S v Adams

JurisdictionSouth Africa
JudgeCorbett AR, Hoexter AR, Botha AR, Nicholas Wn AR en Grosskopf Wn AR
Judgment Date10 March 1983
Hearing Date18 February 1983
CourtAppellate Division

Hoexter AR:

Dit is 'n strafappèl. Die appellant, 'n agt-en-twintigjarige man, het in die landdroshof vir die distrik Goodwood op 'n aanklag van oortreding van art 140 (1) (a) van die Kaapse Ordonnansie op Padverkeer 21 van 1966 tereggestaan. Die Staat beweer dat op 31 Julie 1981, en terwyl hy onder die invloed van sterk drank was, die appellant 'n motorvoertuig op 'n openbare pad in Goodwood bestuur het. By sy verhoor het die appellant sonder raadsman gestaan. Aanvanklik

Hoexter AR

het hy skuldig gepleit waarna hy ingevolge art 112 (1) (b) van die Strafproseswet deur die hof ondervra is. Aan die hand van sy antwoorde tydens gemelde ondervraging het die landdros tereg 'n pleit van onskuldig namens die appellant A aangeteken.

Die verhoorhof het die appellant soos aangekla skuldig bevind. Hom is 'n vonnis van ses maande gevangenisstraf opgelê en hy is verder onbevoeg verklaar om vir 'n tydperk van twee jaar 'n bestuurderslisensie te bekom. Die appellant se appèl teen die skuldigbevinding en vonnis is deur die Kaapse Provinsiale Afdeling afgewys. Met verlof van laasgenoemde Afdeling kom die B appellant voor hierdie Hof in hoër beroep.

Uit die aangevoerde getuienis blyk dat omstreeks 1 uur nm op die betrokke dag ene Lambrecht sy Mercedes-Benz sportmotor ("die Mercedes") van oos na wes in Voortrekkerweg, Goodwood, bestuur het. Toe hy die kruising tussen Voortrekkerweg en Vanguardstraat nader, het Lambrecht vanaf Voortrekkerweg na C links afgedraai in 'n glippad wat suid van gemelde kruising met Vanguardstraat aansluit. Vanaf die glippad word toegang tot Vanguardstraat deur 'n toegeeteken beheer. Terselfdertyd was die appellant die bestuurder van 'n motorvoertuig ("die Toyota") wat aan sy vriend Frankie behoort het. Frankie was 'n D passasier in die Toyota. Frankie wou nie self bestuur nie omdat hy as gevolg van die gebruik van sterk drank olik gevoel het. Terwyl die Toyota agter die Mercedes in die glippad gery het, het die linker-voorkant van die Toyota teen die regter-agterkant van die Mercedes vasgery. Die Suid-Afrikaanse Polisie is ontbied en 10 of 15 minute na die botsing het sersant Carstens, vergesel van 'n ander lid van die polisiemag, E met 'n patrolliewa sy opwagting by die ongelukstoneel gemaak. Carstens het ses-en-'n-half jaar diens as lid van die SAP, waartydens hy ondervinding van dronk persone opgedoen het. In die Toyota het Carstens 'n driekwart-vol bottel whisky gevind. Carstens het die appellant weens beweerde dronkbestuur gearresteer en vir hom en Frankie agter in die patrolliewa F ingelaai.

By die verhoor het slegs drie persone getuig. Lambrecht en Carstens is as Staatsgetuies opgeroep; en na afloop van die Staatsaak het die appellant self getuig. In die loop van Carstens se getuienis is hy nie uitgevra na wat verder met die appellant, na sy inhegtenisneming, gebeur het nie. Die prentjie G is egter deur die appellant se eie relaas in die getuiebank aangevul. Volgens die appellant (en sy bewerings in hierdie verband is nie deur die Staat betwis nie) het die polisie hom na 'n geneesheer geneem; en het laasgenoemde van die appellant 'n bloedmonster geneem. Hoe dit ook sy, geen mediese getuienis rakende die toestand van die appellant kort na sy arrestasie is H deur die Staat aangebied nie.

Die hoofinhoud van die getuienis deur die Staat aangevoer kan kortliks opgesom word. Lambrechts het aan die verhoorhof vertel dat sy Mercedes in die glippad stilgestaan het agter twee of drie motors wat by die toegeeteken gewag het om Vanguardstraat binne te ry toe die Toyota van agter vinnig op hom afgery het en, deur sy remme aan te slaan, so naelskraap 'n botsing met die Mercedes vermy het. Hierop het Lambrecht op sy sitplek omgedraai en vir die appellant beduie dat

Hoexter AR

hy stadiger moet ry. Toe die motors voor die Mercedes begin wegtrek, het Lambrecht sowat 12 meter vorentoe gery. Tegelykertyd het Lambrecht in sy truspieëltjie die Toyota dopgehou en gesien hoedat dit weer van agter aankom, 'n A vergeefse poging om na regs te swenk aanwend en die Mercedes aan sy regter-agterkant tref. Lambrecht het toe uit die Mercedes geklim en hom tot die Toyota gewend waar die appellant nog steeds voor die stuurwiel gesit het. Die appellant het Lambrecht vir water gevra. Na 'n ruk het die appellant uit die Toyota uitgeklim en aan Lambrecht gesê dat hy (die appellant) B moeite gaan maak. Toe die polisie opdaag, het die appellant teenoor hulle erken dat die ongeluk sy skuld is. Die appellant, aldus Lambrecht, "was gedrink gewees, hy het drank gehad". Hierdie stellings het Lambrecht toegelig deur te sê dat die appellant na drank geruik het en dat hy teenoor die polisie toegegee het dat hy en sy vriend gedrink het. Gevra of hy ter C stawing van sy bewering dat die appellant drank ingehad het enigiets verder kon aanvoer, het Lambrecht slegs op die volgende gesteun: toe die polisie hom (Lambrecht) ondervra het, het die appellant en sy vriend die polisie voortdurend in die rede geval en gekla oor die feit dat Lambrecht voor hulle gevra is om die ongeluk te verklaar. In antwoord op 'n vraag van...

To continue reading

Request your trial
14 practice notes
  • 2011 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , September 2019
    • 16 August 2019
    ...230S v Acting Regional Magistrate, Boksburg 2011 (1) SACR 256 (GSJ) ...... 60-61S v Adams 1983 (2) SA 577 (A) ................................................................... 334S v Agliotti 2011 (2) SACR 437 (GSJ) .................................................... 356-360S v Artman 19......
  • S v Van der Westhuizen
    • South Africa
    • Invalid date
    ...referred to Director of Public Prosecutions, Transvaal v Venter 2009 (1) SACR 165 (SCA) ([2008] 4 All SA 132): referred to S v Adams 1983 (2) SA 577 (A): referred to S v Daniëls en 'n Ander 1983 (3) SA 275 (A): dicta at 298G – H and 318C – 319A applied J 2011 (2) SACR p28 S v Groenewald 200......
  • Case Comments: Some judicial guidelines for establishing the value of immovable property in friendly sequestrations
    • South Africa
    • South Africa Mercantile Law Journal No. , May 2019
    • 25 May 2019
    ...v Schaik 1978 (4) SA 523 (N) at 529B—G; Guardian Royal Exchange Assurance Rhodesia Ltd v Jeti 1981 (2) SA 102 (ZA) at 107A—B; S v Adams 1983 (2) SA 577 (A) at 586A—D; S v Ramgobin 1986 (4) SA 117 (N) at 163I—J; Ex parte Garlick Ltd 1990 (4) SA 324 (C) at 346F—G; S v Van As 1991 (2) SACR 74 ......
  • Wollach v Barclays National Bank Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and interest from date of service of summons to date of payment at 11% per annum. The property hypothecated is declared executable. 1983 (2) SA p577 Holmes Wn 2. As to costs in the Court a quo and in this Court. On appeal to the Full Court, Mrs Wollach lost on the main claim but won in resp......
  • Request a trial to view additional results
11 cases
  • S v Van der Westhuizen
    • South Africa
    • Invalid date
    ...referred to Director of Public Prosecutions, Transvaal v Venter 2009 (1) SACR 165 (SCA) ([2008] 4 All SA 132): referred to S v Adams 1983 (2) SA 577 (A): referred to S v Daniëls en 'n Ander 1983 (3) SA 275 (A): dicta at 298G – H and 318C – 319A applied J 2011 (2) SACR p28 S v Groenewald 200......
  • Minister of Safety and Security and Another v Rudman and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(A) R v Dhlumayo and Another 1948 (2) SA 677 (A) R v Tager 1944 AD 339 Road Accident Fund v Russell 2001 (2) SA 34 (SCA) H S v Adams 1983 (2) SA 577 (A) S v Bruinders en 'n Ander 1998 (2) SACR 432 (E) S v Claasen 1962 (3) SA 308 (O) S v Mokgethi en Andere 1990 (1) SA 32 (A) S v Oosthuizen 1......
  • Wollach v Barclays National Bank Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and interest from date of service of summons to date of payment at 11% per annum. The property hypothecated is declared executable. 1983 (2) SA p577 Holmes Wn 2. As to costs in the Court a quo and in this Court. On appeal to the Full Court, Mrs Wollach lost on the main claim but won in resp......
  • S v Van der Westhuizen
    • South Africa
    • Supreme Court of Appeal
    • 28 March 2011
    ...expert witness and the approach a court is to adopt regarding such evidence, I draw attention to the following authorities: S v Adams 1983 (2) SA 577 (A) at 586C; S v Kleynhans 2005 (2) SACR 582 (W) at 585a – g; Coopers (South Africa) (Pty) Ltd v Deutsche Gesellschaft Für Schädlingsbekämpfu......
  • Request a trial to view additional results
3 books & journal articles
  • 2011 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , September 2019
    • 16 August 2019
    ...230S v Acting Regional Magistrate, Boksburg 2011 (1) SACR 256 (GSJ) ...... 60-61S v Adams 1983 (2) SA 577 (A) ................................................................... 334S v Agliotti 2011 (2) SACR 437 (GSJ) .................................................... 356-360S v Artman 19......
  • Case Comments: Some judicial guidelines for establishing the value of immovable property in friendly sequestrations
    • South Africa
    • South Africa Mercantile Law Journal No. , May 2019
    • 25 May 2019
    ...v Schaik 1978 (4) SA 523 (N) at 529B—G; Guardian Royal Exchange Assurance Rhodesia Ltd v Jeti 1981 (2) SA 102 (ZA) at 107A—B; S v Adams 1983 (2) SA 577 (A) at 586A—D; S v Ramgobin 1986 (4) SA 117 (N) at 163I—J; Ex parte Garlick Ltd 1990 (4) SA 324 (C) at 346F—G; S v Van As 1991 (2) SACR 74 ......
  • Decision-makers' dilemma: evaluating expert evidence
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , May 2019
    • 24 May 2019
    ...Ibid. 78 Ibid. 79 Op cit (n 76) 33. 80 S v Blom 1992 (1) SACR 649 (EC) at 656f; S v Van As 1991 (2) SACR 74 (W) at 106c. 81 S v Adams 1983 (2) SA 577 (A). © Juta and Company (Pty) 334 SACJ • (2000) 13 • SAS politicians, judges, or scientists, plain, definite and straightforward statements ......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT