'n Innoverende ondernemingsregtelike opsie in die VSA : die aanspreeklikheidsbeperkende maatskappy

Pages103-130
DOI10.10520/EJC51191
AuthorJ.J. Henning,E. Snyman-van Deventer
Date01 January 2004
Published date01 January 2004
E Snyman-Van Deventer & JJ Henning
’n Innoverende ondernemingsregtelike
opsie in die VSA: die
aanspreeklikheidsbeperkende
maatskappy
An innovative new organisational option in the USA: the
Limited Liability Company
The first steps towards a statute on limited liability companies (LLC) was already
taken in 1975 and in 1977. However, the LLC only flourish years later when the
Internal Revenue Services (IRS) ruled in Revenue Ruling 88-76 that a Wyoming
LLC would be treated as a partnership for tax purposes and by the fall of 1996 all
fifty states and the District of Columbia recognized LLCs. The rise of the LLC from
obscurity to its present position as a viable, mainstream alternative to the
corporation or partnership was met with enormous enthusiasm by the business
community and the practising bar. The reason for this is that the LLC is the first
statutory business form to offer entrepreneurs limited liability, pass-through tax
treatment and a decentralized governance structure among co-ventures which are
uniquely flexible.
The Internal Revenue Code prescribes various classifications eg associations,
partnerships and trusts, into which a business enterprise must fit for tax purposes.
Whether an enterprise is taxed as a corporation or as a partnership depends on
whether it has more corporate characteristics than partnership characteristics. The
corporate characteristics are eg having associates, an objective to carry on
business and divide the profits and losses thereof, continuity of life, centralization
of management, liability for corporate debts limited to corporate property and free
transferability of interests. The partnership as form of business enterprise also
includes some of these characteristics eg objective to carry on business for a
profit. Because of these similarities, the IRS rules that the characteristics that are
in common to both forms are not to be used to determine which form prevails.Thus
the IRS considers four basic factors when determining whether an LLC will be
treated as a partnership for income tax purposes, namely limited liability, continuity
of life, free transferability of interest and centralised management. An LLC must
possess no more than two of these characteristics to be treated as partnership for
tax purposes.
Prof E Snyman-Van Deventer, Sentrum vir Ondernemingsreg, Fakulteit
Regsgeleerdheid, Universiteit van die Vrystaat.
Prof JJ Henning, Dekaan van Fakulteit Regsgeleerdheid en Direkteur van die
Sentrum vir Ondernemingsreg, Universiteit van die Vrystaat.
Tydskrif vir Boedelbeplanningsreg 2004-2005(1):103-130
1. Inleiding
Die innoverende onlangse ontwikkelinge in die Amerikaanse reg, regverdig
dat boedelbeplanners en finansiële raadgewers kennis sal neem van nuwe
opsies beskikbaar en veral sal ag slaan op die bepaalde voordele wanneer
in die VSA sake gedoen word.Diegene wat dit erns het met die ontwikkeling
van die Suid-Afrikaanse ondernemingsreg, sal ook die nuwe moontlikhede
en oplossings vir ou probleme met meer as net belangstelling bejeën.
2. Historiese agtergrond
Reeds in 1975 het ’n oliemaatskappy in Alaska die eerste stappe geneem
om ’n wet oor aanspreeklikheidsbeperkende maatskappye (hierna LLC)
daar te stel, maar hierdie poging was onsuksesvol.Twee jaar later het die
“Hamilton Brothers Oil Company of Denver”, wat vertroud was met die
Panameese
limitadas
, besluit om ’n poging aan te wend om deur die
aanneming van wetgewing in Wyoming soortgelyke ondernemings in die
VSA te vestig.1Dit het daartoe gelei dat die Wyoming wetgewer in 1977
die skepping van ’n nuwe ondernemingsvorm, wat bekend staan as die
aanspreeklikheidsbeperkende maatskappy,2aanvaar waardeur nie net
laer belasting as die van maatskappye verseker is nie, maar wat ook die
verdere voordeel van beperkte aanspreeklikheid bied.Die LLC geniet dus
die belangrikste voordeel van die maatskappy, maar vermy ook die grootste
nadeel van vennootskappe.3
Die Wyoming wetgewers wou klaarblyklik deur die vestiging van ’n nuwe
ondernemingsvorm nuwe besighede lok deurdat die ondernemings na
Wyoming sou skuif ten einde die voordele van die nuwe LLCs te benut.4
Die wet is sonder baie publisiteit aangeneem en die vermoede het bestaan
dat dit ondersteuning sal geniet van sake-ondernemings op soek na ’n
alternatiewe ondernemingsvorm vir olie- en brandstofontwikkelingsaktiwiteite.5
104
Tydskrif vir Boedelbeplanningsreg 2004-2005(1)
1 Carney 1995:857; Rodriguez 1992:544.
2 Wyo.Stat s 17-15-113 (1977); Steinberg en Conway 1992:1105; Sargent 1992:-
1072; Geu 1992:45; Kalinka 1992:1084;Br yans en Shields 1995:79 voetnota
2; Goforth 1994:1225; Gazur en Goff 1991:389; Oesterle 1995:882; Nation
1996:25; Snyman en Henning 1997:675;Thompson 1995:131.
3 Rutledge en Booth 1994-95:7.
4 Gazur en Goff 1991:389.
5 Carney 1995:857.

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT