Reek, NO v Registrateur van Aktes, Transvaal

JurisdictionSouth Africa

Reek, NO v Registrateur van Aktes, Transvaal
1969 (1) SA 589 (T)

1969 (1) SA p589

Citation

1969 (1) SA 589 (T)

Court

Transvaalse Provinsiale Afdeling

Judge

Hill R, Boshoff R en Rabie R

Heard

November 8, 1968

Judgment

December 5, 1968

Flynote : Sleutelwoorde

Testament — Uitleg van — Kinders verwek uit huwelik 'zal toekomen en competeeren in gelyke deelen' — Een kind voor sy ouers oorlede — Sy deel kan nie aan sy kinders toegeken word nie — Art. 24 van Wet 32 van 1952 nie van toepassing nie.

Headnote : Kopnota

Kragtens hul gesamentlike testament wat op 8 April 1910 verly is, het die testateur en testatrise bepaal dat na die dood van die langslewende die 'kinderen uit dit ons huwelijk verwekt zal toekomen en competeeren in gelyke deelen'. Ses kinders is uit die huwelik gebore. Een is oorlede in Maart 1949 voor die dood van die testateur en die testatrise. Dié seun het vier kinders nagelaat, drie waarvan die langslewende testateur oorleef het. In die distribusierekening van die boedel van die langslewende het die eksekuteur, die applikant, aan elk van die vyf kinders een-sesde aandeel van die boedel toegeken en die oorblywende een-sesde aandeel is in gelyke dele aan die drie kinders van die vooroorledene seun toegeken. Die respondent het geweier om transport van die vaste eiendom ooreenkomstig die distribusierekening te registreer omrede dat artikel 24 van Wet 32 van 1952 nie van toepassing is op fideikommissêre substitusie nie en derhalwe is die drie kinders nie elk op 1/18 aandeel van die eiendom geregtig nie. In 'n aansoek om 'n verklarende bevel,

Beslis, per HILL, R., dat artikel 24 van Wet 32 van 1952 slegs van toepassing is op direkte en nie fideikommissere substitusie nie.

Beslis, per BOSHOFF, R., en RABIE, R., dat daar nie kragtens artikel 24 van Wet 32 van 1952 opgetree kan word nie en derhalwe was die applikant nie daarop geregtig om enige deel van die boedel aan die kinders van die oorledene kind toe te ken nie.

Beslis, derhalwe, dat die respondent binne sy regte gehandel het deur te weier om die transportaktes te registreer.

Flynote : Sleutelwoorde

Will — Construction of — Children born of the marriage 'shall share and compete in equal portions' — One child predeceasing his parents — His portion cannot be awarded to his children — Sec 24 of Act 32 of 1952 not applicable.

Headnote : Kopnota

In terms of this joint will executed on 8th April, 1910 the testator and testatrix had provided that on the death of the survivor the children born of their marriage 'shall share and compete in equal portions'. Six children were born out of the marriage. One child died in March, 1949 before the death of the testator and testatrix. This son had four children, three of whom survived the surviving testator. In the distribution account of the estate of the survivor, the executor, the applicant, had awarded one-sixth of the estate to each of the five children and the remaining one-sixth he had awarded in equal portions to the three children of the deceased son. The respondent had refused to register the transfers of the immovable property in

1969 (1) SA p590

terms of the distribution account on the ground that section 24 of Act 32 of 1952 did not apply to fideicommissary substitution and accordingly each of the three children were not entitled to an eighteenth share in the property. In an application for a declaratory order,

Held, per HILL, J., that section 24 of Act 32 of 1952 had application only in respect of direct and not fideicommissary substitution.

Held, per BOSHCFF, J., and RABIE, J., that the applicant could not invoke section 24 of Act 32 of 1952 and accordingly the applicant was not entitled to award any portion of the estate to the children of the deceased child.

Held, accordingly, that the respondent acted within his rights in refusing to register transfer of the property.

Case Information

Aansoek om 'n verklarende bevel. Die feite blyk uit die uitspraak.

P. J. van der Walt, namens die applikant. B

C. P. Joubert, namens die respondent, het verwys na In re Estate van der Merwe, 1928 CPD te bl. 208 (gelees met Scheidel v The Master and Others, 1936 CPD te bl. 291); Secretary SA Association v Mostert, C 1873 Buch. 31; Receiver of Revenue v Hancke, 1915 AD te bl. 72; Ex parte Senekal, N.O., 1949 (4) SA te bl. 287; Ex parte Malan, N.O., 1951 (3) SA te. bl. 720; de Klerk v Estate de Klerk, 1950 (3) SA te bl. 67; Ex parte Gouws, 1952 (3) SA 795; Steyn, Law of Wills, 2e druk, bl. 178; Ex parte Estate Willemse, 1946 CPD 897; Estate Kemp and D Others v McDonald's Trustee, 1915 AD te bl. 500; Jewish Colonial Trust Ltd v Estate Nathan, 1940 AD te bl. 176; Voet, 2.15.8; 7.1.13; 34.4.12; 36.1.67; Huber, Heedendaagse Recht 2.19.122, 126; van der Linden, 1.9.8; Nadaraja, The Roman-Dutch Law of Fideicommissa, bl. 209; Savory v Savory and Others, 1903 N.L.R. 315; Devasagayan v Gertrude and Others, 1911 NPD te bl. 488; van Dyk v Executor of van Dyk, 7 E S.C. 194; Du Plessis' Executors v Du Plessis' Executors, 9 S.C. 58; Estate Wright v Estate Simey and Others, 1913 CPD 948; The Master v Edgecombe's Executors and Others. 1910 T.P.D. 263; Estate Welsford v Estate Wright, 1930 OPD 162; Ex parte van Niekerk, 1942 OPD 178; F Coetzee, N.O v Bester and Another, 1952 (4) SA 73; Breytenbach v de Villiers, N.O., 1959 (4) SA 560; 1961 (2) SA 542; Groenewegen ad D. 50.16.220; Sande, Restraints upon Alienation, 3.2.5; Ex parte Wessels, 1949 (2) SA 99; O'Dwyer v Estate Marks and Others, 1957 (1) SA 287; Greeff v Estate Greeff, 1957 (2) SA 269; Ex parte Estate Wienand, 1965 (1) SA 576; de Groot, 2.18.6; van Leeuwen, Romeinse Heedendaagse G Recht, 3.6.7; van Someren, Tractatus de Repraesentatione, cap. 5; van den Berg, Nederlandsch Advvsboek, c. 136, c. 223; Galliers and Others v Rycroft, 17 S.C. 569; Engelbrecht v Botha, 24 S.C. 769; Estate Beyers v Estate Beyers, 1911 CPD 907; van Reenen v Estate Kelsey, 1913 CPD 92; Cannon and Others v Norris, 1947 (4) SA 811; Hleka v Johannesburg City Council, 1949

1969 (1) SA p591

(1) SA 842; Olley v Maasdorp, 1948 (4) SA 657; New Rietfontein G.M v Misnum, 1912 AD 704; Dadoo's case, 1920 AD 530; Goldberg v P. J. Joubert Ltd., 1960 (1) SA 521; Steyn, Uitleg van Wette, 3e druk, bl. 23; S.A.R. & H v Smith's Coasters, 1931 AD 113; Union Government v. A Tonkin, 1918 AD 533; Gaill, Lib. 2 Practicarum Observationes, obs. 132; van Leeuwen, Censura Forensis, 1.3.7.7.; van der Keessel, Ad Gr. 2.47.3 en 5; Samaradiwakare and Another v de Saram and Others, 1911 AD 465; Harvey v Estate Harvey, 1914 CPD 892.

Cur. adv. vult. B

Postea (Desember 5).

Judgment

C Hill, R.:

Die applikant in sy hoedanigheid as eksekuteur datief in die boedel van wyle Jacobus Cornelius van Straaten Coetzee doen aansoek om 'n bevel ingevolge art. 19 (1) (c) van die Hooggeregshofwet, 59 van 1959, verklarende dat hy art. 24 van Wet 32 van 1952 korrek vertolk het by die toekenning en distribusie van die bates in die oorledene se boedel. Die Hof is dank verskuldig aan die twee advokate vir die bekwame betoë wat hulle voorgedra het.

D Wyle Jacobus Cornelius van Straaten Coetzee is oorlede op 28 Februarie 1965 en sy eggenote Johanna Catharina Coetzee (gebore Ferreira) met wie hy in gemeenskap van goedere getroud was, is voor hom oorlede op 25 Julie 1957.

Die egpaar het 'n gesamentlike testament verly op 8 April 1910. Klousule 2 van die testament bepaal die volgende:

E 'Wy benoemen institueeren en stellen aan die langslevende onzer als algeheele erfgenaam of erfgename van al des eerststervenden na te latene goedere en effecten, roerend zoowel als onroerend, en hetzy in besit, verwachting of anderszins, met dien verstande echter dat het geheel van ons gezamentlyken boedel na den dood van den langslevende de kinderen uit dit ons huwelijk verwekt zal toekomen en competeeren in gelyke deelen.'

F Ses kinders is gebore uit die huwelik van die testateur en die testatrise. Vyf van die kinders is nog in die lewe en een seun, Stephanus Cornelius Coetzee, is oorlede op 22 Maart 1949, d.i. voor beide die testateur en die testatrise maar na verlyding van die gesamentlike testament. Die vooroorlede seun Stephanus Cornelius Coetzee het vier kinders nagelaat, drie waarvan die langslewende testateur oorleef het.

G Die applikant as eksekuteur het by die distribusierekening in die gemelde boedel aan elk van die vyf kinders van die testateurs een-sesde aandeel van die boedel toegeken en die oorblywende een-sesde aandeel is in gelyke dele aan die drie kinders van die vooroorlede seun Stephanus H Cornelius Coetzee toegeken. Die Registrateur van Aktes het egter geweier om transport van die vaste eiendom ooreenkomstig die distribusierekening te registreer om die rede soos as volg genoteer op die verwerpte aktes:

'Die Hoof-registrateur het nou beslis dat art. 24 van Wet 32 van 1952 nie van toepassing is op fideicommissêre substitusie nie en dat derhalwe in die onderhawige geval transportnemers Nrs. 6 - 8 nie elk op 1/18 aandeel in die eiendom geregtig is nie.'

Die vraag vir beslissing is of die drie kinders van die vooroorlede seun Stephanus Cornelius Coetzee per stirpes geregtig is op 'n een-sesde

1969 (1) SA p592

Hill R

aandeel in die boedel wat aan hul vader sou toegekom het. Ingevolge klousule 2 van die gesamentlike testament word die langslewende van die testateurs aangestel as algehele erfgenaam van die eerssterwende onderhewig aan die voorwaarde dat die geheel van die saamgevoegde boedel A ná die dood van die langslewende aan die kinders uit die huwelik verwek sal toekom in gelyke dele. 'n Fideikommis is dus geskep met die langslewende testateur as fiduciarius en die kinders uit die huwelik van die testateur as die fideikommissêre erfgename. Vgl. Ex parte Gouws, 1952 (3) SA 793 (O); In re Estate van der Merwe, 1928 CPD 207 op bl. 209.

B Die algemene regsbeginsel is dat voor die dood van die fiduciarius...

To continue reading

Request your trial
6 practice notes
  • Erasmus NO v Estate Late Booysen
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Executor 11 SC 362: referred to Parkin v Parkin's Estate 25 SC 346: dictum at 349 applied Reek, NO v Registrateur van Aktes, Transvaal 1969 (1) SA 589 (T): referred to B Stegmann v Board of Executors (1894) 11 SC 421: referred Tredgold v Arderne's Estate 1926 CPD 25: referred to Wannenberg ......
  • Heymans v Van Tonder
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Greeff (supra te 275); Breytenbach v De Villiers NO en Andere 1961 (2) SA 542 (T) te 547; Reek NO v Registrateur van Aktes, Transvaal 1969 (1) SA 589 (T) te 592.) Wanneer sodanige H bates aan eiser oorgedra moes word volg dit dat hy sodanige bates sou ontvang met die waarde wat dit gehad ty......
  • Shalala v Klerksdorp Town Council and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...from Maharaj and Others v Rampersad, supra, and it, therefore, becomes unnecessary to decide whether the statutory provision is indeed 1969 (1) SA p589 Colman peremptory. If it is merely directory it follows a fortiori that the preliminary point must fail. The conclusion which I have reache......
  • Verseput and Others v De Gruchy, NO, and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...section was interpreted by the Full Bench of the Transvaal B Provincial Division in Reek, N.O. v Registrateur van Aktes, Transvaal, 1969 (1) SA 589 (T). I do not think it necessary for me to analyse the three judgments in that case because, on the view which I take of the interpretation of ......
  • Request a trial to view additional results
6 cases

6 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT