'n Verkenning van die plaaslike residivismeverskynsel en die geregtelike hantering daarvan

JurisdictionSouth Africa
Pages46-63
Date28 August 2019
Published date28 August 2019
AuthorJH Prinsloo
Citation(1997) 10 SACJ 46
'n Verkenning van die plaaslike
residivismeverskynsel en die
geregtelike hantering daarvan
JH PRINSLOO*
Summary
This review deals with the exploration of the local recidivism phenomenon and
judicial intervention thereupon. Recidivism is often a subject of speculation and
controversy, especially in view of the differential meanings attached to it. This gives
rise to severe conceptual and operational problems, which require a more inclusive
and precise conceptualization thereof. It is furthermore essential that the functional
initiatives of the criminal justice system be evaluated on a continuous basis, on
behalf of society.
Attention is given to the conceptual analysis of the concept 'recidivism' to
illustrate the inconsistent meaning and use thereof as well as operational problems
which may consequently arise from it. Since definite claims are frequently made
about the extent of recidivists' involvement in the global crime phenomenon, a non-
probability sample of records of 4 832 offenders with known previous convictions
was selected and analysed to determine the extent and nature of these offenders'
juridical disposition. It was established that, despite the wide range of sentencing
alternatives or combinations available, diverse socioeconomic and political
conditions and offenders involved, a mere six alternatives of judicial intervention
dominate the judicial disposition of the persons concerned. This trend not only
questions any notion of the individualization of punishment but also the perceived
'
threat' of repeated offenders since only ten per cent were considered dangerous
enough to secure society against them by imposing long prison sentences. It was
furthermore established that most offenders repeat their criminal activities within
the first 24 months following their previous release or sentence.
1
Inleiding
Daar word met hierdie navorsingstuk verslag gedoen oor die verkenning van
die onderwerp van 'residivisme', soos wat dit deur geregtelike intervensie in
die geval van die bekende misdaadsyfer begrens word. Soos dit hieronder sal
blyk, verteenwoordig 'residivisme' in die eerste instansie 'n onderwerp
waaroor daar baie gespekuleer word terwyl die aard, omvang en selfs
betekenis daarvan, nie onbestrede is nie. Die veronderstelde samelewings
relevansie van en die pragmatiese dimensie wat aan die bestudering van die
* DLitt et Phil (Unisa).
Hoofnavorser, Instituut vir Kriminologie, Universiteit van Suid-Afrika.
46
(1997) 10 SACJ 46
© Juta and Company (Pty) Ltd
'n Verkenning van die plaaslike residivismeverskynsel
47
misdaadverskynsel en gevolglike geregtelike ingryping verleen word, het
dikwels onrealistiese verwagtinge tot gevolg. Derhalwe moet daar voort
durend kritiese vrae oor die verskynsels van misdaad gevra word en
(veronderstelde) funksionalistiese regsplegingsinisiatiewe namens die same-
lewing beoordeel word.
2 Werkswyse
As gevolg van gemeenskaplike behoeftes oor die onderwerp van residivisme,
het die Instituut vir Kriminologie van Unisa en die navorsingseksie van die
Kriminelerekordsentrum van die Suid-Afrikaanse Polisie die navorsingsprojek
waaroor hier verslag gedoen word gesamentlik onderneem. Tydens die
beplanning van die projek gedurende 1993 het die Kriminelerekordsentrum
gegewens ten opsigte van 2 359 189 bekende oortreders met vorige
veroordelings op leer gehad wat ongeveer 55,3 persent van die ongeveer
4 265 000 leers van (alle) bekende oortreders wat by die Kriminelerekord-
sentrum op rekord is, verteenwoordig.
Met inagneming van resente vonnisoorwegings en beleidsveranderinge,
asook sosiopolitieke omstandighede, is daar op grond van praktiese en
finansiële
oorwegings besluit om 'n versadigde (nie-verteenwoordigende)
steekproef van ongeveer 5 000 (bekende) oortreders met vorige veroordelings
to neem wat gedurende 1993 aan die pleeg van meer ernstige misdade skuldig
bevind is. Gedurende 1993 was 416 616 oortreders wat oor KR-leers (kriminele
rekord) beskik 'aktief' waarvan 122 951 (29,5 persent) skuldig bevind is.
'n Inligtingskedule is saamgestel op grond van die amptelike tipering van
misdade en ten opsigte van elke geselekteerde oortreder voltooi. Daar is
uiteindelik 4 832 gevalle se gegewens op hierdie wyse hanteer en
gerekenariseer nadat bepaalde gevalle (kinderhofverrigtinge, geestesonge
stelde oortreders en onvolledige skedules) buite rekening gelaat is. Die
gerieflikheidsteekproef verteenwoordig gevolglik 4 persent (3,96) of 'n
verhouding van 1:25 van die gevalle wat gedurende 1993 skuldig bevind is.
Die werkswyse wat gevolg is, is onderhewig aan kritiek en die navorser is
nie blind vir die leemtes daaraan verbonde nie. Die werkswyse is egter, soos
reeds aangedui, vanweë situasionele faktore en omstandighede nagevolg en
nie op grond van spesifieke epistemologiese oorwegings nie. Kritiek teen die
gebruik van amptelike bronne is oorbekend. In die opsig moet daar egter van
twee aspekte kennis geneem word. Eerstens, word die verskynsel van
residivisme tradisioneel op grond van die amptelike misdaadsituasie en
bykans uitsluitlik volgens die stand van sake in gevangenispopulasies,
beoordeel. Tweedens, en ten spyte van kritiek in die verband, dien amptelike
bronne by uitstek as inligtingsbron vir navorsing van hierdie aard.
1
1
Vergelyk F Bettmer, R Kreissl & M Voss "The symbolic use of cohort studies redefining crime
between diversion and "selective incapacitation" ' (1990) 14
Contemporary Crisis 138;
RR Roberg
© Juta and Company (Pty) Ltd

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT