Rossouw v Du Preez

JurisdictionSouth Africa
JudgeVan Rooyen AJ
Judgment Date24 February 2009
Docket Number55201/2008
CourtNatal Provincial Division
Hearing Date24 February 2009
Citation2009 JDR 0118 (N)

Van Rooyen Wn R:

[1] Die Applikant doen aansoek kragtens Reël 43 om tussentydse onderhoud, 'n bydrae tot regskoste en koste van die terugtrek na haar huis. Die Respondent opponeer die aansoek en beweer dat die Applikant vir haarself kan sorg.

[2] Die Applikant en die Respondent is in Januarie 2005 buite gemeenskap van goedere en met uisluiting van die aanwasbedeling getroud. Vir beide was die huwelik 'n tweede huwelik. Die Respondent is 'n pensioentrekker, terwyl die 65-jarige Applikant by die aanvang van die huwelik ophou werk het in die kunshandel, maar weer middel 2007 deeltyds die handel

2009 JDR 0118 p2

Van Rooyen Wn R

betree het as werknemer en teen Februarie 2008 uitgetree het. Die Applikant het die gemeenskaplike woning verlaat in die middel van 2008 en terug getrek na haar eie woning, wat sy gedurende die tydperk wat sy by die Respondent gewoon het, teen R4400 per maand verhuur het.

[3] Die Applikant gaan redelik breedvoerig in op die gronde waarom die huwelik verbrokkel het en sy gee die Respondent die skuld daarvoor. Die Respondent ontken dit. Die geskil voor my gaan egter nie nou oor wie se skuld dit was dat die huwelik verbrokkel het nie; dit is in elk geval nie 'n saak wat noodwendig eens by die egskeiding self oorweeg sal word nie. Die vraag is of die Applikant 'n saak uitgemaak het vir die tussentydse regshulp waarvoor sy aansoek doen. Is sy geregtig op onderhoud, koste van verskuiwing en 'n bydrae tot haar regskoste? Die kernvraag is dus of haar redelike, tussentydse lewenskoste redelikerwys deur die Respondent betaal moet word.

[4] Wesentlik kom die eis van die Applikant op die volgende neer: tydens die huwelik het sy haar huis teen R4400 per maand verhuur en die Respondent het haar verder R3000 per maand gegee om op haarself te span deer. Die gewone kostes van die huishouding het Respondent betaal. Die terugtrek na haar huis en gevolglike veranderings wat sy aan haar huis moes aanbring, het haar R23 652 gekos. As gevolg van wat Applikant die "direkte optrede" van die Respondent beskou, het sy die R4400 huur en R3000 toelae per maand verloor. Sy was reeds na die uittrek uit die huis verplig gewees om van haar skilderye te verkoop, ten einde lewenskoste te dek. In die huidige ekonomiese klimaat sou dit nie sinvol wees om van haar skilderye verder te verkoop nie. Applikant eis gevolglik die betaling van die R23 652, 'n maandelikse onderhoud van R9585 (wat strook met haar uitgawes) en 'n bydrae tot regskoste van R10.000. Sy meld verder dat die Respondent daarop aangedring het dat sy ophou werk toe hulle getroud is en eers later in 2007 ingestem het dat sy deeltydse werk by 'n kunshandelaar doen. Sy het in Februarie 2008 bedank toe die eienaars van die kunsgallery haar meegedeel het dat die besigheid "stabiliseer" het; dit was ook...

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT