Myburgh v Hanekom

JurisdictionSouth Africa
Judgede Vos Hugo R en Jacobs R
Judgment Date05 November 1965
Citation1966 (2) SA 157 (GW)
Hearing Date29 October 1965
CourtGriqualand-West Local Division

E Jacobs, R.:

Appellant en respondent was onderskeidelik verweerder en eiser in die hof a quo en ek sal hulle hierna weer so noem. Die eis van R400, waaroor die saak gegaan het, het gespruit uit 'n botsing wat plaasgevind het tussen 'n 1963 model Vauxhall motor, die eiendom van F eiser en deur hom bestuur, en 'n 1955 model Plymouth motor bestuur deur verweerder. Volgens die uiteensetting van eis het eiser sy voertuig na die botsing behoorlik laat herstel maar het dit desnieteenstaande, as gevolg van die botsing, waardevermindering ondergaan en die R400 wat ge-eis word verteenwoordig na bewering daardie waardevermindering. Die herstelkoste van eiser se voertuig, wat volgens die stukke R437.06 G beloop het, word nie ge-eis nie en ek is nie gemoeid met die vraag of 'n eis daarvoor in die toekoms geldiglik teen verweerder gebring sal kan word nie. Die landdros het uitspraak ten gunste van eiser gegee met koste en dit is teen daardie uitspraak wat verweerder in hoër beroep kom hoofsaaklik op grond daarvan dat eiser nie nalatigheid aan sy kant bewys het nie en ook nie bewys het dat hy, eiser, skade gely het en die bedrag daarvan nie.

H [Die Edelagbare Regter het toe die feite ontleed en soos volg voortgegaan.]

Na my mening was die landdros dus reg om nalatigheid aan die kant van verweerder te vind.

Oor die kwessie van skade het eiser getuig - en hierin was hy deur 'n getuie wat ervare in die motorhandel is, gesteun - dat voor die botsing sy motor in 'n perfekte toestand was. Daar was ook oorweldigende getuienis

Jacobs R

van ervare handelaars dat die feit dat 'n motor in 'n ernstige botsing betrokke was die waarde daarvan op die tweedehandse mark geweldig A affekteer, ongeag die feit dat dit miskien op die oog af behoorlik herstel is. Volgens die getuies kan die feit dat 'n voertuig in 'n botsing betrokke was net nie teenoor voornemende kopers weggepraat word nie en die handelaar, wat so 'n voertuig koop of inruil, moet eenvoudig met so 'n feit rekening hou en toelatings daarvoor maak. Eiser het getuig dat hy in Desember 1964 die firma Selford Motors in Stellenbosch genader het met die oog daarop om vir hom 'n groter motor te koop. Hy B het belang gestel in 'n 1965 Ford Fairlane en het toe met 'n sekere Mnr. Philp, besturende direkteur van daardie firma, onderhandel. Hy het aan Philp verduidelik dat hy 'n 1963 model Vauxhall Cresta het, wat tussen 11,000 en 12,000 myl gedoen het, en baie goed opgepas is wat hy...

To continue reading

Request your trial
1 practice notes
  • SA Magazine Co (Pty) Ltd v Publications Control Board
    • South Africa
    • Invalid date
    ...must be made for its failure in respect of the one magazine and its withdrawal of the appeal in respect of the other. I think a fair 1966 (2) SA p157 Snyman award of costs in this case would be that the appellant be awarded two-thirds of its costs. To sum up: In case No. 769/65 the appeal s......
1 cases
  • SA Magazine Co (Pty) Ltd v Publications Control Board
    • South Africa
    • Invalid date
    ...must be made for its failure in respect of the one magazine and its withdrawal of the appeal in respect of the other. I think a fair 1966 (2) SA p157 Snyman award of costs in this case would be that the appellant be awarded two-thirds of its costs. To sum up: In case No. 769/65 the appeal s......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT