Natal Laeveld Boerdery (Edms) Bpk v Kommissaris van Binnelandse Inkomste

JurisdictionSouth Africa
Judgevan Heerden AHR, Eksteen AR, Howie AR, Scott AR, Plewman AR
Judgment Date23 September 1997
Docket Number55/96
Hearing Date23 September 1997
CounselEM Du Toit namens die appellant PC Van Der Byl namens die respondent
CourtSupreme Court of Appeal

Van Heerden AHR:

Die appellant is 'n beslote korporasie wat boerderybedrywighede C beoefen op sy plaas, Roosmaryn, naby Komatipoort. Tot September 1987 het menere Van Dyk en Van Veyeren as enigste lede 'n gelyke belang in die appellant gehad. Eersgenoemde het die boerderyaktiwiteite behartig terwyl laasgenoemde in 'n raadgewende hoedanigheid opgetree het maar mettertyd al hoe minder by die bestuur van die appellant se sake betrokke D geraak het. Om redes wat nie tans ter sake is nie, het Van Dyk in 1986 besluit om 200 hektaar van Roosmaryn met piesangs te beplant en om suikerriet van ander boere teen vergoeding te vervoer ten einde die appellant se inkomste te verhoog. Van Veyeren was hierteen gekant. Sy vernaamste besware was dat piesangboerdery te riskant was en dat die voorgestelde vervoer inbreuk op Van Dyk se fisiese boerderyaktiwiteite sou maak. E Desondanks het Van Dyk vanaf einde 1986 piesangs begin aanplant en ook 'n kontrak aangegaan om sy buurman se suikerriet te vervoer. Dit het gelei tot groot ontevredenheid aan die kant van Van Veyeren en uiteindelik tot 'n ooreenkoms waarvolgens die appellant Van Veyeren se belang teen R1,8 miljoen aangekoop het. Uitvoering van hierdie ooreenkoms het F behels dat Van Dyk vanweë die bepalings van art 38 van die Wet op Beslote Korporasies 69 van 1984 die enigste lid van die appellant geword het.

Die appellant het nie die fondse gehad om die koopprys aan Van Veyeren te betaal nie en was inteendeel die som van R442 500 aan Eerste Nasionale Bank verskuldig. Derhalwe het die G appellant 'n bedrag van R2,3 miljoen by 'n finansiële instelling ('Syfrets') geleen en as sekuriteit 'n verband oor Roosmaryn laat registreer. Die opbrengs van die lening is aangewend om die appellant se skuld teenoor Eerste Nasionale Bank te vereffen en om Van Veyeren te betaal. (Die balans van R57 500 het na bewering heffingsfooie verteenwoordig.) Na die aangaan van die lening moes die appellant uiteraard rente aan Syfrets betaal. H

In sy opgawes vir die belastingjare 1988, 1989 en 1990 het die appellant rentebetalings aan Syfrets teen sy inkomste in verrekening gebring. Die respondent het egter geweier om die aftrekkings toe te laat en hulle dus nie in die betrokke aanslae in ag geneem nie. Na 'n onsuksesvolle beswaar het die appellant toe appèl aangeteken na die Transvaalse I Inkomstebelasting Spesiale Hof ('die Spesiale Hof'). Die enigste tersaaklike getuienis wat by die verhoor van die appèl gelei is, was dié van Van Dyk. Daaruit...

To continue reading

Request your trial
4 practice notes
  • Commissioner, South African Revenue Service v 121 Castle Street Cape Town CC
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SA Ltd 1985 (4) SA 485 (A): dicta at 500H - 501J applied B Natal Laeveld Boerdery (Edms) Bpk v Kommissaris van Binnelandse Inkomste 1998 (1) SA 639 (SCA): dictum at 644J - 645B Statutes Considered Statutes The Income Tax Act 58 of 1962, ss 11(a), 23(g): see Juta's Statutes of South Africa 2......
  • Commissioner, South African Revenue Service v Van der Westhuizen
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Revenue v Nemojim (Pty) Ltd 1983 (4) SA 935 (A): referred to Natal Laeveld Boerdery (Edms) Bpk v Kommissaris van Binnelandse Inkomste 1998 (1) SA 639 (SCA): B Statutes Considered Statutes The Companies Act 61 of 1973, s 38: see Juta's Statutes of South Africa 2000 vol 2 at 1-139 The Income ......
  • Ticktin Timbers CC v Commissioner for Inland Revenue
    • South Africa
    • Supreme Court of Appeal
    • 10 September 1999
    ...treatment. (Compare the Standard Bank case I supra and Natal Laeveld Boerdery (Edms) Bpk v Kommissaris van Binnelandse Inkomste 1998 (1) SA 639 (SCA) (1997 (5) JTLR [3] The interest which concerns us in the present case was credited J Hefer JA annually on the accumulated balance in the loan......
  • Ticktin Timbers CC v Commissioner for Inland Revenue
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1997 (3) SA 625 (C) (1997 (1) JTLR 1): confirmed on appeal Natal Laeveld Boerdery (Edms) Bpk v Kommissaris van Binnelandse Inkomste 1998 (1) SA 639 (SCA) (1997 (5) JTLR 115): compared J 1999 (4) SA p941 Port Elizabeth Electric Tramway Co v A Commissioner for Inland Revenue 1936 CPD 241: dic......
4 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT