S v Gouws

JurisdictionSouth Africa
JudgeF H Grosskopf AR
Judgment Date03 September 1997
Docket Number391/96
Hearing Date28 August 1997
CourtAppellate Division

F H Grosskopf AR:

Die appellant het in die streekhof in Worcester op 'n aanklag van poging tot moord tereggestaan. Hy het skuldig gepleit en is na skuldigbevinding gevonnis tot 5 jaar gevangenisstraf, waarvan 2 jaar voorwaardelik vir 5 jaar opgeskort is. Die appellant se appèl teen sy vonnis is van die hand gewys deur die destydse Kaapse Provinsiale Afdeling van die Hooggeregshof. Daardie hof het egter verlof aan die appellant verleen om na hierdie hof teen die vonnis te appelleer.

Na die appellant se skuldigbevinding destyds in die streekhof is daar met die oog op vonnisoplegging 'n verslag van 'n proefbeampte van Maatskaplike Dienste, asook 'n verslag van 'n korrektiewe beampte in diens van die Departement van Korrektiewe Dienste, aangevra. Beide hierdie verslae het 'n vonnis van korrektiewe toesig ingevolge art 276(1)(h) van die Strafproseswet 51 van 1977 aanbeveel. Die landdros was egter van oordeel dat die aard en erns

1997 JDR 0653 p3

F H Grosskopf AR

van die misdaad en die gemeenskapsbelang swaarder as die persoonlike omstandighede van die appellant geweeg het en dat direkte gevangenisstraf die enigste gepaste vonnis vir die appellant was. Dit is hoofsaaklik teen hierdie benadering van die landdros wat die appellant beswaar maak.

In hierdie hof is die persoonlike omstandighede van die appellant weereens beklemtoon en is dit namens die appellant betoog dat die landdros misgetas het deur nie 'n vonnis van korrektiewe toesig op te lê nie. Dit is wel so dat daar sekere positiewe persoonlike omstandighede in die guns van die appellant in aanmerking geneem moet word. Die appellant was 'n 36-jarige eerste oortreder wat st 10 op skool geslaag het. Hy het reeds vir sewe jaar 'n vaste betrekking as oudiovisuele tegnikus by die Instituut vir Dowes in Worcester beklee. Die getuienis was dat hy 'n baie goeie werker was wat 'n sleutelpos beklee het en moeilik vervangbaar was. Dit was egter onseker of hy sy werk ondanks die skuldigbevinding sou kon behou.

Naas die appellant se gunstige persoonlike omstandighede is daar egter die verswarende omstandighede waaronder die misdaad gepleeg is. Die voorval het

1997 JDR 0653 p4

F H Grosskopf AR

op Kersdag 1993 plaasgevind. Die appellant is vroeër daardie jaar van sy eggenote geskei en hy moes Kersdag sonder sy gewese eggenote en sy twee kinders deurbring. Hy is egter met 'n vriend na 'n braaivleis op 'n plaas in die Worcester distrik waar hulle sterk drank gedrink het en 'n middagmaal genies het. Dit...

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT