Pretorius v Erasmus

JurisdictionSouth Africa
JudgeMelamet Wn R
Judgment Date26 November 1974
CourtTransvaal Provincial Division
Hearing Date04 November 1974
Citation1975 (2) SA 765 (T)

Melamet, Wn. R.:

In hierdie geding eis die eiser 'n bedrag van R3 250 van die verweerder met koste, synde skadevergoeding wat dit beweer word eiser gely het as gevolg van kontrakbreuk wat deur die verweerder gepleeg is. Die eiser is 'n eiendomsagent te Rustenburg en dit is E gemeensaak op die pleitstukke en was dit ook so gedurende die verhoor dat op 16 Julie 1973 verweerder 'n skriftelike dokument getiteld "Spesiale Prokurasie" onderteken het ingevolge waarvan, inter alia:

(a)

Hy die eiser tot 31 Desember 1973 aangestel het om 'n sekere vaste eiendom, te wete gedeelte 4 van die plaas Slachtkraal nr. 193, F distrik Brits, te verkoop teen 'n minimum koopprys van R61 750;

(b)

Hy onderneem het om aan die eiser -

"die bedrag te betaal wat hy vir die eiendom mag behaal bo en behalwe die minimum koopprys van R61 750 as sy wetlike vergoeding vir die verkoop van die eiendom".

Op hierdie stadium wil ek net meld dat die verweerder geen getuienis in die verhoor gelei het nie en dat die saak besleg moet word op die G getuienis wat deur die eiser en namens die eiser voorgelê is.

Eiser het getuig dat verweerder hom gedurende begin 1973 mondelings opdrag gegee het om sy plaas te verkoop. Hy het 'n koper gekry maar toe

Van Reenen AJ

die verkoop gefinaliseer moes word het verweerder hom onttrek. Later is hy weer deur die verweerder genader om die plaas te verkoop. Om 'n herhaling van die vorige gedrag te verhoed het hy bogemelde skriftelike dokument, wat hy as 'n onherroeplike volmag bedoel het, laat opstel en dit na die verweerder op sy plaas geneem. Daar is die dokument, na A bespreking met die verweerder, in ink voltooi en aan die verweerder vir ondertekening voorgelê. Die koopprys wat die verweerder wou hê is R61 750 en alles wat hy bo hierdie bedrag kon kry sou die eiser as kommissie behou. Die volmag sou tot 31 Desember 1973 van krag wees.

Die skriftelike B dokument is toe deur verweerder geteken en eiser getuig dat hy gemelde skriftelike opdrag toe aanvaar het. Dit is die ooreenkoms wat die bron is waaruit hierdie geding voortvloei.

Na aanvaring van die opdrag het die eiser kopers vir die plaas begin soek. Hy het advertensies in die Landbouweekblad en Farmers Weekly geplaas. As gevolg daarvan het ene Winterbach navraag by eiser se kantoor gedoen. Eiser het C Winterbach na die plaas toe geneem. Winterbach het in die plaas belanggestel maar hy sou moes reëlings met 'n bank vir 'n verband tref om hom in staat te stel om die plaas te koop. Eiser het getuig dat hy Winterbach 'n mondelingse opsie vir 'n periode van twee weke gegee het maar naderhand het hy gesê dat dit wel moontlik was dat dit 'n opsie tot D 30 November 1973 kon gewees het. Ek dink nie dat die termyn van die opsie van wesenlike belang in die geding is nie.

Na eiser Winterbach na die plaas geneem het, is hy op 'n geleentheid deur verweerder in die teenwoordigheid van verweerder se seun aangesê dat hy nie met die verkoop van die plaas moet voortgaan nie. Hy is ook deur verweerder se vrou, in wat hy beskrywe as 'n warm gesprek, gesê dat hy nie meer mense E na die plaas moet bring nie want hulle het nou besluit om nie meer die plaas te verkoop nie en dat hul dit aan hul seun wou verkoop.

Vroeg in Oktober 1973 het die eiser 'n sekere mnr. Dicks as 'n geïnteresseerde koper na die plaas van die verweerder geneem. Mnr. Dicks het getuig dat F na hy 'n advertensie in die Farmers Weekly gesien het hy van eiser navraag in verband met die aankoop van die plaas by eiser se kantoor gedoen het. Hy was na die plaas deur een van eiser se verkoopsmanne geneem. Hy het belanggestel om die plaas teen 'n prys van ongeveer

R70 000 te koop. Na hy op die plaas was het hy 'n telefoon oproep van verweerder ontvang en die het hom gesê dat hy nie in sy aanbod G belanggestel het nie want daar was 'n ander koper wat 'n beter kontrak aangebied het.

Op 5 Oktober 1973 het eiser 'n konsep ooreenkoms met gemelde Dicks, onder dekking van 'n brief van sy prokureur, na die verweerder gestuur. In gemelde brief word die verweerder gevra om binne sewe dae aan te dui of daar enige aspekte van die voorgestelde koopkontrak was wat die verweerder met die eiser wou bespreek voor hy H die kontrak namens hom, kragtens die onherroeplike volmag, aangaan. Die koopprys in voorgestelde koopakte was R70 000.

In antwoord op hierdie brief het eiser 'n brief gedateer 16 Oktober 1973 van verweerder se prokureurs ontvang. In hierdie brief word die geldigheid van die volmag betwis. Ek mag net meld dat die geldigheid van die volmag nie in kruisverhoor of deur getuienis in die verhoor aangeval is nie. Die enigste verwysing in hierdie verband was dat die volmag nie genoegsaam

Melamet Wn R

of gladnie verseël is nie. Hierdie aspek is egter nie verder gevoer nie. In die brief word die eiser versoek om nie voort te gaan met die verkoop van die grond nie.

Daarna het die eiser 'n koper te wete ene Kruger A gekry. Hierdie koper het 'n koopkontrak teen 'n koopprys van R65 000 geteken wat aan verweerder voorgelê is. Die koopakte was egter onderhewig aan die verkryging van 'n Landbank lening van R45 000 deur die koper...

To continue reading

Request your trial
8 practice notes
  • The Firs Investment Ltd v Levy Bros Estates (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Investment Co (Pty) Ltd 1974 (3) SA 72; Munro v Madeira Property Agents and Auctioneers (Pty) Ltd 1965 (1) PH A23; Pretorius v Erasmus 1975 (2) SA 765; Kerr 1976 SALJ 10; Scott and Another v Poupard and Another 1971 (2) SA A W Mostert SC (with him S F Burger) for the respondent referred to ......
  • Consolidated Frame Cotton Corporation Ltd v Sithole and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(3) SA 155 (A) at 171D - G; The Firs Investment Ltd v Levy Bros Estates (Pty) Ltd 1984 (2) SA 881 (A) at 886D and Pretorius v Erasmus 1975 (2) SA 765 (T)) I but as between the two of them he can no longer bind his former principal to any transaction he purports to enter into on his behalf (......
  • One Nought Seven Fourways (Pty) Ltd t/a Property Mart v Shady Woods Retirement Village Development (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...defendant. (See, for example, cases such as Ex parte Kelly 1943 OPD 76 at 83; Pugin v Pugin 1963 (1) SA 791 (W); Pretorius v Erasmus 1975 (2) SA 765 (T) at 770A-C; Tuckers Fresh Meat Supply (Pty) Ltd v Echakowitz 1957 (4) SA 354 (W) at 356C; Cape Dairy General Livestock Auctioneers v Badenh......
  • Nel v Grobbelaar & Viljoen Agentskappe (Edms) Bpk
    • South Africa
    • Invalid date
    ...van die mandaat, dit wil se weens kontrakbreuk; sien Price Bros & Barnes Ltd v Snyman 1936 TPD 332 te 338 en Pretorius v Erasmus 1975 (2) SA 765 (T). Dit is, na D my mening, duidelik dat die eiendomsagent nie. deur die onderhawige opdrag om te verkoop onherroeplik as procurator in rem suam ......
  • Request a trial to view additional results
8 cases

8 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT