Premier, Provinsie Mpumalanga, en 'n Ander v Groblersdalse Stadsraad

JurisdictionSouth Africa
JudgeSmalberger AR, Howie AR, Olivier AR, Farlam Wn AR
Judgment Date25 March 1998
Docket Number103/96
Hearing Date16 March 1998
CounselP C Van Der Byl namens die appellante P Z Ebersohn namens die respondent
CourtSupreme Court of Appeal

Olivier AR:

Op 4 April 1995 is 'n skriftelike ooreenkoms aangegaan tussen die Lid van die Uitvoerende Raad E van Noord-Transvaal Provinsie (tans die Noordelike Provinsie) belas met grondsake, behuising en plaaslike regering en die Lid van die Uitvoerende Raad van Oos-Transvaal Provinsie (tans Mpumalanga) belas met F plaaslike regering. Die ooreenkoms het die skepping van 'n oorgangsraad bekend as die Groblersdal/Motetema en Tafelkop Oorgangsraad beoog. Dit het die insluiting van Groblersdal, Motetema, die residensiële gebied van Tafelkop en Moutse 2 en 3 as die konstituerende gebiede van die betrokke oorgangsraad beoog.

Groblersdal en Motetema was stedelike gebiede onder beheer van plaaslike owerheidsliggame, waarvan die G huidige respondent een was. Groblersdal is geleë in Mpumalanga; Motetema in die Noordelike Provinsie.

Moutse 2 en 3 is landelike gebiede ook geleë in Mpumalanga en is bestuur deur die Streeksdiensteraad Hoëveld.

Alhoewel Tafelkop 'n residensiële gebied insluit, is dit ingelyks 'n landelike gebied, maar geleë in die Noordelike H Provinsie en is bestuur deur die Premier van die Noordelike Provinsie.

Die respondent was ontevrede met die beoogde stigting van die oorgangsraad. Dit sou wel nog die insluiting van I Motetema saam met die respondent in 'n oorgangsraad geduld het, maar nie die insluting van Moutse 2 en 3 en Tafelkop nie. Die redes vir die teenstand teen die beoogde oorgangsraad is tans nie ter sake nie.

Op 15 Mei 1995 het die respondent die destydse Transvaalse Provinsiale Afdeling van die Hooggeregshof van Suid-Afrika op dringende basis genader vir 'n tussentydse interdik. Die twee appellante tans voor hierdie Hof, asook 'n sestal ander respondente, is gesiteer. Op dieselfde dag het J

Olivier JA

gemelde Hof 'n bevel nisi uitgereik, waarin al die respondente opgeroep is om redes aan te toon waarom hulle A nie verbied sou word om die bovermelde ooreenkoms in terme van die bepalings van die Oorgangswet op Plaaslike Regering 209 van 1993 ('die Wet') te proklameer nie.

Die bevel is uiteindelik, na opposisie, deur gemelde Hof (per Van Dyk R) bekragtig. Dieselfde Regter het later verlof verleen dat na hierdie Hof geappelleer mag word, dog slegs op twee gronde: B

(1)

die vertolking en trefwydte van art 10(3)(a) van die Wet, soverre dit van toepassing kan wees op die feitlike posisie wat voor die Hof a quo gedien het; en

(2)

of die audi alteram partem-reël met betrekking tot die feitlike omstandighede wat voor die Hof a C quo gegeld het, wel behoorlik toegepas is.

Die volgende stap in die proses is gedoen deur die Regbank wat vir hierdie appèl gekonstitueer is. Dit het op 20 November 1997 'n skrywe gerig aan die prokureurs van die partye tot die appèl met die versoek dat hulle voor D of op 20 Desember 1997 hoofde van argument oor die volgende twee vrae voorlê:

1.

Is dit korrek dat die doel van die huidige appèl wesenlik slegs oor koste handel? Anders gestel: sal die bevel van hierdie Hof enige praktiese uitwerking hê, behalwe wat koste betref? Indien wel, wat is daardie praktiese uitwerking? E

2.

Indien nie, en indien die appèl voortgesit is slegs met die oog op kosteverhaling, kan met die appèl voortgegaan word in die lig van art 21A van die Wet op die Hooggeregshof 59 van 1959, soos gewysig deur art 7 van die Wysigingswet op Geregtelike Aangeleenthede 104 van 1996 (sien veral art 21A(1) en (3))? F

Die tersake gedeeltes van art 21A van die Wet op die Hooggeregshof 59 van 1959, lees soos volg:

'(1) Wanneer die geskilpunte by die verhoor van enige siviele appèl na die Appèlafdeling of enige Provinsiale of Plaaslike Afdeling van die Hooggeregshof van so 'n aard is dat die uitspraak of verlangde bevel geen praktiese uitwerking of gevolg sal hê nie, kan die appèl op hierdie grond alleen van die hand gewys word. G

(2)(a) Indien die Hoofregter of Regter-president, na gelang van die geval, te eniger tyd voor die verhoor van die appèl, prima facie van oordeel is dat dit gepas sou wees om die appèl op die...

To continue reading

Request your trial
58 practice notes
  • MV Snow Delta Serva Ship Ltd v Discount Tonnage Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(3) SA 1 (A) Natal Rugby Union v Gould 1999 (1) SA 432 (SCA) C Premier, Provinsie Mpumalanga, en 'n Ander v Groblersdalse Stadsraad 1998 (2) SA 1136 (SCA) Pretorius v Minister of Defence 1981 (1) SA 1147 (A) Provincial Building Society of South Africa v Du Bois 1966 (3) SA 7 6 (W) S v Heita......
  • Mabaso v National Commissioner of Police and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Smit 2002 (4) SA 241 (SCA) ([2002] ZASCA 10): referred to Premier, Provinsie Mpumalanga, en 'n Ander v Groblersdalse Stadsraad 1998 (2) SA 1136 (SCA): referred Qoboshiyane NO and Others v Avusa Publishing Eastern Cape (Pty) Ltd and Others 2013 (3) SA 315 (SCA) ([2012] ZASCA 166): dictum i......
  • Legal Aid South Africa v Magidiwana and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...been explained in the judgment of A Olivier JA in the case of Premier, Provinsie Mpumalanga, en 'n Ander v Groblersdalse Stadsraad 1998 (2) SA 1136 (SCA). As is there stated the section is a reformulation of principles previously adopted in our Courts in relation to appeals involving what w......
  • Centre for Child Law v Hoërskool Fochville and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...has been explained in the judgment of Olivier JA in the case of Premier, Provinsie Mpumalanga, en 'n Ander v Groblersdalse Stadsraad 1998 (2) SA 1136 (SCA). As is there stated the C section is a reformulation of principles previously adopted in our Courts in relation to appeals involving wh......
  • Request a trial to view additional results
58 cases

58 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT