Noord-Kaapse Lewendehawe Ko-operasie Bpk v Broden

JurisdictionSouth Africa

Noord-Kaapse Lewendehawe Ko-operasie Bpk v Broden
1975 (4) SA 643 (NC)

1975 (4) SA p643


Citation

1975 (4) SA 643 (NC)

Court

Noord-Kaapse Afdeling

Judge

Jacobs RP en Van Den Heever R

Heard

August 1, 1975

Judgment

August 22, 1975

Flynote : Sleutelwoorde

Praktyk — Uitsprake en bevele — Verstekvonnis — Eis om betaling van kolleksiekoste — Wanneer daarop geregtig — Wanneer onderneming om kolleksiekoste te betaal 'n strafbeding is — Uitwerking van — Strafbeding — Onderneming om kolleksiekoste te betaal — Wanneer sodanige 'n strafbeding — Uitwerking van — Wet 73 van 1968.

Headnote : Kopnota

1.

As slegs 'n onderneming beweer word om kolleksiekoste te betaal by laat betaling van 'n kapitale bedrag, beteken dit prima facie dat koste van kolleksie betaalbaar word, en gevorder kan word slegs indien kolleksie suksesvol gedoen is.

2.

As die onderneming duidelik een is om kolleksiekoste te betaal ongeag of kolleksie gedoen is aldan nie, is dit 'n strafbeding en afdwingbaar onderhewig aan vermindering deur die Hof indien die totaal onbillik is.

3.

As die onderneming is om prokureurs verpligte kolleksiekoste te betaal, het ons. geen strafbeding nie maar slegs 'n onderneming om gedeeltelike prokureur - en kliënt koste te betaal, en kom vermindering deur die Hof nie tersprake nie.

4.

By geldlenings - en krediettransaksies getref deur Wet 73 van 1968, is 'n strafbeding soos in 2 hierbo nie afdwingbaar nie; maar 'n ooreenkoms soos in 3 hierbo, wel.

Flynote : Sleutelwoorde

Practice — Judgment and orders — Default judgment — Claim for payment of collection costs — When entitled thereto — Debtor and creditor — Collection costs — When entitled thereto — When an undertaking to pay collection costs a penalty — Effect — Penalty — Undertaking to pay collection costs — When such a penalty — Effect — Act 73 of 1968.

Headnote : Kopnota

1.

If a mere undertaking to pay collection costs on late payment of a capital amount is averred, it means prima facie that costs of collection are payable and can be claimed only in the event of the collection being successfully done.

2.

If the undertaking is clearly one to pay collection costs regardless of whether or not the collection has been done then it is a penalty and enforceable subject to a reduction by the Court in the event of the total being unreasonable.

3.

If the undertaking is to pay attorneys compulsory collection costs, there is no penalty but merely an undertaking to pay partial attorney and client costs and reduction by the Court does not arise.

4.

In loan transactions and credit transactions hit by Act 73 of 1968 a penalty as set out in 2 above is not enforceable but an agreement in terms of 3 above is enforceable.

Case Information

Aansoek om vonnis by verstek. Die feite blyk uit die uitspraak.

J. J. Basson, S.C., namens die eiser. E

N. W. Zietsman, S.C., as amicus curiae.

Cur adv vult.

Postea (Augustus 22). F

Judgment

Van den Heever, R.:

Hierdie uitspraak gaan oor invorderingskommissie en die juistheid van Western Bank v Carmichael, 1974 (2) SA 232 (OK);

1975 (4) SA p644

Van den Heever R

en ook oor die koste van 'n aansoek om summiere vonnis waar eiser se vordering van gedaante verander het nadat hy die aansoek geloods het. Slegs vanweë die kwessie van koste is dit nodig om die agtergrond taamlik breedvoerig te skets: In sy oorspronklike dagvaarding vorder eiser:

"1.

A Betaling van 'n bedrag van R59 844 synde geld verskuldig deur die verweerder aan die eiser ten opsigte van geld wat die eiser aan die verweerder op laasgenoemde se spesiale aanvraag en versoek gedurende 1973 - 1974 geleen en voorgeskiet het en welke bedrag verweerder ten spyte van wettige aanmaning nagelaat en versuim het om te betaal.

2.

B Rente op die bedrag van R59 844 teen 11 persent per jaar vanaf 1 Julie 1974 tot datum van betaling welke rente kragtens ooreenkoms tussen die eiser en die verweerder verskuldig en betaalbaar is.

3.

Koste op prokureur en kliënt skaal, welke koste kragtens ooreenkoms tussen eiser en verweerder betaalbaar is.

4.

C Invorderingskommissie teen 5 persent op die genoemde bedrag van R59 844, welke invorderingskommissie kragtens ooreenkoms tussen eiser en verweerder betaalbaar is. Eiser is kragtens reg. 62 by Wet 20 van 1916 verplig om invorderingskommissie aan sy prokureurs te betaal teen 10 persent op die bedrae D werklik ingevorder deur die genoemde prokureurs kragtens hierdie eis met 'n maksimum van R50 per betaling of paaiement en beperk sy eis tot die bedrae toegelaat kragtens voornoemde regulasie."

...

To continue reading

Request your trial
4 practice notes
4 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT