Pieterse v Die Minister van Veiligheid en Sekuriteit

JurisdictionSouth Africa
JudgePrinsloo R
Judgment Date13 February 2009
Docket Number30396/05
Hearing Date13 February 2009
CourtTransvaal Provincial Division
Citation2009 JDR 0092 (T)

Prinsloo, R

[1]

Hierdie verhoor het voor my gedien oor 'n tydperk van vyf dae. Me Olivier het vir die eisers verskyn en mnommer Phaswane het vir die verweerders opgetree.

Kort opsomming van die agtergrondsfeite en die geskilpunte

[2]

Op Saterdag 16 Oktober 2004 het die gesin Pieterse opgeruk na Loftus Versveld in Pretoria om die semi-finaal van die Currie beker kompetisie tussen die Blou Bulle en die Transvaalse Leeus by te woon.

[3]

Die eerste eiser, David Jacobus Pieterse, is die hoof van die gesin. Die oudste seun, ook David, is die tweede eiser. Me Susanna Pieterse,

2009 JDR 0092 p3

Prinsloo, R

die moeder, is die derde eiser en 'n jonger seun, Jason, is die vierde eiser. Die seun, David, se eggenote was ook by en so ook die jonger seun, Jason, se vriendin, wat later sy eggenote geword het. Nog 'n jonger seun het ook saam gegaan.

[4]

Doelmatigheidshalwe sal ek na die eisers verwys as "E1", "E2", "E3" en "E4" onderskeidelik.

[5]

Die eerste verweerder is die minister van veiligheid en sekuriteit. Die ander vyf verweerders is polisie beamptes. Van hulle het diens gedoen as reserviste. Dit is gemenesaak dat almal opgetree het binne hulle diensbestek met die eerste verweerder. Om sake te vergemaklik sal ek ook na hulle verwys as "nommer 1", "nommer 2", "nommer 3", "nommer 4" "nommer 5" en "nommer 6" onderskeidelik.

2009 JDR 0092 p4

Prinsloo, R

[6]

Na afloop van die rugby wedstryd het 'n reeks voorvalle plaasgevind wat die gesin Pieterse nie in die vooruitsig gestel het toe hulle die uitstappie beplan het nie.

[7]

Terwyl E2 en E4 saam met hulle gades, na wie ek verwys het, die stadion by die hek agter die Suidelike paviljoen verlaat het, het 'n ander groep omstanders onsedelike opmerkings teenoor E2 se vrou gemaak. Hy het hulle berispe en die groepie het verder gestap. Die boosdoeners het hulle agtervolg en aanhoudend gekoggel. Een van die koggelaars het vir E2 gekonfronteer en vasgegryp. Toe E4 wou tussenbeide tree, is hy deur 'n ander boosdoener teen die kop geslaan. E4 het beserings aan sy gesig opgedoen, en het geval en sy bewussyn verloor. Hy was bebloed, en dit het gelyk asof hy stuiptrekkings het.

[8]

Hierop het E2 die aanvaller in 'n kopklem vasgegryp en sy vrou gevra om die polisie te bel. Die eerste polisieman op die toneel was

2009 JDR 0092 p5

Prinsloo, R

konstabel Van Jaarsveld, nommer 6. E2 het die aanvaller aan van Jaarsveld oorhandig vir bewaring, aan hom verduidelik wat aangaan en gesê dat hy eers na E4 wil omsien. Nadat dit geblyk het dat E4 gestabiliseer is, is E2 terug na nommer 6 net om te vind dat laasgenoemde die aanvaller laat loop het. Die aanvaller het in die skare verdwyn.

[9]

E2 het aangedring daarop dat nommer 6 sy besonderhede, soos sy naam en magsnommer moes openbaar aangesien E2 stappe wou doen weens nommer 6 se versuim om sy pligte na behore uit te voer. Nommer 6 het aanvanklik geweier om die besonderhede te verskaf. E2 het aangedring daarop dat hy die inligting benodig.

[10]

Later het nommers. 2, 3, 4 en 5 ook op die toneel verskyn.

2009 JDR 0092 p6

Prinsloo, R

[11]

E2 se vrou het ook vir E1 en E3 geskakel aangesien laasgenoemde nie saam met hulle gestap het toe hulle aanvanklik die stadion verlaat het nie. E1 en E3 asook die gesin se jongste seun het ook by die toneel opgedaag. Daar was 'n meningsverskil tussen E1, E2 en E3 aan die een kant en nommers 2, 3, 4, 5 en 6 aan die ander kant. Die aard en omvang van hierdie meningsverskil of onderonsie is iets waaroor die twee kampe verskil. Die eisers voer aan dat hulle bloot hulle regte uitgeoefen het deur te vra vir nommer 6 se inligting waarop E2 sonder rede en sonder 'n lasbrief gearresteer is en in die polisie vangwa ("die Venture") geplaas is. Sy regte is nie aan hom voorgelees nie. Hy het hom nie verset nie. Toe E1 navraag doen oor waarom sy seun gevange geneem is, het ene kaptein Nel, wat in siviele drag daar teenwoordig was, die ander verweerders opgedra om die vader E1 ook te arresteer. Hulle het op hom toegesak en hom ook in die Venture geboender. In die proses is beide E2 en E1 ook aangerand. E1, E2 en

2009 JDR 0092 p7

Prinsloo, R

E3 voer ook aan dat die verweerders onwelvoeglike taal teenoor hulle geuiter het.

[12]

Die verweerders, daarenteen, voer aan dat E2 aggressief was en vir nommer 6 met sy vinger op die bors "getik" het. Hy en E1 en E3 het ook onverdiende kritiek teenoor die polisie uitgespreek as gevolg van hulle beweerde pligsversuim. E2 is in die Venture geplaas sodat die saak by die polisie stasie uitgepluis kon word. Hierop het E1, op gewelddadige wyse, probeer om sy seun te ontset deur hom met alle mag uit die Venture te probeer pluk. E3 het vir E1 ondersteun om hierdie "ontsnapping" te probeer bewerkstellig. In die proses het E1 ook vir nommer 5 en 'n ander polisieman, ene Victor, met sy swaaiende vuiste raak geslaan. Dit die rede waarom E1 ook gearresteer is.

2009 JDR 0092 p8

Prinsloo, R

[13]

Terwyl hierdie drama hom afgespeel het, het ene Nieuwenhuizen, 'n vryskut fotograaf en koerantman, 'n reeks foto's geneem sonder dat die hoof rolspelers daarvan bewus was. Die foto's (27 van hulle) is te vinde in bewysstukke A178 tot A184, wat deel uitmaak van die dokumente bundel, bewysstuk "A". Die status van die foto's, naamlik dat dit deur Nieuwenhuizen op die toneel geneem is, is nie in geskil nie. Nieuwenhuizen het ook getuig.

[14]

Dit is gemenesaak dat E1 en E2 toe met die Venture na die Brooklyn polisiestasie afgevoer is.

[15]

Die aard van die behandeling wat E1 en E2 by die polisiestasie ontvang het is ook in geskil.

[16]

Dit is gemenesaak dat die polisie geweier het om E1 en E2 die Saterdag middag of aand vry te laat en dat hulle in 'n sel aangehou is

2009 JDR 0092 p9

Prinsloo, R

tot die Sondag middag om ongeveer 13:30. Dit is gemenesaak dat hulle vir net minder as 24 uur in aanhouding was. Vanaf ongeveer 17:00 op die Saterdag tot ongeveer 13:30 op die Sondag.

[17]

E1 en E2 is toe aangekla van onder andere aanommeranding en verset teen arrestasie. Hulle is die Sondag op borg vrygelaat. Hulle het twee of drie keer in die strafhof verskyn, en aan die einde van die Staat saak is hulle ontslaan in terme van artikel 174 van die Strafproseswet, 51 van 1977.

[18]

Op advies van hulle prokureur, het E1, E2, E3 en E4 hierdie siviele geding teen die verweerders aanhangig gemaak.

[19]

Die verskillende eisers, na gelang van die omstandighede, vorder skadevergoeding vir, onder andere, aanommeranding, injuria, onwettige arrestasie en aanhouding en kwaadwillige vervolging. Die

2009 JDR 0092 p10

Prinsloo, R

besonderhede van die eise en die pleit wat deur die verweerders aangebied is sal aanstons aandag geniet.

Opsomming van die getuienis, en enkele opmerkings oor die bewyslas

[20]

Dit blyk uit 'n ontleding van die getuienis dat daar ten opsigte van sekere van die geskilpunte direk teenstrydige weergawes aangebied word deur die twee kampe.

[21]

Waar die eisers dus byvoorbeeld moet bewys dat hulle aangerand is en/of dat daar beledigende en kwetsende opmerkings teenoor hulle gemaak is wat hulle geregtig sal maak op skadevergoeding in terme

2009 JDR 0092 p11

Prinsloo, R

van die actio iniuriarum, behoort die inherente waarskynlikhede en die geloofwaardigheid van die getuies in ag geneem te word ten einde te bepaal watter weergawe aanvaar behoort te word.

[22]

Die beginsel word soos volg geïllustreer in die bekende saak van National Employers' General Insurance v Jagers 1984 (4) 437 (OK) op 440D-G:

"It seems to me with respect, that in any civil case, as in any criminal case, the onus can ordinarily only be discharged by adducing credible evidence to support the case of the party on whom the onus rests. In a civil case the onus is obviously not as heavy as it is in a criminal case, but nevertheless where the onus rests on the plaintiff as in the present case, and where there are two mutually destructive stories, he can only succeed if the satisfies the court on a preponderance of probabilities that

2009 JDR 0092 p12

Prinsloo, R

his version is true and accurate and therefore acceptable and that the other version advanced by the defendant is therefore false and mistaken and falls to be rejected. In deciding whether that evidence is true or not the Court will weigh up and test the plaintiff's allegations against the general probabilities. The estimate of the credibility of a witness will therefore be inextricably bound-up with a consideration of the probabilities of the case and, if the balance of probabilities favours the plaintiff, then the court will accept his version as being probably true. If however, the probabilities are evenly balanced in the sense that they do not favour the plaintiff's case any more than they do the defendant's, the plaintiff can only succeed if the court nevertheless believes him and is satisfied that his evidence is true and that the defendant's version is false."

2009 JDR 0092 p13

Prinsloo, R

[23]

Ek voeg by dat, wat betref die eise ten opsigte van beweerde onwettige arrestasie en aanhouding, die bewyslas op die verweerders is om te beweer en te bewys dat hulle regmatig opgetree het. Sien Amler's Precedents of Pleadings, 6de uitgawe deur Harms, p40 en gesag wat daar aangehaal word. Myns insiens behoef dit vermelding dat die verweerders in hierdie geval in hulle pleit bloot ontken dat die arrestasie en aanhouding onwettig was. Hulle bied geen verweer aan nie, soos byvoorbeeld 'n verwysing na artikel 40 van die Strafproseswet, 51 van 1977.

[24]

Wanneer ek die getuienis hieronder kortliks ontleed, is ek voornemens om terselfdertyd te verwys na my indrukke ten opsigte van die geloofwaardigheid van die getuies en ten opsigte van wat ek beskou as die inherente waarskynlikhede.

Die getuienis namens die eisers

2009 JDR 0092 p14

Prinsloo, R

[25]

Die vierde eiser, Jason Pieterse ("E4") het eerste getuig. Hy is 27 jaar oud...

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT