S v Beukes

JurisdictionSouth Africa
JudgeMaya, J
Judgment Date15 August 2003
Citation2003 JDR 0788 (TkH)
Docket NumberA32/02
CourtTranskei High Court

Van Rooyen WnR:

Agtergrond

[1] Gedurende die vroeë oggendure van Sondag 23 Januarie 2000, het beskuldigde sy twee kinders van 4 en 9 verwurg en hulle nekke gebreek in hulle slaap. Daarna het hy probeer om sy eie lewe te neem deur 'n klapper in sy mond te druk, dit aan die brand te steek en te laat ontplof. Die selfmoord-poging was nie suksesvol nie.

[2] Die agtergrond tot hierdie tragiese gebeure lê in 'n verbrokkelende huwelik tussen die beskuldigde en sy eggenoot, van wie hy na die voorval geskei is. Op die 2de Januarie 2000 het mevrou Beukes haar man die vyfde keer verlaat in hulle huwelik van 12 jaar. Hy getuig dat verhoudings met ander mans, haar drankmisbruik wat oënskynlik gekoppel was aan haar optrede as 'n bestuurder van 'n kroeg en laat ure en haar verwaarlosing van die kinders, die oorsaak was van die verbrokkeling. Mev Beukes getuig egter dat hy haar uit die huis weggejaag het vanweë haar beweerde verhoudings, die bestaan waarvan sy ontken. Haar getuienis is dat hy nie sy finansiële pligte vir die huishouding kon nakom nie omdat hy sy skuld afbetaal het. Sy het die daaglikse koste van die huishouding gedra en die kinders se

2003 JDR 0788 p3

Van Rooyen WnR

skoolgeld betaal. Sy het wel 'n vriendskapverhouding met 'n ander man gehad en saam met hom werk toe gery, maar daar was niks meer as vriendskap in die verhouding nie. Beskuldigde getuig dat hy gesien het hoe sy vrou by 'n funksie, kort voor Januarie 2000, 'n man vasgehou het. Hulle het dit bespreek en dit uitgepraat. Beskuldigde getuig ook dat sy dogtertjie hom vertel het dat haar ma saam in die bed met 'n ander man was gedurende beskuldigde se afwesigheid en hulle vroulike huishulp het aan hom meegedeel dat daar by 'n ander geleentheid 'n ander man by sy eggenote in die bed was, gedurende sy afwesigheid. Mev. Beukes het in haar getuienis enige buite-egtelike verhouding ontken.

[3] Gedurende die skoolvakansie was die kinders by beskuldigde se ouers. Teen die 12de Januarie het die beskuldigde die kinders gaan haal en hulle by sy eggenote gelaat, waar sy by 'n werknemer van haar gewoon het na haar verlating van die huis. Volgens die beskuldigde was die werknemer die suster van die man, wat hy van 'n verhouding met haar verdink het. Beskuldigde het by vriende van hom ingetrek. Dit was in hulle huis waar die tragedie plaas gevind het.

[4] Beskuldigde het verskeie pogings aangewend om mev. Beukes te oortuig om terug te keer, maar sy het aangedui dat haar besluit finaal was en dat sy wou skei. Op Saterdag 22 Januarie was die kinders by beskuldigde gewees.

2003 JDR 0788 p4

Van Rooyen WnR

Hy het hulle na 'n parkie geneem. Op 'n stadium het die kinders agtergekom dat hy huil. Hulle het navraag gedoen en hy het aan hulle verduidelik dat hul ma nie wou terugkom nie. Hulle het hom getroos. Die dogtertjie het hom meegedeel dat haar ma gesê het dat hulle na die egskeiding nie meer vir beskuldigde "pa" moet sê nie. Dit het hom baie ontstel. Daarna is hulle na die Rustenburg Kloof waar hulle ook heerlik gespeel het. Die aand het die kinders en hy weer op die mat in die sitkamer gespeel. Die kinders het in die slaapkamer van die dogter van die huis geslaap. Voor hy gaan slaap het, het beskuldigde 15 tot 20 voltarens, ongeveer 7 panado's, 'n paar asmapille (van sy vrou), 'n paar griep-pille en 'n paar senuwee-pille gedrink. Daar was nie presiese duidelikheid in die getuienis oor die hoeveelhede nie.

[5] Net voor hy die pille gedrink het, het die beskuldigde 'n brief aan sy vrou geskryf. Agter op die koevert was die woorde "van jou gewese man". Ek sal die brief aanhaal wanneer dit kom by die bepaling van die motief vir die moorde. Toe die beskuldigde vroeg die oggend wakker word, was hy geweldig kwaad. Die beskuldigde het by herhaling getuig dat hy geweet het wat hy gedoen het toe hy die oggend vroeg wakker geword het en die twee kinders gaan haal het, waar hulle by die dogter van sy gasheer in die kamer geslaap het. Hy het eers die seuntjie, vir sover hy onthou, met een hand verwurg en sy nek gebreek. Daarna het hy die dogtertjie gaan haal en haar

2003 JDR 0788 p5

Van Rooyen WnR

nek met twee hande gebreek. Die post-mortem verslag dui die oorsaak van dood dan ook aan as fraktuur van die nek en verwurging. Die beskuldigde was seker dat die kinders nie wakker geword het in die proses nie. Net hierna het die beskuldigde, met die doel om homself te dood, 'n sogenaamde bom-klapper in sy mond gedruk en dit ontsteek. Daar was 'n harde knal en die eienaar van die huis het getuig dat hy daarvan wakker geword het. Hy het 'n deel van sy verhemelte beseer en sy oordromme het gebars. Hy was in die hospitaal vir 'n week. Beskuldigde getuig dat hy eers teen die Woensdag, toe die kinders begrawe is, regtig besef het wat hy gedoen het. Hy is hartseer oor wat hy gedoen het. Hy blameer egter sy eggenote vir "driekwart" van wat gebeur het. As sy nie verhoudings met ander mans gehad het nie en teruggekom het, dan het dit nooit gebeur nie. Mev. Beukes het getuig dat wat gebeur het haar hartseer gemaak het en haar ook depressief gemaak het. Sy het toegegee dat beskuldigde 'n introvert was. Sy wou nie getuig oor wat 'n paslike straf sou wees nie : niks kon tog die kinders terug bring nie. Sy het getuig dat hy baie lief vir sy kinders was. Beskuldigde het getuig dat hy telkens mev Beukes, na 'n breuk in die huwelik, gaan haal het. Die vyfde breuk was egter finaal.

2003 JDR 0788 p6

Van Rooyen WnR

[6] Mnr. Beukes het nou wel nie goed op skool presteer nie, maar hy het uitgeblink in sportsoorte soos korfbal (waarvoor hy Provinsiale kleure verwerf het) en stoei. Hy het sy tydperk in die Weermag geniet. Hy het toegegee dat hy by twee geleenthede mev Beukes gedurende 'n huwelikstryd geklap het.

Pleit van Skuldig

[7] By die aanvang van hierdie verhoor, het die beskuldigde skuldig gepleit aan moord op sy twee kinders. Nadat ek hom ondervra het oor sy pleitverduideliking waarin hy die elemente van moord erken het, het ek hom skuldig bevind aan moord op elkeen van die kinders. Die psigiatriese verslag dui dan ook daarop dat hy toerekeningsvatbaar was ten tyde van die daad. Geoordeel aan die benadering wat die Hoogste Hof van Appèl, soos opgesom en geanaliseer deur Navsa AR in S v Eadie 2002 (3) SA 719 (HHA), is ek ook oortuig dat die getuienis nie dui op 'n afwesigheid van handeling nie. Die HHA het, na 'n analise van die regpsraak wat gaan oor sogenaamde nie-patologiese ontoerekeningsvatbaarheid, tot die konklusie gekom dat daar heelwat misverstand is oor die omvang van die verweer, soos aanvaar en toegepas in S v Wiid 1990 (1) SASV 561 (A). Navsa AR sê die volgende te par [60]:

2003 JDR 0788 p7

Van Rooyen WnR

"[60] The view espoused by Snyman [1] and others, and reflected in some of the decisions of our courts, that the defence of non-pathological criminal incapacity is distinct from a defence of automatism, followed by an explanation that the former defence is based on a loss of control, due to an inability to restrain oneself, or an inability to resist temptation, or an inability to resist one's emotions, does violence to the fundamentals of any self-respecting system of law. This approach suggests that someone who gives in to temptation may be excused from criminal liability, because he may have been so overcome by the temptation that he lost self-control – a variation on the theme: "the devil made me do it". It is for this reason that it was suggested earlier that the use by Joubert JA in Laubscher's [2] case, supra, of the word "weerstandskrag" was unfortunate. So too was the use of the word "drang" in Campher's [3] case at 956 B, referred to in paragraph [32] of this judgment. These words suggest a resistance to urges or temptation. No self-respecting system of law can excuse persons from criminal liability on the basis that they succumbed to temptation. Against the fundamental principles restated by JM Burchell (quoted in paragraph [58] of this judgment) it is with respect, absurd to postulate that succumbing to temptation may excuse one from criminal liability. One has free choice to succumb to or resist temptation. If one succumbs one must face the responsibility for the consequences. (verwysings is bygevoeg in die voetnota))

[61] The time has come to face up to the fact that in some instances our courts, in dealing with accused persons with whom they have sympathy, either because of the circumstances in which an offence has been committed, or because the deceased or victim of a violent attack was a particularly vile human being, have resorted to reasoning that is not consistent with the approach of the decisions of this Court. Mitigating factors should rightly be taken into account during sentencing. When an accused acts in an aggressive goal-directed and focused manner, spurred on by anger or some other emotion, whilst still able to appreciate the difference between right and wrong and while still able to direct and control his actions, it stretches credulity when he then claims, after assaulting or killing someone, that at some stage during the directed and planned manouevre he lost his ability to control his actions. Reduced to its essence it amounts to this: the accused is claiming that his uncontrolled act just happens to coincide with the demise of the person who prior to that act was the object of his anger, jealousy or hatred. As demonstrated courts have accepted such version of events from accused persons." (my beklemtoning)

[8] Dit blyk dus dat die verweer van nie-patologiese ontoerekeningsvatbaarheid slegs kan slaag as daar 'n afwesigheid van 'n willekeurige handeling was. Woede en irrasionele optrede sal egter, byvoorbeeld, wel strafversagtende werking hê.

2003 JDR 0788 p8

Van Rooyen WnR

[9] Die beskuldigde het my beïndruk as 'n geloofwaardige getuie. Daarmee spreek ek nie 'n oordeel uit oor die vraag of mev Beukes die waarheid gepraat het nie. Die vraag is nie of haar getuienis waar was nie, maar wat die persepsie van die beskuldigde...

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT