S v Beyers

JurisdictionSouth Africa
Citation1968 (3) SA 70 (A)

S v Beyers
1968 (3) SA 70 (A)

1968 (3) SA p70


Citation

1968 (3) SA 70 (A)

Court

Appèlafdeling

Judge

Steyn HR, Ogilvie Thompson AR en Botha AR

Heard

March 7, 1968

Judgment

May 1, 1968

Flynote : Sleutelwoorde

Minagting van die Hof — Nie-voldoening aan 'n interdik deur 'n sivieleHof verleen — Maak die misdaad van minagting van die Hof uit.

Headnote : Kopnota

Opsetlike nie-voldoening aan 'n interdik deur 'n siviele Hof verleen, maak die misdaad van minagting van die Hof uit, waarvoor die Staat 'n vervolging kaninstel.

Flynote : Sleutelwoorde

Contempt of Court — Non-compliance with an interdict granted by a civil Court — Constitutes contempt of court.

Headnote : Kopnota

The intentional non-compliance with an interdict granted by a civil Court constitutes contempt of Court for which the State can prosecute. G

Case Information

Appèl op 'n voorbehoue regsvraag teen 'n beslissing in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling (SNYMAN, R.) wat 'n spesiale pleit deur die beskuldigde (respondent) teen die bevoegdheid van die aanklaer om te vervolg en die regsbevoegdheid van die Hof om hom te verhoor, H gehandhaaf het. Die feite blyk uitdie uitspraak van STEYN, H.R.

J. H. Liebenberg, namens die Staat: Dit word nie betwis dat ons reg tot 'n groot mate deur die Engelse reg beïnvloed was en nog word nie. In A - G v Crockett, 1911 T.P.D. 911 te bl. 916/7, was beslis dat die Romeins-Hollandse reg ons bron is wat die substantiewe strafreg betref

1968 (3) SA p71

en dat ons die Engelse reg volg ten opsigte van strafregtelike praktyk. Verder op bl. 929 en ook in A - G v Glasson, 1911 K.P.A. 590, was gehou dat daar 'n verskil mag bestaan tussen die Engelse en Hollandse regstelsels ten opsigte van die regsbevoegdheid om straf op te lê vir A die pleeg van minagting van die hof. Die ondersoek moet gerig word, eerstens tot die Romeins-Hollandse Reg, en daarna tot die Engelse Reg. Die vraag is, in wese, of opsetlike verontagsaming van 'n hofbevel in 'n siviele hof neerkom op 'n misdaad. Indien wel, sou die Staat mag hê om 'n vervolging in te stel. Volgens die Digesta, 2.3.1, was die nie nakoming van 'n hofbevel strafbaar. Beide eiser en verweerder was B strafbaar in geval van verontagsaming van die bevel. Contemptus teenoor die Regter was beskou as 'n aantasting van die koninklike gesag. Sien Boey, Woordentolk - 'Regters', bl. 586; De Villiers, Injuries, bl. 163, 164; Voet, Commentarius ad Pendecas, 2.2.3; R v Fuleza, 1951 (1) SA 526G. Volgens Romeins-Hollandse Reg was die pleger van 'n C injuria beide strafregtelik en sivielregtelik aanspreeklik. Inst., 4.4.10; Voet, 47.10.15; Carpzovius, Lyfstraffelyke Misdaden, Hoofstuk 86, bl. 817, 820; Wassenaar, PraktykJudicieel, 19.7; Van Leeuwen, Romeinse Hollandse Recht, 4.37.1 (Kotze severtaling); Huber, Heedendaagse Rechtsgeleertheyt, 6.10.2; Van der Linden, Koopmans D Handboek, 2.5.16; Vinnius, Comm. Inst., 4.4.10. Die twee vorms van straf was dus saamlopend. Volgens van der Linden was die misdaad van injuria lyfstraftelik in geval van verswarende omstandighede. In Suid-Afrika was die woordomskrywing van injuria gegee deur de Villiers aanvaar in die volgende gewysdes, nl., S v Sachs, 1932 T.P.A. 203; A - G v Crockett, 1911 T.P.A. 911. Die geleerde skrywer sien die opsetlik E verontagsaming van 'nhofbevel as 'n openbare injuria wat 'n misdaad is en strafbaar is, ongeag van die doel van die hofbevel of die hoedanigheid waarin die regter dit uitgevaardig het. Dieselfde mening was uitgespreek deur BUCHANAN, R., in Slade v Slade, 4 E.D.C. 243. Minagting van die hof word gepleeg op twee verskillendewyse, nl., (a) F die dignitas van die hof in facie curiae aan te tas. Sien R v Benson, 1914 AD 357; Keller v Parker, 1915 AD 98; R v Baby, 1924 T.P.D. 426; R v Rosenstein, 1943 T.P.D. 65; R v Rocke, 4 E.D.C. 274; R v Zibokwane, 1919 E.D.L. 56; R v Mnyongo, 1931 E.D.L. 157; R v Spilkin, 1944 E.D.L. 55; R v Silber, 1952 (2) SA 475; R v De Bruyn, 1939 NPD 1. (b) Waar sodanige aantasting ex facie curiae geskied. Vide R. G v. Sachs, 1932 T.P.D. 201; R v Baker, 1929 T.P.D. 996; R v Neethling, 1873 - 4 Buch. 133; R v Zondo, 1932 NPD 239; R v Hardy, 1927 NPD 206; R v Innes Grant, 1923 NPD 425; R v Mgijima, 1946 E.D.L. 179; R v Kramer, 1922 E.D.L. 205; R v Beji, 1934 E.D.L. 289; R v Klautse, 1948 (3) SA 252; R v Van Rooyen, H 1958 (2) SA 558; R v Robberts, 1959 (4) SA 554; R v Mans, 1950 (1) SA 602; R v Dlamini, 1958 (4) SA 211; Afrikaanse Pers v Bheki, 1964 (4) SA 627; R v Fuleza, 1951 (1) SA 523; R v Makiwane, 1957 (2) SA 560; R v McKenzie, 1933 AD 367. (c) Die benadeling ex facie curiae kan geskied deur opsetlike belediging of deur opsetlike verontagsaming van 'n hofbevel. Vide R v White, 1929 T.P.D. 773; R v Cadi, 1930 T.P.D. 99; R v Wessels, 1927 T.P.D. 592; R v Bukes, 1910 T.P.D. 150; R v Burgers, 1907 T.S. 319; R v Jacobs, 1911 T.P.D. 768; R v Waterson, 1946 W.L.D. 334; R. v.

1968 (3) SA p72

Wickee, 1929 W.L.D. 147; R v Cousins, 1911 CPD 470; Twentyman v. Hewitt, 1 Menz, 156; Manuels Trust v Norden, 3 Menz. 526; R. v. A Hawkins, 25 S.C. 784; R v Bold, 1934 NPD 278; R v Bhigjee, 1913 NPD 503; Wilkenson v Wiggill, 1940 NPD 191; In re Corinbatore, 18 N.L.R. 179; R v Joe, 1906 E.D.C. 16; R v Mazitshane, 1946 E.D.L. 213; R v Slade, 4 E.D.C. 243; Botha v Dreyer, 1 E.D.C. 74; R v Becker, 1951 (2) SA 162; R v Mackay, 1957 (1) SA 118; R v Kinnear, 1957 (2) SA 105; R v Cronje, 1955 (3) SA 319; In re B Phelan, 1877 Kotze 5; R v Keyser, 1951 (1) SA 518; Cape Times v Union Directories, 1953 (3) SA 700; R v Kotze, 1953 (2) SA 187; R v Holder, 1930 NPD 63; R v Traut, 1931 S.W.A. 32; R v Kaplan, 10 S.C. 263; R v Dormer, 4 S.A.R. 64 te bl. 88 - 9; R v Glasson, 1911 K.P.A. 579; R v Maartens, 1950 (4) SA 32; Mfulwane v Matabane, C 1959(1) SA 145; Nathan, Common Law of S.A., band 4, bl. 2449. Van Zyl, Civil Practice, te bl. 317 en 319, spreek ook die mening uit dat die hof 'n diskresie het om die oortreder te straf op enige wyse wat dit goed ag volgens die omvang van die oortreding, strafregtelik of sivielregtelik, by wyse van 'n boete of gevangenisstraf, voorwaardelik of onvoorwaardelik. Op bl. 217 beskou die geleerde skrywer die D nie-nakoming van 'n hofbevel as hofminagting en strafregtelik strafbaar. Dit word, beleefd aan die hand gedoen dat hofminagting 'n misdaad teen die regterlike gesag of waardigheid van die hof en sui generis is. R v Dormer, supra, bl. 85 - 86; Dempster v Robinson, 28 N.L.R. 128; Burgers v Fraser, 1907 T.S. 320 - 1; Verkouteren v Savage, 1918 T.P.A. 68 - 9; Clements v Banks, 1921 E.D.L. 343; Makapan E v. Khope, 1923 AD 551; In re Phelan, 1877 - 81 Kotze 5 te bl. 8; In re Neethling, 1873 - 4 Buch. 133. Die Hollandse Howe het hofminagting gestraf op die beginsel dat die Staat 'n belang het om die regspleging ongeskonde te bewaar en enige poging omdit te dwarsboom in die kiem te smoor. Sien R v Foye & Carlin, 4 Buch A.C. 125; A - G v Crockett, F supra te bl. 914; In re Pollard, L.R., 2 P.C. 106. Dit is belangrik om kennis te neem van die feit dat die probleme in die Crockett-saak een van proses en jurisdiksie was, en nie van die substantiewe reg nie. Tewens, daar was dit duidelik aanvaar en gestel op bl. 916 en 917 dat die Romeins-Hollandse Reg ons kenbron bly. Gardiner & Lansdown, Criminal G Procedure, Deel 1, bl. 5; Proc. 14 van 1902 (T) art. 17; Clement v Clement, 1961 (1) SA 764; R v Glasson, 1911 K.P.A. 590. Die Engelse reg verleen hulp hoofsaaklik in aangeleenthede van prosedure, die aard en omvang van jurisdiksie en van bewysleer. In Makapan v Khope, 1923 AD 551, is die posisie van 'n Romeins-Hollandse hof onder die Transvaalse Wet, 4 van 1885, ondersoek en die gewysde van R v Dormer, H supra, aanvaar. Dit is belangrik om die regsposisie in die Engelse reg in oënskou te neem, in die lig van die benadering van die Hof a quo. In R v Gray, (1900) 2 K.B. 40, was beslis dat die beginsels in beide stelsels dieselfde is. Verder tref die Engelsereg 'n onderskeid tussen 'n tegniese verontagsaming van 'n bevel en die gevalwaar die regspleging gedwarsboom word. Seaward v Paterson, (1897) 1 Ch. D. bl. 554 - 7; Scott v Scott, 13 A.C. 417; O'Shea v O'Shea, 59 L. J. P. 47; Russell on Crime, bl. 351; Halsbury, Deel 8, bl. 20, para. 38, 39. Alleen in die laaste geval word die verontagsaming strafbaar as hofminagting.

1968 (3) SA p73

Scott v Scott, supra. Die Engelse Reg onderskei ook tussen siviel - en strafregtelike hofminagting. Sien Scott v Scott, supra; O'Shea v O'Shea, supra; Verkouteren v Savage, supra te bl. 69. In die Scott-beslissing is nou finale uitsluitsel gegee oor die kwessie dat die straf vir verontagsaming van 'n sivielregtelike bevel nie van A strafregtelike maar wel van sivielregtelike aard is. Hierdie benadering het tot eienaardige anomalieë gelei, nl. dat die litigant wat 'n bevel verontagsaam skuldig is aan sivielregtelike minagting terwyl die persoon wat hom behulpsaam is in die pleeg van minagting skuldig is aan strafregtelike minagting. Seaward v Paterson, supra; Scott v. Scott, supra te bl. 455; O'Shea v O'Shea, supra; Halsbury, Deel 8, bl. 21, B para. 39. Hierdie kunsmatige onderskeid bestaan nie waar die minagting ooreenkomstig Romeins Hollandse reg as 'n strafregtelike aangeleentheid behandel word nie. Verder is die houding van die Engelse Reg dat minagting in 'n suiwer prosedure-aangeleentheid deur die teenparty abandonneer kan word. Halsbury, supra. In Cape Times v Union C Directories, 1956 (1) SA 128, is die Engelse Reg oorweeg.

'n Oorkonde-hof besit 'n inherente mag om weens minagting te straf. Die feit dat die hof sy gesag aan die Britse Kroon ontleen, beteken nie dat dit die Engelse reg moet toepas nie. Art. 21 van Wet 39 van 1896 bepaal dat die Romeins-Hollandse Reg toegepas moet word. R v Makapane, supra. D Ons reg soos omskryf deur de Villiers on Injuries, behels, in elk geval, die element van opset waar die minagting voortspruit uit...

To continue reading

Request your trial
57 practice notes
  • De Lange v Smuts NO and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...of Revenue, Port Elizabeth v Jeeva and Others; Klerck and Others NNO v Jeeva and Others 1996 (2) SA 573 (A): considered S v Beyers 1968 (3) SA 70 (A): considered E S v Carse 1967 (2) SA 659 (C): considered S v Coetzee and Others 1997 (3) SA 527 (CC) (1977 (1) SACR 379; 1997 (4) BCLR 437): d......
  • S v Harber and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...as an element of contempt of court, or at any rate of the form of contempt of which the appellant had been D convicted. In S v Beyers 1968 (3) SA 70 (A) at 77, Steyn CJ quoted with apparent approval M de Villiers' definition of contempt of court according to which an intentional violation o......
  • Department of Transport and Others v Tasima (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Provincial Government North West v Tsoga Developers CC 2016 (5) BCLR 687 (CC) D ([2016] ZACC 9): dictum in para [50] applied S v Beyers 1968 (3) SA 70 (A): referred to S v Mkize 1963 (3) SA 218 (N): distinguished S v Nel 1991 (1) SA 730 (A): dictum at 733A – E applied S v Ngcemu 1964 (3) SA......
  • Fakie NO v CCII Systems (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(A): referred to B Room Hire Co (Pty) Ltd v Jeppe Street Mansions (Pty) Ltd 1949 (3) SA 1155 (T): dictum at 1162 - 4 applied S v Beyers 1968 (3) SA 70 (A): referred S v Dlamini; S v Dladla; S v Joubert; S v Schietekat 1999 (4) SA 623 (CC) (1999 (2) SACR 51; 1999 (7) BCLR 771): referred to S......
  • Request a trial to view additional results
55 cases
  • De Lange v Smuts NO and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...of Revenue, Port Elizabeth v Jeeva and Others; Klerck and Others NNO v Jeeva and Others 1996 (2) SA 573 (A): considered S v Beyers 1968 (3) SA 70 (A): considered E S v Carse 1967 (2) SA 659 (C): considered S v Coetzee and Others 1997 (3) SA 527 (CC) (1977 (1) SACR 379; 1997 (4) BCLR 437): d......
  • S v Harber and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...as an element of contempt of court, or at any rate of the form of contempt of which the appellant had been D convicted. In S v Beyers 1968 (3) SA 70 (A) at 77, Steyn CJ quoted with apparent approval M de Villiers' definition of contempt of court according to which an intentional violation o......
  • Department of Transport and Others v Tasima (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Provincial Government North West v Tsoga Developers CC 2016 (5) BCLR 687 (CC) D ([2016] ZACC 9): dictum in para [50] applied S v Beyers 1968 (3) SA 70 (A): referred to S v Mkize 1963 (3) SA 218 (N): distinguished S v Nel 1991 (1) SA 730 (A): dictum at 733A – E applied S v Ngcemu 1964 (3) SA......
  • Fakie NO v CCII Systems (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(A): referred to B Room Hire Co (Pty) Ltd v Jeppe Street Mansions (Pty) Ltd 1949 (3) SA 1155 (T): dictum at 1162 - 4 applied S v Beyers 1968 (3) SA 70 (A): referred S v Dlamini; S v Dladla; S v Joubert; S v Schietekat 1999 (4) SA 623 (CC) (1999 (2) SACR 51; 1999 (7) BCLR 771): referred to S......
  • Request a trial to view additional results
2 books & journal articles

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT