Mouton v Die Mynwerkersunie

JurisdictionSouth Africa
JudgeWessels AR, Muller AR, Hofmeyr AR, Miller AR en Joubert Wn AR
Judgment Date29 September 1976
Citation1977 (1) SA 119 (A)
Hearing Date26 August 1976
CourtAppellate Division

Wessels, A.R.:

Appellant is by hierdie Hof in hoër beroep teen 'n uitspraak van VAN REENEN, WN.R., in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling, waarkragtens hy gelas is om teen lewering C aan hom deur respondent van 'n sessie van al laasgenoemde se regte om 'n dividend of dividende in die insolvente boedel van John Leonard Grundlingh te ontvang, 'n bedrag van R239 499,21 aan respondent te betaal, met rente teen 9,5 persent bereken vanaf 1 Junie 1975 tot datum van betaling op 'n bedrag van R193 375. Appellant is ook gelas om respondent se gedingskoste D (insluitend die koste van twee advokate) te betaal.

Appellant, 'n prokureur, was te alle relevante tye respondent se raadsman in verband met die verskeie transaksies waarna ek later verwys. Respondent is 'n geregistreerde vakvereniging en 'n regspersoon kragtens die bepalings van art. 5 van die Wet op Nywerheidsversoening, 28 van 1956. Respondent het by tye E aansienlike fondse vir belegging tot sy beskikking gehad. Mnr. P. C. C. de Jager was respondent se voorsitter; mnre. F. P. Paulus en M. du P. Jansen van Rensburg was onderskeidelik respondent se algemene sekretaris en rekenmeester. Dit blyk voorts uit die getuienis dat 'n sakeman, mnr. J. L. Grundlingh, die dryfveer agter 'n beplande residensiële F ontwikkelingskompleks van R25 000 000 in Kaapstad was. Vir die doeleindes van hierdie skema, moes Grundlingh 'n portefeulje van eiendomme opbou. Hy het nie persoonlik oor genoegsame fondse beskik om die betrokke eiendomme aan te koop nie. Vir hierdie doel het hy 'n R340000 rentevrylening van 'n petrolmaatskappy verkry. Dié bedrag was egter nie voldoende vir Grundlingh se doeleindes nie. Ten einde verdere kapitaal te G bekom, het Grundlingh gebruik gemaak van die dienste van 'n Johannesburgse firma, Universal Commercial Enterprises (Pty.) Ltd., wat as finansiële makelaars sake gedoen het. Mnr. W. H. Jeffrey, wat namens die firma opgetree het, het respondent genader en verneem of dit bereid sou wees om aan Grundlingh R100 000 te leen op 'n waarborg van Randbank teen 'n rentekoers van 101/2 persent en 'n heffingsfooi van 1 persent. Die aanbod H het vir respondent se amptenare, Paulus en Van Rensburg, besonder voordelig voorgekom, en hulle het Jeffrey meegedeel dat daar in beginsel geen beswaar sou wees nie, en dat die aansoek om 'n lening aan respondent se bestuurskomitee voorgelê sou word. Later het Jeffrey respondent in kennis gestel dat Grundlingh nie meer van Randbank se waarborg gebruik sou maak nie omdat, so is gesê, 'n aanverwant van hom op Randbank se direksie was. In sy soektog na fondse het Grundlingh uiteindelik by Oranje Hulpvereniging (hierna Oranje genoem) te Kaapstad

Wessels AR

aangeklop. Oranje is 'n onderlinge hulpvereniging wat kragtens die bepalings van art. 5 van die Wet op Onderlinge Hulpverenigings, 25 van 1956, as sodanige geregistreer is. Oranje het van tyd tot tyd geld vir belegging beskikbaar gehad. A Grundlingh se voorgestelde skema het vir Oranje 'n aanneemlike belegging voorgekom. Derhalwe besluit die bestuurskomitee op 4 April 1970 om 'n bedrag van R365 000 aan Grundlingh te leen. Volgens mnr. A. W. G. Heydenrych, wat tóé Oranje se algemene sekretaris was, sou hierdie bedrag betaalbaar wees teen registrasie van eerste verbande oor die eiendomme wat B Grundlingh sou aankoop, maar nie voor Junie 1974 nie. Dit blyk dat toe die besluit geneem is om Grundlingh te help, Oranje nie oor die nodige kontant beskik het om dit te doen nie. Daar is toe tussen Grundlingh en Heydenrych ooreengekom dat Oranje sy kredietwaardigheid beskikbaar sou stel ten einde Grundlingh in staat te stel om op 'n kort termyn grondslag sg. oorbruggingskapitaal te verkry om die aankoop van eiendomme te C finansieer. Na aanleiding van hieldie ooreenkoms is 'n aantal dokumente opgestel waaruit o.a. Oranje se bereidwilligheid blyk om sy kredietwaardigheid tot Grundlingh se beskikking te stel in verband met die verkryging van oorbruggingskapitaal. Die dokumente is nie voltooi nie, maar die nodige parawe van die betrokke persone verskyn aan die kantlyne van die dokumente teenoor die gapings. Die bedoeling was dat Grundlingh met D hierdie dokumente sou rondsmous ten einde 'n lening te bekom. Grundlingh het toe, deur bemiddeling van Jeffrey, Oranje aan respondent aangebied as borg vir die voorgestelde lening van R100 000 in plaas van Randbank. Paulus het by respondent se E bestuurskomitee en uitvoerende raad aanbeveel dat, met sekere voorbehoude, die aangevraagde lening toegestaan word. Volgens sowel Paulus as Van Rensburg sou dit die eerste keer wees dat 'n belegging van dié aard gemaak word, en het hulle gevoel dat sekerheid verkry moes word dat die belegging met veiligheid gedoen kon word. Op 29 September 1971 het die bestuurskomitee aanbeveel, en die uitvoerende raad besluit, dat die lening aan F Grundlingh toegestaan word, mits 'n opinie van appellant verkry word dat so 'n lening met veiligheid gedoen kon word. Oranje was aan respondent en sy amptenare, Paulus en Van Rensburg, geheel en al onbekend. Op dieselfde dag, soos blyk uit aantekeninge wat op sy lêer aangebring is, is appellant mondelings opgedra om soos volg ondersoek in te stel, nl.,

G "Gaanna:

(A)

Mag MWU so belê.

(B)

Mag Oranje H/V borg.

(C)

Hoe sterk is OHV finansieel.

(D)

Stel korrekte dokumente op.

(i)

Rente teen 10 persent maandeliks voorvit vanaf 29.9.71 - trek af voor uitbetaal.

(ii)

H Heffing van 1/2 persent vooruit d.m.v. aftrekking.

(iii)

Terugbetaalbaar binne l2 maande vanaf 29.9.71."

In die opdrag verwys "MWU" na respondent, en "Oranje H/V" en "OHV" na Oranje.

Ter uitvoering van sy opdrag, het appellant dieselfde dag sekere navrae gedoen, en ook, met behulp van Grundlingh en Jeffrey, die volgende dokumente voltooi, nl.:

[Die Edelagbare Regter het die inhoud van die dokumente uiteengesit en soos volg voortgegaan.]

Wessels AR

Dit blyk o.m., dat die borgakte (para. (c) hierbo) in onvoltooide vorm deur mnr. J. A. Brandt (Oranje se voorsitter) en Heydenrych onderteken is. Die dokumente is ná ondertekening daarvan deur appellant voltooi, wat die nodige inskrywings A gedoen het.

Die volgende dag het appellant vir Van Rensburg gebel en hom meegedeel dat die nodige dokumente voltooi en onderteken is. Volgens Van Rensburg het appellant aan hom te kenne gegee dat alles in orde is en dat hy uitbetaling kon doen. Alhoewel die lening R100 000 bedra het, verwys die bogenoemde dokumente na B 'n bedrag van R110 500. Dit blyk dat Van Rensburg daarop aangedring het dat die skuldbewys die hele bedrag, d.i. die kapitaal, die rente vir een jaar en die heffingsfooi moes dek. Daar is ook besluit dat die heffingsfooi (R1 000) en die rente vir die eerste kwartaal (R2 625) voor uitbetaling van die bedrag van die lening afgetrek moes word. Derhalwe is respondent se tjek vir R96 375 ten gunste van Oranje op 8 C Oktober 1971 oorhandig. Die bedrag is blykbaar onverwyld deur Oranje aan Grundlingh oorbetaal. Dit blyk ook dat respondent nie die betrokke dokumente ter insae gehad het toe uitbetaling aan Oranje geskied het nie; hulle is eers op 3 November 1971 deur respondent ontvang. Dit dan, kortliks, wat betref die omstandighede wat tot die toestaan van die eerste lening gelei D het.

Gedurende Januarie 1972 nader Jeffrey weer vir respondent in verband met 'n tweede lening aan Grundlingh. Respondent het op daardie tydstip nie kontant beskikbaar gehad nie. Twee vaste beleggings by Santam sou egter einde April 1972 betaalbaar word en, aangesien Jeffrey 'n besonder aantreklike rentekoers en heffingsfooi aangebied het, het respondent in beginsel besluit E om Grundlingh tot hulp te kom deur die voormeldê beleggings aan hom te sedeer, op voorwaarde dat Jeffrey skriftelik 'n lening aanvra en dat appellant op Grundlingh se koste die hele aangeleentheid sou ondersoek.

Jeffrey het 'n skriftelike aansoek om 'n lening aan respondent gerig, wat dit kort voor die maandvergadering van die F bestuurskomitee en die uitvoerende raad, wat op 26 Januarie 1972 plaasgevind het, ontvang het. Dit was gemene saak dat Van Rensburg op 20 Januarie 1972 appellant se kantoor gebel het en mnr. Niehaus versoek het om appellant, wat blykbaar uitstedig was, mee te deel dat hy, soos in die geval van die eerste lening, die aangeleentheid moes ondersoek. Wat hierdie telefoniese gesprek betref, het Niehaus die volgende nota G opgestel:

"Dringend

20 Januarie 1972

Mnr. Mouton,

Mnr. van Rensburg van Mynwerkersunie het vandag geskakel. Hy vra u moet dringend ondersoek instel na die posisie van Oranje Hulpvereniging in verband met 'n aansoek van J. Grvndlingh wat H aansoek gedoen het om 'n lening vir R100 000 met 'n waarborg deur Oranje Hulpvereniging. U moet hier dieselfde doen as in die vorige aansoek wat u in September gedoen het, hulle balansstate nagaan, vasstel of hulle die nodige bevoegdheid het om lenings te waarborg en tot watter bedrag en hulle finansiële toestand.

Die vergadering word gehou op Woensdag 26 Januarie en mnr. van Rensburg sal bly wees as u hom die inligting kan laat kry nie later as Dinsdagmiddag, 25 Januarie.

Mnr. Niehaus."

Wessels AR

Volgens appellant het hy die nota op 25 Januarie 1972, by sy terugkeer op sy kantoor, ontvang. Dit was gemene saak dat sy opdrag in verband met hierdie aansoek wesenlik dieselfde was as A in die geval van die eerste lening, behalwe dat appellant getuig het dat hy opgedra is om 'n nuwe ooreenkoms op te stel. In sy getuienis hèt appellant dit so gestel:

"Wat was u instruksies alles gewees? - In die opsig dat ek gevra was om 'n hoofooreenkoms op te stel en die hoofooreenkoms moes voorsiening maak dat die twee lenings nou saamgevoeg word in dieselfde dokumentasie en dat Oranje Hulpvereniging bo en behalwe sy onderneming om te betaal, wat deur die bestaande dokumente gedek is, ook nog afgee 'n borgverpligting wat 'n B aksessore verhouding...

To continue reading

Request your trial
49 practice notes
  • Coetzee v National Commissioner of Police and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...[2004] 3 All SA 169): applied Moeca v Addisionele Kommissaris, Bloemfontein 1981 (2) SA 357 (O): applied Mouton v Die Mynwerkersunie 1977 (1) SA 119 (A): dictum at 149A applied I Napier v Tsaperas 1995 (2) SA 665 (A): referred to Nedcor Bank Ltd and Another v Gcilitshana and Others 2004 (1)......
  • Coetzee v National Commissioner of Police and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...[2004] 3 All SA 169): applied C Moeca v Addisionele Kommissaris, Bloemfontein 1981 (2) SA 357 (O): applied Mouton v Die Mynwerkersunie 1977 (1) SA 119 (A): dictum at 149A applied Napier v Tsaperas 1995 (2) SA 665 (A): referred to Nedcor Bank Ltd and Another v Gcilitshana and Others 2004 (1)......
  • Apportionment of loss in contractual claims for damages at common law
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 May 2019
    ...typically 35 See, apart from Steenkamp v Du Toit 1910 TS 171 175, Sommer v Wilding 1984 3 SA 647 (A) 658, Mouton v Die Mynwerkersunie 1977 1 SA 119 (A); LAWSA VII par 32 and see Van der Merwe , Van Huyssteen, Reinecke, Lubbe & Lotz Contract: General Principles (1993) 300 on the manner in wh......
  • Howard v Herrigel and Another NNO
    • South Africa
    • Invalid date
    ...'n Ander F 1985 (3) SA 597 (T) at 615D - E; Meskin Henochsberg on the Companies Act 4th ed vol 2 at 822; Mouton v Die Mynwerkersunie 1977 (1) SA 119 (A) at 147B - S du Toit SC (with him G S Coetzee) for the respondents referred to the following authorities: In re City Equitable Fire Insuran......
  • Request a trial to view additional results
46 cases
  • Coetzee v National Commissioner of Police and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...[2004] 3 All SA 169): applied Moeca v Addisionele Kommissaris, Bloemfontein 1981 (2) SA 357 (O): applied Mouton v Die Mynwerkersunie 1977 (1) SA 119 (A): dictum at 149A applied I Napier v Tsaperas 1995 (2) SA 665 (A): referred to Nedcor Bank Ltd and Another v Gcilitshana and Others 2004 (1)......
  • Coetzee v National Commissioner of Police and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...[2004] 3 All SA 169): applied C Moeca v Addisionele Kommissaris, Bloemfontein 1981 (2) SA 357 (O): applied Mouton v Die Mynwerkersunie 1977 (1) SA 119 (A): dictum at 149A applied Napier v Tsaperas 1995 (2) SA 665 (A): referred to Nedcor Bank Ltd and Another v Gcilitshana and Others 2004 (1)......
  • Howard v Herrigel and Another NNO
    • South Africa
    • Invalid date
    ...'n Ander F 1985 (3) SA 597 (T) at 615D - E; Meskin Henochsberg on the Companies Act 4th ed vol 2 at 822; Mouton v Die Mynwerkersunie 1977 (1) SA 119 (A) at 147B - S du Toit SC (with him G S Coetzee) for the respondents referred to the following authorities: In re City Equitable Fire Insuran......
  • Pilkington Brothers (SA) (Pty) Ltd v Lillicrap, Wassenaar and Partners
    • South Africa
    • Invalid date
    ...contractually (see the last paragraph on 454). Tonk-wane's case was cited with apparent approval in Mouton v Die Myn- C werkersunie 1977 (1) SA 119 (A) at 142H. See also Rampa/ (Pty) Ltd and Another v Brett, Wills and Partners 1981 (4) SA 360 (D) at 366D, and Naude (supra at 121-122) and Da......
  • Request a trial to view additional results
1 firm's commentaries
  • The Responsibilities Of Conveyancers And Notaries
    • South Africa
    • Mondaq Southafrica
    • 15 October 2019
    ...no doubt will apportion damages (see in this regard Barclays Bank v Minister of Lands 1964(4) SA 284 T and Mouton v Mynwerkers Unie 1977 (1) SA 119 (A)). The conveyancer is also responsible for ensuring that the necessary financial arrangements have been made for transactions he/she registe......
2 books & journal articles

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT