S v Dumezweni

JurisdictionSouth Africa
JudgeEbrahim J, Zietsman AJ
Judgment Date21 June 2007
Docket NumberA58/2007
CourtOrange Free State Provincial Division
Hearing Date14 May 2007
Citation2008 JDR 1061 (O)

Ebrahim R:

[1]

Die appellante in hierdie appèl is die beskuldigdes 1, 2, 3, 4 en 5 in die hof a quo, kom in hoër beroep ten aansien van slegs die vonnisse hulle opgelê.

[2]

Die streeklanddros vir Kroonstad het al 5 die beskuldigdes skuldig bevind aan huisbraak met die opset om te steel en

2008 JDR 1061 p2

Ebrahim R

poging tot diefstal ten aansien van goedere waarvan die waarde meer as R500 000,00 beloop.

[3]

Wat vonnis betref is beskuldigdes 1, 3 en 5 elk tot 9 jaar gevangenisstraf in terme van artikel 276(1)(b) van die Strafproseswet nr. 51 van 1977 gevonnis, beskuldigde 2 tot 10 jaar gevangenisstraf en beskuldigde 4 tot 12 jaar gevangenisstraf.

[4]

Die gronde van appèl ten aansien van die vonnis was in breë trekke die volgende:

4.1

Dat alwaar die beskuldigdes skuldig bevind is aan poging tot diefstal waarby goedere ter waarde van meer as R500 000,00 ter sprake is, die Strafregwysigingswet nr. 105 van 1997 wat sekere minimum vonnisse voorskryf, nie van toepassing is nie, vanweë:

4.1.1

Die waardes soos na verwys in Bylaag 2, Deel II waarvan iemand aan diefstal skuldig bevind word, na diefstal van geld verwys en nie na die waarde van goedere by die misdryf betrokke nie.

2008 JDR 1061 p3

Ebrahim R

4.1.2

Dat Bylae 2, Deel II slegs na ondere andere diefstal verwys en nie poging daartoe nie.

4.2

Dat die vonnis deur die landdros opgelê in ieder geval skokkend onvanpas is, en ingryping deur 'n Hof van Appèl regverdig.

[5]

Dit dien vermeld te word dat die landdros bevind het dat die Strafregwysigingswet nr. 105 van 1997 wel van toepassing is, op grond daarvan dat:

5.1

Die waarde in Deel II van Bylae 2 nie beperkend is tot geld nie aangesien so 'n uitleg tot 'n absurditeit sou lei en;

5.2

Die verwysing na onder andere diefstal in Deel II ook poging daartoe insluit vanweë die aanvangsreël ter sprake, te wete '''n misdryf wat verband hou met... ", en dat 'n poging tot diefstal 'n misdryf is wat verband hou met diefstal.

[6]

Die landdros het egter ook bevind dat ooreenkomstig artikel 51(3)(a) van die Strafregwysigingwet nr. 105 van 1997, daar wesenlike en dwingende omstandighede bestaan wat die

2008 JDR 1061 p4

Ebrahim R

oplegging van 'n mindere vonnis as die vonnis deur die wet voorgeskryf, regverdig, vandaar die vonnisse van onderskeidelik 9 jaar, 10 jaar en 12 jaar en nie die minimum van 15 jaar en/of 20 jaar soos bepaal in artikels 51 (2)(a)(i) en (ii) van voormelde wet nie.

[7]

Die voormelde dwingende of wesenlike omstandighede wat die landdros bevind het is geleë daaraan dat:

7.1

Die beskuldigdes vir ongeveer 15 maande verhoorafwagtend was en in die gevangenis deurgebring het;

7.2

Dat die klaer se skade beperk is deurdat die items teruggevind is voor dit verwyder kon word;

7.3

Dat dit onbillik sou wees teenoor die beskuldigdes om 15 jaar gevangenisstraf vir die tipe misdryf in die omstandighede op te lê uit die staanspoor.

[8]

Die landdros het voorts beskuldigdes 1, 3 en 5 as eerste oortreders behandel en beskuldigdes 2 en 4 met toepaslike vorige veroordelings, anders hanteer en aldus gevonnis. So ook is die persoonlike omstandighede van elk van die beskuldigdes oorweeg asook die erns van die misdryf, welke

2008 JDR 1061 p5

Ebrahim R

klaarblyklik redelik swaar geweeg het in die lig van die modus operandi waarmee die beskuldigdes te werk gegaan het in die pleging daarvan asook die omvang van die goedere wat die beskuldigdes gepoog het om te steel.

[9]

Dit verdien ook vermeld te word dat alhoewel diefstal inderdaad (as voltooide misdryf) bewys is, het die staatsaanklaer nooit die klagstaat gewysig nie en is die beskuldigdes dan tereg slegs aan poging tot diefstal, soos hulle aangekla is, skuldig bevind. Wat vir doeleindes van vonnis egter in ag geneem kan word, is dat die beskuldigdes op heterdaad betrap was en dat dit die enigste rede is waarom die klaers nie heelwat meer skade gely het in die omstandighede nie.

[10]

Wat betref die vraag of die Strafregwysigingswet van 1997, toepaslik is in die lig die appèlgronde word die volgende bevind:

10.1

Ten opsigte van die argument dat Deel II van Bylae 2 na bedrae van onderskeidelik R500 000,00 en R100 000,00 onderskeidelik verwys synde dat dit slegs na

2008 JDR 1061 p6

Ebrahim R

geld sou verwys, kan die argument nie opgaan nie, vanweë die volgende:

10.1.1

Dit sou...

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT