Roberts Construction Co Ltd v Willcox Bros (Pty) Ltd

JurisdictionSouth Africa
JudgeSteyn HR, Beyers AR, Rumpff AR, Botha AR en Van Winsen AR
Judgment Date24 August 1962
Hearing Date05 June 1962
CourtAppellate Division

Steyn, H.R.:

Die vraag waaroor dit in hierdie appèl gaan, is die B ontvanklikheid in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling van 'n eis wat die respondent teen die appellant ingestel het. Die eis is vir ontbinding van 'n kontrak en skadevergoeding uit hoofde van kontrakbreuk, en in die alternatief, uit hoofde van bedrieglike wanvoorstelling. Uit die tersaaklike pleitstukke en verstrekte besonderhede blyk dit dat aan die appellant die werk uitbestee was om die toebestaande brug oor die Oranjerivier tussen Philippolis en C Colesberg af te breek en te verwyder, en 'n nuwe brug te bou. Luidens die bewoording van die kontrak tussen appellant en respondent verkoop die appellant die brug aan die respondent, as onderkontrakteur, en geskied lewering daarvan aan hom op die plek waar die brug staan. Volgens beskrywing rus die staal hangwerk van die brug op hol pylers van vasgeklinkte staalplate. Die respondent onderneem om dit af te breek en, D onder meer, om alle staalwerk van die terrein te verwyder en die vulsel uit die pylers oor die grond te versprei. Na bewering ontstaan die beweerde kontrakbreuk daaruit dat die pylers nie hol saamgestel is nie, maar met soliede beton met staalplate as omhulsel. Ook die beweerde bedrieglike wanvoorstelling staan daarmee in verband. Die respondent E beweer dat valslik aan hom voorgestel is dat die pylers hol en met klipafval gevul is. In die Hof benede het die appellant 'n eksepsie van nie-ontvanklikheid teen die eis opgewerp, en dit is van die hand gewys.

Tussen die partye was dit gemene saak, ook in hierdie Hof, dat albei, hoewel in die Republiek gedomisilieer, peregrini in die Vrystaat is, dat die kontrak in Johannesburg gesluit is, dat die appellant se F verpligtinge ingevolge die kontrak, omdat die brug, met inbegrip van die pylers, deels in die Vrystaat en deels in die Kaap-provinsie staan, ten dele in die Vrystaat en ten dele in die Kaap-provinsie nagekom moet word, en dat die wanvoorstelling, as daar een was, in Johannesburg gedoen is. Voor hierdie Hof is verder aanvaar dat die sogenaamde verkoop G van die brug nie 'n verkoop van onroerende goed was nie. Wat die hoofeis betref, is die vraag wat ter uitwysing voorgelê en beredeneer is, of dit in die Hof a quo, wat nie die forum domicilii of die forum contractus in engere sin is nie, ontvanklik is omdat die appellant se beweerde kontrakbreuk gedeeltelik betrekking het op verpligtings wat hy H in die Vrystaat moes nakom, en wat die alternatiewe eis betref, of dit onder genoemde omstandighede ontvanklik is, inaggenome dat die beweerde wanvoorstelling buite die jurisdiksie-gebied plaasgevind het.

Dit is erkende reg dat by die forum contractus in wyere sin inbegrepe is die hof van die plek waar die kontrak uitgevoer moet word, die sg. locus solutionis. Dit is ook nie aangevoer dat 'n hof binne wie se gebied 'n deel van 'n kontrak uitgevoer moet word, nie bevoeg sou wees om 'n eis insake die nie-nakoming van daardie deel te besleg nie. Trouens, die

Steyn HR

advokaat vir die appellant, uitgaande van gewysdes soos City Timber Mills v Nagdee, 1916 NPD 255, en lateres soos Taboryski v Schweizer and Aperion, N.O., 1917 W.L.D. 152, en Atherstone v Gritchlow, 1928 A E.D.L. 292, waarin eersgenoemde gevolg is of dieselfde standpunt ingeneem is, het die teendeel betoog. Wat die geval betref waar een van meerdere afsonderlike kontraktuele verpligtings in 'n bepaalde regsgebied versuim word, is hiervoor steun te vind in ons gemenereg. Volgens Dig. 13.4.2 par. 4, onder die hoof De eo quod certo loco dari oportet, kan iemand wat gestipuleer het 'by Ephesus en Capua', 'n deel by die een plek eis en 'n deel by die ander. In hierdie verband sê B Perezius Ad Cod. 3.18 par. 7, dat indien twee plekke tesame by gevoeg word, soos waar gestipuleer word om tien by Ephesus en Rome te gee, dan word die stipulasie verdeel en moet op elke plek 'n deel gevorder word. Word die geheel op een plek gevorder, sonder vermelding van die ander, dan word teveel gevorder, omrede dat die ander deel nie C op die ooreengekome plek gevorder word nie. (Vgl. Huber, Praelectiones ad Dig. 13.4). Sommige skrywers, soos van Leeuwen, Censura Forensis, 2.1.16.7, skyn in 'n onderneming om op 'n bepaalde plek te presteer, 'n vorm van prorogasie te sien. Die skuldenaar kan daar aangespreek word omdat hy by implikasie die forum van daardie plek gekies het. Daaruit D sou volg dat die skuldeiser die perke van sy skuldenaar se versweë keuse sou te buite gaan as hy hom voor so 'n forum aanspreek vir meer dan wat hy op bedoelde plek moet presteer.

Hierdie benadering veronderstel meerdere afsonderlike verpligtings, of gedeeltelike prestasie by 'n deelbare verpligting, op verskillende plekke in verskillende regsgebiede. Maar nou is die onderhawige appèl E aan albei kante gevoer op die grondslag dat die appellant se verpligting ten aansien van die aard van die pylers, een en ondeelbaar is. Dit het betrekking op al die pylers van die enkele brug wat as een geheel 'verkoop' is, en die beweerde kontrakbreuk tref hulle almal, sonder uitsondering, ook dié buite die Vrystaatse grense. Die gevolg is dat die appellant in die Vrystaatse Hof tot verantwoording geroep is ook F wat betref daardie deel van sy beweerde verpligting wat in die Kaap-provinsie nagekom moes word. Dit, so is betoog, kan nie in genoemde Hof geskied nie, want wat daardie deel van die verpligting betref, is daar niks wat aan die Hof jurisdiksie sou verleen nie; en as die Hof uit hoofde van ondeelbaarheid nie met 'n wanprestasie in die Vrystaat kan G handel sonder om ook 'n wanprestasie in die Kaap-provinsie daarby to betrek nie, dan kan hy ook nie op eersgenoemde ingaan nie.

Wat hierdie betoog betref, was die advokate nie in staat om iets uit ons gemenereg voor te lê wat direk en uitdruklik daarmee handel nie. Daar is egter 'n jurisdiksie-grond wat algemeen deur ons skrywers erken word, en H wat, hoewel hulle dit nie uitdruklik op 'n geval soos hierdie toepas nie, na my oordeel wel hier ter sake is. Dit hou verband met Dig. 11.2, onder die hoof De...

To continue reading

Request your trial
63 practice notes
  • Ewing McDonald & Co Ltd v M & M Products Co
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1909 TS 22; Transol Bunker BV v MV Andrico Unity and Others 1987 (3) SA 794 (C); Roberts Construction Co Ltd v Willcox Bros (Pty) Ltd 1962 (4) SA 326 (A). B R Southwood SC (with him A Horak) for the first respondent referred to the following authorities: Sportshoe (Pty) Ltd v Pep Stores (SA......
  • ACL Group (Pty) Ltd and Others v Qick Televentures FZE
    • South Africa
    • Free State Division, Bloemfontein
    • 12 July 2012
    ...2006 (3) SA 546(SCA) ([2005] 4 All SA 26): dicta in paras [20] and [27] appliedRoberts Construction Co Ltd v Wilcox Bros (Pty) Ltd 1962 (4) SA 326 (A):appliedSimon NO v Air Operations of Europe AB and Others 1999 (1) SA 217 (SCA)([1998] 4 All SA 573): appliedSkjelbreds Rederi A/S and Others......

  • Sportshoe (Pty) Ltd v Pep Stores (SA) (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Fitzgerald 1911 AD 295; Estate Agents Board v Lek 1979 (3) SA 1048 (A) at 1060A; Roberts Construction Co Ltd v Wilcox Bros (Pty) Ltd 1962 (4) SA 326 (A); Majola v Santam Insurance Co Ltd and Others 1976 (1) SA 874 (SE). As to the counter-application for expungement, see Pinto v Badman (18......
  • Request a trial to view additional results
62 cases

1 books & journal articles
  • 'Subsidiarity': What's in the Name for Constitutional Interpretation and Adjudication?
    • South Africa
    • Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 May 2019
    ...and over members of the class entitled to payment80Ngxuza v Permanent Secretary, Department of Welfare, Eastern Cape supra 628G-629H.811962 4 SA 326 (A).222 STELL LR 2006 2© Juta and Company (Pty) of their pensions within its domain. That, in my view, is sufficient to give it jurisdiction o......
63 provisions
  • Ewing McDonald & Co Ltd v M & M Products Co
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1909 TS 22; Transol Bunker BV v MV Andrico Unity and Others 1987 (3) SA 794 (C); Roberts Construction Co Ltd v Willcox Bros (Pty) Ltd 1962 (4) SA 326 (A). B R Southwood SC (with him A Horak) for the first respondent referred to the following authorities: Sportshoe (Pty) Ltd v Pep Stores (SA......
  • ACL Group (Pty) Ltd and Others v Qick Televentures FZE
    • South Africa
    • Invalid date
    ...2006 (3) SA 546(SCA) ([2005] 4 All SA 26): dicta in paras [20] and [27] appliedRoberts Construction Co Ltd v Wilcox Bros (Pty) Ltd 1962 (4) SA 326 (A):appliedSimon NO v Air Operations of Europe AB and Others 1999 (1) SA 217 (SCA)([1998] 4 All SA 573): appliedSkjelbreds Rederi A/S and Others......
  • ACL Group (Pty) Ltd and Others v Qick Televentures FZE
    • South Africa
    • Free State Division, Bloemfontein
    • 12 July 2012
    ...2006 (3) SA 546(SCA) ([2005] 4 All SA 26): dicta in paras [20] and [27] appliedRoberts Construction Co Ltd v Wilcox Bros (Pty) Ltd 1962 (4) SA 326 (A):appliedSimon NO v Air Operations of Europe AB and Others 1999 (1) SA 217 (SCA)([1998] 4 All SA 573): appliedSkjelbreds Rederi A/S and Others......
  • Sportshoe (Pty) Ltd v Pep Stores (SA) (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Fitzgerald 1911 AD 295; Estate Agents Board v Lek 1979 (3) SA 1048 (A) at 1060A; Roberts Construction Co Ltd v Wilcox Bros (Pty) Ltd 1962 (4) SA 326 (A); Majola v Santam Insurance Co Ltd and Others 1976 (1) SA 874 (SE). As to the counter-application for expungement, see Pinto v Badman (18......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT