Namex (Edms) Bpk v Kommissaris van Binnelandse Inkomste

JurisdictionSouth Africa

Namex (Edms) Bpk v Kommissaris van Binnelandse Inkomste
1994 (2) SA 265 (A)

1994 (2) SA p265

Citation

1994 (2) SA 265 (A)

Case No

314/92

Court

Appèlafdeling

Judge

Van Heerden AR, Smalberger AR, Goldstone AR, Van den Heever AR, Nicholas Wn AR

Heard

November 2, 1993

Judgment

November 26, 1993

Flynote : Sleutelwoorde B

Maatskappy — Reëling — Reëling in terme van art 311 van Maatskappywet 61 van 1973 — 'Standaardskema' ingevolge waarvan alle skuldeisers se C vorderings teen maatskappy geag word gesedeer te word, teen betaling, aan 'n derde party — Of standaardskema binne raamwerk van art 311 val — Artikel 311 skemas het veel nut in sakewêreld en met oog daarop behoort Howe nie enge vertolking aan bepalings van artikel te gee nie — Alhoewel skema nie op reëling 'voorgestel . . . tussen 'n maatskappy en sy skuldeisers' neerkom indien betrokke maatskappy slegs 'n passiewe rol D speel nie, is dit nie nodig dat aktiewe rol aansienlik moet wees nie — In casu het klousule van skema voorsiening gemaak vir tersydestelling van ooreenkoms aangegaan deur voorlopige likwidateurs van maatskappy (appellant) met ander maatskappy waarkragtens sekere van appellant se E bates aan die ander maatskappy verkoop is — Klousule het appellant se toestemming vereis en hom as nodige en aktiewe party tot skema betrek — Dus onnodig in casu om te beslis of standaardskema skikking of reëling tussen maatskappy en skuldeisers daarstel.

F Inkomste — Inkomstebelasting — Inkomstebelasting verskuldig deur maatskappy ingevolge Inkomstebelastingwet 58 van 1962 — Skema van reëling tussen maatskappy en sy skuldeisers goedgekeur ingevolge art 311 van Maatskappywet 61 van 1973 — Of Kommissaris van Binnelandse Inkomste ten opsigte van sy vorderings vir maatskappy se aangeslane of bekende G belastingpligtigheid kan ressorteer onder skuldeisers wat kragtens

1994 (2) SA p266

A art 311(2) deur goedgekeurde skema gebind word — Argument dat art 311 reëling nie Kommissaris kan bind nie omdat hy nie regtens bevoeg is om (1) afstand te doen van belastingvordering of (2) dit te sedeer nie — Wat betref (1) blyk dit dat in geval van netelige geskil belastinggaarder B gemeenregtelik wel bindende skikking vir bedrag minder as dié van sy eis kan aangaan, solank hy nie deur afstanddoening benadeel word nie — Gemeenregtelike posisie bestendig deur subarts 31(1) en (2) van Skatkiswet 66 van 1975, in terme waarvan Staatstruktuur of amptenaar afstand kan doen van belastingvordering mits hy oortuig is dat bedrag oninbaar is — C Kommissaris kan dus toestem tot reëling ingevolge art 311 indien hy niks minder daarvolgens staan te ontvang nie as wat hy sou ontvang het in geval van alternatief van finale likwidasie — Ook geen rede waarom Kommissaris, selfs in die afwesigheid van sy toestemming, nie deur goedkeuring van reëling gebonde sou wees nie — Wat betref (2) blyk dit dat alhoewel D amptenaar soos Kommissaris in reël nie belastingvordering mag sedeer nie, posisie anders waar bepaling dat sessie moet geskied 'n integrale deel vorm van reëling waartoe Kommissaris mag toestem en waar skuldenaar nie deur sessie geraak kan word nie — In geval van reëling kragtens art 311 E van Maatskappywet wat ook op belastingvordering betrekking het, is posisie juis dat dit aan maatskappy geen verskil maak of die betrokke bedrag aan Kommissaris of aan inisieerder van reëling verskuldig is nie — Kommissaris gebonde aan sessie of veronderstelde sessie van sy eis - Kommissaris kan F dus (mits aan bogenoemde vereistes voldoen word) wel aan goedgekeurde art 311 reëling gebonde wees ten opsigte van sy vorderings vir aangeslane of bekende belastingpligtigheid.

Inkomste — Inkomstebelasting — Inkomstebelasting verskuldig deur maatskappy ingevolge Inkomstebelastingwet 58 van 1962 — Skema van reëling G tussen maatskappy en sy skuldeisers gemagtig ingevolge art 311 van Maatskappywet 61 van 1973 — Of Kommissaris van Binnelandse Inkomste ten opsigte van sy vorderings vir maatskappy se onaangeslane of onbekende belastingpligtigheid kan ressorteer onder skuldeisers wat kragtens art H 311(2) deur goedgekeurde skema gebind word — Belastinggaarder in reël nie bevoeg om van belastingvordering afstand te doen nie, en art 31(2) van Skatkiswet 66 van 1975, wat enigste tersaaklike statutêre bepalings waarvolgens sodanige afstand gedoen kan word bevat, vereis dat Tesourie of I gedelegeerde oortuig moet wees dat betrokke bedrag geheel of gedeeltelik oninbaar is, of dat dit tot voordeel van Staat sal strek om deur skikking geheel of gedeeltelik daarvan afstand te doen — Wat betref reëling ingevolge art 311 van Maatskappywet sal sodanige oortuiging selde kan bestaan waar belastingvordering teen maatskappy onbekend is — Goedkeuring van skema bind dus nie Kommissaris ten opsigte van maatskappy se J onaangeslane of onbekende belastingpligtigheid nie.

1994 (2) SA p267

Headnote : Kopnota

A Die appellant het in sy opgawe van inkomste vir sy 1982 belastingjaar aanspraak gemaak op 'n aftrekking, in terme van art 15(a) saamgelees met arts 36 en 37 van die Inkomstebelastingwet 58 van 1962, van meer as R6 miljoen, wat gelyk gestaan het aan die waarde van verskeie myneiendomme ('die ontwikkelingsbates') wat hy gedurende die jaar aangekoop het en verkry het binne die raamwerk van art 37(1) van die Inkomstebelastingwet. Alhoewel die bedoelde waarde ingevolge art 37(4) deur die Staatsmyninginieur vasgestel moes word, en dit nog nie ten tyde van die indiening van die opgawe gedoen is nie, het die respondent die appellant B se 1982 aanslag bereken op die grondslag dat die appellant wel op die genoemde aftrekking geregtig was. Die respondent het egter opgemerk dat die aanslag indien nodig hersien sou word na die Staatsmyninginieur se vasstelling. Nadat die appellant in 1984 in voorlopige likwidasie geplaas is, het 'n sekere maatskappy 'n aanbod ingevolge art 311 van die Maatskappywet 61 van 1973 gemaak, welke aanbod, nadat dit aanvaar is ('die C skema'), in 1985 deur 'n Plaaslike Afdeling goedgekeur is. Ingevolge die skema is die voorlopige likwidasiebevel ook deur die Hof opgehef. Die skema het voorsiening gemaak vir die indiening van eise van die appellant se skuldeisers by sogenaamde ontvangers, maar die respondent het nie 'n eis ingedien nie. In 1986 het die Staatsmyningenieur ingevolge art 37(4) van die Inkomstebelastingwet die effektiewe waarde van die bogenoemde ontwikkelingsbates op slegs sowat R3,5 miljoen vasgestel en 'n aanvullende aanslag vir die appellant se 1982 belastingjaar uitgereik, in terme D waarvan die bogenoemde bedrag gesubstitueer is vir die meer as R6 miljoen wat oorspronklik as aftrekking toegelaat is. Dit het meegebring dat die appellant ten opsigte van die betrokke jaar met 'n addisionele R756 587,26 belas is. In 1987 het die appellant in 'n Provinsiale Afdeling 'n geding teen die respondent aanhangig gemaak wat gerig was op die verkryging van 'n bevel waarvolgens verklaar sou word dat vanweë die goedkeuring van die skema die appellant nie verplig was om die addisionele heffing te betaal E nie. Die respondent het vier alternatiewe verwere geopper:

1. Dat die skema nie binne die raamwerk van art 311 van die Maatskappywet val nie, en goedkeuring daarvan dus nie skuldeisers van die appellant, of altans dié wat (soos die respondent) nie daartoe toegestem het nie, kon bind nie.

2. Dat die skema in elk geval nie op die respondent van toepassing gemaak kon word nie omdat dit behels het dat die respondent afstand moes doen van 'n belastingaanspraak en/of dit moes sedeer - iets wat F respondent as openbare amptenaar nie regtens kon vermag nie.

3. Dat art 311 nie van toepassing was nie op 'n eiser wie se vordering bloot 'gebeurlik' was - soos die respondent se vordering ten opsigte van addisionele belasting vir die appellant se 1982 belastingjaar wel was.

4. Dat die bepalings van die skema slegs van toepassing was op skuldeisers wie se skuldoorsake voor goedkeuring van die skema ontstaan het. Omdat die respondent se skuldoorsaak egter eers G ontstaan het by uitreiking van die addisionele aanslag, of vroegstens toe die Staatsmyningenieur die waarde van die ontwikkelingsbates bepaal het, was die skema nie op die respondent van toepassing nie.

Die Verhoorhof het die tweede verweer gehandhaaf en die appellant se vordering afgewys, waarna verlof verleen is om na die Appèlafdeling te appelleer. Al vier verwere is weer voor die Appèlafdeling beredeneer en H die Hof het hulle een vir een behandel.

Die eerste verweer

Die Hof (per Goldstone AR; Smalberger AR en Nicholas Wn AR samestemmend) was die mening toegedaan dat dit onnodig was om in die onderhawige appèl te beslis of 'n sogenaamde 'standaardskema' soos die onderhawige een wel 'n skikking of reëling tussen 'n maatskappy en sy skuldeisers daarstel. In I die onderhawige geval het die skema naamlik 'n klousule bevat wat voorsiening gemaak het vir die tersydestelling van 'n ooreenkoms aangegaan deur die voorlopige likwidateurs van die appellant en 'n ander maatskappy waarkragtens sekere bates van die appellant aan die ander maatskappy verkoop is. Daardie beding het stellig die toestemming van die appellant vereis en hom as nodige en aktiewe party tot die reëling betref. (Op 294C/D-E/F.) Die Hof het verder opgemerk dat art 311 skemas in die sakewêreld veel nut het en dat die Howe met die oog daarop nie 'n enge J vertolking aan die bepalings van die

1994 (2) SA p268

A artikel moes gee nie. Alhoewel so 'n skema nie 'n skikking of reëling 'voorgestel . . . tussen 'n maatskappy en sy skuldeisers' was nie indien die maatskappy slegs 'n passiewe rol gespeel het nie, was dit egter nie nodig dat die maatskappy se aktiewe rol aansienlik moes wees nie. Gevolglik moes die eerste verweer van die hand gewys word. (Op 294E/F-F/G en G/H.)

Die tweede verweer

B In sy bespreking van hierdie verweer het die Hof (per Van...

To continue reading

Request your trial
28 practice notes
  • Tax Administration Act : fulfilling human rights through efficient and effective tax administration
    • South Africa
    • De Jure No. 51-1, July 2018
    • 1 July 2018
    ...2003 4 SA 520 (SCA) para 25. For adiscussion of the distinction between taxes ‘due’ from those ‘payable’, seeNamex (Edms) Bpk v KBI 1994 2 SA 265 (A) 289; Capstone 556 (Pty) Ltd vCSARS; Kluh Investments (Pty) Ltd v CSARS 2011 6 SA 65 (WCC) para 13. 41 Welch’s Estate v CSARS 2005 4 SA 173 (S......
  • Chipkin (Natal) (Pty) Ltd v Commissioner, South African Revenue Service
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Revenue 1945CPD 289 at 296Muller en ’n Ander v Pienaar 1968 (3) SA 195 (A)Namex (Edms) Bpk v Kommissaris van Binnelandse Inkomste 1994 (2)SA 265 (A) at 284Pezzutto v Dreyer and Others 1992 (3) SA 379 (A) at 390, 394R v Levy 1929 AD 312 at 322R v Venter 1907 TS 910 at 915Randburg Town Counci......
  • Averting Liquidations with Business Rescue: Does a Section 155 Compromise Place the Bar too High?
    • South Africa
    • Stellenbosch Law Review No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...of Arrangemen t 3520 Blackman et al C ommentar y on the Companie s Act 12–4 Nam ex (Edms) Bpk v Komm issaris van Binnelands e Inkomste 1994 2 SA 265 (A) 298; Re International H arvester Co of Austr alia Pty Ltd 1953 VLR 669-74; Australian Se curities Comm ission v Marlboroug h Gold Mines Lt......
  • Special Investigating Unit v Kim Diamonds (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Special Investigating Unit 1999 ( 1) SA 1001 (Tk): dictum at 1019A-B applied Namex (Edms) Bpk v Kommissaris van Binnelandse Inkomste 1994 (2) SA 265 (A): referred to H Pretoria City Council v South African Organ Builders (Pty) Ltd 1953 (3) SA 400 (T): referred to Royal British Bank v Turq......
  • Request a trial to view additional results
22 cases

  • Jiya v Durban Roodepoort Deep Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Accident Fund v Meyerowitz 1995 (1) SA 23 (C): applied J 2000 (1) SA p183 Namex (Edms) Bpk v Kommissaris van Binnelandse A Inkomste 1994 (2) SA 265 (A): dictum at 283G applied Namex (Pty) Ltd v Commissioner for Inland Revenue 1992 (2) SA 761 (C): dictum at 772A - 773B applied Nel v Cockroft......
  • Venter and Others v Credit Guarantee Insurance Corporation of Africa Ltd and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Mahomed v Kazi's Agencies (Pty) Ltd and Others 1949 (1) SA 1162 (N) at 1170-1 Namex (Edms) Bpk v Kommissaris van Binnelandse Inkomste 1994 (2) SA 265 (A) D at 294F Ocean Accident and Guarantee Corporation Ltd v Koch 1963 (4) SA 147 (A) Pillay v Krishna and Another 1946 AD 946 at 951-2 Putte......
  • Request a trial to view additional results
6 books & journal articles
28 provisions
  • Tax Administration Act : fulfilling human rights through efficient and effective tax administration
    • South Africa
    • De Jure No. 51-1, July 2018
    • 1 July 2018
    ...2003 4 SA 520 (SCA) para 25. For adiscussion of the distinction between taxes ‘due’ from those ‘payable’, seeNamex (Edms) Bpk v KBI 1994 2 SA 265 (A) 289; Capstone 556 (Pty) Ltd vCSARS; Kluh Investments (Pty) Ltd v CSARS 2011 6 SA 65 (WCC) para 13. 41 Welch’s Estate v CSARS 2005 4 SA 173 (S......
  • Chipkin (Natal) (Pty) Ltd v Commissioner, South African Revenue Service
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Revenue 1945CPD 289 at 296Muller en ’n Ander v Pienaar 1968 (3) SA 195 (A)Namex (Edms) Bpk v Kommissaris van Binnelandse Inkomste 1994 (2)SA 265 (A) at 284Pezzutto v Dreyer and Others 1992 (3) SA 379 (A) at 390, 394R v Levy 1929 AD 312 at 322R v Venter 1907 TS 910 at 915Randburg Town Counci......
  • Averting Liquidations with Business Rescue: Does a Section 155 Compromise Place the Bar too High?
    • South Africa
    • Stellenbosch Law Review No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...of Arrangemen t 3520 Blackman et al C ommentar y on the Companie s Act 12–4 Nam ex (Edms) Bpk v Komm issaris van Binnelands e Inkomste 1994 2 SA 265 (A) 298; Re International H arvester Co of Austr alia Pty Ltd 1953 VLR 669-74; Australian Se curities Comm ission v Marlboroug h Gold Mines Lt......
  • Special Investigating Unit v Kim Diamonds (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Special Investigating Unit 1999 ( 1) SA 1001 (Tk): dictum at 1019A-B applied Namex (Edms) Bpk v Kommissaris van Binnelandse Inkomste 1994 (2) SA 265 (A): referred to H Pretoria City Council v South African Organ Builders (Pty) Ltd 1953 (3) SA 400 (T): referred to Royal British Bank v Turq......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT