Preliminary notes - outeursinligting

Date01 June 2020
Published date01 June 2020
Outeursinligting
Die Stellenbosse Regstydskrif verskyn drie maal per jaar en bevat bydraes in sowel Engels
as Afrikaans. Potensiële bydraers word versoek om aan die stylvoorskrifte te voldoen. Hierdie
stylvoorskrifte is beskikbaar op die internet by http://blogs.sun.ac.za/law/les/2011/08/Stell-
LR-Editorial-Policy-and-Style-Guide-2011.pdf.
Die volgende bydraes sal onderhewig wees aan keuring en sal kwaliseer vir ’n subsidie
van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding. ’n Engelse opsomming van
hoogstens 300 woorde moet sodanige bydraes vergesel:
1 vollengte artikels wat normaalweg 6 000 – 12 000 woorde beslaan, voetnote ingesluit;
2 resensie-artikels wat normaalweg 6 000 – 12 000 woorde beslaan, voetnote ingesluit (’n
resensie-artikel is ’n diepgaande bespreking van ’n onderwerp of ’n reeks onderwerpe
wat verband hou met ’n onlangs-gepubliseerde boek of boeke);
3 aantekeninge wat normaalweg 4 000 – 6 000 woorde beslaan, voetnote ingesluit (’n
aantekening moet krities van aard wees en nie bloot beskrywend nie);
4 vonnisbesprekings wat normaalweg 4 000 – 6 000 woorde beslaan, voetnote ingesluit
(’n vonnisbespreking moet die kritiese gevolge en implikasies van beslissings uitlig en
moet nie bloot beskrywend wees nie).
Die volgende bydraes sal oorweeg word vir publikasie, maar is nie onderhewig aan keuring
nie en kwaliseer nie vir ’n subsidie van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding nie:
5 korrespondensie aan die redakteur van hoogstens ongeveer 2 000 woorde, voetnote ingesluit;
6 boekresensies van maksimum ongeveer 2 000 woorde, voetnote ingesluit;
7 nuusartikels en aankondigings van hoogstens ongeveer 2 000 woorde, voetnote ingesluit;
8 openbare lesings van tot 12 000 woorde.
Alle bydraes moet vervat wees in ’n lêer wat geskep is met ’n onlangse weergawe van
Microsoft Word en moet via e-pos gestuur word na die adres stelllr@sun.ac.za. Indien
nodig, mag dit vereis word dat ‘n harde kopie van die bydraes na die volgende adres gestuur
word: Die Redakteur, Stellenbosse Regstydskrif, Fakulteit Regsgeleerdheid, Privaatsak X1,
Matieland, 7602.
Slegs bydraes wat aan die stylvereistes voldoen, word oorweeg vir publikasie. Waar twyfel
bestaan oor die toepassing van die stylvereistes moet die betrokke teks geel geligstreep word.
Outeurs moet asseblief die volgende kontrolelys gebruik voor die bydrae ingedien word:
die hoofopskrif bevat die titel, die outeur se naam, kwalikasies, en institusionele afliasie;
alle opskrifte is opeenvolgend genommer sonder outomatiese numering; opskrifte is nie
onderstreep nie; paragrawe is geskei deur inkeping aan die begin van elke nuwe para-
graaf, en nie deur ‘n spasie nie;
voetnote is deur middel van outomatiese numering opeenvolgend genommer; voetnote
is nie geskei deur ’n oop reël nie; voetnote verskyn aan die einde van elke bladsy van die
bydrae en nie heel aan die einde van die bydrae nie;
die akkuraatheid van aanhalings is gekontroleer en verwysings voldoen aan die
stylvoorskrifte.
Alle bydraes voorgelê vir publikasie word normaalweg deur ten minste twee keurders
gekeur. Die identiteit van die outeur en die keurders word vertroulik gehou.
Bladgelde kan gehef word. Daar sal met individuele outeurs hieroor in verbinding getree word.
Die tarief is R65,00 per bladsy met ’n minimum van R650,00 vir volledige en resensie-artikels en
R450,00 vir aantekeninge en vonnisbesprekings. Hierdie bedrae is onderhewig aan verandering.
Outeurs wat hul posadres aan die redakteur verskaf, sal kopieë van hul bydraes ontvang,
sowel as ’n kopie of kopieë van die relevante uitgawe(s) van die tydskrif.

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT