S v Klippies Nteo

JurisdictionSouth Africa
JudgeMarais A R
Judgment Date26 November 1997
Docket Number482/96
Hearing Date20 November 1997
CourtAppellate Division

Marais AR :

Die appellant is aan 'n oortreding van art 2 van Wet 75 van 1969 skuldig bevind deurdat hy op 19 Februarie 1995 in die distrik van Ladybrand onwettiglik 'n 7.65 mm pistool in sy besit gehad het sonder dat hy die nodige lisensie vir sodanige besit gehad het. Hy is tot 12 maande gevangenisstraf gevonnis. 'n Appèl teen die skuldigbevinding en vonnis het in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling misluk. Met verlof deur laasgenoemde hof toegestaan appelleer die appellant na hierdie hof maar slegs teen die opgelegde vonnis.

Hierdie hof het die vraag geopper of die vonnis dalk nie te lig was nie en 'n geleentheid is aan die appellant gebied om daaroor te betoog. Na verdere oorweging is ons dit eens dat daar geen regverdiging vir 'n verswaring van die opgelegde straf is nie en dat,

1998 JDR 0135 p3

Marais AR

soos tereg deur die appellant aangevoer, die landdros (synde 'n distrikshoflanddros) geen jurisdiksie gehad het om 'n swaarder straf op te lê nie. Ek wend my dus tot die vraag of die appellant se appèl teen die vonnis behoort te slaag al dan nie.

Die feitlike agtergrond is kortliks dat appellant, 'n huurmotoreienaar, by 'n pad blokkade by die Maserugrenspos in die distrik van Ladybrand deur die polisie in besit gevind is van twee 7.65 mm pistole en tien 7.65 patrone. Vir een van die pistole het hy 'n lisensie gehad. Die pistool het hy onder sy lyfband gehad. Vir die ander het hy geen lisensie gehad nie. Dit was in 'n skouerholster onder sy trui en die tien patrone is in daardie pistool gevind. Sy verduideliking aan die hof vir sy besit van laasgenoemde pistool was dat hy op die betrokke dag 'n vergadering te Maserubrug bygewoon het. Die vergadering het oproerig geword. Na die vergadering en

1998 JDR 0135 p4

Marais AR

terwyl hy op pad was na 'n voertuig het hy die pistool raak geskop. Hy het dit opgetel en gehou. Hy was van plan om dit na 'n polisiestasie te Ladybrand te neem vir oorhandiging aan die polisie. Sy relaas is deur die landdros verwerp. Toe hy ter versagting van vonnis getuig het, het hy gesê "Ek voel steeds dat ek onskuldig is". Die gevolg was dat daar geen verduideliking hoegenaamd voor die landdros was waarom hy in besit van die tweede ongelisensieerde pistool was en wat hy in gedagte gehad het om daarmee te maak nie.

Sy persoonlike omstandighede is die volgende. Hy is in 1942 gebore en was dus 53 jaar oud toe die misdryf gepleeg is. Hy is getroud en het 7 afhanklike kinders. Hy is 'n huurmotoreienaar met 'n...

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT