Rigtingwysers uit die Engelse Regshulpstelsel

JurisdictionSouth Africa
Citation(2001) 12 Stell LR 101
AuthorHennie van AS
Date27 May 2019
Published date27 May 2019
Pages101-130
RIGTINGWYSERS UIT DIE ENGELSE
REGSHULPSTELSEL
1
Hennie van As
Bluris LLD NDip(Pol)
Professor in Regte, Port Elizabeth Technikon
1 Inleiding
Die inwerkingtreding van die interim Grondwet van die Republiek van
Suid-Afrika
2
en die daaropvolgende finale Grondwet
3
stel bykomende
vereistes aan die regshulpstelsel. Behalwe regshulp ingevolge die Wet op
Regshulp
4
wat in die lewe geroep is ". . . to render or make available legal
aid to indigent persons . .", moet regshulp nou ook ingevolge die
Grondwet verleen word. Ingevolge artikel 34 het elke persoon die reg dat
'n geskil wat deur die toepassing van die reg besleg kan word, in 'n billike
openbare verhoor beslis word voor 'n hof of, waar dit gepas is, 'n ander
onafhanklike en onpartydige tribunaal of forum. Artikel 9 waarborg die
reg op gelykheid voor die reg en op gelyke beskerming en voordeel van
die reg. Artikel 35(2)(b) gee aan elke aangehoudene en gevonnisde
gevangene die reg om met 'n regspraktisyn van sy of haar keuse te
konsulteer en om van hierdie reg ingelig te word. Artikel 35(2)(c) verleen
aan elke aangehoudene en gevonnisde gevangene die reg om, waar
substansiële ongeregtigheid sal geskied, van die dienste van 'n regsprak
tisyn deur die staat voorsien te word. Artikel 35(3)(g) verleen hierdie reg
ook aan beskuldigdes en identifiseer dit as 'n element van 'n billike
verhoor. Die verlening van regshulp ingevolge die Grondwet verteen
woordig 'n drastiese uitbreiding van regsbystand na diegene wat nie
noodwendig behoeftig is nie, maar in ieder geval nie regshulp kan
bekostig nie.
5
Artikel 34 is die toeganklikheidsbepaling, dit wil se toegang tot 'n
billike strafverhoor en toegang tot 'n billike siviele verhoor. Ten einde
uitvoering te gee aan die regte wat in die Grondwet vervat is, is dit nodig
dat die reg vir almal toeganklik moet wees. Die reg op toegang tot die reg
kan slegs werklik betekenis he as elkeen sy reg op regsbystand kan
uitoefen.
Die reg op gelykheid is onlosmaaklik verbind met die idee van 'n
1
Die artikel is gebaseer op 'n gedeelte van die navorsing wat die outeur vir die graad LLD aan die Univ
van Stellenbosch onder promotorskap van prof Steph E van der Merwe voltooi het. Die titel van die
tesis is "Regsverteenwoordiging as element van regstoeganklikheid". Die outeur spreek ook graag sy
dank uit teenoor die SWO van die RGN en die Navorsingskomitee van PE Technikon vir die finansiële
bystand wat hierdie navorsing moontlik gemaak het. Die menings wat in die artikel uitgespreek word is
die van die outeur en nie die van enige van bogemelde instansies nie.
2
200 van 1993.
3
108 van 1996.
4
22 van 1969.
5
Van As
Regsverteenwoordiging as element van regstoeganklikheid
(1998) 152 Ongepubl LLD-proefskrif
Universiteit van Stellenbosch.
101
(2001) 12 Stell LR 101
© Juta and Company (Pty) Ltd
102
STELL LR 2001 1
billike verhoor, terwyl verteenwoordiging weer by implikasie 'n wesenlike
bestanddeel van 'n billike verhoor is. Daar is geen twyfel dat die staat dit
ook terdeë besef nie — die beskikbaarstelling van R116 miljoen in die
1995/96-boekjaar vir hierdie doel is 'n duidelike illustrasie daarvan.
6
Dat
daar 'n gebrek aan regsverteenwoordiging was en is, is nie te betwyfel
nie.
7
Die reg, en daarmee ook die toeganklikheid daarvan, is 'n
noodsaaklike deel van enige demokratiese gemeenskap deurdat dit die
basiese struktuur vir die beskerming van die regte van individue voorsien.
Verhoogde toeganklikheid van die regstelsel is 'n voorvereiste vir die
demokratisering van die gemeenskap omdat individue deur 'n wete dat
daar 'n beskermende en bruikbare regstelsel is, bemagtig word.
'n Evaluasie van die Suid-Afrikaanse regshulpstelsel toon egter aan dat
dit voorkom asof regshulp in die hoë howe die norm is, maar dat 'n klein
persentasie van die beskuldigdes in die laer howe regsbystand geniet. Die
verhore in die hoë howe geniet die meeste aandag met die gevolg dat die
gebrek aan bystand in die laer howe, veral die distrikshowe, nie soveel
aandag geniet as wat die geval behoort te wees nie.
Die program se struktuur word ook geraak deur die klem wat op
individuele regte en verpligtinge geplaas word. Eerstens word regshulp
gesien as 'n arsenaal waaruit behoeftiges voor 'n verhoor van die wapens
voorsien word wat van nature deur vermoëndes besit word. Tweedens
word behoeftiges met 'n redelike mate van individuele verantwoordelik
heid toevertrou. Hulle moet hul probleme identifiseer, dit onder die
aandag van die program bring en besluit wat om te doen wanneer
regshulp eers toegestaan is. Dit is 'n groot verantwoordelikheid vir
behoeftiges uit 'n kultuur wat anders is as die van die persone wat die
stelsel bedryf. Derdens bring die klem op individuele regte mee dat die
program slegs toevallig probleme aanraak wat individuele belange te
bowe gaan.
8
Hierdie individualistiese benadering het tot gevolg dat die program
sekere inherente gebreke het. Die konsentrasie op eenvormige standaarde
wat onpartydig toegepas word, verskuif die klem weg van die effektiewe
toekenning van middele ten einde maksimum regsdienste te voorsien. Die
administratiewe struktuur wat nodig is om eenvormigheid en onpartydig
heid te verseker, is duur. 'n Tweede beperking is dat die klem op
individuele regte pogings om probleme wat individuele belange te bowe
gaan, belemmer. Die program finansier nie "toetssake" wat die wysiging
van regsreëls wat behoeftiges affekteer ten doel het nie. Die onmiddellike
6
Regshulpraad 1996
Bulletin
12.
7
Sien oa Steytler
The Undefended Accused on Trial
(1988),
Debatte in die Parlement
14 Mei 1990 1 289-
290, Friedman
Address to the Annual General Meeting of the Law Society of the Cape of Good Hope
(1995) — Ongepubl voordrag gelewer by die algemene jaarvergadering van die Wetsgenootskap van die
Kaap die Goeie Hoop, 1995-01-08 3.
Cappelletti & Gordley "Legal Aid: Modern Themes and Variations" 1972
Stanford LR
395 393.
© Juta and Company (Pty) Ltd

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT