S v Kellerman

JurisdictionSouth Africa
JudgeHowie AR, Hefer AR, Plewman AR
Judgment Date27 November 1996
Citation1997 (1) SACR 1 (A)
Hearing Date21 November 1996
CounselN Van Der Walt namens die appellant W C Gernandt namens die Staat
CourtAppellate Division

Howie AR:

Appellant se appèl na die Transvaalse Provinsiale Afdeling teen sy E skuldigbevindings en vonnisse in 'n streekhof ten opsigte van twee aanklagte van bedrog het op verskerping van sy straf uitgeloop. Verlof om verder te appelleer is deur die Hof benede geweier maar deur hierdie Hof toegestaan. F

Die bevel waarvolgens hierdie Hof verlof toegestaan het, magtig 'n appèl

'beide ten aansien van die effek, indien enige, van die invoeging van art 310A in die Strafprosewet 51 van 1977, en op die meriete van bedoelde verhoging'.

Omdat die appèloorkonde laat ingedien is, moes by die aanvang van die verrigtinge in G hierdie Hof aansoek om kondonasie gedoen word. Die advokate was dit eens dat die uitslag van die aansoek noodwendig van die meriete van die appèl sou afhang. Ek behandel dus die aansoek en die appélgronde op daardie grondslag en gerieflikheidshalwe verwys ek na 'die appellant' en nie 'die applikant' nie. H

Appellant se betoog op die regspunt is dat, in ag genome die bepalings van art 310A van die Strafproseswet 51 van 1977, verswaring van sy vonnisse regtens onbevoeg was. Die Hof a quo se uitspraak in hierdie verband is gerapporteer: S v Kellerman 1996 (1) SACR 89 (T).

Die tersaaklike feite wat op die onderhawige aspek van toepassing is, kan soos volg opgesom word. Die vonnisse is op 21 September 1993 deur die verhoorhof opgelê. I Op 11 Oktober 1993 liasseer appellant in persoon 'n kennisgewing van appèl met betrekking tot beide die skuldigbevindings en die vonnisse. Daarna verkry appellant regsverteenwoordiging. Op 4 Maart 1994 word sy prokureurs kennis gegee dat die appèl vir verhoor op 23 Mei 1994 ter rolle geplaas is. Op 13 April 1994 is hulle kennis gegee dat die Staat voornemens was om vir verswaring van vonnis aansoek te J

Howie AR

doen. Aangesien appellant se betoogshoofde blykbaar nie betyds geliasseer kon word A nie is die aanhoor van die appèl op 23 Mei 1994 uitgestel tot 'n datum gereël te word. Op 9 November 1994 liasseer appellant se prokureurs 'n kennisgewing van terugtrekking van die appèl. Op 3 Januarie 1995, word die prokureurs nietemin verwittig dat die appèl op 16 Maart 1995 aangehoor sou word. Die appèl word nie op laasgenoemde datum voortgesit nie maa beide partye lê betoog aan die Hof a quo B voor ten opsigte van sy bevoegdheid om vonnis te verhoog asook die vraag of inmenging gepas was. Op 9 Mei 1995 lewer die Hof uitspraak waarvolgens onder andere die vonnisse verswaar word.

Die strekking van appellant se huidige betoog is die volgende. Voor 1990 het respondent (verteenwoordig deur die Prokureur-generaal) geen reg van appèl teen 'n C laer hof se vonnis gehad nie. Daar het egter 'n praktyk bestaan dat waar 'n beskuldigde teen skuldigbevinding of vonnis appelleer die Staat kennis kon gee van sy voorneme om by die aanhoor van die appèl om verswaring van vonnis aansoek te doen. Na ter rolle plasing en sodanige kennisgewing kon die beskuldigde sy appèl nie sonder die Hof van appèl se verlof terugtrek nie. Sonder sodanige verlof moet die aangeleentheid D dan voor die Hof van appèl dien en was daardie Hof in 'n posisie om in die uitoefening van sy appèl bevoegdhede verswaring van die vonnis te oorweeg en te beveel. In 1990 egter is art 310A in die Strafproseswet ingevoeg wat respondent 'n reg van appèl teen 'n laer hof se vonnis verleen en daardeur is gemelde praktyk E afgeskaf. Derhalwe waar respondent verkies om sy reg van appèl nie uit te oefen nie is hy nie by magte om oorenkomstig gemelde praktyk verswaring te versoek nie. Bygevoeg is daar geen wettige beletsel teen terugtrekking te eniger tyd van 'n beskuldigde se appèl nie. In die onderhawige saak was daar weens geldige terugtrekking van appellant se appèl, regtens geen appèlverrigtinge voor die Hof a F quo nie en om daardie rede was laasgenoemde nie bevoeg om die vonnis te verhoog nie.

Die eerste gerapporteerde aanduiding van die praktyk waarna hierbo verwys is, vind mens in R v Coetzer 1937 TPD 221. Nie lank vantevore nie, was die Hooggeregshof deur art 94 van die Algemene Regswysigingswet 46 van 1935, vir die eerste keer die G bevoegdheid verleen om 'n laer hof se straf te verswaar. In Coetzer se saak, sonder om 'n vaste reël te wil neerlê, verklaar die Hof dat dit in die meeste gevalle wenslik is dat 'n appellant gewaarsku word dat verswaring van vonnis versoek sal word en dat die landdros ook sodanige kennis ontvang sodat hy redes vir die opgelegde straf kan verstrek. H

Met daardie uitlating het hierdie Hof in R v Swanepoel 1945 AD 444 te 451 volkome saamgestem. (Volledigheidshalwe mag ek net meld dat in die onderhawige saak die streeklanddros na respondent se kennisgewing aangaande verswaring van vonnis verdere redes vir vonnis gegee het.)

Die eerste uitspraak van hierdie Hof wat volledig met gemelde praktyk handel is S v du Toit 1979 (3) SA 846 (A). Daaruit, asook uit die uitspraak in S v Kirsten 1988 (1) I SA 415 (A), blyk dit duidelik, eerstens, dat die praktyk ook van toepassing is waar, in die afwesigheid van enige kennisgewing deur respondent, die Hof van appèl mero motu kennis gee dat verhoging van vonnis oorweeg sal word, en, tweedens, dat dit in hierdie Hof asook in alle ander Afdelings van die Hooggeregshof geld. J

Howie AR

Sien, oor die algemeen wat die betrokke praktyk betref, Hiemstra Suid-Afrikaanse A Strafproses 5e uitg 8056.

Blykbaar bestaan daar nie eensgesindheid in alle Afdelings ten opsigte van hoe en presies wanneer 'n gevonnisde appellant sy appèl sonder verlof kan terugtrek nie: Hiemstra (op cit). Dit is egter vir huidige doeleindes onnodig om daarop in te gaan: op geen beskouing kan hy dit doen na beide die ter rolle plasing van sy appèl en B kennisgewing namens respondent aangaande...

To continue reading

Request your trial
9 practice notes
  • S v Mhlongo
    • South Africa
    • Invalid date
    ...2000 (11) BCLR 1252; [2000] ZACC 16): dicta inparas [11]–[12] appliedS v Immelman 1978 (3) SA 726 (A): referred toS v Kellerman 1997 (1) SACR 1 (A) ([1997] 1 All SA 127; [1996] ZASCA139): appliedS v Kolea 2013 (1) SACR 409 (SCA) ([2012] ZASCA 199): dictum inpara [18] appliedS v Legoa 2003 (......
  • S v Nabolisa
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SA 207): compared S v Jaipal 2005 (1) SACR 215 (CC) (2005 (4) SA 581; 2005 (5) BCLR 423; [2005] ZACC 1): referred to I S v Kellerman 1997 (1) SACR 1 (A) ([1997] 1 All SA 127; [1996] ZASCA 139): criticised and not followed S v Keyser 2012 (2) SACR 437 (SCA) ([2012] ZASCA 70): referred to S v......
  • Director of Public Prosecutions v Olivier
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Basson 2004 (1) SACR 285 (CC) (2005 (1) SA 171; 2004 (6) BCLR620): referred toabcdefghij380© Juta and Company (Pty) Ltd S v Kellerman 1997 (1) SACR 1 (A): referred to.Foreign casesCox v Hakes 1890 (AC) 15: referred toCullen v R [1949] SCR 658: referred to.StatutesThe Criminal Procedure Act ......
  • S v Nabolisa
    • South Africa
    • Constitutional Court
    • 12 June 2013
    ...Director of Public Prosecutions v Olivier 2006 (1) SACR 380 (SCA) ([2006] 4 All SA 224; [2005] ZASCA 121) in para 19; S v Kellerman 1997 (1) SACR 1 (A) ([1997] 1 All SA 127; [1996] ZASCA 139); R v Swanepoel 1945 AD 444 at 451; and S v Naidoo 1987 (3) SA 834 [19] See Gordon NO v Standard Mer......
  • Request a trial to view additional results
9 cases
  • S v Mhlongo
    • South Africa
    • Invalid date
    ...2000 (11) BCLR 1252; [2000] ZACC 16): dicta inparas [11]–[12] appliedS v Immelman 1978 (3) SA 726 (A): referred toS v Kellerman 1997 (1) SACR 1 (A) ([1997] 1 All SA 127; [1996] ZASCA139): appliedS v Kolea 2013 (1) SACR 409 (SCA) ([2012] ZASCA 199): dictum inpara [18] appliedS v Legoa 2003 (......
  • S v Nabolisa
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SA 207): compared S v Jaipal 2005 (1) SACR 215 (CC) (2005 (4) SA 581; 2005 (5) BCLR 423; [2005] ZACC 1): referred to I S v Kellerman 1997 (1) SACR 1 (A) ([1997] 1 All SA 127; [1996] ZASCA 139): criticised and not followed S v Keyser 2012 (2) SACR 437 (SCA) ([2012] ZASCA 70): referred to S v......
  • Director of Public Prosecutions v Olivier
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Basson 2004 (1) SACR 285 (CC) (2005 (1) SA 171; 2004 (6) BCLR620): referred toabcdefghij380© Juta and Company (Pty) Ltd S v Kellerman 1997 (1) SACR 1 (A): referred to.Foreign casesCox v Hakes 1890 (AC) 15: referred toCullen v R [1949] SCR 658: referred to.StatutesThe Criminal Procedure Act ......
  • S v Nabolisa
    • South Africa
    • Constitutional Court
    • 12 June 2013
    ...Director of Public Prosecutions v Olivier 2006 (1) SACR 380 (SCA) ([2006] 4 All SA 224; [2005] ZASCA 121) in para 19; S v Kellerman 1997 (1) SACR 1 (A) ([1997] 1 All SA 127; [1996] ZASCA 139); R v Swanepoel 1945 AD 444 at 451; and S v Naidoo 1987 (3) SA 834 [19] See Gordon NO v Standard Mer......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT