S v De Kock

JurisdictionSouth Africa

S v De Kock
1995 (1) SACR 299 (T)

1995 (1) SACR p299


Citation

1995 (1) SACR 299 (T)

Court

Transvaalse Provinsiale Afdeling

Judge

Southwood R

Heard

September 14, 1994

Judgment

September 20, 1994

Counsel

B A Hattingh SC (bygestaan deur M D du Preez) namens die appellant
A R Ackerman SC (bygestaan deur A W H L Steenkamp) namens die Staat

Flynote : Sleutelwoorde

F Borg — Aansoek om — Faktore wat in ag geneem moet word — Uitwerking van arts 11(1) en 25(2)(d) van die Grondwet 200 van 1993 — Alhoewel die begrip 'belang van geregtigheid' nie in art 25(2) (d) omskryf word nie beteken dit niks anders as die gewone oorwegings wat by borgaansoeke in aanmerking geneem word.

Borg — Aansoek om — Faktore wat in ag geneem moet word — Appellant 'n G gewese polisie-offisier wat tereggestaan het op ernstige aanklagtes — Appellant 'n buitengewone man met groot bedrae geld in die buiteland, wie oor fiktiewe reis en identiteitsdokumente beskik het en wie se vrou en kinders in die buiteland was — Appellant moes nie volgens die maatstawwe van die gewone man in die straat beoordeel word nie — Weiering van borg deur streekhof gehandhaaf op appèl.

H Borg — Aansoek om — Kan by wyse van beëdigde verklaring gebring word — Versuim van 'n beskuldigde om viva voce getuienis te lewer nie deurslaggewend teen hom nie.

Headnote : Kopnota

I Die appellant is gearresteer op verskeie aanklagtes van moord en het in 'n streekhof aansoek gedoen om op borg vrygelaat te word. Die Prokureur-generaal het ingevolge art 61(1) van die Strafproseswet 51 van 1977 beswaar gemaak teen die toestaan van borg en die appellant is aangehou vir 'n tydperk van 90 dae. Na die verstryking van die tydperk van 90 dae het die appellant se aansoek 'n aanvang geneem.

Die Staat het begin om getuienis voor te lê en het die getuienis van 'n aantal getuies gelei wat deur die appellant se regsverteenwoordigers J gekruisverhoor is.

1995 (1) SACR p300

A Daarna het die appellant daarop geantwoord deur 'n omvattende eedsverklaring met stawende verklarings van ander getuies in te handig. Die Staat het verdere eedsverklarings in repliek geliasseer. Die streeklanddros het daarna die aansoek om borg geweier. In 'n appèl teen hierdie beslissing is dit namens die appellant aangevoer dat die getuienis en/of inligting voor die hof nie die weiering van borg aan die appellant B regverdig het nie. Daar is gesteun op die bepalings van art 11(1) en art 25(2)(d) van die Grondwet 200 van 1993.

Die appellant was tot en met sy uittrede uit die Suid-Afrikaanse Polisie 'n kolonel in die polisie en die bevelvoerder van 'n spesiale eenheid gebaseer te Vlakplaas. Die eenheid was aanvanklik gemoeid met die bekamping van terrorisme en die opsporing en identifisering van C terroriste. In 1990 is die eenheid onderverdeel in drie komponente en die appellant is in bevel geplaas van een van hierdie eenhede, die taakbeskrywing waarvan verander is na die bekamping van misdaad in die algemeen en in besonder die bekamping van onwettige handel dryf in wapens en plofstowwe. By ontbinding van die eenheid het die appellant op die ouderdom van 45 uitgetree en 'n 'pakket' van R1,2 miljoen ontvang. Die D Hof het die appellant beskryf as 'n buitengewone man wat klaarblyklik oor buitengewone leierskapshoedanighede beskik het; wat hoogs intelligent was; en wat in staat was om dinge te doen wat die gewone man in die straat nie kon doen nie. Ten tyde van sy arrestasie het hy oor twee paspoorte beskik, een in sy eie naam en een in 'n vals naam. Die klagtes waarop die appellant tereggestaan het is na bewering gepleeg in sy hoedanigheid as bevelvoerder van die eenheid in die tydperk 20 Julie 1990 tot 26 Maart E 1992, na die taakbeskrywing van sy eenheid verander is.

Beslis, dat in die lig daarvan dat die hof a quo versuim het om bevindings te maak ten opsigte van die geloofwaardigheid van die getuies, die betroubaarheid van hulle getuienis of die gewig wat aan die hoorsê-getuienis van die ondersoekbeampte of die beëdigde verklarings van die appellant en respondent geheg moes word, was die Hof op appèl in net F so 'n gunstige posisie as die hof a quo om 'n bevinding te maak oor hierdie aspekte.

Beslis, verder, dat die feit dat die ondersoekbeampte se getuienis hoofsaaklik uit hoorsê-getuienis bestaan het nie buitengewoon in borgverrigtinge was nie.

Beslis, dat alhoewel die Grondwet nie die begrip van 'belang van geregtigheid' in art 25(2)(d) omskryf het nie, het dit niks anders beteken G as die gewone oorwegings wat by borgaansoeke in aanmerking geneem word nie.

Beslis, verder, dat die versuim van 'n beskuldigde om viva voce-getuienis by sy borgaansoek te lewer nie deurslaggewend teen hom is nie.

Op 'n evaluasie van die getuienis het die Hof beslis dat daar meer as net 'n saak teen die appellant was; dat die appellant waarskynlik oor groot bedrae geld in die buiteland beskik het; dat die appellant fiktiewe reis H en identiteitsdokumente kon bekom; en dat die appellant se egskeidingsdagvaarding opgestel is om die indruk te wek dat hy en sy vrou, wat intussen na die buiteland vertrek het met hul kinders, sou skei.

Die Hof het beslis dat die appellant nie volgens die maatstawwe van die gewone man op straat beoordeel kon word nie. Die Hof was nie oortuig dat die appellant werklik van voorneme was om sy verhoor te staan nie: hy was I in staat om die waarheid te manipuleer en het geweet dat sekere polisie-offisiere hom goedgesind was. Indien hy op borgtog vrygelaat word sou hy waarskynlik die verloop van die verhoor kon beïnvloed. Hy was duidelik 'n persoon wat nie volgens die gewone reëls van die gemeenskap geleef het nie: in sy wêreld was alles moontlik en toelaatbaar. Appèl van J die hand gewys.

1995 (1) SACR p301

Flynote : Sleutelwoorde

A Bail — Application for — Factors to be taken into account — Effect of ss 11(1) and 25(2)(d) of the Constitution Act 200 of 1993 — Although the concept 'interests of justice' in s 25(2)(d) not defined it meant nothing more than the usual factors which were taken into consideration in bail applications.

B Bail — Application for — Factors to be taken into account — Appellant a former police officer who was due to stand trial on a number of serious charges — Appellant an extraordinary man who had large amounts of money outside the country, had fictitious travel and identity documents and whose wife and children were outside the country — Appellant not to be judged according to the standards of the ordinary man in the street — C Refusal of bail confirmed on appeal.

Bail — Application for — Can be brought by way of affidavit — Fact that accused does not give viva voce evidence not decisive against him.

Headnote : Kopnota

The appellant was arrested on various counts of murder and applied in a D regional court to be released on bail. The Attorney-General objected in terms of s 61(1) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977 against the granting of bail and the appellant was detained for a period of 90 days. After the expiry of the period of 90 days the appellant's application commenced.

The State commenced placing evidence before the court and led the evidence of a number of witnesses who were cross-examined by the appellant's legal E representatives. Thereafter the appellant responded by handing in a comprehensive affidavit together with supporting affidavits of other witnesses. The State filed further affidavits in reply. The regional magistrate then refused the application for bail. In an appeal against this decision it was contended on behalf of the appellant with reliance on the provisions of ss 11(1) and 25(2)(d) of the Constitution Act 200 of 1993 that the evidence and/or information before the court did not justify F the refusal of bail to the appellant.

Until his resignation from the South African Police the appellant was a colonel and the commander of a special unit stationed at Vlakplaas. The unit was initially entrusted with the prevention of terrorism and the tracing and identification of terrorists. In 1990 the unit was divided G into three components and the appellant was placed in charge of one of these components, the purpose of which was changed to the prevention of crime in general and in particular the prevention of illegal trade in weapons and explosives. When the unit was dissolved the appellant, who was then 45 years of age, resigned and received a 'package' of R1,2 million. The Court described the appellant as an extraordinary man who clearly possessed unusual leadership qualities, was highly intelligent and H was able to do things which the ordinary man in the street was not able to do. At the time of his arrest he held two passports, one in his own name and another in a false name. The charges on which the appellant was due to stand trial were allegedly committed in his capacity as commander of the unit in the period 20 July 1990 to 26 March 1992 after the job description of his unit had been changed. I

Held, that in the light of the fact that the court a quo had failed to make findings in respect of the credibility of the witnesses, the reliability of their evidence or the weight to be attached to hearsay evidence of the investigating officer and the affidavits of the appellant and respondent, the Court on appeal was in just as favourable a position J as the court a quo to make a finding on these aspects.

1995 (1) SACR p302

A Held, further, that the fact that the investigating officer's evidence comprised chiefly hearsay evidence was not unusual in bail proceedings.

Held, further, that although the Constitution did not define the concept of 'interests of justice', it meant nothing other than the normal considerations which were taken into account in bail applications.

Held, further, that the failure by an accused to give viva voce evidence B at his bail application was not decisive against him.

...

To continue reading

Request your trial
9 practice notes
  • S v Branco
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Barber 1979 (4) SA 218 (D) at I 220E - H; S v D Abreu 1980 (4) SA 94 (W); S v Maliwa and Another 1986 (3) SA 721 (W); and S v de Kock 1995 (1) SACR 299 (T).) I now turn to the facts of this case. The appellant, a 47-year-old Portuguese citizen, presently residing in South Africa, was arrest......
  • Attorney-General, Free State v Ramokhosi
    • South Africa
    • Invalid date
    ...469 (W) Protea Assurance Co Ltd v Casey 1970 (2) SA 643 (A) at 684E R v Dhlumayo and Another 1948 (2) SA 677 (A) at 705 D S v De Kock 1995 (1) SACR 299 (T) at 310e S v Ho 1979 (3) SA 734 (W) at 737G S v Hugo 1976 (4) SA 536 (A) S v Joubert 1998 (2) SACR 718 (C) S v Mbele and Another 1996 (1......
  • Minister van Justisie v Jaffer
    • South Africa
    • Invalid date
    ...korrekte regsbeginsel toepas op die onbetwiste feite nie (sien bv J Collen v Rietfontein Engineering Works 1948 (1) SA 413 (A) op 433). 1995 (1) SACR p299 E M Grosskopf A Ek meen dus dat ons geregtig is om te beslis dat dit Hoesein was wat regtens die ontvanger van die geld was, en dat die ......
  • S v Visagie
    • South Africa
    • Invalid date
    ...of Correctional Services. (Paragraph [28] at 164d–f.) B Application to be released on bail refused. Cases cited S v De Kock 1995 (1) SACR 299 (T): referred to C S v Pienaar 1992 (1) SACR 178 (W): referred Case Information Application for bail. The facts appear from the judgment of Mabuse J.......
  • Request a trial to view additional results
9 cases
  • S v Branco
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Barber 1979 (4) SA 218 (D) at I 220E - H; S v D Abreu 1980 (4) SA 94 (W); S v Maliwa and Another 1986 (3) SA 721 (W); and S v de Kock 1995 (1) SACR 299 (T).) I now turn to the facts of this case. The appellant, a 47-year-old Portuguese citizen, presently residing in South Africa, was arrest......
  • Attorney-General, Free State v Ramokhosi
    • South Africa
    • Invalid date
    ...469 (W) Protea Assurance Co Ltd v Casey 1970 (2) SA 643 (A) at 684E R v Dhlumayo and Another 1948 (2) SA 677 (A) at 705 D S v De Kock 1995 (1) SACR 299 (T) at 310e S v Ho 1979 (3) SA 734 (W) at 737G S v Hugo 1976 (4) SA 536 (A) S v Joubert 1998 (2) SACR 718 (C) S v Mbele and Another 1996 (1......
  • Minister van Justisie v Jaffer
    • South Africa
    • Invalid date
    ...korrekte regsbeginsel toepas op die onbetwiste feite nie (sien bv J Collen v Rietfontein Engineering Works 1948 (1) SA 413 (A) op 433). 1995 (1) SACR p299 E M Grosskopf A Ek meen dus dat ons geregtig is om te beslis dat dit Hoesein was wat regtens die ontvanger van die geld was, en dat die ......
  • S v Visagie
    • South Africa
    • Invalid date
    ...of Correctional Services. (Paragraph [28] at 164d–f.) B Application to be released on bail refused. Cases cited S v De Kock 1995 (1) SACR 299 (T): referred to C S v Pienaar 1992 (1) SACR 178 (W): referred Case Information Application for bail. The facts appear from the judgment of Mabuse J.......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT