Nelson Mandela Bay Metropolitan Municipality v Nobumba 2010 1 SA 579 (ECG) : onlangse regspraak

DOI10.10520/EJC135352
Pages149-161
AuthorJ.M. Otto
Date01 January 2011
Published date01 January 2011
Nelson Mandela Bay Metropolitan Municipality v
Nobumba
2010 1 SA 579 (ECG)
Rekeninge vir munisipale dienste en die National Credit Act
1 Inleiding
Munisipaliteite (wat hulleself deesdae dikwels stadsrade noem) speel ’n
belangrike rol in die lewens van die burgery. Jy kan nie ’n dak oor jou
kop bou sonder dat die stadsraad die huisplanne goed gekeur het nie.
Wanneer jy die dag die huis verkoop en oordrag wil gee, moet jy by die
munisipale kantore ’n draai gaan maak om ’n klaringsertifikaat te bekom
wat sertifiseer dat jou rekeninge op datum is. Wanneer ’n mens ’n
geliefde ter ruste moet lê, is jou hoop gevestig op die plaaslike regering
om ’n stukkie grond te verskaf. Hondeliefhebbers is afhanklik van die
stadsvaders se besluite om oop areas vir parke beskikbaar te stel en in
’n wandelbare toestand te onderhou. Toegewyde onderdane sal
mettertyd nie werk toe kan ry - selfs met ’n perd - indien sekere plaaslike
owerhede in verskeie dele van die land nie spoedig begin om die slaggate
in die paaie te herstel nie. Dit is net ’n handjievol stedelinge wat uit ’n
boorgat lewe, sonder elektrisiteit klaarkom en self hulle afval iewers by
’n stortingsterrein besorg. Die res maak staat op die munisipaliteit om
hierdie dienste te verskaf.
Die verhouding tussen stadsrade en die publiek word onder andere
deur wetgewing en die reëls van die administratiefreg gereël. Dikwels
gaan die stadsrade egter ook kontrakte met buitepartye aan vir die
verskaffing van goedere en dienste of vir die daarstelling van
infrastruktuur. Insgelyks sluit die rade kontrakte op groot skaal met sy
eie belastingbetalers om aan hulle sekere dienste te verskaf waarvoor
hulle periodiek gedebiteer word. Gegewe die omvang van plaaslike
owerhede se aktiwiteite spreek dit vanself dat verskeie terreine van die
privaatreg en die publiekreg ter sprake kan kom in die verhouding tussen
hierdie owerhede en hulle onderdane of ander partye. Dit maak van
stadsrade vanselfsprekende litigante. In onlangse tye, so wil dit vir my
voorkom, haal die munisipaliteite al hoe meer die hofverslae. In
Februariemaand se uitgawe van die 2010
Suid-Afrikaanse Hofverslae
is
daar 23 sake gerapporteer. In nie minder nie as ses van hierdie sake is
’n stadsraad/metropolitaanse munisipaliteit/plaaslike munisipaliteit/stad
(om die verskillende name te gebruik soos wat hulle in die sake
voorkom) een van die litigante. Een van hierdie ses sake is die
onderwerp van hierdie bespreking. Uit die bespreking sal dit blyk dat
stadsrade deesdae katvoet moet loop met wetgewing wat wesenlik
privaatregtelik van aard is maar wat ’n impak kan hê op die tipe dienste
wat stadsrade verskaf en op die kontrakte wat hulle in dié verband
aangaan. In die saak is sekere aspekte van die
National Credit Act
(34
van 2005) (die Nasionale Kredietwet) onder die loep geplaas. Die
Nasionale Kredietwet het nie ’n amptelike Afrikaanse teks of naam nie.

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT