S v Buthelezi

JurisdictionSouth Africa
JudgeVivier JA, Harms JA, Melunsky AJA
Judgment Date21 September 1999
Docket Number39/97
CourtSupreme Court of Appeal
Hearing Date24 August 1999
Citation1999 JDR 0587 (SCA)

Vivier AR:

Om ongeveer tienuur die aand van 17 Junie 1992 het 'n paar honderd mans, gewapen met vuurwapens, assegaaie en kieries, die woonbuurt Boipatong en die aangrensende plakkerskamp, Slovopark, binnegeval, eiendom beskadig en geplunder en inwoners beseer en gedood.

Voortspruitende uit hierdie gebeure het 74 beskuldigdes voor Smit R in die Transvaalse Provinsiale Afdeling tereggestaan op 45 aanklagte van moord, een aanklag van openbare geweld, 22 aanklagte van poging tot moord en 85 aanklagte van opsetlike saakbeskadiging. By die aanvang van die verhoor is die saak teen 42 beskuldigdes teruggetrek. Aan die einde van die Staatsaak is beskuldigdes 44 en 45 op alle aanklagte onskuldig bevind en ontslaan. Beskuldigdes 39 en 67 is tydens die verhoor oorlede. Van die oorblywende 28 beskuldigdes is beskuldigdes 2, 9, 14, 31, 36, 55, 58, 59, 60, 62, 64, 65, 68, 70, 71, 73 en 74, na wie ek hierna as "die beskuldigdes" sal

1999 JDR 0587 p3

Vivier AR

verwys, skuldig bevind aan al 45 aanklagte van moord, die aanklag van openbare geweld en aan 14 aanklagte van poging tot moord (aanklagte 47, 48, 50, 55, 57, 58, 59, 60, 61, 64, 65, 66, 67 en 68).Hulle is tot verskillende tydperke van gevangenisstraf gevonnis. Met die verlof van hierdie Hof appelleer die beskuldigdes slegs teen hul skuldigbevindings.

Die pleging van die misdade waaraan die beskuldigdes skuldig bevind is, was nie voor ons in geskil nie. Wat wel in geskil was, was die identiteit van die deelnemers aan die aanval. Die beskuldigdes se verweer was dat hulle nie deelgeneem het aan die aanval nie, dat hulle nie die betrokke aand in Boipatong was nie en niks van die pleging van die misdade weet nie.

Die Staatsaak was dat die beskuldigdes ten tyde van die aanval almal inwoners was van die KwaMadala hostel ("KwaMadala") wat geleë is ongeveer een kilometer ten weste van Boipatong binne die gronde van Iscor naby Vanderbijlpark. Tussen KwaMadala en Boipatong is 'n oop veld.

1999 JDR 0587 p4

Vivier AR

Ongeveer in die middel van die oop veld loop 'n teerpad van suid na noord tussen Vanderbijlpark en Vereeniging wat bekend staan as Frikkie Meyer Boulevard. Aan die noordekant van Boipatong loop 'n ander teerpad van wes na oos wat Frikkie Meyer Boulevard reghoekig kruis en wat bekend staan as Nobel Boulevard. Aan die noordekant van Nobel Boulevard is verskeie nywerheidsgeboue, een waarvan dié van Cape Gate is.

Die getuienis omtrent die ontstaan en ontwikkeling van KwaMadala was nie in geskil nie. KwaMadala is aanvanklik opgerig vir werknemers van Iscor. Na die voltooiing van die KwaMazisa hostel in Sebokeng gedurende die sewentigerjare is KwaMadala gesluit en die inwoners na KwaMazisa oorgeplaas. Nadat onluste gedurende 1990 tussen lede van die Inkatha Vryheidsparty ("Inkatha") en die ANC in Sebokeng uitgebreek het, het sommige inwoners van KwaMazisa weer in KwaMadala gaan woon. Hulle is gevolg deur Inkatha-ondersteuners uit ander hostelle en omringende

1999 JDR 0587 p5

Vivier AR

woonbuurte wat vir hul veiligheid gevrees het. Baie van hierdie mense was nie Iscor-werknemers nie. Ten tyde van die pleging van die huidige misdade was daar ongeveer 600 na 700 inwoners by KwaMadala, waarvan maar ongeveer die helfte by Iscor gewerk het. Voor die gebeure van 17 Junie 1992 was daar vir geruime tyd konflik tussen ondersteuners van die ANC en Inkatha in woonbuurte in die omgewing. Feitlik sonder uitsondering was die getuienis van die beskuldigdes en ander inwoners van KwaMadala by die verhoor dat hulle Zoeloes en/of Inkatha ondersteuners was en dat hulle by KwaMadala gaan woon het nadat hulle moeilikheid met ondersteuners van die ANC ondervind het. Terwyl KwaMadala gevolglik tot 'n toevlugsoord vir Zoeloes en Inkatha ondersteuners ontwikkel het, was die meerderheid van die inwoners van Boipatong en Slovopark ANC ondersteuners of simpatiseerders.

Vir die uitkenning van die beskuldigdes as deelnemers aan die aanval

1999 JDR 0587 p6

Vivier AR

het die Staat hoofsaaklik op die getuienis van drie medepligtiges gesteun. Isaac Moswabudi Bojosi ("Bojosi") het getuig dat hy sedert 22 April 1992 in KwaMadala gewoon het. Hy ken al die beskuldigdes. Hy het beskuldigdes 2, 9, 14, 31, 55, 58, 62, 65, 68, 71, 73 en 74 by vergaderings van die inwoners van KwaMadala leer ken. Beskuldigde 36 het hy leer ken toe laasgenoemde hom gehelp het om die kamer wat aan hom toegewys is, skoon te maak. Beskuldigde 59 het 'n kamer met hom gedeel. Beskuldigde 60 het hy gene nog voordat hy na KwaMadala gekom het. Hulle het aanvanklik 'n kamer in KwaMadala gedeel maar hy het later 'n ander kamer gekry en beskuldigde 60 het toe by die vorige kamer agter gebly Beskuldigde 64 het in 'n kamer langs dié van Bojosi se broer gewoon. Beskuldigde 70 het hy reeds ongeveer vyf jaar vantevore ontmoet.

Bojosi het getuig dat 'n komitee van tien lede die inwoners se gemeenskaplike sake behartig het. Beskuldigde 73 was die president,

1999 JDR 0587 p7

Vivier AR

beskuldigdes 2 en 9 die gesamentlike voorsitters en beskuldigde 58 die sekretaris van die komitee. Beskuldigde 9 was verder die indoena van die sogenaamde Mbotho-groep van ou manne en beskuldigde 2 was die leier van die jeug.

Bojosi het getuig dat hy die eerste keer van die beplande aanval op Boipatong gehoor het by 'n vergadering van inwoners wat by die stadion op die binneplein van KwaMadala gehou is ongeveer 'n week of twee voor 17 Junie 1992. By hierdie vergadering het beskuldigdes 2 en 73 eerste die inwoners toegespreek oor 'n byeenkoms wat by Jabulani gehou sou word. Daarna is die dames gevra om die vergadering te verlaat en toe het beskuldigde 9 aan die woord gekom. Hy het gesê dat die inwoners hulle gereed moes maak om 'n aanval op Boipatong te loods in weerwraak vir die aanvalle wat vantevore op die inwoners van KwaMadala gemaak is. Hy het verder gesê dat diegene wat vuurwapens wou hê, hul name by die hek moes

1999 JDR 0587 p8

Vivier AR

gaan opgee. Beskuldigdes 31, 62, 68, 70 en 73 was ook by die vergadering. Die Verhoorhof, wat deurgaans die medepligtiges se getuienis met groot versigtigheid benader het, het bevind dat daar by gebrek aanstawing vir Bojosi se getuienis oor hierdie vergadering dit buite rekening gelaat moet word.

Bojosi het verder getuig dat sommige van die inwoners hul eie vuurwapens gehad het en dat daar twee AK-47 Gower in 'n stoorkamer versteek was wat hy op 'n dag gesien het toe beskuldigde 73 hom daarheen geneem het om 'n mat te gaan haal. Geld is gereeld van die inwoners ingesamel vir uitgawes soos begrafniskoste en dies meer en sy indruk was dat vuurwapens aangekoop is van die geld wat oorbly. So het beskuldigde 70 op 'n dag sy voertuig geleen om vuurwapens te gaan koop.

Bojosi het getuig dat hy die aand van 17 Junie 1992 in sy kamer was wat hy met onder andere beskuldigde 59 gedeel het, toe die sirene drie keer

1999 JDR 0587 p9

Vivier AR

afgaan wat 'n teken was dat die inwoners moes vergader. Een van die inwoners het hom terselfdertyd aangesê om 'n wapen saam te vat. Hy het 'n stuk yster geneem en na die stadion gegaan waar hy ongeveer 300 van die inwoners aangetref het. Beskuldigde 9 het almal beveel om hul wapens te gaan haal. Die inwoners is aangesê om 'n muti wat Ntelezi genoem word, te drink wat beskuldigde 9 uit groot plastiese houers geskink het. Beskuldigde 31 het van die muti op die inwoners gesprinkel. Daar is gesê dat die gebruik van die muti hulle dapper sou maak en dat dit sou verhinder dat hulle raak geskiet word. Almal is aangesê om wit bandjies om hulle koppete bind. Ene Damara het by die stadion in 'n voertuig aangekom waaruit hy en beskuldigde 9 'n aantal AK-47 gewere gehaal het wat hulle aan verskillende mense, onder andere beskuldigde2, oorhandig het. Beskuldigde 9 het een van die wapens vir homself gehou. Beskuldigde 70 het ook 'nAK-47 gedra en gesê dat hy 'n sekere persoon in Boipatong wou skiet. Bojosi het

1999 JDR 0587 p10

Vivier AR

gevolglik vir beskuldigde 68 gevra om die geweer by beskuldigde 70 af te neem. Hy weet nie of beskuldigde 68 dit gedoen het nie.

Bojosi het voorts getuig dat om ongeveer half tien die betrokke aand 'n groep van ongeveer 350 tot 400 inwoners van KwaMadala vertrek het na Boipatong. Hy was saam met die groep. Toe hulle by die hoofhek van die kompleks uitgaan, het hy vir beskuldigde 73 by die hek sien staan. Die groep het oor Frikkie Meyer Boulevard beweeg en by 'n boom in die oopveld wes van Boipatong in twee kleiner groepe verdeel. Terwyl hulle Frikkie Meyer Boulevardkruis, het 'n voertuig daar 'n U-draai voor hulle gemaak. In sy groep was beskuldigde 2 een van dié wat heel voor geloop het. Hulle het Boipatong langs Moshoeshoestraat binnegegaan en op die hoek van Lekoa- en Moshoeshoestrate het 'n groep van die Boipatong-inwoners op hulle geskiet. Hulle het teruggeskiet en die Boipatong-inwoners het gevlug. Beskuldigde 9 is een van drie lede van hulle groep wat op die

1999 JDR 0587 p11

Vivier AR

Boipatong-inwoners geskiet het met 'n AK-47. Onder kruisverhoor het Bojosi sy getuienis verander en gesê dat hy die eerste keer die betrokke aand gesien het dat beskuldigde 9 'n vuurwapen het toe hulle by Boipatong uitkom. Na die aanvanklike skietery het die invallersop beweeg in Lekoastraat en na huise geskiet en vensters stukkend geslaan. Beskuldigde 74 het met 'n haelgeweer geskiet. Vanuit Lekoastraat het hulle regs gedraai in Bapedistraat en daarna links in Senqustraat waar ene Zondo se taverne geplunder is. Beskuldigde 14 was een van die wat by die taverne was. Uit Senqustraat het hulle regs gedraai in Batsoanastraat. Bojosi was nie presies seker van hul bewegings daarna nie, maar volgens hom het sy groep op 'n stadium in Tugelastraat aan die oostekant van Boipatong beweeg van waar hulle weer terug beweeg het in Lekoastraat tot by die kruising met Hlubistraat waar 'n hoekhuis en 'n voertuig geplunder is. Bojosi het vir beide beskuldigdes 64 en 65 op die perseel van hierdie huis gesien.

1999 JDR 0587 p12

Vivier AR

Laasgenoemde het 'n 7,65 pistool...

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT