Minister van Veiligheid en Sekuriteit v Geldenhuys

JurisdictionSouth Africa

Minister van Veiligheid en Sekuriteit v Geldenhuys
2004 (1) SA 515 (SCA)

2004 (1) SA p515


Citation

2004 (1) SA 515 (SCA)

Case No

373/2002

Court

Hoogste Hof van Appèl

Judge

Harms AR, Brand AR, Cloete AR, Southwood Wn AR en Mlambo Wn AR

Heard

September 5, 2003

Judgment

September 22, 2003

Counsel

M A Albertus SC (met E A de Villiers-Jansen) namens die appellant.
J C Heunis SC namens die respondent.

Flynote : Sleutelwoorde B

Getuienis — Getuies — Geloofwaardigheid van — Houding en optrede ('demeanour') van getuies — Bly riskante maatstaf en kan nooit as substituut vir evaluering van inhoud en, veral in geval van deskundige getuie, inherente logika van getuienis wees nie. C

Delik — Onregmatigheid of wederregtelikheid — Polisie optrede — Versuim deur polisie om bewaringsplig teenoor aangehoudenes onder hul beheer na te kom — Versuim om mediese behandeling te verskaf — Moet onderskei word tussen algemene plig om mediese behandeling aan aangehoudene te verskaf en besondere plig om aan besondere aangehoudene bepaalde behandeling te D verskaf — Polisiebeamptes moet gedurende voorgeskrewe selbesoeke welstand van aangehoudenes verseker — Of fisiese ondersoek nodig is hang af van feite en omstandighede.

Skadevergoeding — Omvang van — Kwantifisering — Moet onderskei word van oorsaaklikheid — Wanneer oorsaaklikheid eers bevind is (op oorwig van waarskynlikheid), is skade volledig verhaalbaar — Kwantifisering hang af van onsekere E toekomstige gebeurlikhede en word beslis ooreenkomstig hof se waardering van kanse dat risiko sal voortvloei.

Headnote : Kopnota

Die houding en optrede ('demeanour') van 'n getuie bly 'n riskante maatstaf by die evaluering van getuies en kan nooit 'n substituut vir die evaluering van die inhoud en, veral in die geval van F 'n deskundige, die inherente logika van sy of haar getuienis wees nie. (Paragraaf [38] op 530J - 531B.)

Die respondent, 'n 65-jarige man, is op 26 Desember 1998 om ongeveer 23:30 deur die polisie gearresteer vir openbare dronkenskap. Hy is na die plaaslike polisiekantoor geneem en in die selle aangehou. Ongeveer 14 uur later is hy na die plaaslike hospitaal gehaas waar dit geblyk het dat hy beduidende breinskade opgedoen het as gevolg van 'n G hoofbesering. Volgens die respondent het die omringende getuienis bewys dat sy beserings die gevolg was van (1) 'n aanranding deur die polisie of (2) 'n nalatige versuim van die polisie deurdat hulle nie op 'n vroeëre stadium mediese hulp ingeroep het nie. Hy het die appellant gevolglik in 'n Provinsiale Afdeling gedagvaar vir R4 540 777. Die Verhoorhof het die respondent gedeeltelik gelyk gegee en hom R1 036 720 skadevergoeding toegestaan. Die appellant het H na die Hoogste Hof van Appèl geappelleer. Daar het die appellant ontken dat die polisiebeamptes aan diens die respondent ooit aangerand het en beweer dat hulle nie vroeër mediese hulp ingeroep het nie omdat hulle onder die indruk was dat die resondent besig was om sy roes af te slaap. Dit het uit die getuienis geblyk dat die polisie die respondent op die betrokke aand aangetref het terwyl hy I bewusteloos op 'n sypaadjie gelê het. Hy is na die polisiestasie vervoer waar hy tot by sy sel gedra is. Die arresterende polisiebeampte het gerapporteer dat hy by arrestasie geen beserings aan die respondent opgemerk het nie - dit was eers die volgende dag dat 'n beampte gedurende 'n selbesoek opgemerk het dat die respondent swelling aan sy voorkop en 'n blou oog gehad het. Hierdie selbesoeke is ingevolge J

2004 (1) SA p516

polisieregulasies uurliks afgelê, en volgens die getuienis het dit deurentyd gelyk asof die respondent A slaap. Dit was eers teen 13:00 dat die beserings opgemerk is en 'n ambulans ontbied is. Die Verhoorhof het beslis dat die polisie nalatig was omdat hulle versuim het om mediese hulp te ontbied toe die respondent tydens hul besoeke van 05:30 en 06:00 nog steeds nie wou wakker word nie. Op appèl na die Hoogste Hof van Appèl,

Beslis, dat die Verhoorhof korrek bevind het dat die respondent nie met die eerste grond van sy eis (beweerde aanranding B deur die polisie self) kon slaag nie. (Paragraaf [22] op 525D.)

Beslis, verder, wat betref die alternatiewe been van die respondent se saak (naamlik die versuim deur die betrokke polisiebeamptes om op 'n vroeër stadium mediese hulp vir die respondent in te roep), dat daar wat onregmatigheid betref onderskei moes word tussen die algemene plig om mediese behandeling aan C 'n aangehoudene te verskaf en die besondere plig om aan 'n besondere aangehoudene op die betrokke stadium bepaalde behandeling te verskaf. In die onderhawige geval was daar ongetwyfeld 'n regsplig op die polisie gewees om mediese hulp vir die respondent in te geroep het indien enigeen van hulle besef het dat hy sodanige hulp nodig gehad het. (Paragraaf [26] op 526F - G.) D

Beslis, verder, wat betref die vraag of een of meer van die polisiebeamptes aan diens nalatig was in sy of haar versuim om die voorgenoemde regsplig teenoor die respondent na te kom, dat die bevestigende bevinding van die Verhoorhof nie geregverdig was nie: dit het kennis aan die kant van 'n redelike polisiebeampte veronderstel dat 'n persoon in beginsel nie na 'n tydperk van sewe uur nog so dronk kon wees dat hy nie wakker gemaak kon word nie. Die basis vir so E 'n veronderstelling het ontbreek aangesien dit nie op die getuienis bepaalbaar was wanneer 'n redelike polisiebeampte sou besef het dat die respondent se toestand nie meer aan dronkenskap toegeskryf kon word nie. (Paragraaf [31] op 528D - E.)

Beslis, verder, dat alhoewel die element van nalatigheid dus ontbreek het en die respondent se eis dus ook nie op die alternatiewe basis kon slaag nie, die vereiste van oorsaaklikheid F ook volledigheidshalwe (en veral omdat die Verhoorhof dit problematies gevind het) oorweeg moes word. Die vraag was of die respondent daarin geslaag het om te bewys dat indien die polisie vroeër mediese hulp sou ingeroep het, sy verstandelike en fisiese ongeskiktheid voortspruitend uit die breinskade nie sou ontstaan het nie. Hierdie vraag moes grotendeels aan die hand van die mediese getuienis beoordeel G word. (Paragrawe [33] en [34] op 528H - I en 529D - E.)

Beslis, verder, dat die Verhoorhof se bevinding (onder die opskrif 'damages') dat daar 'n kousale verband tussen die skade en die gedrag van die appellant moes bestaan wat by wyse van spekulasie bepaal moes word waar die mediese getuienis ontoereikend was, fundamenteel verkeerd was. By kwantifisering van die bedrag H van toekomstige skade was eksakte berekeninge dikwels onmoontlik en bespiegeling gevolglik onafwendbaar, maar die kousale verband tussen sodanige skade en die verweerder se optrede of versuim moes egter op oorwig van waarskynlikhede bewys word. Die fout wat die Verhoorhof begaan het was om hierdie onderskeid uit die oog te verloor en gevolglik die ondersoek na die bestaan van 'n kousale verband te benader asof dit oor die kwantifisering van skade gaan. I (Paragraaf [41] op 532D - 533B/C.)

Beslis, verder, dat die Verhoorhof se benadering tot die kwantifisering van die respondent se skade ook verkeerd was: sy bevinding dat die respondent se maandelikse inkomste R40 000 beloop het kon nie op die feite geregverdig word nie. Verder moes die respondent se verlies aan verdienvermoë nie J

2004 (1) SA p517

bereken word op die basis van wat hy in die toekoms kon verdien indien hy nie beseer was nie, maar op die basis wat hy waarskynlik A sou verdien. (Paragraaf [42] op 533B/C - D/E en H - J.)

Beslis, derhalwe, dat die appèl moes slaag en die respondent se eis van die hand gewys moes word met koste. (Paragraaf [44] op 534E - F.)

Die beslissing in die Kaapse Provinsiale Afdeling in Geldenhuys v Minister of Safety and Security 2002 (4) SA 719 omvergewerp. B

Flynote : Sleutelwoorde

Evidence — Witnesses — Credibility of — Demeanour of witnesses — Always risky criterion and never substitute for evaluation of content and, particularly in case of expert witnesses, inherent logic of evidence. C

Delict — Unlawfulness or wrongfulness — Police conduct — Failure by police to perform custodial duty towards prisoners under their control — Failure to provide medical treatment — General duty to provide medical treatment to prisoner to be distinguished from particular duty to provide individual prisoner with specific treatment — Police to ensure wellbeing of prisoners during prescribed hourly cell visits — Whether physical examination necessary on facts and circumstances. D

Damages — Measure of — Quantification — To be distinguished from causation — Once causation established (on balance of probability), damages recoverable in full — Quantification depending on uncertain future events and decided on court's assessment of risk eventuating.

Headnote : Kopnota

The demeanour of a witness remains a risky criterion in the evaluation of witnesses and is never a substitute for the evaluation E and, particularly in the case of expert witnesses, the inherent logic of their evidence. (Paragraph [38] at 530J - 531B.)

On 26 December 1998 at approximately 23:30 the respondent, a 65-year-old man, was arrested for public drunkenness. He was taken to the local police station and detained in the cells. Some 14 hours later he was rushed to hospital where it was found that he had suffered F significant brain damage as a result of a head injury. The respondent contended that the surrounding circumstances showed that his injuries were the result of (1) an assault by the police or (2) a negligent omission by the police in that they had not summoned medical assistance at an earlier stage. He accordingly sued the appellant in a Provincial Division for R4 540 777. The trial Court partially agreed G with the respondent, awarding him damages in an amount of R1 036 720. The appellant appealed to the...

To continue reading

Request your trial
21 practice notes
  • Delict
    • South Africa
    • Juta Yearbook of South African Law No. , March 2021
    • 10 d3 Março d3 2021
    ...2000 (3) SA 106 (C).70 Moses v Minister of Safety and Security (note 69) 113G–H; Minister van Veiligheid en Sekuriteit v Geldenhuys 2004 (1) SA 515 (SCA) para 24; Neethling and Potgieter (note 31) 58–59.© Juta and Company (Pty) Delict 533https://doi.org/10.47348/YSAL/v1/i1a10criterion of re......
  • Hlomza v Minister of Safety and Security and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Security v Van Duivenboden F 2002 (6) SA 431 (SCA) ([2002] 3 All SA 741): applied Minister van Veiligheid en Sekuriteit v Geldenhuys 2004 (1) SA 515 (SCA) ([2003] 4 All SA 330): referred Ngubane v South African Transport Services 1991 (1) SA 756 (A): referred to OK Bazaars (1929) Ltd v Stan......
  • 2006 index
    • South Africa
    • Juta South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 d5 Agosto d5 2019
    ...345Minister of Home Affairs v NICRO 2004 (5) BCLR 445 (CC) ................... 346Minister van Veiligheid en Securiteit v Geldenhuys 2004 (1) SA 515(SCA)....................................................................................................... 254Mohamed and Another v President......
  • 2021 volume 1 p 171
    • South Africa
    • Juta Tydskrif van Suid Afrikaanse Reg No. , July 2021
    • 22 d4 Julho d4 2021
    ...of Justice and Constitut ional Development v X 2015 1 SA 25 (SCA) par 13-17, 33; Minister van Veiligheid en Sekuriteit v Gelden huys 2004 1 SA 515 (SCA) 528; Minister of Safety and Security v Hamilton 2004 2 SA 216 (SCA) 228-231; Minister of Safety and Secur ity v Van Duivenboden 2002 6 SA ......
  • Request a trial to view additional results
16 cases
  • Hlomza v Minister of Safety and Security and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Security v Van Duivenboden F 2002 (6) SA 431 (SCA) ([2002] 3 All SA 741): applied Minister van Veiligheid en Sekuriteit v Geldenhuys 2004 (1) SA 515 (SCA) ([2003] 4 All SA 330): referred Ngubane v South African Transport Services 1991 (1) SA 756 (A): referred to OK Bazaars (1929) Ltd v Stan......
  • Minister of Safety and Security and Another v Rudman and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Another v Carmichele 2004 (3) SA 305 (SCA) (2004 (2) BCLR 133): referred to Minister van Veiligheid en Sekuriteit v Geldenhuys 2004 (1) SA 515 (SCA): referred Mkwanazi v Van der Merwe and Another 1970 (1) SA 609 (A): dictum at 622B - D appl B Rahman v Arearose Ltd and Another [2001] QB ......
  • Telematrix (Pty) Ltd t/a Matrix Vehicle Tracking v Advertising Standards Authority SA
    • South Africa
    • Invalid date
    ...van Polisie v Ewels 1975 (3) SA 590 (A): dictum at 597A - B applied Minister van Veiligheid en Sekuriteit en 'n Ander v Geldenhuys 2004 (1) SA 515 (SCA) ([2003] 4 All SA 330): referred Minister of Safety and Security v Van Duivenboden 2002 (6) SA 431 (SCA) ([2002] 3 All SA 741): dicta in pa......
  • Basdew NO v Minister of Safety and Security
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v F 2011 (3) SA 487 (SCA) ([2011] 3 All SA 149; (2011) 32 ILJ 1856): referred to C Minister van Veiligheid en Sekuriteit v Geldenhuys 2004 (1) SA 515 (SCA) ([2003] 4 All SA 330): referred Siman & Co (Pty) Ltd v Barclays National Bank Ltd 1984 (2) SA 888 (A): referred to Suid-Afrikaanse Nasi......
  • Request a trial to view additional results
5 books & journal articles
  • Delict
    • South Africa
    • Juta Yearbook of South African Law No. , March 2021
    • 10 d3 Março d3 2021
    ...2000 (3) SA 106 (C).70 Moses v Minister of Safety and Security (note 69) 113G–H; Minister van Veiligheid en Sekuriteit v Geldenhuys 2004 (1) SA 515 (SCA) para 24; Neethling and Potgieter (note 31) 58–59.© Juta and Company (Pty) Delict 533https://doi.org/10.47348/YSAL/v1/i1a10criterion of re......
  • 2006 index
    • South Africa
    • Juta South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 d5 Agosto d5 2019
    ...345Minister of Home Affairs v NICRO 2004 (5) BCLR 445 (CC) ................... 346Minister van Veiligheid en Securiteit v Geldenhuys 2004 (1) SA 515(SCA)....................................................................................................... 254Mohamed and Another v President......
  • 2021 volume 1 p 171
    • South Africa
    • Juta Tydskrif van Suid Afrikaanse Reg No. , July 2021
    • 22 d4 Julho d4 2021
    ...of Justice and Constitut ional Development v X 2015 1 SA 25 (SCA) par 13-17, 33; Minister van Veiligheid en Sekuriteit v Gelden huys 2004 1 SA 515 (SCA) 528; Minister of Safety and Security v Hamilton 2004 2 SA 216 (SCA) 228-231; Minister of Safety and Secur ity v Van Duivenboden 2002 6 SA ......
  • Case Review: Evidence
    • South Africa
    • Juta South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 d5 Agosto d5 2019
    ...discernible to anyone actually observing the witness giving evidence. (See also Minister van Veiligheid en Securiteit v Gelhenhuys 2004 (1) SA 515 (SCA); and Allie v Foodworld Stores Distribution Centre Pty Ltd 2004 (2) SA 433 (SCA).Refusal by magistrate to allow accused consultations with ......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT