S v Malinga

JurisdictionSouth Africa
JudgeEksteen AR
Judgment Date29 November 1991
CounselD Marais namens die appellant op versoek van die Hof W R Malan namens die Staat
Hearing Date22 November 1991
CourtAppellate Division

Eksteen AR:

Omtrent 11:30 die aand van 3 April 1987 het 'n swart man die huis van mnr Johannes Phillipus Weyers te Piet Retief betree. Twee van die jong seuns in die huis het hom in hul slaapkamer verras, en terwyl J een van hulle hulp

Eksteen AR

A gaan soek het, is die man by die kombuisdeur uit. Hulle ouer broer, die 17-jarige Hendrik Willem Grey, wat in 'n buitekamer geslaap het, moes die indringer gewaar het, en het hom agternagesit. Grey het hom in Pretoriusstraat af gejaag tot in Retiefstraat. Daar moes die voortvlugtende vir Grey met 'n mes gesteek het, want Grey se lyk is kort daarna daar gevind met 'n snywond aan sy linkerskouer, en met vier steekwonde. Een van hierdie steekwonde was in sy borskas. Dit het die B linker ventrikel van sy hart gepenetreer en sy dood meegebring.

Op 7 November 1987 het die 57-jarige mnr Allen Gerard Brinck van Paul Pietersburg besluit dat hy nou genoeg gehad het van die vrou by wie hy gewoon het, en weggeloop. Hy was slegs geklee in 'n kort broek, 'n geruite hemp en sloffie sandale. Hy het die pad na Piet Retief gekies. Elfuur die aand is sy lyk sowat 10 km van Piet Retief in die pad gevind. C Hy het vyf steekwonde opgedoen. Een van hulle was deur die anterior borskaswand links van die sternum tussen die vyfde en sesde ribbes. Dit het sy linkerlong asook die linker atrium van sy hart gepenetreer en sy dood veroorsaak.

Op 16 November 1987 is die appellant in hegtenis geneem in verband met 'n aanklag van diefstal. Daarna het sekere inligting tot die kennis van D adjudant-offisier Van der Merwe, die ondersoekbeampte in beide bogemelde moordsake, gekom wat hy aan kaptein Alberts, wat ook behulpsaam met die ondersoek was, oorgedra het. Kaptein Alberts het met die appellant daaroor gepraat en as gevolg daarvan het appellant op 4 Desember 1987 sekere uitwysings op die Piet Retief-Paul Pietersburg pad aan luitenant Kilian gedoen, en daarna 'n bekentenis voor Kilian afgelê waarin hy sy aandadigheid aan roof op Brinck beken het nadat die oorledene deur ene E Johannes gesteek sou gewees het. By 'n latere geleentheid toe hy deur adjudant-offisier Van der Merwe verder ondervra is omtrent sy bekentenis ten einde die gemelde Johannes op te spoor, het appellant aan Van der Merwe beken dat hy leuens vertel het en dat hy inderdaad alleen was toe Brinck vermoor was.

Op 8 Desember het appellant sekere punte in die woning van mnr Weyers asook in Pretorius- en Retiefstrate in Piet Retief aan kaptein Alberts F uitgewys en daarna voor hom 'n bekentenis afgelê waarin hy sy aandadigheid aan die moord op Hendrik Grey beken het.

Die appellant is gevolglik voor die Rondgaande Hof te Piet Retief aangekla van

(1)

huisbraak met die opset om 'n misdryf onbekend aan die aanklaer te pleeg as gevolg van sy betreding van mnr Johannes Phillipus G Weyers se huis op 3 April 1987; en

(2)

die moord op Hendrik Grey dieselfde aand;

(3)

roof van Allen Gerard Brinck op 7 November 1987; en

(4)

die moord op Brinck dieselfde dag.

Die appellant het onskuldig gepleit op al vier aanklagte, en ook die toelaatbaarheid van die bekentenisse en die uitwysings betwis. By die H ondersoek rakende hulle toelaatbaarheid het die appellant getuig en beweer dat hy deur die polisie aangerand is en gedwing is om na plekke te wys terwyl foto's van hom geneem is. Aanvanklik het hy ook beweer dat hy gedwing is 'om 'n verklaring te maak dat ek die blankes doodgemaak het'. Later ontken hy dat hy enige verklarings hoegenaamd afgelê het. Die Verhoorhof het sy getuienis as ongeloofwaardig...

To continue reading

Request your trial
7 practice notes
  • Author index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...v Maguire 1969 4 SA 191 (RA) .......................................................... 447 © Juta and Company (Pty) Ltd S v Mahlinga 1992 1 SACR 138 (A) ...................................................... 269S v Mahomotsa 2002 2 SACR 435 (SCA) .................................................
  • Motata v Nair NO and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...referred to S v Holshausen 1983 (2) SA 699 (D): referred to S v M 2002 (2) SACR 411 (SCA) (2003 (1) SA 341): referred to S v Malinga 1992 (1) SACR 138 (A): referred S v Mkwanazi 1966 (1) SA 736 (A): referred to B S v Mpumlo and Others 1986 (3) SA 485 (E): referred to S v Niewoudt 1990 (4) S......
  • Motata v Nair NO and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...referred to S v Holshausen 1983 (2) SA 699 (D): referred to S v M 2003 (1) SA 341 (SCA) (2002 (2) SACR 411): referred to S v Malinga 1992 (1) SACR 138 (A): referred to E S v Mkwanazi 1966 (1) SA 736 (A): referred S v Mpumlo and Others 1986 (3) SA 485 (E): referred to S v Niewoudt 1990 (4) S......
  • Motata v Nair NO and Another
    • South Africa
    • Transvaal Provincial Division
    • 11 June 2008
    ...the State, the principles enunciated in the cases relied on by applicant, namely, S v De Vries (supra) at 233H - I; and S v Malinga 1992 (1) SACR 138 (A) at 141i - j, have regard to trials-within-trials where the admissibility of confessions has been disputed on the basis that they were not......
  • Request a trial to view additional results
5 cases

  • S v Post
    • South Africa
    • Invalid date
    ...The Court also held that De Vries did not overrule Lebone. F The rule was again applied and elucidated in S v Malinga 1992 (1) SACR 138 (A), and in S v Sithebe 1992 (1) SACR 347 It is pertinent to quote the Court's strong affirmation of De Vries, in regard to which Nienaber JA said the foll......
  • Request a trial to view additional results
2 books & journal articles
  • Author index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...v Maguire 1969 4 SA 191 (RA) .......................................................... 447 © Juta and Company (Pty) Ltd S v Mahlinga 1992 1 SACR 138 (A) ...................................................... 269S v Mahomotsa 2002 2 SACR 435 (SCA) .................................................
  • Recent Case: Evidence
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 24 May 2019
    ...disputed on the basis of whether they were made voluntarily or not as in S v De Vries 1989 (1) SA 228 (A) at 233H-I and S v Mahlinga 1992 (1) SACR 138 (A).It was fur ther held that the magistrate was entitled and obligated to listen to the video-clips to determine not only the authenticity ......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT