Mouton v Die Mynwerkersunie

JurisdictionSouth Africa
Citation1977 (1) SA 119 (A)

Mouton v Die Mynwerkersunie
1977 (1) SA 119 (A)

1977 (1) SA p119

Citation

1977 (1) SA 119 (A)

Court

Appèlafdeling

Judge

Wessels AR, Muller AR, Hofmeyr AR, Miller AR en Joubert Wn AR

Heard

August 26, 1976

Judgment

September 29, 1976

Flynote : Sleutelwoorde A

Prokureur — Nalatigheid van — Wanneer aanspreeklik vir skade wat deur kliënt gely is — Skadevergoeding — Vir kontrakbreuk — Quantum van — Plig van Hof om dit vas te stel — Moet op getuienis 'n beraming maak van skade wat gely is — Appèl — Koste van — Party suksesvol — Wanneer van gewone reël afgewyk kan word.

Headnote : Kopnota

Die verklaring in Honey & Blanckenberg v Law, 1966 (2) SA 43 (R) op bl. 46E-47B, dat 'n prokureur "will not be guilty of negligence merely because he committed an error of judgment whether on matters of discretion or law" sluit nie uit die moontlikheid van aanspreeklikheid waar die oordeelsfout juis te wyte is aan 'n gebrek aan die kant van 'n prokureur aan die vereiste graad van kennis, vaardigheid of sorg nie.

In 'n skadevergoedingsaksie word dit normaalweg verwag dat daar aan die einde van die saak, na aanleiding van die getuienis, 'n bevinding gedoen word, vir eens en altyd, watter bedrag geld deur die verweerder aan die eiser betaal moet word ter vergoeding van gelede skade. M.a.w.. die omvang van die verweerder se vergoedingsplig moet bepaal word, en dit is die bedrag wat in die bevel van die Hof vasgestel moet word.

Wesenlike sukses in 'n appèl is nie die enigste of deurslaggewende oorweging by die uitoefening deur 'n Hof van sy diskresionêre bevoegdheid betreffende koste nie. By oorweging van die vraag watter kostebevel billik teenoor albei partye sou wees, kan die Hof al die omstandighede wat daarop betrekking het in ag neem. 'n Hof kan sy kostebevel inklee met inagneming van 'n wye reeks faktore wat daarop dui dat dit onbillik sou wees om 'n ongekwalifiseerde kostebevel ten gunste van 'n suksesvolle appellant te verleen, bv. (1) waar meerdere geskilpunte geopper is, en appellant slegs ten opsigte van sommige daarvan slaag, kan die Hof afwyk van die gewone bevel waarvolgens koste aan die suksesvolle appellant sonder enige voorbehoud toegeken word; (2) waar 'n appellant 'n aantal geskilpunte opper en slegs slaag t.o.v. een wat vir die eerste keer in hoër beroep geopper is, kan die Hof ook van die gewone bevel afwyk.

Toe G fondse vir 'n ontwikkelingsskema wou verkry het hy deur 'n firma wat as finansiële makelaars sake gedoen het die B respondent genader vir 'n lening. Die O Vereniging, 'n onderlinge hulpvereniging wat kragtens artikel 5 van Wet 25 van 1956 as sodanig geregistreer is, was gewillig om G te help maar, aangesien hulle nie oor die nodige kontant beskik het nie het G en H, die algemene sekretaris van O, ooreengekom om O se krediet-waardigheid beskikbaar te stel om G in staat te stel om eiendomme te verkry. Dokumente is opgestel maar nie voltooi nie. G het van die dokumente gebruik gemaak om O aan te bied as borg vir die voorgestelde lening. 'n Lening is deur die respondent toegestaan mits 'n opinie van appellant, 'n prokureur en respondent se raadsman, verkry word dat so 'n lening met veiligheid gedoen kon word. Ter uitvoering van sy opdrag het appellant sekere dokumente opgestel in verband met die lening. 'n Borgakte is deur B, die voorsitter van O, en H geteken. Daarna het appellant die dokumente voltooi. Appellant het die voorsitter van respondent opgebel en hom meegedeel dat die nodige dokumente voltooi en onderteken is. 'n Tjek is ten gunste van O uitgemaak en die bedrag is toe aan G oorbetaal. Daarna het G aansoek om 'n tweede lening aan die respondent verrig. Appellant is versoek om die aangeleentheid te ondersoek. Hy het H opgebel en sekere navrae gedoen. Hy het toe die voorsitter van respondent opgebel en as 'n gevolg is 'n resolusie aanvaar om die lening toe te staan op voorwaarde dat die aangeleentheid juridies ondersoek word. Appellant is Kaapstad toe om die nodige ondersoek te onderneem. Op sy versoek is dokumente opgestel, waarin O betrokke was, om die belegging te beveilig. Appellant het die respondent meegedeel dat die lening met veiligheid gedoen kon word. Respondent het toe sessie van vaste beleggings aan G oorgemaak. Hy het die aan 'n finansiële instelling oorgedra wat later die beleggings getrek het. Toe appellant weer in Kaapstad was het hy H besoek wat hom meegedeel het dat O nie borgaktes kon onderteken nie aangesien O geen magtiging besit om as borg op te tree nie. O se prokureurs het 'n brief aan appellant geskrywe waarin hy meegedeel is dat O nie die borgakte kon onderteken nie. Uiteindelik het respondent vonnis teen G op grond van sy erkenning van skuld verkry en G se boedel is gesekwestreer. Die respondent het niks van die twee lenings teruggekry nie. Respondent het die appellant vir skadevergoeding gedagvaar op grond daarvan dat hy sy opdrag op 'n nalatige wyse uitgevoer het, dat as gevolg van sy nalatige optrede respondent skade gely het en dat appellant regtens verplig was om die gelede skade te vergoed. Die administrasie van G se boedel was ten tye van die geding nog nie afgehandel nie. Die eis van respondent was vir die volle bedrae van die lenings en rente, en die bedrae is geëis teen lewering van 'n sessie van al sy regte om 'n dividend uit G se boedel te ontvang. Die Verhoorhof het gevind dat in die uitvoering van sy opdragte die appellant versuim het om op te tree "soos die deursnee bedrewe prokureur sou opgetree het" en dat sy nalatigheid in oorsaaklike sin aanleiding tot respondent se skade gegee het. Uitspraak is teen appellant gcgee teen lewering van die sessie. In hoër beroep het appellant meerdere geskilpunte geopper.

Beslis, dat O nie die bevoegdheid gehad het om dit as borg en mede-hoofskuldenaar te verbind in verband met die twee lenings nie.

Beslis, verder, dat die deursnee prokureur weinig, indien enige, gewig aan die opinie van 'n amptenaar van O in verband met O se bevoegdhede sou geheg het: hy sou hom op O se statute verlaat het en dit sou hom onmiddelik getref het dat borgstelling deur geen verleende bevoegdheid gemagtig was nie.

Beslis, verder, dat 'n prokureur, met die vereiste graad van kennis en vaardigheid, voorts sou oorwecg het of die vertolking van die statute 'n besluit geregverdig het dat O stilswyend gemagtig was om dit as borg en mede-hoofskuldenaar te verbind of dat die magtiging om dit te doen deur die bepalings van artikel 7 (1) (a) van Wet 25 van 1956 ontleen was.

Beslis, verder, aangesien die appellant nie "absoluut seker" was nie dat O bevoeg was om borg te staan nie, dat hy verplig was (soos die deursnee prokureur hom verplig sou gevoel het) om respondent oor sy onsekerheid in te lig.

Beslis, dus, dat die Hof a quo nie gefoutper het wat betref sy bevinding dat bewys is dat appellant sy opdragte op 'n nalatige wyse uitgevoer het en dus kontrakbreuk teenoor respondent gepleeg het nie.

Beslis, verder, dat die Hof a quo by bepaling van die quantum van skadevergoeding gefouteer het. Die Hof behoort, na aanleiding van die getuienis, 'n raming te gedoen het van die waarskynlike dividend wat betaal sou word uit G se boedel en dit in rekening gebring het by die bepaling van die quantum van die skade wat respondent as gevolg van appellant se kontrakbreuk gely het.

Beslis, verder, dat die oorwig van waarskynlikhede daarop dui dat respondent uiteindelik 'n bedrag van R20 000 ten opsigte van sy eis teen G se insolvente boedel sou ontvang het.

Beslis, verder, dat hierdie bedrag wat 'n kousale verband gehad het met appellant se nalatigheid in verband met die twee lenings en die skade wat deur respondent gely is in berekening gebring moes word.

Beslis, verder, dat die onderhawige geval een was waar van die gewone reël in verband met koste afgewyk moes word ten einde 'n billike kostebevel daar te stel.

Beslis, verder, ten opsigte van appellant se koste, dat geen bevel gemaak moes word nie.

Beslis, verder, dat appellant gelas moes word om nege-tiendes van respondent se koste te betaal.

Die beslissing in die Witwatersrand Plaaslike Afdeling in Mynwerkersunie v Mouton, bevestig, maar die toegekende skadevergoeding verminder.

Flynote : Sleutelwoorde

Attorney — Negligence of — When liable for damage suffered by a client — Damages — Breach of contruct — Quantum of — Duty of Court to determine it — Must on the evidence make an estimate of damages suffered — Appeal — Costs of — Party successful — When the normal rule can be departed from.

Headnote : Kopnota

The statement in Honey & Blanckenberg v Law, 1966 (2) SA 43 (R) on pp. 46E - 47B, that an attorney "will not be guilty of negligence merely because he committed an error of judgment whether on matters of discretion or law" does not exclude the possibility of liability where the error of judgment is due to the lack on the part of the attorney of the required degree of knowledge, skill or care.

In an action for damages it is normally expected that, at the end of the case, having regard to the evidence, a finding would be made once and for all what amount of money the defendant should pay to the plaintiff as compensation for the damage suffered. In other words, the scope of the duty of the defendant to compensate must be determined and that is the amount which the Court should incorporate in its order.

Substantial success in an appeal is not the only decisive consideration in the exercising by the Court of its discretionary power in the awarding of costs. In considering the question what order of costs would be just in regard to both parties, the Court can take into account all the circumstances which are relevant. The Court can frame its order of costs having regard to a wide range of factors which indicate that it would be unjust to grant an unqualified order of costs in favour of the successful party, e.g. (1) where several points of dispute have been raised and the appellant succeeds only in respect...

To continue reading

Request your trial
49 practice notes
  • Coetzee v National Commissioner of Police and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...[2004] 3 All SA 169): applied C Moeca v Addisionele Kommissaris, Bloemfontein 1981 (2) SA 357 (O): applied Mouton v Die Mynwerkersunie 1977 (1) SA 119 (A): dictum at 149A applied Napier v Tsaperas 1995 (2) SA 665 (A): referred to Nedcor Bank Ltd and Another v Gcilitshana and Others 2004 (1)......
  • Coetzee v National Commissioner of Police and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...[2004] 3 All SA 169): applied Moeca v Addisionele Kommissaris, Bloemfontein 1981 (2) SA 357 (O): applied Mouton v Die Mynwerkersunie 1977 (1) SA 119 (A): dictum at 149A applied I Napier v Tsaperas 1995 (2) SA 665 (A): referred to Nedcor Bank Ltd and Another v Gcilitshana and Others 2004 (1)......
  • Apportionment of loss in contractual claims for damages at common law
    • South Africa
    • Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 May 2019
    ...typically 35 See, apart from Steenkamp v Du Toit 1910 TS 171 175, Sommer v Wilding 1984 3 SA 647 (A) 658, Mouton v Die Mynwerkersunie 1977 1 SA 119 (A); LAWSA VII par 32 and see Van der Merwe , Van Huyssteen, Reinecke, Lubbe & Lotz Contract: General Principles (1993) 300 on the manner in wh......
  • Howard v Herrigel and Another NNO
    • South Africa
    • Invalid date
    ...'n Ander F 1985 (3) SA 597 (T) at 615D - E; Meskin Henochsberg on the Companies Act 4th ed vol 2 at 822; Mouton v Die Mynwerkersunie 1977 (1) SA 119 (A) at 147B - S du Toit SC (with him G S Coetzee) for the respondents referred to the following authorities: In re City Equitable Fire Insuran......
  • Request a trial to view additional results
46 cases

  • Blue Circle Ltd v Valuation Appeal Board, Lichtenburg, and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Circle (who however did not take it). In all the circumstances and in the exercise of our wide discretion (Mouton v Die Mynwerkersunie 1977 (1) SA 119 (A) F at 149A), I have come to the conclusion that the dictates of fairness require that no order should be made as to the costs of appeal (......
  • Request a trial to view additional results
1 firm's commentaries
  • The Responsibilities Of Conveyancers And Notaries
    • South Africa
    • Mondaq Southafrica
    • 15 October 2019
    ...no doubt will apportion damages (see in this regard Barclays Bank v Minister of Lands 1964(4) SA 284 T and Mouton v Mynwerkers Unie 1977 (1) SA 119 (A)). The conveyancer is also responsible for ensuring that the necessary financial arrangements have been made for transactions he/she registe......
2 books & journal articles
49 provisions
  • Coetzee v National Commissioner of Police and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...[2004] 3 All SA 169): applied C Moeca v Addisionele Kommissaris, Bloemfontein 1981 (2) SA 357 (O): applied Mouton v Die Mynwerkersunie 1977 (1) SA 119 (A): dictum at 149A applied Napier v Tsaperas 1995 (2) SA 665 (A): referred to Nedcor Bank Ltd and Another v Gcilitshana and Others 2004 (1)......
  • Coetzee v National Commissioner of Police and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...[2004] 3 All SA 169): applied Moeca v Addisionele Kommissaris, Bloemfontein 1981 (2) SA 357 (O): applied Mouton v Die Mynwerkersunie 1977 (1) SA 119 (A): dictum at 149A applied I Napier v Tsaperas 1995 (2) SA 665 (A): referred to Nedcor Bank Ltd and Another v Gcilitshana and Others 2004 (1)......
  • Apportionment of loss in contractual claims for damages at common law
    • South Africa
    • Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 May 2019
    ...typically 35 See, apart from Steenkamp v Du Toit 1910 TS 171 175, Sommer v Wilding 1984 3 SA 647 (A) 658, Mouton v Die Mynwerkersunie 1977 1 SA 119 (A); LAWSA VII par 32 and see Van der Merwe , Van Huyssteen, Reinecke, Lubbe & Lotz Contract: General Principles (1993) 300 on the manner in wh......
  • Howard v Herrigel and Another NNO
    • South Africa
    • Invalid date
    ...'n Ander F 1985 (3) SA 597 (T) at 615D - E; Meskin Henochsberg on the Companies Act 4th ed vol 2 at 822; Mouton v Die Mynwerkersunie 1977 (1) SA 119 (A) at 147B - S du Toit SC (with him G S Coetzee) for the respondents referred to the following authorities: In re City Equitable Fire Insuran......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT