S v Malatjie

JurisdictionSouth Africa
JudgeSteenkamp R
Judgment Date16 June 1981
Citation1981 (4) SA 249 (B)
Hearing Date08 June 1981
CourtBophuthatswana Supreme Court

Steenkamp, R.:

Die appellant is skuldig bevind aan strafbare manslag en is D tot R180 of vier maande gevangenisstraf wat in sy geheel voorwaardelik opgeskort is, gevonnis.

Die appellant het 'n hoër beroep teen sy skuldigbevinding gedoen en nadat argumente aangehoor is, is die appèl gehandhaaf, maar daar is aangedui dat redes later ingehandig sal word.

Daar is nie 'n dispuut op die feite van die saak nie. Volgens die getuienis het die oorledene, wat blykbaar onder invloed van drank gewees het, die appellant, wat 77 jaar oud is, vir 'n geleentheid met E laasgenoemde se trekker en sleepwa gevra. Die appellant het die oorledene gewaarsku om nie op die trekker te klim nie, maar om op die wa te ry. Die oorledene het egter saam met ene Enoch Masilo op die sleeptang van die trekker gaan staan. Die appellant het hiervan geweet maar het voortgery. F Terwyl die appellant so voort gery het, het die oorledene, sonder dat die appellant daarvan geweet het, probeer om op die modderskerm van die trekker te klim maar het in die proses voor die trekker se agterwiel geval en is doodgetrap. Dit is ook duidelik dat indien die oorledene nie probeer het om op die modderskerm te klim nie, G sou hy nie geval het nie en sou hy nie noodlottig beseer gewees het nie.

Die magistraat het die appellant skuldig bevind omdat dit volgens hom per se nalatigheid is om 'n dronk persoon op die sleepstang van die trekker te laat ry.

Die eerste feitlike vraag wat hier ter sprake is, is tot welke mate die oorledene onder invloed van drank op die tydstip wat hy deur die

Steenkamp R

appellant opgelaai is, gewees het. Die getuienis in verband met die vraag tot welke mate die oorledene onder invloed van drank gewees het, is A gering. Die appellant se getuienis in hierdie verband lees soos volg:

"V: Was die getuie nugter?

A: Ja.

V: En die oorledene was hy nugter?

A: Nie nugter nie, nie so dronk nie."

Enoch Masilo, wat namens die Staat getuienis afgelê het, het ongelukkig B nie oor die mate waaronder die oorledene onder invloed van drank was, getuig nie. Dit is moeilik om te bepaal tot welke mate 'n persoon onder invloed van drank is as hy nie nugter is maar ook nie so dronk is nie.

Die kernvraag in hierdie appèl is of die Staat nalatigheid aan die kant C van die appellant bewys het. Van der Linden beskryf nalatigheid as: "niet behoorlijk gebruiken van zijn verstand en oplettendheid" (sien Van der Linden Regtsgeleerd, Practicaal en Koopmans Handboek...

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT