S v Bergh

JurisdictionSouth Africa
JudgeRumpff HR, Kotzé AR en Miller AR
Judgment Date24 September 1976
Citation1976 (4) SA 857 (A)
Hearing Date20 August 1976
CourtAppellate Division

Rumpff, H.R.:

In hierdie saak is die appellant in 'n streekhof te Wepener aan diefstal van vee skuldig bevind en veroordeel tot 18 maande gevangenisstraf. Volgens die Klagstaat is hy G daarvan beskuldig, met inagneming van die bepalings van Wet 57 van 1959, dat hy oor 'n periode van 14 Mei 1969 tot 1 Mei 1974 58 beeste van mev. Ferns gesteel het. Hy het onskuldig gepleit, maar is skuldig bevind aan die diefstal 'van 'n aantal beeste'. Die streekhof het bevind dat die presiese aantal beeste wat appellant gesteel het, nie bepaal kon word nie maar dat dit 'seker nie minder as 19' is nie. 'n Appèl na die H Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling het nie geslaag nie,[*] en appellant kom tans in hoër beroep met verlof van hierdie Hof.

Vir doeleindes van hierdie uitspraak is dit alleen nodig om sekere feite te noem. In Mei 1969 het Klaagster 'n aantal beeste ('n bul, koeie, verse en kalwers) na die plaas van appellant gestuur. Sy het geen weiding gehad nie

Rumpff HR

en hy het goedgunstig onderneem om die beeste op sy plaas te hou vir 'n onbepaalde tyd. Die aanteel sou klaagster behou maar appellant kon die melk gebruik. Appellant het aan haar voorgestel dat die ooreenkoms op skrif gestel moes word en ook dat hy haar brandmerk op die beeste moes aanbring. Klaagster het 'n skriftelike kontrak nie nodig geag nie en was ook jammer vir haar beeste en wou nie dat hulle gebrand word nie. Volgens A haar het appellant 41 beeste van haar ontvang, waarvan 29 haar merk gehad het, n regteroor slip. Van die ander se merke het sy nie notisie geneem nie. In Augustus 1969 het sy 'n besoek afgelê by appellant en hy het haar toe vertel dat 'n aantal kalwers dood is. Sy het dit aanvaar. Daarna was sy in Junie 1973 by appellant om 'n paar beeste te kry wat sy wou verkoop. B Appellant was in die bed en daar was probleme omtrent drywers en geen beeste is uitgekeer nie. Op 29 April 1974 het sy onverwags by appellant se plaas opgedaag om haar beeste terug te neem. Appellant was nie daar nie maar op 1 Mei 1974 is sy weer na die plaas. Appellant het toe deur sy seuns 35 beeste C laat uitkeer en aan haar oorhandig, waaronder nege gespeende kalwers van 'n jaar of bietjie ouer. Klaagster, wat 'n baie goeie beskrywing van die oorspronklike 41 beeste gegee het, het verklaar dat van die 35 beeste wat sy teruggekry het, agt van die oorspronklike was. In kruisondervraging het klaagster vertel dat die ooreenkoms tussen appellant en haar was dat vir elke koei en kalf nog 'n bees vry op appellant se plaas kon loop en sodoende het die totaal (bestaande uit 'n bul, koeie en D o.a. bulkalwertjies) op 41 gekom. In haar hoofgetuienis het sy ook gesê:

'Ek het op 14 Mei 1969, die 41 beeste na mnr. Bergh (d.w.s. die beskuldigde) geneem en op pad was hulle getel deur die Goewermentsman, mnr. Nel...'

Sy was self nie daarby toe hulle op pad getel is nie, maar werknemers was daarby. In kruisondervraging het sy met belangrike feite vorendag gekom. Sy het onder ander gesê dat op E pad die beeste van haar werknemers oorgeneem is deur 'n seun van appellant en 'n werknemer van appellant, Johnson. Ook blyk dit dat die verwysing na die 'Goewermentsman' wat die beeste langs die pad getel het, 'n polisieman was en sy het die volgende geantwoord op 'n vraag in kruisondervraging:

'En die polisie weet u of hulle aantekening destyds gemaak het F van hoeveel vee daar was? Ja die 41 beeste wat gegaan het, wat hulle getel het langs die pad, dit het hulle nog die bewys daarvan.

Is u ooit... tussenbei:

Hof: Weet u of hulle afsonderlik boekgehou het van die kalwers verse en koeie of is dit net 41 in getal? - Ek weet regtig nie.'

In kruisondervraging het sy ook gesê dat sy appellant uitdruklik gevra het om haar aanteelvee met 'n regteroorslip te G merk. Aan klaagster is gestel dat wat op die plaas van appellant aangekom het net een bul, 14 koeie, twee verse en vyf suipkalwers was, 'n totaal van 22, asook dat Johnson nie die beeste namens appellant oorgeneem het nie maar 'n sekere Albert wat in diens van appellant was. Dit het sy ontken. Aan haar is nie die moontlikheid gestel nie dat van die 41 stuks vee wat op pad getel is 19 kon weggeraak het nadat hulle getel was. 'n H Luitenant Langenhoven het vir die Staat getuienis afgelê en o.a. gesê dat hy op 2 Mei 1974 'n verklaring van appellant geneem het terwyl hy 'oënskynlik by sy gesonde en volkome verstand' was. In die verklaring het appellant gesê dat hy ongeveer 20 beeste, 'dit kon 'n paar meer gewees het', van klaagster ontvang het. Hy het verduidelik dat 'n hele aantal van die beeste doodgegaan het en het ook besonderhede gegee oor vee wat hy sedert 1969 verkoop het. Hy het o.a. gesê:

Rumpff HR

'Die eerste beeste wat ek verkoop het, sedert mev. Ferns se beeste op die plaas gekom het, is as volg: Op 25 Mei 1973 het ek 10 beeste aan A. S. du Plessis van Thaba-Nchu verkoop. Ek het ook vier ou koeie aan Paul Stevens van Thaba-Nchu verkoop.'

En verder:

A 'Op Maandag 22 April 1974 het ek 'n kalf aan 'n Bantoe Teboho Kotte verkoop. Die kalf is nog op my plaas. Al die kalwers wat ek het is gemerk linkeroor swawelstert en halfmaantjie van agter. Die kalwers het ek so drie maande gelede gemerk. Voor dit het ek nie my beeste gemerk nie. Sedert 1969 het ek net die een bees aan Bantoes verkoop.'

Appellant het ook verklaar dat die beeste wat hy verkoop het B van sy eie aanteelvee was en ook van wat deur homself gekoop is. 'n Hele aantal swart mense, waaronder burgers van Lesotho, het getuienis afgelê dat hulle op verskillende datums in 1969 en 1972 vee van appellant gekoop het. Johnson Motlokolo, wie se naam reeds hierbo genoem is, het vir die Staat getuienis afgelê en verklaar dat hy wel die persoon was wat in 1969 die beeste van klaagster namens appellant ontvang het en daarna hulle C gereeld gemelk het. Volgens hom was daar 41 beeste. Hy het later ook sekere vee uitgewys wat kopers van appellant gekoop het en wat aan klaagster sou behoort het. Appellant het later in sy getuienis ontken dat Johnson reeds in Mei 1969 in sy diens was en die streekhof het uiteindelik Johnson as 'n 'swak getuie' beskryf. Appellant het ook beweer dat sy verklaring aan luitenant Langenhoven dat hy net een bees sedert 1969 aan D Bantoes verkoop het, gedoen is onder 'n pynstillende middel, 'n bewering wat tereg deur die landdros verwerp is. 'n Staatsgetuie, oor wie se getuienis daar min meningsverskil kan wees maar wat 'n eienaardige resultaat in die Hof a quo tot gevolg gehad het, was 'n adjudant-offisier Nel van die Suid-Afrikaanse Polisie. In 1969 was hy in Wepener gestasioneer E en het hy, volgens sy getuienis, o.a. die diefstal van een bees ondersoek op versoek van die klaagster. Volgens hom het die klaagster aan hom meegedeel dat daar 41 beeste op trek was en dat een vermis is. Hy het uitgery tot naby die stasie Jammersdrift, die beeste daar aangetref, hulle persoonlik getel en gevind dat daar wel 41 beeste was en toe verder geen F ondersoek ingestel nie. Ná hierdie getuienis het die kruisondervraging soos volg begin:

'Die hoeveelste Mei was dit gewees? - Ek dink dit was 15 Mei.

Is u nie seker oor die datum nie? - Edelagbare, op daardie dag was 'n polisie dossier aangelê vir die ondersoek van een bees.

Is daar klagte gelê vir een hecs wat weg was? - Dit is korrek, dit is terwyl die beeste sou getrek het.

En toe gaan ry u tot ongeveer Jammersdrift? - Tot anderkant Jammersdrift.

G En toe kry u die beeste langs die pad? - Dit is reg.

En toe tel u hulle? - Dit is reg.

Hoeveel kry u? - Toe was daar 41 beeste.

En toe is u tevrede dat almal toe daar is? - Ja, die klaagster het voorheen haar beeste getel, voordat hulle van 'n sekere plaas af is, ek kan nie die plaas se naam onthou nie, het hulle getrek en toe was daar 41. Toe beweer sy daar is een weg, sy het hulle weer toe getel en toe was daar net 40 en toe H ek hulle die dag tel het ek weer 41 gekry.

Toe sy weg is was daar 41? - Toe hulle op die plaas weg is waarvan hulle getrek het, was daar 41 en terwyl hulle op die pad was... tussenbei:

Het een weggeraak? - Het een blykbaar weggeraak volgens haar toe, volgens die verklaring wat ek daaruit aflei.

En toe het sy vir u gevra u moet nou daardie bees gaan soek? - Sy het 'n klagte gemaak.

Van die een hees? - Van die een bees.

Toe u nou daar kom, tel u daar is 41? - Dit is korrek.

En toe kom 11 terug? - Dit is korrek.'

Rumpff HR

Kort daarna verskyn die volgende vrae en antwoorde in kruisondervraging:

'Is u seker van die getal? - Ja. Edelagbare.

Het u dit aangeteken êrens? - Ek het dit aangeteken in die dossier wat betrekking het op daardie een bees.

Hof: Het u miskien nog die dossier beskikbaar? - Hy is daar by die polisiestasie.

Is hy definitief daar? - Ja hy is by die polisiestasie.

Ek dink dit sal miskien belangrik wees dat die getuie miskien A vir ons die dossier wys waar dit aangeteken staan.

Sal u net vir ons daarin lees hoeveel u aangeteken het hoeveel beeste daar sou gewees het en hoeveel vermis was? - Edelagbare in die klaagster se verklaring staan dat sy Dinsdag 13.5. het sy die beeste getel en daar was 59 beeste. En - maar dit was nou op... 59 alles tesaam? - Dit is nou alles tesaam.

Ja? - En op die 15de van die 5de maand 1969 het ek die B beeste getel te Jammersdrift naby Springfield, die beeste, daar was toe 41 van die beeste wat getrek het en dit is die getal wat ek daar gekry het.

Hof: Dis nou volgens u eie aantekening? - Dit is kortek.'

Hoewel dit nie uit die stukke blyk nie, is ons meegedeel deur die advokaat wat namens appellant verskyn, dat daar 'n kort verdaging was nadat die getuie gesê het dat die dossier by die C polisiestasie was. Nadat die dossier gebring is, het die landdros voortgegaan met die vrae wat gestel is, soos blyk uit die passasie hierbo aangehaal. Nadat die getuie gesê het dat die aantekeninge in die dossier dié van hom was, is die dossier aan die advokaat van appellant gegee wat verdere vrae omtrent die...

To continue reading

Request your trial
12 practice notes
  • Neethling v Du Preez and Others; Neethling v the Weekly Mail and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SA 146 (A); Benson v Robinson and Co (Pty) Ltd 1967 (1) SA 420 (A); J C van der Walt in Gedenkbundel H L Swanepoel at 67; S v Bergh 1976 (4) SA 857 (A); Schmidt Bewysreg 3rd ed at 352; Gleneagles Farm Dairy v Schoombee 1949 (1) SA 830 (A); Minister of J Law and Order v Hurley 1986 (3) SA 56......
  • S v Safatsa and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...S v Thomo and Others 1969 (1) SA 385 (A) at 399H; S v Letselo 1970 (3) SA 476 (A); S v Moorman 1976 (3) SA 510 (A) at 512F; S v Bergh 1976 (4) SA 857 (A) at 864 et seq ; S v Prins en 'n Ander 1977 (3) SA 807 (A) at 814H; S v Williams en Andere 1980 (1) SA 60 (A) at 63F; S v Hlolloane I 1980......
  • Steenberg v De Kaap Timber (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(N) at 788H; Minister of Forestry v Quathlamba (Pty) Ltd 1973 (3) SA 69 (A) at 84C-H; Germani v Herfs 1975 (4) SA 887 (A); S v Bergh 1976 (4) SA 857 (A) at 865; Industrial Council for the Furniture Manufacturing Industry, Natal v Minister of Manpower 1984 (2) SA 238 (D) at 242; Clan Syndica......
  • Holtzhauzen v Roodt
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(All ER) applied Reckitt & Colman SA (Pty) Ltd v S C Johnson & Son SA (Pty) Ltd 1993 (2) SA 307 (A): dictum at 315E applied S v Bergh 1976 (4) SA 857 (A): considered J 1997 (4) SA p770 S v Essack and Another 1974 (1) SA 1 (A): referred to A S v Kalogoropoulos 1993 (1) SACR 12 (A): dictum at......
  • Request a trial to view additional results
12 cases

12 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT