Minister van Wet en Orde en 'n Ander v Hendricks

JurisdictionSouth Africa

Minister van Wet en Orde en 'n Ander v Hendricks
1987 (3) SA 657 (A)

1987 (3) SA p657

Citation

1987 (3) SA 657 (A)

Court

Appèlafdeling

Judge

Corbett AR, Grosskopf AR, Nestadt AR, Boshoff Wn AR en Kumleben Wn AR

Heard

May 7, 1987

Judgment

May 27, 1987

Flynote : Sleutelwoorde

Polisie — Aksies teen — Kennisgewing kragtens art 32(1) van Polisiewet 7 — van 1958 — Wat voldoende is — Vereiste dat verweerder 'skriftelike kennis van enige siviele geding' gegee word — Daar moet aan die verweerder op skrif C aangedui word op 'n manier wat vir die gewone mens verstaanbaar is dat die eiser beoog om 'n regsgeding in te stel as sy vordering nie betaal of geskik word nie — Kennisgewing voldoende geag waar dit duidelik was dat, alhoewel die instelling van 'n siviele aksie nie uitdruklik gemeld was nie, D sodanige aksie ingestel sou word.

Headnote : Kopnota

Al wat nodig is, vir behoorlike nakoming van die vereistes van 'n kennisgewing kragtens art 32(1) van die Polisiewet 7 van 1958 in verband met die kennisgewing dat 'n siviele geding ingestel sal word, is dat daar aan die verweerder op skrif aangedui moet word op 'n manier wat vir die gewone mens verstaanbaar sou wees dat die eiser beoog om 'n regsgeding in E te stel as sy vordering nie betaal of geskik word nie. Daar is niks in die bewoording of samehang van art 32(1) wat enige ander of hoër vereiste stel nie.

Die Hof het, in 'n appèl teen die afwysing van 'n spesiale verweer dat die respondent se kennisgewing kragtens art 32(1) van Wet 7 van 1958 nie aan die vereistes van die Wet voldoen het nie, beslis dat die kennisgewing wel voldoende was waar dit, alhoewel dit geen uitdruklike melding gemaak het van 'n voorneme om 'n siviele geding in te stel nie, duidelik was dat F 'n persoon wat die kennisgewing sou ontvang, sou verstaan dat regsaksie beoog word as die saak nie geskik word nie. Die Hof het veral gelet op die opskrif van die brief, nl 'Aanranding: Lewis Hendricks: Siviele Eis', asook die feit dat 'n versoek gerig was dat 'verjaring' uitgestel word tot die einde van Desember 1982 en bevind dat dit, in die samehang van die res van die brief, 'n ondubbelsinnige aanduiding was dat die G respondent beoog het om 'n Hofgeding in te stel.

1987 (3) SA p658

A Die beslissing in die Suid-Oos Kaapse Plaaslike Afdeling in Hendricks v Minister van Wet en Orde en n Ander bevestig.

Flynote : Sleutelwoorde

Police — Actions against — Notice in terms of s 32(1) of Police Act 7 of 1958 — What sufficient — Requirement that defendant be given 'notice in writing of any civil action' — It should be indicated in writing to the defendant in a manner which is understandable to the ordinary person that the plaintiff intends instituting a legal action if his claim is not paid or settled — Notice held to be sufficient where it B was clear that, although the institution of a civil action was not expressly mentioned, such action would be instituted.

Headnote : Kopnota

All that is required, for proper compliance with the requirements for a notice in terms of s 32(1) of the Police Act 7 of 1958 in connection with the notice that a civil action is to be instituted, is that it should be indicated in writing to the defendant in a manner which would be understandable to the C ordinary person that the plaintiff intends to institute a legal action if his claim is not paid or settled. There is nothing in the wording or context of s 32(1) which imposes any other or higher requirement.

The Court, in an appeal against the dismissal of a special plea that the respondent's notice in terms of s 32(1) of Act 7 of 1958 did not comply with the requirements of the Act, held that the notice was indeed sufficient where it was clear that, although the notice did not expressly mention an intention to D institute a civil action, a person receiving a notice would understand that a legal action was intended if the matter was not settled. The Court had regard particularly to the heading of the letter, viz 'Assault: Lewis Hendricks: Civil Claim' as well as to the fact that a request was made for 'prescription' to be postponed to the end of December 1982 and held that that, in the context of the rest of the letter, was an unequivocal indication that the respondent intended instituting legal action.

E The decision in the South East Cape Local Division in Hendricks v Minister van Wet en Orde en n Ander confirmed.

Case Information

Appèl teen 'n beslissing in die Suid-Oos Kaapse Plaaslike Afdeling (Smalberger R). Die feite blyk uit die uitspraak van Grosskopf AR.

F J J Nepgen namens die appellant (die hoofde van betoog is deur M H Claassens SC opgestel): Die bepalings van art 32(1) van die Polisiewet 7 van 1958 is gebiedend. Meer spesifiek is só bevind ten opsigte van die instelling van 'n siviele geding binne ses maande nadat die eisoorsaak ontstaan het (Hartman v G Minister van Polisie 1983 (2) SA 489 (A)); skriftelike kennisgewing aan die verweerder van enige siviele geding minstens een maand voordat sodanige geding ingestel word (Dease v Minister van Justisie 1962 (2) SA 302 (T); Labuschagne v Labuschagne ; Labuschagne v Minister van Justisie 1967 (2) SA 575 (A); Matyobeni v Minister of Police 1979 (1) SA 241 (D)); H die uiteensetting in gemelde skriftelike kennisgewing van voorneme om aksie in te stel (Minister of Police v Mbali 1984 (4) SA 757 (TkA)); die uiteensetting in gemelde kennisgewing van die oorsaak van die siviele geding (Ferreira and Others v Minister of Police and Others 1981 (1) SA 73 (K)). Ten aansien van al die voorskrifte in die algemeen, vide die dicta in die Labuschagne -saak supra Op 587G - 588C. Teenstrydig met die I uitspraak in Mbali se saak is die uitsprake in die sake van Coetzee v Minister of Law and Order and Others 1984 (4) SA 752 (OK) en Sibeko and Another v Minister of Police and Others 1985 (1) SA 151 (W). In laasgenoemde twee sake is dit beslis dat aan die vereistes van art 32 voldoen word waar, alhoewel daar in die skriftelike kennisgewing geen uiteensetting van enige J voorneme om 'n siviele geding in te stel nie, sodanige voorneme uit die inhoud van die skriftelike

1987 (3) SA p659

kennisgewing geïmpliseer kan word. Die benadering van die A Regters in hierdie twee sake is verkeerd. Een van die doelwitte van art 32 is om sekerheid in die hand te werk (vide die Labuschagne -saak supra op 87H). 'n Ander doelwit is in die Labuschagne -saak gestel op 588A, naamlik dat die verweerder 'n maand gegun moet word om te besluit wat hom te doen staan en om die eis te ondersoek en getuienis te probeer bekom. Inaggenome (a) die gebiedende geaardheid van art 32; (b) die noodsaaklikheid vir sekerheid aan die kant van die verweerder B in verband met die loop van sake vorentoe; (c) die optrede aan die kant van die verweerder voorts wat alleenlik geverg word indien hy 'onder die bedreiging van die instelling van 'n geding staan' is dit hoogs onwenslik, en kon dit nooit die Wetgewer se bedoeling gewees het, dat 'n bedoeling aan die kant van die eiser, by 'n uitleg van die bewoording van die C skriftelike kennisgewing, by implikasie bepaal behoort te word nie. Só 'n uitleg werk onsekerheid en meningsverskille tussen die partye in die hand en verdere en onnodige ondersoeke deur die Howe (soos gebeur het in...

To continue reading

Request your trial
10 practice notes
  • Mabaso v National Commissioner of Police and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...van Polisie en 'n Ander v Gamble en 'n Ander 1979 (4) SA 759 (A): referred to Minister van Wet en Orde en 'n Ander v Hendricks 1987 (3) SA 657 (A): referred to Mogopodi v Member Executive Council, Free State [2008] ZAFSHC 38: applied and distinguished Mohlomi v Minister of Defence 1997 (1) ......
  • Minister of Safety and Security v Molutsi and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(2) SA 575 (A) Malou and Others v Minister of Police and Others 1981 (2) SA 544 (E) Minister van Wet en Orde en 'n Ander v Hendricks 1987 (3) SA 657 (A) Montsisi v Minister van Polisie 1984 (1) SA 619 (A) Moroka v Minister van Polisie en 'n Ander 1984 (2) SA 325 (W) D National Iranian Tanke......
  • Mngomezulu and Others v Soweto City Council
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Ltd v President of the Industrial Court and Others 1986 (3) SA 786 (A) at 798E - F; Minister van Wet en Orde en 'n Ander v Hendricks 1987 (3) SA 657 (A) at 662E - F; Lloyd's Trustee v Kimberley Licensing Board 1930 GWLD 13 at 17; Hleka v Johannesburg City Council 1949 (1) SA 842 (A) at 851 ......
  • Minister of Justice, Police and Prisons, Ciskei, and Another v Ntliziwana
    • South Africa
    • Invalid date
    ...a notice sent pursuant C to s 32 of the Police Act (RSA) said the following in Minister van Wet en Orde en 'n Ander v Hendricks 1987 (3) SA 657 (A) at 'Al wat nodig is, is dat skriftelike kennis van die siviele geding gegee word. Hierdie is vae en algemene woorde. Ek verstaan daardeur dat d......
  • Request a trial to view additional results
10 cases

10 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT