S v Adams en Andere

JurisdictionSouth Africa
Citation1964 (2) SA 155 (O)

S v Adams en Andere
1964 (2) SA 155 (O)

1964 (2) SA p155


Citation

1964 (2) SA 155 (O)

Court

Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling

Judge

Klopper R en Erasmus R

Heard

August 19, 1963; August 20, 1963

Judgment

December 23, 1963

Flynote : Sleutelwoorde D

Strafproses — Aanklag — Uitgestrektheid van — Effek — Besonderhede moet besonder volledig wees — Anders kan die benadeling vir die beskuldigde nie deur die getuienis uitgewis word nie.

Headnote : Kopnota

Waar 'n aanklaer 'n aanklag so formuleer dat dit verskillende alternatiewe bewerings bevat wat op 'n aantal moontlike wyse oortree kan word, en hy hom nie tot sekeres wil beperk nie, bring dit noodwendig mee dat die besonderhede wat verstrek moet word besonder volledig moet wees so dat 'n beskuldigde in staat is om hom teen al hierdie moontlike oortredings te verweer.

Waar 'n aanklag, sonder benadeling vir die Staat, tot een of twee alternatiewe bewerings beperk kon gewees het maar instede daarvan die aanklaer verkies het om die net so wyd as moontlik te span, en 'n landdroshof het geweier om die aanklaer te gelas om nadere besonderhede te verstrek of om die aanklag nietig te verklaar, op 'n appèl teen 'n skuldigbevinding,

Beslis, dat dit nie 'n saak was waar die benadeling wat die klagstaat vir die beskuldigdes ingehou het, deur die getuienis later uitgewis kon word nie: die benadeling is deurlopend en die skuldigbevindings en vonnisse moet tersyde gestel word.

Flynote : Sleutelwoorde

Criminal procedure — Indictment — Breadth of — Effect — Particulars must be specially full — Otherwise the prejudice to the accused cannot be cured by the evidence.

Headnote : Kopnota

Where a prosecutor frames an indictment in such a way as to contain a number of different alternative averments which can be contravened in a number of different ways, and he does not wish to limit himself to certain of them, it necessarily means that the particulars which must be furnished must be particularly full so that an accused is in a position to defend himself against all these possible contraventions.

Where an indictment, without prejudice to the State, could have been confined to one or two alternative averments but instead thereof the prosecutor had chosen to spread the net as wide as possible, and a magistrate's court had refused to order the prosecutor to furnish further particulars or to declare the indictment null and void, on an appeal from a conviction,

1964 (2) SA p156

Held, that it was not a case in which the prejudice to the accused which the indictment involved could afterwards be cured by the evidence: the prejudice was continuous and the convictions and sentences had to be set aside. A

Case Information

Appèl teen 'n skuldigbevinding in 'n streekhof. Die feite blyk uit die uitspraak.

J. P. G. Eksteen, S.C. (bygestaan deur M. E. Kumleben), namens die appellante: The charges are so vague and general in their allegations that appellants were seriously prejudiced in their defence in that they B were not properly apprised of the case sought to be made against them and thus enabled to prepare their defence; see R v Omarjee, 1955 (2) SA 546; R v Smith and Others, 1960 (4) SA 364; R v Adams and Others, 1959 (1) SA 646; R v Khan and Another, 1956 (2) SA at p. 41; R v Verity-Amm, 1934 T.P.D. 416. The alternative charge is vague C and embarrassing and prejudicial in the same respects as is the main charge. In view of the fact that the State sought to lay the offence against the accused in the way it did, it became incumbent on it to allege and prove that a dispute existed for which a conciliation board could have been applied and that no such application was made; see secs. 1, 65, 35 of Act 28 of 1956. No dispute was alleged by the State in the D charge, nor has the State shown that a dispute was not referred to a conciliation board appointed in terms of sec. 35. The State must, despite the presumptions contained in sec. 74 (10), still prove beyond a reasonable doubt that appellants refused or failed to continue to work or to resume their work or to comply with the terms or conditions of E work applicable to them or retarded the progress of work, or obstructed work or committed a breach of their contracts of employment. Despite the embarrassment implicit in the multiplicity of the allegations, if it is to be assumed that the State case refers to a refusal or failure to work, then, before this can be proved, the State must show an obligation to work, at a particular time i.e. the State must prove that none of the F appellants had leave of absence on that particular day but that they were obliged to work and despite such obligation refused or failed to work.

B. G. van der Walt, S.A., Prokureur-Generaal (O.V.S.), namens die Staat: 'n Klagstaat, of dit betrekking het op 'n gemeenregtelike òf 'n G statutêre misdaad, moet die misdaad uiteensit op so 'n wyse en met verstrekking van sodanige besonderhede betreffende die tyd en plek wanneer en waar die misdryf na bewering gepleeg is, ens., as wat redelikerwyse voldoende is om die beskuldigde omtrent die aard van die aanklag in te leg; sien art. 315 (1) (2) (a) en (3) van Wet 56 van 1955; H vgl. ook art. 322; R v Meaker, 1933 A.A. te bl. 218, 221, 223; R v Moyage and Others, 1958 (3) SA te bl. 413; Behrman v Regional Magistrate, 1956 (1) SA te bl. 321; R v Heyne and Others (1), 1958 (1) SA te bl. 609; R v Heyne and Others, 1956 (3) SA te bl. 617; R v Mall and Others, 1959 (4) SA te bl. 617. Dit word submiteer dat die hoofaanklag met die besonderhede wat dit bevat en saamgelees

1964 (2) SA p157

met die verdere besonderhede wat verskaf is, voldoende was ooreenkomstig die hierbogenoemde vereistes en genoegsaam was om appellante in staat te stel om hul verdediging voor te berei. Die misdaad bestaan uit 'n staking. Daar word net een misdaad aangekla en dit kan op verskillende A maniere gepleeg word; sien Gardiner & Lansdown, South African Criminal Law and Procedure, 6de druk, bl. 301; R v Foord, 1948 (3) SA 507. Indien dit bevind sou word dat een of ander geopperde vraagpunt ten gunste van appellante beslis moet word, sal die skuldigbevinding nie vernietig word op grond van 'n onreëlmatigheid of gebrek in die stukke van die saak of die verrigtings nie, tensy dit aan die Hof van appèl B blyk dat 'n regskending werklik as gevolg daarvan plaasgevind het; sien art. 103 (4) van Wet 32 van 1944; Gardiner & Lansdown, op. cit. bl. 432, 764 - 5. Dit is ook nie 'n kwessie van benadeling in abstrakte sin nie, maar met betrekking tot die daadwerklike verloop van die verhoor; sien R v Davids, 1954 (4) SA te bl. 136. Die staking het op Maart 2, C 1963 plaasgevind en die aansoek, indien dit die beskuldigdes kan help, moes gedoen gewees het voor hulle gestaak het; sien art. 239 (1) (c) van Wet 56 van 1955. In die alternatief word dit submiteer dat die bewyslas op die beskuldigdes rus; sien art. 315 (2). As die Staat beweer dat daar onwettig gestaak is, terwyl para. (a), (b) of (c) van art. 65 (1) nie D van toepassing is nie en dat daar geen Nywerheidsraad bestaan nie, dan is 'n staking alleenlik wettig as die beskuldigdes gehandel het binne die bepalings van art. 65 (1) (d) (ii) wat begin met die woorde 'tensy kragtens art. 35 aansoek gedoen is . . .', ens. Dis 'n verdediging tot hul beskikking. Sou bew. D. in enige opsig gebrekkig wees, sal daar gevra word dat die saak na die verhoorhof terugverwys word; sien R. v. E Pretoria Timber Co., 1949 (4) SA te bl. 375; R v Siwi, 1951 (3) SA te bl. 703 en 711. Een beskuldigde ten minste erken dat daar nie gevra is om 'n versoeningsraad. Vergelyk in hierdie verband, wat die ander beskuldigdes betref, R v Julisen and Others, 1958 (2) SA te bl. 37; R v Bandi, 1962 (4) SA 676.

Eksteen, S.C., in repliek.

Cur. adv. vult. F

Postea (Desember 23).

Judgment

G Klopper, R.:

Appellante, werknemers van die Harmony Gold Mining Maatskappy Beperk, te Glen Harmony, Virginia, is in die streekhof op 'n hoofklag van oortreding van art. 65 (1) van Wet 28 van 1956 skuldig bevind, deurdat hulle aan 'n onwettige staking deelgeneem het en tot R15 of 5 dae gevangenisstraf gevonnis, behalwe beskuldigde nommer 14, P. J. H Botha wat tot R45 of 15 dae gevangenisstraf gevonnis is. Teen hulle skuldigbevindings en vonnisse kom hulle nou, op verskillende gronde, in hoër beroep.

Oorspronklik het 101 beskuldigdes tereg gestaan maar die aanklag is met die aanvang van die verhoor teen sewe van hulle teruggetrek en vier is by die einde van die Staatsaak onskuldig bevind en ontslaan.

Hoewel daar oorspronklik net een aanklag, dié waaraan die appellante skuldig bevind is, teen die beskuldigdes aanhangig gemaak is, is

1964 (2) SA p158

Klopper R

daar net voor die aanvang van die verhoor ook 'n alternatiewe aanklag teen hulle ingebring. Die gevolg hiervan is dat die beskuldigdes toe op die volgende aanklagte tereggestaan het, naamlik:

'Dat die genoemde beskuldigdes skuldig is aan die misdryf van 'n A oortreding van art. 65 (1) gelees met arts. 65 (3) en 74 (10), gelees met art. 1 (1) (xxxii) - woordbepaling - 'staking' en verder gelees met art. 82 (1) (b) van die Wet op Nywerheidsversoening, 28 van 1956;

Deurdat nademaal ten alle tye waarop hierdie klagte betrekking het die genoemde beskuldigdes blanke werknemers in die Goudmynbedryf was op wie die bepalings van Wet 28 van 1956 van toepassing was en as sulks in diens was van Harmony Gold Mining Co., Ltd., Glen Harmony;

B En nademaal ten alle tye waarop hierdie klagte betrekking het daar geen Nywerheidsraad bestaan het wat regsbevoegdheid besit het nie;

En nademaal daar nie voor 2 Maart 1963, kragtens art. 35 van genoemde Wet 28 van 1956, aansoek gedoen was vir die instelling van 'n Versoeningsraad om die ondergenoemde aangeleentheid te oorweeg nie;

So is dit dat genoemde beskuldigdes, almal of sommige van hulle, na aanleiding van 'n samespanning, ooreenkoms of...

To continue reading

Request your trial
4 practice notes
  • S v Ismail and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...apply to the case in question. The State must in other words disclose the case it will G seek to make out. And in S v Adams en Andere 1964 (2) SA 155 (O) at 162-5 it was held that where a statutory provision creates different offences, it is insufficient for the State to simply follow the w......
  • Bogoshi v Van Vuuren NO and Others; Bogoshi and Another v Director, Office for Serious Economic Offences, and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Co Ltd 1962 (2) SA 408 (C) at 411H Room Hire Co (Pty) Ltd v Jeppe Street Mansions (Pty) Ltd 1949 (3) SA 1155 (T) D S v Adams en Andere 1964 (2) SA 155 (O) at 162-5 S v Cooper and Others 1976 (2) SA 875 (T) at 885H S v Harber and Another 1988 (3) SA 396 (A) S v Harber and Another: In re S v ......
  • S v Ismail and Others
    • South Africa
    • Durban and Coast Local Division
    • 6 December 1991
    ...apply to the case in question. The State must in other words disclose the case it will G seek to make out. And in S v Adams en Andere 1964 (2) SA 155 (O) at 162-5 it was held that where a statutory provision creates different offences, it is insufficient for the State to simply follow the w......
  • S v Avenant
    • South Africa
    • Invalid date
    ...die Staat net getuienis aan om die misdaad te bewys. Hy besef dus die verskil tussen 'n pleit van skuldig en een van onskuldig. Dit is 1964 (2) SA p155 Smit nie eienaardig dat hy hierdie kennis het nie, want volgens sy vorige veroordelings, was hy dikwels vantevore in die hof. Na sy skuldig......
4 cases
  • Bogoshi v Van Vuuren NO and Others; Bogoshi and Another v Director, Office for Serious Economic Offences, and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Co Ltd 1962 (2) SA 408 (C) at 411H Room Hire Co (Pty) Ltd v Jeppe Street Mansions (Pty) Ltd 1949 (3) SA 1155 (T) D S v Adams en Andere 1964 (2) SA 155 (O) at 162-5 S v Cooper and Others 1976 (2) SA 875 (T) at 885H S v Harber and Another 1988 (3) SA 396 (A) S v Harber and Another: In re S v ......
  • S v Ismail and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...apply to the case in question. The State must in other words disclose the case it will G seek to make out. And in S v Adams en Andere 1964 (2) SA 155 (O) at 162-5 it was held that where a statutory provision creates different offences, it is insufficient for the State to simply follow the w......
  • S v Ismail and Others
    • South Africa
    • Durban and Coast Local Division
    • 6 December 1991
    ...apply to the case in question. The State must in other words disclose the case it will G seek to make out. And in S v Adams en Andere 1964 (2) SA 155 (O) at 162-5 it was held that where a statutory provision creates different offences, it is insufficient for the State to simply follow the w......
  • S v Avenant
    • South Africa
    • Invalid date
    ...die Staat net getuienis aan om die misdaad te bewys. Hy besef dus die verskil tussen 'n pleit van skuldig en een van onskuldig. Dit is 1964 (2) SA p155 Smit nie eienaardig dat hy hierdie kennis het nie, want volgens sy vorige veroordelings, was hy dikwels vantevore in die hof. Na sy skuldig......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT