S v Kriel

JurisdictionSouth Africa
Citation1968 (3) SA 451 (T)

S v Kriel
1968 (3) SA 451 (T)

1968 (3) SA p451


Citation

1968 (3) SA 451 (T)

Court

Transvaalse Provinsiale Afdeling

Judge

Hiemstra R en Viljoen R

Heard

June 20, 1968

Judgment

June 20, 1968

Flynote : Sleutelwoorde

Strafreg — Verkeersoortredinge — 'Openbare pad' in Ord. 21 van 1966 (T) — Omskrywing van — Uitleg van — Geen grond om 'en' in die plek van 'of' te stel nie — 'Gewoonweg' — Betekenis van.

Headnote : Kopnota

In die omskrywing van 'openbare pad' in Ordonnansie 21 van 1966 (T) moet die gedeeltes (i) 'wat gewoonweg deur die publiek of deel daarvan

gebruik word' en (ii) 'waartoe die publiek of deel daarvan die reg van toegang het' afsonderlik gelees word as twee selfstandige alternatiewe omskrywinge. Daar is geen grond om 'en' in die plek van 'of' in die woordomskrywing te stel nie. 'Gewoonweg' beteken 'sonder meer', d.w.s. sonder om eers verlof te moet vra of iets dergeliks.

Flynote : Sleutelwoorde

Criminal law — Traffic offences — 'Public road' in Ord. 21 of 1966 (T) — Definition of — Construction of — No ground for substituting 'and' for 'or' — 'Commonly' — Meaning of.

Headnote : Kopnota

In the definition of 'public road' in Ordinance 21 of 1966 (T) the portions (i) 'which is commonly used by the public or section thereof' and (ii) 'to which the public or section thereof have a right of access' must be read separately as two independent alternative defintions. There is no ground for substituting 'and' for 'or' in the definition. 'Commonly' means 'without more', i.e. without having first to ask for permission or something of that kind. C

Case Information

Appèl deur die Prokureur-generaal ingevolge art. 104 van Wet 32 van 1944. Die feite blyk uit die uitspraak.

C. W. B. Hart, S.C. (bygestaan deur M. W. C. Imber), namens die Staat: Die regsvraag gaan oor die juiste vertolking van die omskrywing 'openbare pad' soos vervat in art. 1 van die Ordonnansie op Padverkeer, 21 van 1966, in die lig van die feite-getuienis wat gelei is in verband D met die pad waarop die beweerde misdrywe gepleeg is. Die landdros het die regsvraag ten gunste van die beskuldigde beslis hoofsaaklik om twee redes: (1) dat in die omskrywing van 'openbare pad' die sinsnede ''n pad . . . wat gewoonweg deur die publiek of deel daarvan gebruik word of waartoe die publiek of deel daarvan die reg van toegang het . . .' vertolk moet word asof die woord 'of' deur 'en' vervang is. Vir hierdie gevolgtrekking steun hy op sekere onlangse gewysdes, en dat 'niemand het die reg invito domino om die pad te gebruik nie', (2) dat die pad nie gewoonweg deur die publiek of 'n gedeelte daarvan gebruik word nie. Dit word meesal gebruik deur werknemers om na en van die werk te kom. Daarteen is die Staat se houding die volgende: (1) Dat die omskrywing E van 'openbare pad' twee afsonderlike vereistes stel, nl. 'n pad . . . (a) wat gewoonweg deur die publiek of deel daarvan gebruik word; of (b) waartoe die publiek of deel daarvan die reg van toegang het . . .' (2) Dat die betrokke pad gewoonweg deur die publiek of 'n deel daarvan gebruik word en dat die landdros fouteer het deur te beslis dat daar F geen getuienis is waarop nie redelikerwys beslis kon word dat die betrokke pad aldus gebruik is. Die eerste betoog wat die Staat moet voorlê is dus of daar genoegsame getuienis is om te beslis dat die betrokke pad gewoonweg deur die publiek of 'n gedeelte daarvan gebruik is. Hierdie getuienis moet geoordeel word in die lig van die vermoede geskep deur art. 150 van

1968 (3) SA p452

die Ordonnansie, sien Attorney-General, Transvaal v Flats Milling Co. (Pty.) Ltd., 1958 (3) SA 360. Oor die aard van die regsvraag wat hier geopper word, vgl. Hiemstra, Suid-Afrikaanse Strafproses, bl. 486. Sien A ook R v Lusu, 1953 (2) SA 484 op bl. 487. Vir gewysdes in verband met die sinsnede 'gewoonweg deur die publiek of deel daarvan gebruik', sien Manderson v R., 1909 T.S. 1140; Elkins v Cartlidge, (1947) 1 All E.R. 829; Burrows, Word and Phrases, s.v. 'road to which the public has access'; R v Erasmus, 1947 (3) SA 568; de Beer v Coetzee, 1956 (3) SA 263; Coetzee v de Beer, 1959 (1) SA 690; van Coppenhagen v Rex, B 1934 (1) P.H. O2; Holness v Durban Corporation, 1938 NPD 367. Op 'n oorwig van waarskynlikhede het die beskuldigde hom nie gekwyt van die bewyslas bepaal in art. 150 van Ord. 21 van 1966 nie. Die landdros se bevinding dat die gewraakte sinsnede ''n pad . . . wat gewoonweg deur die publiek of deel daarvan gebruik word of waartoe die publiek of deel C daarvan toegang het . . .' gelees moet word asof die twee dele van die sinsnede deur 'en' gekoppel is, is gebaseer op S v Christodoulou, 1967 (3) SA 269 op bl. 278E. Maar hierdie reël van interpretasie kan slegs in sekere omstandighede toegepas word, sien Ex parte Minister of Justice: In re Rex v Bolon, 1941 AD 345 op bl. 360; Union Government v Rosenberg (Pty.) Ltd., 1946 AD 120 op bl. 129. Die enkele verwysing D na Holness se saak op bl. 279 van Christodoulou se saak regverdig nie die gevolgtrekking dat die interpretasie daarin aanvaar as 'settled law' beskou kan word nie. Uit die sake wat reeds aangehaal is en R v Ndaba, 1953 (4) SA 13 op bl. 15, skyn die teenoorgestelde die geval te wees. E Daarbenewens verskil die bewoording van 'openbare pad' in die huidige Ordonnansie van die omskrywing waarna in Holness se saak verwys is deurdat daar nou twee kontrasterende vereistes gestel word. Daar is geen rede om die beperking, soos uiteengesit op bl. 280 van Christodoulou se saak, op die bevoegdhede van 'n provinsie ten opsigte van hierdie F onderwerp te plaas nie, kyk S v le Grange, 1962 (3) SA 498 op bl. 505. Die wetgewende bevoegdheid van die Provinsie in verband met Padverkeer is die volgende: (a) Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 32 van 1961, waarna reeds verwys is. (b) Konsolidasieen Wysigingswet op Finansiële Verhoudings, 38 van 1945. Indien 'n pad in werklikheid gewoonweg deur die publiek of 'n deel daarvan gebruik word, G is daar enige rede waarom die wetgewing nie die gedrag van persone in sodanige omstandighede moet reël nie? Die bestuur onder die invloed van sterk drank of roekeloos of nalatige bestuur kan net so ernstige gevolge op so 'n pad hê as op 'n pad waartoe die publiek 'n reg van toegang het. Die doel van hierdie Ordonnansie is immers, onder andere en by uitstek, H om padveiligheid te bevorder en daardie doel kan vollediger bereik word deur die begrip 'openbare pad' uit te brei om ook daardie private paaie in te sluit wat inderdaad deur die publiek of deel daarvan gebruik word. Daar was dus geen regverdiging vir die houding van albei advokate in Christodoulou se saak nie - kyk bl. 278D. Op bl. 280E van die uitspraak in Christodoulou se saak het die geleerde Regter 'n dwaling begaan. 'n Woordbepaling geld nie ten opsigte van elke sinsverband waarin die bepaalde woord gebruik word nie. Art. 1 van die Ordonnansie bepaal immers dat: 'in hierdie Ordonnansie, tensy uit die amehang anders blyk, beteken . . .'

1968 (3) SA...

To continue reading

Request your trial
20 practice notes
  • S v Muller
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1958 (3) SA 742; R. v Mojapola, 1960 (4) SA 278; R. v Kriedemann, 1969 (1) SA 345. Ten aansien van die tweede regsvraag: S. v Kriel, 1968 (3) SA 451; R. v Sikumba, 1955 (3) SA 125; B R. v Lesabe, 1960 (4) SA 217; R. v Damana, 1958 (1) SA 571; R. v Hepworth, 1928 A.A. 265; R. v Beck, 1949 (2......
  • S v Basson
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(1) SA 824 (A): na verwys/referred to C S v Khoza en Andere 1991 (1) SA 793 (A): dictum op/at 795J - 796C toegepas/applied S v Kriel 1968 (3) SA 451 (T): dictum op/at 453G nie gevolge nie/not S v Legote en 'n Ander 2001 (2) SASV 179 (HHA): na verwys/referred to S v Mene 1978 (1) SA 832 (A):......
  • Attorney-General, Venda v Molepo and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...thought at one stage (see Attorney-General, Transvaal v Flats Milling Co (Pty) Ltd and Others 1958 (3) SA 360 (A) at 370A; S v Kriel 1968 (3) SA 451 (T) at 453)). A Court of appeal may in an appropriate case have recourse to the facts of the case as they appear on the record. In this case t......
  • S v Rabe
    • South Africa
    • Invalid date
    ...that 'any other place' was not to be interpreted ejusdem generis (cf. S v. Christodoulou, 1967 (3) SA 269 (N) at p. 280B; S v. Kriel, 1968 (3) SA 451 (T) at p. 455G); and, accordingly, the restrictive mode of construction advocated by appellant's counsel cannot prevail. There are, of course......
  • Request a trial to view additional results
20 cases
  • S v Muller
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1958 (3) SA 742; R. v Mojapola, 1960 (4) SA 278; R. v Kriedemann, 1969 (1) SA 345. Ten aansien van die tweede regsvraag: S. v Kriel, 1968 (3) SA 451; R. v Sikumba, 1955 (3) SA 125; B R. v Lesabe, 1960 (4) SA 217; R. v Damana, 1958 (1) SA 571; R. v Hepworth, 1928 A.A. 265; R. v Beck, 1949 (2......
  • S v Basson
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(1) SA 824 (A): na verwys/referred to C S v Khoza en Andere 1991 (1) SA 793 (A): dictum op/at 795J - 796C toegepas/applied S v Kriel 1968 (3) SA 451 (T): dictum op/at 453G nie gevolge nie/not S v Legote en 'n Ander 2001 (2) SASV 179 (HHA): na verwys/referred to S v Mene 1978 (1) SA 832 (A):......
  • Attorney-General, Venda v Molepo and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...thought at one stage (see Attorney-General, Transvaal v Flats Milling Co (Pty) Ltd and Others 1958 (3) SA 360 (A) at 370A; S v Kriel 1968 (3) SA 451 (T) at 453)). A Court of appeal may in an appropriate case have recourse to the facts of the case as they appear on the record. In this case t......
  • S v Rabe
    • South Africa
    • Invalid date
    ...that 'any other place' was not to be interpreted ejusdem generis (cf. S v. Christodoulou, 1967 (3) SA 269 (N) at p. 280B; S v. Kriel, 1968 (3) SA 451 (T) at p. 455G); and, accordingly, the restrictive mode of construction advocated by appellant's counsel cannot prevail. There are, of course......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT