Naidoo en Andere v Minister van Polisie

JurisdictionSouth Africa
JudgeHiemstra Wn RP
Judgment Date27 August 1976
CourtTransvaal Provincial Division

Hiemstra, Wn. R. P.:

In hierdie geding is oorspronklik twee dagvaardings uitgereik, die een (Nr. 1 5400/75) ten behoewe van A Naidoo en Titus Mahlangu, en die ander (Nr. 1 5399/75) ten behoewe van Philemon Mahlangu. Albei was teen die Minister van Polisie in amptelike hoedanigheid. Omdat die betrokke feite almal binne 24 uur plaasgevind het en met mekaar verbonde was, het ek op aansoek die twee aksies geriefshalwe gekonsolideer B ingevolge Reël 11. Naidoo, Titus en Philemon is nou onderskeidelik eerste, tweede en derde eiser. 'n Gepaste kostebevel sal daaromtrent gemaak word. Die eisers beweer dat hulle gearresteer, aangerand en aangehou is deur lede van die polisiemag, handelende in die loop van hulle werkverrigting. Daar word nie beweer dat die arres en aanhouding onregmatig was nie maar ek sal veronderstel dat dit die bedoeling was en die C verweerder het dit ook so opgeneem. Die verweerder erken dat die eerste eiser, Naidoo, gearresteer is, weliswaar sonder lasbrief en dat hy aangehou is. Daar word egter ontken dat hy aangerand is en daar word ontken dat die arres en aanhouding geskied het in die loop van die polisiemanne se werkverrigting. Wat die tweede en derde eiser betref word ontken dat hulle of arresteer of aangehou is, of indien die Hof bevind dat dit wel gebeur het, word gepleit dat dit nie binne die polisiemanne se D sfeer van werkverrigting plaasgevind het nie. In elk geval word ontken dat hulle aangerand is.

Die eisers vorder onderskeidelik skadevergoeding ten bedrae van R5 000, R4 000 en R4 000 maar die verweerder ontken dat hulle E enige skade gely het.

Die betrokke vier polisiemanne was C. H. Breytenbach, indertyd speurdersersant, maar nou 'n veiligheidsbeampte by 'n firma op die Oos-Rand; P. Loock, indertyd sersant maar nou adjudant-offisier; J. Young, speurder, en J. A. du Plessis, speurderkonstabel. Hulle het, en dit is gemene saak tussen die F partye, 'n diefstal van stowe en lampe ondersoek wat na bewering in Constantiapark, Pretoria, plaasgevind het. Hulle leidraad was 'n skriftelike verklaring onder eed deur ene Boybread, wat as polisieberiggewer gewerk het. In die verklaring, deur Breytenbach van hom geneem op 30 Januarie 1975, sê hy dat 'n Bantoeman, Philemon Mahlangu en 'n Indiër, Naidoo, van Laudium, die diefstal gepleeg het en dat hy, Boybread, by een geleentheid aan so 'n diefstal deelgeneem het G en dat Naidoo hom R10 vir sy hulp betaal het. Die gesteelde goed is met Naidoo se groen stasiewa vervoer, aldus die verklaring.

Vergesel van die beriggewer Boybread het die vier manne met twee motors die namiddag van 30 Januarie 1975 op die Garstfonteinpad buite Pretoria gery op pad na 'n sjebeen waar hulle verwag het om een of meer van die verdagtes aan te tref. H Op die pad by 'n bushalte het Boybread 'n Bantoeman opgemerk en gesê: 'Daar is een'. Dit was Philemon Mahlangu, die derde eiser. Hulle het stil gehou en met hom gepraat. Daar het die reeks insidente begin, wat die volgende dag met die vrylating van Naidoo geëindig het en wat aanleiding tot hierdie geding gegee het. In die loop daarvan is Naidoo gearresteer en na die speurderskantoor in Kerkstraat gebring. Die ander twee eisers is nie formeel gearresteer nie, maar hulle is ook na die speurderskantoor gebring en ondervra.

Hiemstra Wn RP

[Die Edelagbare Regter het die getuienis ontleed en bevind dat die eiser Naidoo onregmatig gearresteer was en dat al die aanrandings plaasgevind het in breë trekke op die wyse wat die eisers beskryf het. Hy het soos volg voortgegaan].

A 'n Polisiemag kan in 'n vrye gemeenskap alleen behoorlik funksioneer as hy die hoogagting en die samewerking van die publiek geniet, en die publiek is swart en bruin net sowel as wit. Die Suid-Afrikaanse polisie geniet inderdaad hoë agting, en dit moet so bly. Die howe is nie preuts oor besliste optrede op die regte plek nie en besef ten volle in watter...

To continue reading

Request your trial
10 practice notes
  • Vicarious liability: not simply a matter of legal policy
    • South Africa
    • Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 May 2019
    ...Minister van Polisie v Gamble 1979 4 SA 759 (A); further Minister van Polisie v Ewels 1975 3 SA 590 (A); Naidoo v Minister van Polisie 1976 4 SA 954 (T); Minister of Police v Skosana 1977 1 SA 31 (A); Areff v Minister van Polisie 1977 2 SA 900 (A); Mhlongo & Another NO v Minister of Police ......
  • Vicarious liability of the state for the abuse and misuse of firearms by police officers
    • South Africa
    • Lesotho Law Journal No. 25-2, May 2017
    • 31 May 2017
    ...no longer has the significance that it was sometimes considered to have in the past. 3 Per Hiemstra J in Naidoo v Minister van Polisie 1976 (4) SA 954 (T), 957. 4 Act 20 of 1957. 5 Mhlongo v Minister of Police 1978 (2) SA 551 (A). 3  The essential question was whether the state had power o......
  • Mhlongo and Another NO v Minister of Police
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Mazeka v Minister of Justice 1956 (1) SA 312; Dames v De Kock and Another 1958 (1) SA 773; G Naidoo en Andere v Minister van Polisie 1976 (4) SA 954; Ngubani v Divisional Commissioner, SA Police, Witwatersrand Division 1963 (1) SA at 322B - C; Shongwe v Minister of Police 1975 (1) SA at 852......
  • Minister van Polisie en 'n Ander v Gamble en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...be a servant." Na my mening het HIEMSTRA WN RP gelyk waar hy homself soos volg uitspreek H in Naidoo en Andere v Minister van Polisie 1976 (4) SA 954 (T) te "Dit is absurd om te beweer dat wanneer die polisieman 'n misdaad ondersoek, hy wel 'n wetlike plig uitvoer, in verband waarmee die St......
  • Request a trial to view additional results
8 cases

  • Minister of Police v Rabie
    • South Africa
    • Invalid date
    ...respondent attempted to commit the crime of housebreaking, was duty bound to arrest the respondent. See Naidoo v Minister van Polisie 1976 (4) SA 954; Gladys Booi v Minister of Police (unreported, Eastern Cape Division, 14 November 1977); Mdolomba v Minister of Police (unreported, Eastern C......
  • Kadir v Minister of Law and Order
    • South Africa
    • Invalid date
    ...of the policemen also falls within the B parameters of the State's liability set out in Naidoo en Andere v Minister van Polisie 1976 (4) SA 954 (T), and Mhlongo and Another NO v Minister of Police 1978 (2) SA 551 The point is taken in the notice of exception that the so-called omission by t......
  • Request a trial to view additional results
2 books & journal articles
  • Vicarious liability: not simply a matter of legal policy
    • South Africa
    • Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 May 2019
    ...Minister van Polisie v Gamble 1979 4 SA 759 (A); further Minister van Polisie v Ewels 1975 3 SA 590 (A); Naidoo v Minister van Polisie 1976 4 SA 954 (T); Minister of Police v Skosana 1977 1 SA 31 (A); Areff v Minister van Polisie 1977 2 SA 900 (A); Mhlongo & Another NO v Minister of Police ......
  • Vicarious liability of the state for the abuse and misuse of firearms by police officers
    • South Africa
    • Lesotho Law Journal No. 25-2, May 2017
    • 31 May 2017
    ...no longer has the significance that it was sometimes considered to have in the past. 3 Per Hiemstra J in Naidoo v Minister van Polisie 1976 (4) SA 954 (T), 957. 4 Act 20 of 1957. 5 Mhlongo v Minister of Police 1978 (2) SA 551 (A). 3  The essential question was whether the state had power o......
10 provisions
  • Vicarious liability: not simply a matter of legal policy
    • South Africa
    • Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 May 2019
    ...Minister van Polisie v Gamble 1979 4 SA 759 (A); further Minister van Polisie v Ewels 1975 3 SA 590 (A); Naidoo v Minister van Polisie 1976 4 SA 954 (T); Minister of Police v Skosana 1977 1 SA 31 (A); Areff v Minister van Polisie 1977 2 SA 900 (A); Mhlongo & Another NO v Minister of Police ......
  • Vicarious liability of the state for the abuse and misuse of firearms by police officers
    • South Africa
    • Lesotho Law Journal No. 25-2, May 2017
    • 31 May 2017
    ...no longer has the significance that it was sometimes considered to have in the past. 3 Per Hiemstra J in Naidoo v Minister van Polisie 1976 (4) SA 954 (T), 957. 4 Act 20 of 1957. 5 Mhlongo v Minister of Police 1978 (2) SA 551 (A). 3  The essential question was whether the state had power o......
  • Mhlongo and Another NO v Minister of Police
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Mazeka v Minister of Justice 1956 (1) SA 312; Dames v De Kock and Another 1958 (1) SA 773; G Naidoo en Andere v Minister van Polisie 1976 (4) SA 954; Ngubani v Divisional Commissioner, SA Police, Witwatersrand Division 1963 (1) SA at 322B - C; Shongwe v Minister of Police 1975 (1) SA at 852......
  • Minister van Polisie en 'n Ander v Gamble en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...be a servant." Na my mening het HIEMSTRA WN RP gelyk waar hy homself soos volg uitspreek H in Naidoo en Andere v Minister van Polisie 1976 (4) SA 954 (T) te "Dit is absurd om te beweer dat wanneer die polisieman 'n misdaad ondersoek, hy wel 'n wetlike plig uitvoer, in verband waarmee die St......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT