S v Maasdorp

JurisdictionSouth Africa
JudgeDe Vos Hugo R en Jacobs R
Judgment Date08 December 1966
Hearing Date08 December 1966
CourtGriqualand-West Local Division

C Jacobs, R.:

Die beskuldigde is in die landdroshof op Keimoes skuldig bevind aan huisbraak met opset om te steel en diefstal en is na 'n verbeteringskool verwys. Die skuldigbevinding is in orde maar dit blyk uit die oorkonde van die verhoor dat, nadat beskuldigde sy vorige D skuldigbevindings soos dit op die vorm S.A.P. 69 voorkom erken het, 'n proefbeampte se verslag deur die aanklaer uitgelees en ingehandig is. Die notule lees dan verder:

'Beskuldigde het niks te sê nie. Beskuldigde se vader het niks te sê nie.'

Die landdros is gevra waarom hierdie verslag sonder getuienis toegelaat E is en in 'n deeglik gemotiveerde memorandum verstrek hy sy redes en verdedig hy die prosedure wat gevolg is. Met 'n beroep op R v Donner, 1923 W.L.D. 209, en Scoble, Law of Evidence, 3de uitg., bl. 462, sê die landdros dat vir doeleindes van vonnis 'n regterlike beampte veroorloof is om enige inligting betreffende 'n veroordeelde persoon te verkry en F dat die gewone reëls van getuienislewering vir daardie doel verslap word.

Ek mag net noem dat die gerapporteerde gedeelte van die uitspraak in Donner se saak, supra, nie met hierdie aspek handel nie.

Verder verwys die landdros na R v Chin Moodley and Another, 1949 (1) SA 703 (N), waarin 'n proefbeampte se verslag in die Hoogeregshof G blykbaar ook sonder getuienis ingehandig is en HATHORN, R.P., die stelling maak dat 'n proefbeampte normaalweg nie aan kruisondervraging in verband met sy verslag onderwerp behoort te word nie.

Die landdros verwys ook na die uitspraak in R v Du Plessis and Others, 1957 (2) SA 13 (O), waaruit blyk dat die Vrystaatse Hof op appèl gevra het vir en voorsien is van 'n proefbeampte se verslae en

Jacobs R

blykbaar op sterkte van aanbevelings daarin vervat sekere vonnisse wat die landdros opgelê het gewysig het.

A Dan noem die landdros ook die saak van Edwards and Another v Rex, 1952 (2) P.H. H167, waar gesê word dat indien 'n proefbeampte teenwoordig is in die hof sy getuienis genotuleer behoort te word en dat dit verkeerd is vir die landdros om hom bloot te raadpleeg oor 'n gepaste vonnis sonder dat die menings wat hy uitspreek op rekord kom. Die landdros noem verskeie ander sake waarin bloot gepraat word van 'n proefbeampte se B verslag wat 'verkry' behoort te word maar hy sê dat hy veral steun op die laaste drie beslissings hierbo deur my genoem.

Ek wil dadelik sê dat daar ook steun vir die stelling dat reëls van bewyslewering wel verslap word waar dit...

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT