R v Van H en 'n Ander

JudgeMarais R en Hiemstra R
Judgment Date25 June 1959
Citation1959 (3) SA 648 (T)
Hearing Date30 May 1959
CourtTransvaal Provincial Division

Marais, R.:

Dit is 'n aansoek om wysiging van die notule van die verhoor F van die applikante in 'n landdroshof en 'n aansoek om wysiging van die gronde van appèl teen 'n uitspraak van hierdie Hof.

Die applikante, twee blanke mans, is in die landdroshof veroordeel weens 'n oortreding van art. 16 (2) (a) (ii) van Wet 23 van 1957. Op 1 Desember 1958 is hulle appèl teen die veroordeling in hierdie Hof, voor G dieselfde Regsbank as wat tans hierdie aansoeke oorweeg, verhoor. Slegs een grond is aangevoer waarom die veroordeling tersyde gestel moes word, naamlik dat die dade en gedrag van die appellante wat

Marais R

deur die landdros as bewese bevind is, nie 'onsedelike' dade soos bedoel in genoemde artikel uitmaak nie; die feitebevindings van die landdros is aanvaar as reg. Op 12 Januarie 1959 het hierdie Hof op daardie argument teen die appellante bevind en die appèl van die hand gewys. Daarna is A verlof om na die Appèlafdeling van die Hooggeregshof in hoër beroep te gaan aangevra en toegestaan, maar slegs ten aansien van die regspunt waaroor die appèl voor hierdie Hof gegaan het.

Op 18 Mei 1959 het die appellante 'n petisie onderteken om

(i) verlof te verkry om die gronde van appèl sodanig uit te brei dat dit 'n betwisting van die landdros se feitebevindings sal omvat; B en (ii) die notule van die verhoor voor die landdros te wysig en aan te vul.

Die Prokureur-generaal bestry albei aansoeke in limine met die bewering dat die Transvaalse Provinsiale Afdeling in die aangeleentheid van die applikante se appèl functus officio is en geen van beide aansoeke kan oorweeg nie.

C Adv. Smeath-Thomas, vir die applikante, voer aan dat die aansoek om notule-wysiging heeltemal los staan van die appèl as sodanig en dat dit nie dien voor hierdie Hof as appèlhof nie maar voor die Provinsiale Afdeling as Hooggeregshof. Dit sou deel van die inherente bevoegdheid van die Afdeling wees om die notule wat 'n landdros van 'n verhoor voor D hom gemaak het, op aansoek van die veroordeelde te wysig afgesien daarvan of 'n appèl by daardie Afdeling aanhangig is al dan nie. Hy kon geen gesag vir sy stelling aanhaal nie en het staatgemaak op die feit dat daar geen statutêre verlening van bevoegdheid aan 'n Provinsiale Afdeling is om, selfs wanneer 'n appèl verhoor staan te word, 'n notule te wysig nie. Die bevoegdheid om te wysig is derhalwe inherent.

E Die redenasie kom my as onsuiwer voor. Dit is wel waar dat die Hooggeregshof telkens 'n...

To continue reading

Request your trial
2 practice notes
  • S v Safatsa and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(1) SA 370 (A); R v Cele and Others 1958 (1) SA 144 (N) F at 153B - C; R v Jantjies 1958 (2) SA 273 (A) at 275A; R v H en 'n Ander 1959 (3) SA 648 (T); R v Chanjere 1960 (1) SA 473 (FC); R v Dladla and Others 1962 (1) SA 307 (A); S v Williams en 'n Ander 1970 (2) SA 654 (A) at 655H; S v Coo......
  • The State v Higgs and Another
    • South Africa
    • Invalid date
2 cases
  • S v Safatsa and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(1) SA 370 (A); R v Cele and Others 1958 (1) SA 144 (N) F at 153B - C; R v Jantjies 1958 (2) SA 273 (A) at 275A; R v H en 'n Ander 1959 (3) SA 648 (T); R v Chanjere 1960 (1) SA 473 (FC); R v Dladla and Others 1962 (1) SA 307 (A); S v Williams en 'n Ander 1970 (2) SA 654 (A) at 655H; S v Coo......
  • The State v Higgs and Another
    • South Africa
    • Invalid date

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT