Minister van die Suid-Afrikaanse Polisie en 'n Ander v Kraatz en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa
JudgeVan Blerk AR, Botha AR, Holmes AR, Rabie AR en Muller AR
Judgment Date19 September 1972
CourtAppellate Division

Muller, A.R.:

Die volgende persone was betrokke by hierdie geding in die Suidwes-Afrika Afdeling van die Hooggeregshof:

(a)

Ernst Otto Kraatz, 'n blanke boer van die plaas Okatjambua in die distrik Gobabis, Suidwes-Afrika, - eiser - na wie ek C in hierdie uitspraak verwys as mnr. Kraatz;

(b)

Die Minister van die Suid-Afrikaanse Polisie - eerste verweerder;

(c)

Albertus Johannes van Niekerk, 'n kaptein in die Suid-Afrikaanse D Polisie, wat ten tyde van die gebeure hieronder vermeld die rang van luitenant beklee het, en as sulks gedien het op die staf van die distrikskommandant van polisie te Gobabis, - tweede verweerder - na wie ek verwys as luitenant van Niekerk;

(d)

Michael Josias Pieterse, 'n sersant in die Suid-Afrikaanse Polisie, wat ten tyde van die gebeure hieronder vermeld die E bevelvoerder was van die polisiestasie Steinhausen, in die distrik Gobabis, - derde verweerder - na wie ek verwys as sersant Pieterse.

Mnr. Kraatz het die drie verweerders gedagvaar vir betaling van 'n bedrag van R10 000 as skadevergoeding vir beweerde onwettige arrestasie en aanhouding.

F Hierdie eis het sy ontstaan gehad uit die volgende gebeure, wat ek, behalwe met betrekking tot sekere aspekte daarvan, alleen in breë trekke weergee; want dit sal nie alleen 'n veeleisende taak wees nie, maar ook geen nuttige doel dien nie, om op hierdie stadium in te gaan op al die G veelvuldige twispunte wat by die verhoor geopper is nie. Dat daar soveel twispunte onstaan het, is hoofsaaklik toe te skryf aan die houding wat aan die kant van die eiser by die verhoor ingeneem is, nl., om die egtheid van 'n heel aantal dokumente wat by die saak betrokke was asook inskrywings in amptelike registers, te betwis; om die getuies van die verweerders met herhaling en langdurige kruisverhoor te ondervra oor H besonderhede, ongeag die belangrikheid daarvan, en om aantygings van onbehoorlike optrede (sommige waarvan ernstig van aard was, en ander minder ernstig) te maak teen byna elke polisiebeampte wat namens die verweerders getuig het, asook teen die hoof van die gevangenis te Gobabis - byna almal van welke aantygings uiteindelik bevind is ongegrond te wees. Daardie houding het tot gevolg gehad dat die verhoor 29 hofdae in beslag geneem het en dat die oorkonde, uitgesonder die bewysstukke en die uitspraak van die Verhoorregter, meer as 1 200 bladsye beslaan. Ek sal dus in my relaas

Muller AR

van die gebeure alleen die belangrike feite weergee sonder om, op hierdie stadium, in te veel besonderhede in te gaan.

Mnr. Kraatz, die eiser, 'n vrygesel van 39 jaar, woon saam met sy moeder, 'n weduwee, op die plaas Okatjambua, ongeveer 60 myl van die A dorp Gobabis. Mnr. Kraatz is ook die eienaar van 'n aangrensende plaas, Travena. Laasgenoemde plaas het vroeër behoort aan 'n sekere mnr. Tromp (na wie ek verder sal verwys as wyle mnr. Tromp) en dit is na sy dood geregistreer op die naam van sy nablywende eggenote (na wie ek sal verwys as die weduwee Tromp). Sy het die plaas gedurende Februarie 1967 aan mnr. Kraatz verkoop.

B In die tyd toe wyle mnr. Tromp op die plaas Travena geboer het, was daar 'n Boesman in sy diens, ene Justus Katuka, wat op die plaas Travena woonagtig was. Na mnr. Tromp se dood het Justus op die plaas aangebly in diens van mnr. Kraatz. Toe Justus gedurende November 1967 uit mnr. Kraatz se diens getree het, het hy sy besittings op 'n C donkiekar gelaai om dit te verwyder na 'n naburige plaas waar hy by iemand anders in diens sou tree. Op die donkiekar was daar ook 'n aantal sinkplate wat Justus afgehaal het van die hut (ook soms in die getuienis na verwys as 'n Bantoe-huis of pondok) waarin hy op Travena gewoon het. Justus het skynbaar nie trekdiere gehad om die kar te trek nie, en mnr. D Kraatz het die donkiekar gevind op die plaas Travena met Justus se besittings en die sinkplate daarop. Hy het toe die sinkplate van die kar afgehaal; dit op sy eie voertuig gelaai, en verwyder na die plaas Okatjambua waar hy dit in 'n buitegebou toegesluit het.

E Ongeveer twee weke nadat mnr. Kraatz die sinkplate geneem het, soos voormeld, het Justus Katuka by die Du Plessis polisiestasie (Du Plessis is die naam van 'n polisiewyk in die Gobabis distrik) 'n klagte van diefstal teen mnr. Kraatz ingedien. 'n Verklaring is van Justus geneem, die tersaaklike gedeelte waarvan soos volg lees:

'Ek is nou werksaam te plaas Arcadia-Noord in diens van mev. Rouster vir ongeveer 'n week.

F Ek was voorheen werksaam op die plaas Travena en wel in diens van mnr. Otto Kraatz vir ongeveer drie maande. Tydens my ontslag ongeveer veertien dae terug wou ek my eiendom verwyder, naamlik 'n aantal sinkplate en 'n donkiekar wat ek by my vorige werkgewer mnr. Tromp gekry het. Mnr. Kraatz het egter my verhinder, hy het tien halwe sinkplate van my donkiekar afgehaal en op sy kar gelaai in die teenwoordigheid van Ovambo mans, Adriaan en Pedro wat by hom werk asook Boesman Willem. Ek het dit gesien. Hy is toe weg daarmee.

G Ek het aan hom dieselfde dag gevra waarom hy my goed vat. Sy antwoord was dat hy dit gekoop het en dit sal vat.

Die waarde bereken ek op R10. Die donkiekar het ek dieselfde dag verwyder.

Ek verlang polisie ondersoek, omdat dit my wettige eiendom is en niemand die reg het om dit van my te neem nie.

My vorige werkgewer, nou oorlede, mnr. Nicolaas Tromp het dit aan my geskenk. Ek het vir baas Nicolaas nege jaar gewerk. Missies Tromp het die plaas verkoop aan mnr. Kraatz. Baas Smit weet daarvan, want hy het ook lank op die plaas gebly, hy bly nou in Eindhoek. Boesman Lappie wat H by Okaropilio werk weet ook, asook Willem wat daar werk.

Ek verlang vervolging.'

Justus se klagte is aangeteken en, nadat 'n sake-dossier geopen is, is die stukke aangestuur na die Steinhausen polisiestasie omdat die beweerde misdaad in die Steinhausen polisiewyk gepleeg sou gewees het. Die polisie te Steinhausen het die saak ondersoek as gevolg waarvan verklarings van verskillende persone geneem is. Op een stadium is die dossier, soos die gebruik is, aangestuur na die distrikskommandant van

Muller AR

polisie te Gobabis vir sy oorsig en opdragte. Luitenant van Niekerk het die stukke nagesien en die dossier teruggestuur na Steinhausen met die opdrag dat 'n behoorlike ondersoek ingestel word en stawende verklarings geneem word, wat wel gedoen is.

A Op 22 Januarie 1968 het sersant Pieterse na die plaas Okatjambua gegaan om mnr. Kraatz persoonlik te spreek. Op daardie stadium was daar, behalwe Justus Katuka se verklaring, ook ander verklarings in die betrokke dossier wat stawing gebied het vir Justus se bewerings dat hy die betrokke sinkplate as geskenk gekry het van sy vorige werkgewer, B wyle mnr. Tromp; dat hy die sinkplate gebruik het om vir hom 'n hut (pondok) op die plaas Travena te bou; dat hy, by beëindiging van sy diens by mnr. Kraatz, die sinkplate op sy donkiekar gelaai het met die doel om dit saam met hom te neem; dat die donkiekar met sy besittings op C die plaas Travena gestaan het, en dat mnr. Kraatz die sinkplate van die donkiekar afgehaal het en na die plaas Okatjambua geneem het, maar geeneen van die persone van wie verklarings geneem is, kon sê wat daarna van die sinkplate geword het nie.

Dit is gemene saak dat sersant Pieterse op 22 Januarie 1968 mnr. Kraatz gespreek het op die plaas Okatjambua in die teenwoordigheid van D laasgenoemde se moeder, maar daar is 'n botsing tussen die getuienis van sersant Pieterse en dié van mnr. Kraatz aangaande die houding wat laasgenoemde ingeneem het. Volgens sersant Pieterse het hy vir mnr. Kraatz verwittig dat hy 'n klagte van diefstal, wat deur die Boesman Justus Katuka ingedien is met betrekking tot sekere sinkplate, E ondersoek. Nadat mnr. Kraatz volgens regtersreëls gewaarsku is, het hy verkies om geen verduideliking te gee nie en het hy 'n dokument onderteken wat soos volg lui:

'Ek is vandag deur Sersant Pieterse volgens Regtersreëls gewaarsku dat ek nie nodig het om 'n verklaring te maak nie, maar indien ek 'n verklaring maak dit as getuienis teen my in die hof gebruik kan word.

Ek verkies om geen verklaring te maak nie.'

F Gedurende hulle gesprek het sersant Pieterse aan mnr. Kraatz verduidelik dat hy die sinkplate as bewysstukke benodig en wou weet waar die sinkplate is. Mnr. Kraatz se antwoord was dat hy die sinkplate het, maar dit nie sou afgee nie, en dat hy ook nie sou sê waar dit is nie.

Mnr. Kraatz en sy moeder, so het die sersant getuig, het soos besetenes G te kere gegaan en, onder meer, vir hom (sersant Pieterse) vergelyk met 'n Boesman en gesê dat die Boesmans seker sy baas is. Mnr. Kraatz het ook gesê dat hy nie sou toelaat dat die sersant sy persele deursoek vir die sinkplate nie sonder dat hy 'n 'brief' bring wat hom daartoe magtig. Daarop het sersant Pieterse gesê dat hy dan na Gobabis sou gaan om 'n 'brief' (visenteringslasbrief) te verkry; waarop mnr. Kraatz gesê het H dat hy ook self na Gobabis sou gaan om die distrikskommandant, majoor Faber, te sien.

Mnr. Kraatz se relaas van wat op die plaas gebeur het, en wat daar gesê is, het in belangrike opsigte verskil van sersant Pieterse se getuienis. Hy het ontken dat hy en sy moeder enige onbeskofte aanmerkings teenoor die sersant gemaak het; hy het ontken dat hy gesê het hy sou nie sê waar die sinkplate is nie en dat hy dit ook nie sou afgee nie. Volgens hom, het hy verduidelik dat die sinkplate sy eiendom is omdat hy dit saam met die plaas gekoop het. Hy het wel gesê dat die

Muller AR

sersant 'n 'brief' moet bring wat hom magtig om die plate te neem, en dat hy (mnr. Kraatz) ook na Gobabis sou gaan om majoor Faber te spreek.

Dit was gemene saak tussen die partye dat sersant Pieterse dieselfde dag A reguit van die plaas na Gobabis gery het, en hy is later gevolg deur mnr. Kraatz en sy moeder.

Volgens sersant Pieterse, het hy by sy aankoms op Gobabis aansoek gedoen by die landdros om twee lasbriewe: een 'n lasbrief wat...

To continue reading

Request your trial
26 practice notes
  • Minister of Safety and Security v Sekhoto and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...2008 (1) SACR 56 (CC) (2007 (10) BCLR 1102): referred to Minister van die Suid-Afrikaanse Polisie en 'n Ander v Kraatz en 'n Ander 1973 (3) SA 490 (A): referred Minister van Wet en Orde v Matshoba 1990 (1) SA 280 (A): referred to Mistry v Interim Medical and Dental Council of South Africa a......
  • S v Francis
    • South Africa
    • Invalid date
    ...784 (A); S v Tshoko en 'n Ander 1988 (1) SA 139 (A); Minister van die Suid-Afrikaanse Polisie en 'n Ander v Kraatz en 'n Ander 1973 (3) SA 490 (A) at Cur adv vult. Postea (26 November 1990). Judgment G Smalberger JA: Twelve accused, including the two appellants, were arraigned in the Natal ......
  • Minister of Safety and Security v Sekhoto and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...2008 (1) SACR 56 (CC) (2007 (10) BCLR 1102): referred to Minister van die Suid-Afrikaanse Polisie en 'n Ander v Kraatz en 'n Ander 1973 (3) SA 490 (A): referred to E Minister van Wet en Orde v Matshoba 1990 (1) SA 280 (A): referred Mistry v Interim Medical and Dental Council of South Africa......
  • S v Munonjo en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...of Advocates, Natal 1973 (4) SA 784 (A) op 790H-791A; Minister van die Suid-Afrikaanse Polisie en 'n Ander v Kraatz en 'n Ander 1973 (3) SA 490 (A) op 501A-B; Publications Control Board v William Heinemann Ltd and Others 1965 (4) SA 137 (A) op 163C-D; S v Bernardus 1965 (3) SA 287 (A) op 29......
  • Request a trial to view additional results
26 cases

26 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT