S v Lombard

JurisdictionSouth Africa
JudgeMuller AR, Viljoen Wn AR en Botha Wn AR
Judgment Date29 November 1979
Hearing Date22 November 1979
CourtAppellate Division

Muller, AR.:

Die appellant, na wie ek hierna verwys as die beskuldigde, het voor Regter DE VILLIERS en assessore in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling tereggestaan op 'n aanklag van moord. (Daar was ook 'n tweede aanklag, naamlik een van opsetlike saakbeskadiging, maar die beskuldigde se skuldigbevinding op daardie aanklag is nie ter sprake by hierdie appèlverrigtinge nie.)

C Die Staat se saak op die moordklag was dat die beskuldigde op 1 Januarie 1978 te Germiston 'n Blanke vrou, Olga Marquerite Reinecke, vermoor het deur haar met 'n mes sekere wonde toe te dien. Die beskuldigde het onskuldig gepleit op die moordklag maar sy advokaat het by die aanvang van D die verhoor verduidelik dat die beskuldigde se verdediging daarop neerkom dat hy nie ontken dat hy die meswonde toegedien het wat die oorledene se dood veroorsaak het nie, maar dat hy beskonke was toe hy dit gedoen het en dat, as gevolg van sy beskonke toestand die aand, hy nie die nodige opset gehad het om die oorledene te dood nie.

Die Verhoorhof het die beskuldigde skuldig bevind aan moord met E versagtende omstandighede en het hom op die moordklag gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf. Hy kom nou, met verlof daartoe verleen, in hoër beroep na hierdie Hof teen sy skuldigbevinding.

Omdat die appèl net om een aspek van die saak draai, naamlik of die Staat mens rea aan die kant van die beskuldigde bewys het, kan die feite van die F saak baie kortliks weergegee word.

Die oorledene was 'n geskeide vrou van 37 jaar. Sy en haar dogter, Sonet Reinecke, het saam gewoon met die oorledene se moeder, mev Van der Linde, in 'n woonstel in Germiston. Die beskuldigde, 'n man van 35 jaar, het vir 'n geruime tyd ook in genoemde woonstel gewoon. Daar was 'n verhouding tussen die beskuldigde en die G oorledene en hulle het saam 'n kamer in die woonstel bewoon. Die dogter Sonet het haar eie kamer gehad en so ook die oorledene se moeder, mev Van der Linde.

Gedurende 1977, en as gevolg van 'n twis, is die beskuldigde aangesê om die woonstel te verlaat, wat hy ook gedoen het. Volgens sy getuienis H egter het hy voortgegaan om die oorledene elders van tyd tot tyd te sien.

In Desember van 1977 is die oorledene, haar dogter Sonet, haar moeder mev Van der Linde, asook 'n mev Botes met vakansie na die Kaapprovinsie. Op 31 Desember 1977 het hulle teruggekeer na Germiston. Die aand van die 31ste het die oorledene, haar dogter en haar moeder soos gewoonlik in laasgenoemde se woonstel geslaap. Ongeveer 2 uur die oggend van 1 Januarie 1978 het die beskuldigde by die woonstel opgedaag.

Muller AR

Die Hof a quo het bevind dat die volgende toe plaasgevind het.

Die beskuldigde het aan die voordeur van die woonstel geklop en wou toegang tot die woonstel hê om met die oorledene te praat. Die A beskuldigde was onder die invloed van drank en die oorledene het gesê hy moet loop. Die beskuldigde het toe aanhoudend teen die voordeur geskop en eindelik het hy 'n glaspaneel in die voordeur asook 'n glasvenster aan die kant van die ingangsportaal stukkend geslaan. Hy het die oorledene gevloek en terwyl hy 'n mes deur die stukkende venster getoon het, het hy B gesê hy gaan die oorledene daarmee doodmaak. Hy het bygevoeg dat hy die dogter Sonet ook met die mes sou doodmaak. Daar was op hierdie geleentheid 'n ander persoon saam met die beskuldigde. Eindelik is die beskuldigde daar weg. Hierdie insident is by die polisie aangemeld en 'n klagte is teen die beskuldigde gelê.

C Daardie dag, 1 Januarie 1978, het die oorledene, haar dogter en haar moeder deurgebring by vriende op Edenvale. Die woonstel te Germiston was in...

To continue reading

Request your trial
4 practice notes
  • S v Jama and Others
    • South Africa
    • Invalid date
  • S v Safatsa and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1980 (4) SA 604 (A) at 611E; S v Maxaba 1981 (1) SA 1148 (A) at 1156H; S v Sauls 1981 (3) SA 172 (A) at 179G - 180H; S v Lombaard 1981 (3) SA 198 (A) at 199E; S v Witbooi 1982 (1) SA 30 (A) at 33H, 34A; S v Khoza 1982 (3) SA 1019 (A) at 1032 - 5, 1044H, 1051D, 1052F, 1054H; S v Daniëls 1983......
  • S v Lesch
    • South Africa
    • Invalid date
    ...tydens die kritieke oomblik 'n emosionele storm beleef het. Kyk R v Kennedy 1951 (4) SA 431 (A) te 434H en 435A. S v Lombard 1981 (3) SA 198 (A). E Die volgende feite is van (a) toe beskuldigde se dogter hom by die werk skakel het die oproep hom ontstel in die opsig dat hy bekommerd was oor......
  • Botha v Mazeka
    • South Africa
    • Invalid date
    ...nie aan die respondent gelewer was nie. Die ander bevindings van die Verhoorhof, waarna hierbo verwys word, is nie in hierdie Hof betwis 1981 (3) SA p198 Trengove nie, en dit is derhalwe nie vir ons nodig om daaroor uitsluitsel te gee nie. Die appèl word derhalwe afgewys met koste. WESSELS ......
4 cases
  • S v Jama and Others
    • South Africa
    • Invalid date
  • S v Safatsa and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1980 (4) SA 604 (A) at 611E; S v Maxaba 1981 (1) SA 1148 (A) at 1156H; S v Sauls 1981 (3) SA 172 (A) at 179G - 180H; S v Lombaard 1981 (3) SA 198 (A) at 199E; S v Witbooi 1982 (1) SA 30 (A) at 33H, 34A; S v Khoza 1982 (3) SA 1019 (A) at 1032 - 5, 1044H, 1051D, 1052F, 1054H; S v Daniëls 1983......
  • S v Lesch
    • South Africa
    • Invalid date
    ...tydens die kritieke oomblik 'n emosionele storm beleef het. Kyk R v Kennedy 1951 (4) SA 431 (A) te 434H en 435A. S v Lombard 1981 (3) SA 198 (A). E Die volgende feite is van (a) toe beskuldigde se dogter hom by die werk skakel het die oproep hom ontstel in die opsig dat hy bekommerd was oor......
  • Botha v Mazeka
    • South Africa
    • Invalid date
    ...nie aan die respondent gelewer was nie. Die ander bevindings van die Verhoorhof, waarna hierbo verwys word, is nie in hierdie Hof betwis 1981 (3) SA p198 Trengove nie, en dit is derhalwe nie vir ons nodig om daaroor uitsluitsel te gee nie. Die appèl word derhalwe afgewys met koste. WESSELS ......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT