S v Croukamp

JurisdictionSouth Africa
Citation1993 (1) SACR 439 (T)

S v Croukamp
1993 (1) SACR 439 (T)

1993 (1) SACR p439

Citation

1993 (1) SACR 439 (T)

Court

Transvaalse Provinsiale Afdeling

Judge

Van Der Walt en Van Dijkhorst R

Heard

November 9, 1992

Judgment

November 9, 1992

Flynote : Sleutelwoorde B

Vonnis — Korrektiewe toesig — Verslag van proefbeampte of korrektiewe beampte — Aard van — Verwysing in art 276A(1)(a) van Strafproseswet 51 van 1977 nie na twee verskillende tipe verslae nie maar eerder na een soort verslag met 'n moontlikheid van verskillende outeurs — Daar moet evaluasie gedoen word en die resultaat daarvan en die feite waarop dit C gegrond is moet uiteengesit word — Verslag moet nie omslagtig wees en vergesel gaan van groot hoeveelheid irrelevante en onnodige gegewens nie.

Vonnis — Korrektiewe toesig — Formulering van vonnis — Vonnis van bloot 'korrektiewe toesig' nie toelaatbaar of gepas nie — Hof moet ook aard en omvang van korrektiewe toesig bepaal. D

Headnote : Kopnota

Die beskuldigde is in 'n landdroshof skuldig bevind aan 'n oortreding van art 122(1) van die Wet op Padverkeer 29 van 1989 deurdat hy onder die invloed van sterk drank bestuur het. Hy is gevonnis tot ses maande E korrektiewe toesig ingevolge art 276(1)(h) van die Strafproseswet 51 van 1977. Op hersiening is dit bevraagteken of die verslag van die korrektiewe beampte aan die bepalings van art 276A(1)(a) van die Strafproseswet voldoen het en of die formulering van die vonnis toelaatbaar en gepas was. Dit het geblyk dat die korrektiewe beampte gebruik gemaak het van 'n vorm (G435) wat deur die Departement van Korrektiewe Dienste in oorleg met die Departement van Justisie opgestel is. Die Hof op hersiening het die vorm gekritiseer as bloot 'n verdere stuk burokratiese rompslomp wat nie aan F die vereistes van die Wet voldoen het nie en geen doel gedien het nie. Die verwysing in art 276A(1)(a) na 'n verslag van 'n proefbeampte of 'n korrektiewe beampte was nie 'n aanduiding dat die Wetgewer twee verskillende tipe verslae beoog het nie maar eerder een soort verslag met 'n moontlikheid van twee verskillende outeurs. 'n Evaluasie moes gedoen word en die resultaat daarvan en die feite waarop dit gegrond is moes G uiteengesit word: dit het nie beteken dat dit op omslagtige wyse en vergesel van 'n groot hoeveelheid irrelevante en onnodige gegewens voor die hof gelê moes word nie.

Wat die formulering van die vonnis betref het die Hof op hersiening beslis dat die landdros nie slegs die tipe straf (korrektiewe toesig) mag neerlê nie maar verder moes gaan en ook die aard en omvang daarvan bepaal. In die H onderhawige geval, waar die straf eenvoudig in die hande van die Departement van Korrektiewe Dienste gelaat is, het die vonnis nie voldoen aan die vereistes van die Wet nie. Vonnis tersyde gestel en saak terugverwys na die landdros om sy vonnis van korrektiewe toesig na verkryging van die vereiste verslag te herformuleer.

Flynote : Sleutelwoorde

Sentence — Correctional supervision — Report of probation officer or correctional official — Nature of — Reference in s 276A(1)(a) of Criminal Procedure Act 51 of 1977 not to two different types of report but rather to one type of report by two different authors — Evaluation must be done and result thereof and facts on which it is based must be set out J — Report must not

1993 (1) SACR p440

A be lengthy or be accompanied by great number of irrelevant and unnecessary facts.

Sentence — Correctional supervision — Formulation of sentence — Sentence stipulating merely 'correctional supervision' not permissible or appropriate — Court must also determine nature and extent of correctional supervision. B

Headnote : Kopnota

The accused was convicted in a magistrate's court of a contravention of s 122(1) of the Road Traffic Act 29 of 1989 in that he had driven a motor vehicle whilst under the influence of intoxicating liquor. He was sentenced to six months' correctional supervision in terms of s 276(1)(h) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977. On review, it was questioned C whether the report of the correctional official complied with the requirements of s 276A(1)(a) of the Criminal Procedure Act and whether the formulation of the sentence was permissible and appropriate. It appeared that the correctional official had made use of a form (G345) which had been drawn up by the Department of Correctional Services in co-operation D with the Department of Justice. The Court on review criticised the form as merely another piece of bureaucratic red tape which did not comply with the requirements of the Act and served no purpose. The reference in s 276A(1)(a) to the report of a 'probation officer or a correctional official' was not an indication that the Legislature intended two types of report but rather that it envisaged one type of report compiled by E different authors. An evaluation had to be done and the result thereof and the facts on which it was based had to be set out: this did not mean that it had to be done in a prolix manner and be submitted to the court accompanied by a great number of irrelevant and unnecessary facts.

As regards the formulation of the sentence, the Court on review held that the magistrate was not merely required to determine the type of sentence F (correctional supervision) but was also required to go...

To continue reading

Request your trial
13 practice notes
  • S v Sekoboane
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Op hersiening het die Hof bevraagteken of die voorwaardes van die korrektiewe toesig aan die vereistes soos gestel in S v Croukamp 1993 (1) SACR 439 (T) en S v Somers 1994 (2) SACR 401 (T) voldoen het. Die landdros is ook gevra om redes vir sy vonnis te Die beskuldigde moes 'n vrou en sewe ......
  • S v Somers
    • South Africa
    • Transvaal Provincial Division
    • 25 Marzo 1994
    ...in S v R 1993 (1) SACR 209 (A) (1993 (1) SA 476 (A)); S v Ndaba 1993 (1) SACR 637 (A); S v Omar 1993 (2) SACR 5 (C) en S v Croukamp 1993 (1) SACR 439 (T). Dit bring my by die verdere vonnis van 12 maande gevangenisstraf wat J opgeskort is. Huisarres vir 12 maande plus gemeenskapsdiens wat 1......

  • S v Schutte
    • South Africa
    • Invalid date
    ...the Court's approach to the use of these provisions, see: S v R 1993 (1) SA 476 (A), S v Larsen 1994 (2) SACR 149 (A), S v Croukamp 1993 (1) SACR 439 (T), S v Omar 1993 (2) SACR 5 (C), S v Kleynhans 1994 (1) SACR 195 (O). Also see generally: Commentary on the J Criminal Procedure Act Du Toi......
  • Request a trial to view additional results
13 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT