S v Kwepile

JurisdictionSouth Africa
JudgeOlivier AR
Judgment Date01 December 1997
Docket Number33/93
CourtAppellate Division
Hearing Date18 November 1997
Citation1998 JDR 0118 (AD)

Olivier AR:

Die appellant, 'n 28 jarige manspersoon, het as beskuldigde 2 saam met Silulmi Nyali, 'n 20 jarige manspersoon (beskuldigde 1), tydens 'n sitting van die Oos-Kaapse Afdeling van die Hooggeregshof te Oos-Londen op vier aanklagte tereggestaan.

In aanklag 1 is dit die beskuldigdes ten laste gelê dat hulle op 28 November 1991 naby die plaas Causeway, Gonubie, distrik Oos-Londen, vir mev Lynette Ann Wiggil, 'n 51 jarige vrou, vermoor het.

Aanklag 2 lê hulle ten laste dat hulle op dieselfde tyd en plek die gesegde Wiggil verkrag het; aanklag 3, dat hulle op dieselfde tyd en plek haar van haar vryheid beroof het en aanklag 4 dat hulle haar van 'n Mercedes Benz-motorvoertuig met registrasieletters en -nommers CE 94100 en 'n bedrag kontantgeld beroof het. Die appellant is op 13 November 1992 deur Rein Wnd R en twee

1998 JDR 0118 p3

Olivier AR

assessore aan moord en verkragting skuldig bevind en is daarna ter dood veroordeel op die moordklag en 'n vonnis van 10 jaar gevangenisstraf is hom opgelê ten aansien van die verkragtingsklag. Die appellant kom in hoër beroep na hierdie Hof teen die skuldigbevinding en vonnis op die moordklag in terme van die bepalings van artikel 316 [A](1) van die Strafproseswet, 51 van 1977. Verlof is deur hierdie Hof aan hom verleen om ook teen die skuldigbevinding en vonnis op die aanklag van verkragting te appèlleer.

Die oorledene het saam met mnr Edward Ashdown op die plaas Causeway gewoon. Op die oggend van 28 November 1991 om ongeveer 10h30 het sy die plaas verlaat met die genoemde Mercedes Benz vir 'n besoek aan Oos-Londen. Toe sy daardie aand om ongeveer 18h00 nog nie tuisgekom het nie, het mnr Ashdown begin navraag doen en na haar begin soek. Hy het die Mercedes Benz ongeveer een-en-'n-half tot twee

1998 JDR 0118 p4

Olivier AR

kilometer vanaf die plaashuis op die pad na Oos-Londen aangetref, waar dit met die neus in die rigting van Oos-Londen langs die pad gestaan het. Dit was toe al donker. Mnr Ashdown kon die oorledene nie op die toneel vind nie. Die motor was egter nie gesluit nie en die oorledene se handsak was op die voorste sitplek. Die sleutels van die motor was in die aansluitslot in die aan posisie en die battery was afgeloop. In die handsak was die oorledene se leë beursie waarin daar ongeveer R10 was toe sy die plaas verlaat het. Mnr Ashdown het toe met die polisie in verbinding getree en 'n soektog is op tou gesit. Die liggaam is later deur die polisie gevind. Uit die getuienis van die ondersoekbeampte het dit geblyk dat mev Wiggil se voertuig tot stilstand gebring is, na alle waarskynlikheid, deurdat 'n ou boomstomp dwarsoor die pad geplaas is; dat die voertuig vandaar nog ongeveer 200 meter vêr op die pad beweeg het, maar die pad verlaat en op groot klippe tot stilstand gekom het; dat die oorledene uit die

1998 JDR 0118 p5

Olivier AR

voertuig geneem is en vir ongeveer 20 meter in die ruie bosse langs die pad gesleep is en dat sy volgens alle aanduidings daar verkrag en toe vermoor is. Sy is om die lewe gebring deurdat sy verwurg is en groot, swaar klippe op haar kop en borskas gegooi is. Dr Wingreen, die distriksgeneesheer van Oos-Londen wat die nadoodse ondersoek uitgevoer het, het die beserings wat die oorledene opgedoen het as van die ergste wat hy nog gesien het, beskryf. Volgens sy getuienis en die beserings was sy klaarblyklik voor haar dood verkrag.

Ten tyde van dié tragiese gebeure was beskuldigde 1 by sy ouers op die plaas Causeway van mnr Ashdown woonagtig. Appellant het op 'n buurplaas gewoon. Die twee beskuldigdes is die dag na die moord in hegtenis geneem. 'n Afdruk van beskuldigde 1 se handpalm is aan die buitekant van die Mercedes Benz se regteragterruit gevind. Dit is ook gedurende die verhoor

1998 JDR 0118 p6

Olivier AR

bewys dat daar geen "onskuldige" wyse was waarop hierdie palmafdruk op die motorvoertuig kon beland het nie. Beskuldigde 1 het by die aanvang van die verhoor onskuldig gepleit en 'n pleitverduideliking aangebied. Daarvolgens het hy erken dat hy op die betrokke dag op die toneel was waar die vier beweerde misdade gepleeg is, maar sê dat hy nie daaraan deelgeneem het nie. Hy het nie getuig nie. Die verhoorhof het hom aan die ten laste gelegde moord en verkragting skuldig bevind. Hy is ten opsigte van die moordklag tot 16 jaar gevangenisstraf en vir die verkragting tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis. Daar is geen appèl ten aansien van beskuldigde 1 voor hierdie Hof nie.

Die appellant is aan die moord en verkragting skuldig bevind, hoofsaaklik op grond van 'n bekentenis wat hy aan kaptein Schwartz van die SA Polisie gemaak het. Daarbenewens is sy alibi-verweer verwerp. Op die moordklag is hy ter dood veroordeel en op die verkragtingsklag tot

1998 JDR 0118 p7

Olivier AR

10 jaar gevangenisstraf gevonnis. Op appèl is die toelating van die bekentenis en die verwerping van die alibi-verweer aangeval.

Voordat hierdie aspekte in besonderhede behandel word, is dit nodig om na 'n ongelukkige aspek van die saak te verwys. Dit is die beweerde onreëlmatige gedrag deur die verhoorregter, Rein Wnd R, in die loop van die verhoor. Die kritiek op die verhoorregter se gedrag is wydlopend en indringend en verg, uit die aard van die saak, ernstige en noukeurige oorweging.

Die reg van 'n aangeklaagde op 'n billike verhoor word nou erken en bestendig in art 35(3) van ons Grondwet, wet 108 van 1996, maar is so oud soos die wortels van ons reg self. Die beginsel dat reg nie alleen moet geskied nie, maar dat dit klaarhelder moet wees dat reg geskied, is al tot 'n truïsme verhef. Dit verg van die regterlike beampte om die verhoor so te behartig dat sy objektiwiteit, onpartydigheid en regverdigheid sighaar en

1998 JDR 0118 p8

Olivier AR

klaarblyklik is aan almal wat betrokke is by die verhoor en die resultaat daarvan, veral die beskuldigde (sien veral S v Rall 1982 (1) SA 828 (A) op 831 in fine tot 832 B; Rondalia Versekeringskorporasie van SA Bpk v Lira 1971 (2) SA 586 (A) op 589 G; Solomon and Another NNO v De Waal 1972 (1) SA 575 (A) op 580 H en S v Mabuza 1991 (1) SASV 636 (O) op 638 g - i).

Om reg te laat geskied aan die appellant se onreëlmatigheidsbesware, is dit dienlik om die klagtes onder verskeie rubrieke te sistematiseer.

1.

Onredelike ongeduld

Onder hierdie hoof is aangevoer dat die verhoorregter se gedrag van meet af aan deur onredelike ongeduld, grensende aan iesegrimmigheid, gekenmerk is. Dit het daartoe aanleiding gegee, so is aangevoer, dat die regter figuurlik gesproke na die stof van die arena gedaal het, dat sy visie as gevolg daarvan verduister is en dat hy gevolglik nie in staat was om die

1998 JDR 0118 p9

Olivier AR

geskilpunte behoorlik te beoordeel nie (vgl S v Mabuza supra op 638 g-i). Daar is ongetwyfeld meriete in die aantyging van ongeduld aan die kant van die verhoorregter. Die oorkonde wemel van voorbeelde en dit is ondoenlik om elkeen te noem en te bespreek. Ek noem 'n paar:

Sommer met die intrapslag loop die staatsadvokaat en die advokaat vir beskuldigde 1 deur omdat die hof nie betyds begin het nie. Terwyl hulle die posisie probeer verduidelik, word hulle nie minder nie as sewe keer deur die regter onderbreek.

Die regter was by geleentheid ongeduldig teenoor die appellant se advokaat, bv by een geleentheid toe sy versoek het om instruksies van haar kliënt te kry en sy slegs vyf minute gegun is. Daar is egter ook 'n aantal voorbeelde in die oorkonde waar die regter die appellant se advokaat gehelp het en waar hy haar voldoende tyd in die loop van die verhoor gegee het om met die appellant te konsulteer. Ook moet daarop gewys word dat baie

1998 JDR 0118 p10

Olivier AR

van die onderbrekings en ongeduld toegeskryf kan word aan ietwat onbeholpe kruisondervraging. Die advokaat is dan ook by geleentheid onderbreek deur die verhoorregter wat die relevantheid van haar vrae...

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT