Minister van Polisie v Goldschagg

JurisdictionSouth Africa
JudgeJansen AR, Muller AR, Kotzé AR, Joubert AR en Viljoen AR
Judgment Date25 September 1980
Hearing Date22 August 1980
CourtAppellate Division

Joubert AR:

Die respondent het as eiser in die Transvaalse Provinsiale Afdeling 'n aksie vir skadevergoeding weens wederregtelike arrestasie en A aanhouding teen die appellant as verweerder ingestel. Die saak is verhoor deur BOTHA R wat R2 000 skadevergoeding met koste aan die respondent toegeken het. Die appellant kom nou na hierdie Hof in hoër beroep teen die uitspraak van die Hof a quo wat gerapporteer is as Goldschagg v Minister van Polisie 1979 (3) SA 1284 (T).

B In hierdie Hof het die appellant se advokaat vir doeleindes van sy argument die feitebevindings deur die Hof a quo aanvaar. Vir doeleindes van hierdie uitspraak is die relevante feite kortliks soos volg. Op 20 Mei 1976 het die respondent met sy motorvoertuig 'n verkeersoortreding in Pretoria begaan waarvoor 'n verkeerskaartjie aan hom uitgereik is. Hy het egter niks gedoen na aanleiding van die verkeerskaartjie nie. Op 14 C Oktober 1976 het die klerk van die landdroshof te Pretoria 'n reëlmatige dagvaarding in terme van art 309 (1) van Strafproseswet 56 van 1955 teen die respondent uitgereik om op 24 Januarie 1977 in die landdroshof te Pretoria te verskyn op 'n aanklag insake die verkeersoortreding. Sy naam en adres word in die dagvaarding soos volg vermeld: "R Goldschagg, Plot D 53, Witfontein, PO Box Pretoria North." Dit is gemene saak dat die plaas Witfontein 53 in baie plotte onderverdeel is en dat respondent se broer F Goldschagg se plot aan die Pretoria-Brits pad grens terwyl respondent se plot 'n bietjie verder van die pad afgeleë is. Konstabel Groenewald, wat destyds te Pretoria-Noord Polisiestasie gestasioneer was, het hierdie E dagvaarding ontvang om te beteken. Die oggend van 2 November 1976 het hy gegaan om die dagvaarding aan die respondent op sy plot te beteken. Hy was nie vertroud met waar die plotte presies geleë is nie. Hy het gegaan, soos dit later geblyk het, na die plot waar F Goldschagg woon. Daar het F hy 'n Swartman Phiri aangetref wat hom meegedeel het dat sy werkgewer 'n mnr Goldschagg is wat daar woon maar op daardie oomblik was sy werkgewer nie tuis nie. Phiri het op sy werkgewer se plot ingewoon. Konstabel Groenewald het 'n ware afskrif van die dagvaarding aan Phiri beteken met die versoek om dit aan sy werkgewer te oorhandig. Phiri het die afskrif van die dagvaarding wel aan sy werkgewer F Goldschagg oorhandig en laasgenoemde het dit teruggeneem na die Pretoria-Noord Polisiestasie met G die verduideliking dat dit verkeerdelik by sy woonplek beteken is. Die respondent was onbewus van die bestaan van die dagvaarding en die betekening daarvan by F Goldschagg se woonplek totdat hy op 8 Maart 1977 gearresteer is. Die respondent was gevolglik ook nie daarvan bewus dat hy op 24 Januarie 1977 in die landdroshof te Pretoria op 'n aanklag van 'n H verkeersoortreding moes verskyn nie. Hy het dan ook nie op vermelde datum in die landdroshof te Pretoria verskyn nie. Weens die versuim van die respondent om aldus te verskyn, het 'n landdros te Pretoria op 22 Februarie 1977 uit hoofde van art 309 (3) van Strafproseswet 56 van 1955, soos gewysig (wat destyds nog van krag was en waarna ek voortaan as "die Wet' sal verwys), 'n lasbrief vir die arrestasie van die respondent uitgereik. Ter uitvoering van hierdie lasbrief het konstabel Venter die oggend van 8 Maart 1977 die respondent in die Pretoria-Noord Polisiestasie gearresteer. Die tydsduur van die respondent se kortstondige aanhouding is vir doeleindes van hierdie uitspraak nie relevant nie.

Joubert AR

Wat die betekening van die dagvaarding betref, verorden art 309 (2) van die Wet dat dit moet geskied

"òf deur dit aan die beskuldigde self te oorhandig, òf, indien hy nie A maklik gevind kan word nie, deur dit vir hom by sy besigheidsplek of gewone of jongsbekende woonplek by 'n inwoner daarvan te laat".

Die respondent was die beskuldigde en die betekening van die dagvaarding het in die onderhawige geval nie ooreenkomstig die vermelde voorskrifte van art 309 (2) van die Wet geskied nie, soos duidelik blyk uit die feite B wat gemene saak is. Konstabel Groenewald het nie die dagvaarding by die gewone woonplek van die respondent aan 'n inwoner aldaar beteken nie aangesien die respondent nie maklik gevind kon word nie. Dit is derhalwe duidelik dat die betekening van die dagvaarding volkome onreëlmatig is. Wat konstabel Groenewald wel gedoen het, was om per errorem die C dagvaarding by die woonplek van F Goldschagg (menende dat dit die woonplek van respondent is) aan Phiri as 'n inwoner aldaar te beteken waar F Goldschagg (menende die respondent) op daardie tydstip nie by sy gewone woonplek was nie. In werklikheid is dit derhalwe 'n vermeende of putatiewe betekening van die dagvaarding waarmee ons in die onderhawige geval te doen het. Die vraag of konstabel Groenewald nalatig was om D hierdie putatiewe betekening van die dagvaarding te doen, is nie ter sake vir doeleindes van die onderhawige geval nie.

Volgens art 309 (2) van die Wet kan die betekening van 'n dagvaarding

"bewys word deur die getuienis onder eed van die persoon wat die bestelling gedoen het of deur 'n beëdigde verklaring deur hom of deur 'n behoorlike relaas van bestelling deur hom onderteken".

Op die agterkant van die dagvaarding wat konstabel Groenewald op die E respondent moes beteken, is daar 'n gedrukte vorm om by voltooiing en ondertekening daarvan deur konstabel Groenewald te dien as 'n relaas van sy betekening van die dagvaarding. Hierdie gedrukte vorm (bewysstuk "D") is deur konstabel Groenewald op die volgende wyse ingevul en onderteken, naamlik:

F ...

To continue reading

Request your trial
8 practice notes
  • Reasonable suspicion and conduct of the police officer in arrest without warrant: Are the demands of the Bill of Rights a fifth jurisdictional fact?
    • South Africa
    • Juta South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...(2013) 16(1) Potch ER 241.8 Van Rensbur g v City of Johannesburg 2009 (2) SA 101 (W) at 106G-H; Ministe r van Polisie v Goldschagg 1981 (1) SA 37 (A) at 56B-D; Prinsloo v Newman 1975 (1) SA 481 (A) at 500A and 507G-H; Div isional Commissioner of the South Afr ican Police, Witwatersrand Ar e......
  • Theobald v Minister of Safety and Security and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...van die Suid-Afrikaanse Polisie en 'n Ander v Kraatz en 'n Ander 1973 (3) SA 490 (A): considered I Minister van Polisie v Goldschagg 1981 (1) SA 37 (A): applied Prinsloo and Another v Newman 1975 (1) SA 481 (A): dictum at 491H applied, but dictum at 500 not followed 2011 (1) SACR p381 Ralek......
  • Van Rensburg v City of Johannesburg
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Security v Seymour 2006 (6) SA 320 (SCA) ([2007] 1 All SA 558): dictum in para [17] applied Minister van Polisie v Goldschagg 1981 (1) SA 37 (A): referred Prinsloo and Another v Newman 1975 (1) SA 481 (A): referred to. Legislation cited Statutes C The Criminal Procedure Act 51 of 1977, ......
  • Van Rensburg v City of Johannesburg
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Security v Seymour 2006 (6) SA 320 (SCA) ([2007] 1 All SA 558): dictum in para [17] applied Minister van Polisie v Goldschagg 1981 (1) SA 37 (A): referred Prinsloo and Another v Newman 1975 (1) SA 481 (A): referred to. Statutes Considered Statutes D The Criminal Procedure Act 51 of 1977......
  • Request a trial to view additional results
7 cases

  • Minister of Safety and Security v Kruger
    • South Africa
    • Invalid date
    ...van die Suid-Afrikaanse Polisie en 'n Ander v Kraatz en 'n Ander 1973 (3) SA 490 (A): referred to Minister van Polisie v Goldschagg 1981 (1) SA 37 (A): referred to Powell NO and Others v Van der Merwe NO and Others 2005 (1) SACR 317 (SCA) (2005 (5) SA 62; 2005 (7) BCLR 675; [2005] 1 All SA ......
  • Request a trial to view additional results
1 books & journal articles
8 provisions
  • Reasonable suspicion and conduct of the police officer in arrest without warrant: Are the demands of the Bill of Rights a fifth jurisdictional fact?
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...(2013) 16(1) Potch ER 241.8 Van Rensbur g v City of Johannesburg 2009 (2) SA 101 (W) at 106G-H; Ministe r van Polisie v Goldschagg 1981 (1) SA 37 (A) at 56B-D; Prinsloo v Newman 1975 (1) SA 481 (A) at 500A and 507G-H; Div isional Commissioner of the South Afr ican Police, Witwatersrand Ar e......
  • Theobald v Minister of Safety and Security and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...van die Suid-Afrikaanse Polisie en 'n Ander v Kraatz en 'n Ander 1973 (3) SA 490 (A): considered I Minister van Polisie v Goldschagg 1981 (1) SA 37 (A): applied Prinsloo and Another v Newman 1975 (1) SA 481 (A): dictum at 491H applied, but dictum at 500 not followed 2011 (1) SACR p381 Ralek......
  • Van Rensburg v City of Johannesburg
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Security v Seymour 2006 (6) SA 320 (SCA) ([2007] 1 All SA 558): dictum in para [17] applied Minister van Polisie v Goldschagg 1981 (1) SA 37 (A): referred Prinsloo and Another v Newman 1975 (1) SA 481 (A): referred to. Legislation cited Statutes C The Criminal Procedure Act 51 of 1977, ......
  • Van Rensburg v City of Johannesburg
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Security v Seymour 2006 (6) SA 320 (SCA) ([2007] 1 All SA 558): dictum in para [17] applied Minister van Polisie v Goldschagg 1981 (1) SA 37 (A): referred Prinsloo and Another v Newman 1975 (1) SA 481 (A): referred to. Statutes Considered Statutes D The Criminal Procedure Act 51 of 1977......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT