie sy optrede repudieer nie (R v Matonsi 1958 (2) SA 450 (A) te 458).

Wat hier gebeur het, is dat die beskuldigde van roof aangekla is en 'n prokureur aangestel het om hom te verdedig. Daar was ruimskoots geleentheid vir konsultasie, so ruimskoots selfs dat die prokureur by B een geleentheid beswaar gemaak het teen uitstel. By die hervatting het dieselfde prokureur opgetree en 'n pleitverduideliking namens sy kliënt aangebied. Dit is so aangeteken:

'Beskuldigde het glad nie die klaagster of enigeen beroof nie. Plaas al die elemente van die misdaad in geskil. Hy was wel op die plek op die datum in die klagstaat genoem.'

C Die beskuldigde het, soos vereis deur art 115 (3) van die Strafproseswet 51 van 1977, hierdie pleitverduideliking bevestig. Wanneer 'n beskuldigde op 'n aanklag van roof of diefstal sê: 'Ek plaas al die elemente van die misdaad in geskil', dan is hy besig om, benewens ander dinge, te sê: 'Ek ontken dat ek die beweerde corpus delicti D verwyder het.' Hy is deur die magistraat gevra: 'Weet jy enigiets van die roof?' en sy antwoord was 'Nee'. Daar weer, het hy bevestig dat hy absoluut geen kennis dra van enige verwydering van die goed wat in die aanklag genoem word nie. Dit was ses hemde, 'n T-hemp en R20.

Eers toe die prokureur aan die einde van die verhoor die hof toegespreek E het, het hy neergekom op die verweer wat hier op appèl die kern van die beskuldigde se saak geword het, nl pandneming. Toe word nie meer al die elemente ontken nie. Toe was die verweer dat ene Simon die aand vantevore die beskuldigde se hoed geneem het, en dat die beskuldigde die volgende dag die klerasie geneem het om Simon oor te haal om die hoed F terug te gee. Daar was, na bewering, geen bedoeling om die eienaar permanent die genot van die klerasie te ontsê nie.

Dit is die soort van verweer wat, uit die beskuldigde se oogpunt, indien nie uit die oogpunt van geregtigheid nie, tot 'n hoogtepunt van doeltreffendheid opgestoot is in S v Van Coller 1970 (1) SA 417 (A). G Iemand kan...

To continue reading

Request your trial
2 practice notes
  • Bank of Lisbon and South Africa Ltd v Tandrien Beleggings (Pty) Ltd and Others (2)
    • South Africa
    • Invalid date
    ...brief and subject to such specific instructions as he may have accepted. R v Matonsi 1958 (2) SA 450 (A) at 456 and 457; S v Mathope 1982 (3) SA 33 (B) at 34. The conduct of the action inter alia involves decisions as to waiver of privilege and the calling of witnesses. Great Atlantic Insur......
  • S v Olyn
    • South Africa
    • Invalid date
    ...the efficacy of suspended sentences. This young man needs to be taught some discipline, when one views his previous convictions. 1982 (3) SA p33 Hiemstra The conviction is confirmed but the order of concurrency of the sentences is struck out. ...
2 cases
  • Bank of Lisbon and South Africa Ltd v Tandrien Beleggings (Pty) Ltd and Others (2)
    • South Africa
    • Invalid date
    ...brief and subject to such specific instructions as he may have accepted. R v Matonsi 1958 (2) SA 450 (A) at 456 and 457; S v Mathope 1982 (3) SA 33 (B) at 34. The conduct of the action inter alia involves decisions as to waiver of privilege and the calling of witnesses. Great Atlantic Insur......
  • S v Olyn
    • South Africa
    • Invalid date
    ...the efficacy of suspended sentences. This young man needs to be taught some discipline, when one views his previous convictions. 1982 (3) SA p33 Hiemstra The conviction is confirmed but the order of concurrency of the sentences is struck out. ...

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT