Matlou v Makhubedu

JurisdictionSouth Africa
JudgeRumpff HR, Jansen AR, Kotzé AR, Miller AR en Trengove Wn AR
Judgment Date21 November 1977
Citation1978 (1) SA 946 (A)
Hearing Date01 September 1977
CourtAppellate Division

Rumpff, H.R.:

Die respondent was die eiser in 'n saak waarin hy die Minister van Polisie en appellant as verweerders aangespreek het om D skadevergoeding te betaal. Hy het beweer dat appellant, na wie ek as verweerder sal verwys, 'n polisieman was en dat dié hom met 'n pistool in die rug geskiet het en hom gearresteer het op 'n klag van oortreding van art. 36 van Wet 62 van 1955. Die eis teen die Minister is teruggetrek en 'n ooreenkoms is aangegaan ten opsigte van die bedrag van skadevergoeding. E Die eiser het gelslaag en die verweerder kom tans in hoër beroep. Daar is twee vraagstukke voor hierdie Hof, nl. watter vertolking gegee moet word aan art. 37 (1) van die Straproseswet, 56 van 1955, en of die verweerder in die onderhawige saak wel 'n onregmatige daad gepleeg het toe hy eiser in die rug geskiet het. Die feite kan kortliks opgesom word. Op 'n dag in F maart 1975 was eiser in sy ouerlike huis in Saulsville, 'n swart woonbuurt naby Pretoria. iemand het geklop en met my moeder gepraat en gesê dat hymansbroeke verkoop. Sy moeder wou nie koop nie en dié persoon, ene Jim make, het toe eiser gesien wat aan hom bekend was en hom gevra om 'n ent saam te loop. Hy het aan eiser vertel dat hy broeke verkoop namens 'n blanke man. Op 'n stadium toe hulle by 'n huis was en Jim 'n broek aan G sekere vroue gewys het, het Jim en ook eiser 'n polisievoertuig gesien en hulle het weggehardloop in verskillende rigtings. Dit is duidelik dat verweerder die polisieman was wat beide Jim en eiser wou arresteer omdat hy vermoed het dat hulle besig was om gesteelde goed te verkoop en dat verweerder op die eiser gevuur het en hom in die rug getref het. Volgens H die manier waarop die getuienis voorgelê is en die kruisondervraging van die getuies is dit feitlik onmoontlik om vas te stel hoe ver verweerder van die betrokke huis was toe hy op eiser geskiet het en ook hoe ver eiser van verweerder was toe hy deur verweerder geskiet is. Die uitspraak van die Hof a quo verskyn onder Makhubedu v Minister van Polisie en 'n Ander, in 1977 (1) SA 420 (T), waarin 'n uiters verkorte weergawe van wat gebeur het verskyn. Die Verhoorhof het tot geen bevindings geraak in verband met sekere botsende getuienis aangaande die beweerde afstande nie, en die getuienis as geheel gee 'n powere prent van wat gebeur het. Vir

Rumpff HR

doeleindes van hierdie appèl is dit onnodig om die botsende getuienis te behandel. Daar is egter wel drie feite wat moet gekonstateer word. In sy uitspraak sê die Verhoorregter dat die verweerder gesê het dat hy besig A was om 'n inbraak by 'n Weermag-depot te ondersoek. Dit is 'n fout. Die getuie het nooit na 'n Weermag-depot verwys nie, maar wel na 'n winkel. By die toepassing van die reg, waarna later verwys word, het die Verhoorregter o.a. bevind dat daar alle rede was om te veronderstel dat die eiser bekend was aan die mense aldaar en dat dit nie so moeilik gelyk B het om hom op te spoor nie. Dit het later geblyk dat eiser in die omgewing gewoon het maar daar is geen getuienis dat verweerder eiser geken het of kon vermoed het dat hy in die omgewing bekend was nie. Die Verhoorregter het ook bevind:

"Daar was geen poging om in die bene te skiet nie. Eiser is in die rug geskiet".

Dit is ook foutief. In sy hoofgetuienis het verweerder op 'n vraag of hy 'n waarskuwingskoot geskiet het, voordat hy na eiser gemik het, gesê:

C "Nee ek het reguit na hom geskiet, ek het nie 'n waarskuwingskoot geskiet nie".

In kruisondervraging het verweerder o.a. die volgende gesê:

"Hoeveel rondtes patrone het hy gehad in jou pistool toe jy die eerste skoot geskiet het, of die enigste skoot geskiet het? - Ek kan nie onthou nie, dit kon drie wees. Ons het die betrokke dag van die skietbaan afgekom en ek het daarso 'n paar rondtes afgeskiet.

D Waar het hy gemik om te skiet? Waar wou jy die eiser skiet? - Ek het geskiet maar die bedoeling was om sy bene te skiet, maar ek het gehardloop."

En verder aan:

"Jy wou hom geskiet het? - Ja, voor sy voete of sy bene skiet.

Maar jy wou hom nie in sy rug skiet nie? - Nee."

Ek dink dat dit aanvaar kan word dat verweerder, al hardlopende, in die E rigting van die bene van eiser gemik het. Volgens die nadere besonderhede verskaf deur eiser skyn die ingang van die wond egter nie hoog in die rug te gewees het nie. Die beserings is hoofsaaklik in die buikgebied gevind.

Wat inhegtenisneming of arrestasie betref, het die wetgewing aangaande geweld wat vir die doel gebruik mag word, aanleiding gegee tot 'n mate van F onduidelikheid en selfs verwarring, sien, bv., Sambo v Milns, 1973 (4) SA 312 (T), en die verskillende beslissings waarna verwys word en ook die bespreking van S. v Mnanzana, 1966 (3) SA 38 (T), deur W. S. de Wet, in die T.H.R.H.R., band 29 (1966), bl. 351. Dat die gemene reg oor hierdie onderwerp sekere algemene standpunte gehuldig het, en dat daar spesiale plakate uitgevaardig is, blyk o.a. uit Moorman en Van Hasselt se G Verhandelinge over die Misdaden en Der Selver Straffen, (1974), waarin in 2.2. onder die titel,, Welke menschen straffeloos moogen gedood worden?" in para. IV die volgende gemeld word:

"Ook mogen se mede worden gedood, die den officier ofte syne dienaren, uit last der overheit gesonden om hen in hechtenis te neemen, met gewelt durven wederstaen; want, soo sy geen gewelt gebruiken, maer alleenlyk met de vlucht trachten te ontkoomen, soude het nie geoorloft zyn hen in de H vlucht te dooden, ten waare hunne misdaet genoegsaem beweesen, en van die natuur was, dat hunne ontkoming, aen de Republicq groot nadeel soude konnen toebrengen: want andersins is de vlucht van een aengeklaegde alleen geen wettige reden, om hen te moogen dooden; dewyl selfs onschuldigen dat middel, als het allerveiligste, meenigmael gebruiken, niet soo seer denkende, wat een Rechter moet, dan wat hy kan doen. (Matthaeus, De Crimin. 48.5.10.)"

Reeds in die Practijcke in Criminele Saken van Damhouder (1660) word op bl. 21 gesê:

"d'Executeur en mach om geene rebellie den deliquant in 't vangen doodt-slaen alwaer 't oock dat hy ballingh ofte wetteloos waer oft andersins de doodt wel verdient hadde want niemand geoorloft te dooden dan den juge wien de macht daer toe gegeven is

Rumpff HR

nochtans hadde d'executeur expres last gehadt levende of doodt te bringen oft dat de rebellie soo groot ware dat d'executeur hem nootsakelijck weren moeste soo soude hy van den doodt-slagh ge-excuseert zijn; van't quetsen oft mincken en heeft d'executeur niet te verantwoorden alsoo verre dat blijcke van der rebellie."

A En dan vind mens dat lank daarna Van der Keessel in sy Praelectiones Ad Jus Criminale (vertaling Beinart en Van Warmelo) die volgende in band II, bl. 613, 615, aangaande arrestasie verklaar:

"Wherever. Whether he be found in public, or whether he is in hiding at his home. For when it is said that everyone's home is his safest refuge, and that (formerly) no one could be dragged to court from his home, this pertains to civil, not to criminal cases, as also appears from the B inscription to D.50.17.103 read with D 2.3.19 and 2.4.18, which deal with a private summons to court in civil cases. (Gothofredus, ad D.50.17, fr. 103 is to a slightly different effect.)

Further, an accused who is in hiding can be called out of sacred buildings and apprehended, at any rate where he is being prosecuted for the more serious offences, such as homicide, adultery, abduction of maidens: Nov. 17.7. By inference from C 1.12.3.4 and 6.10(6) this ought, it seems, to be extended also to other offences.

C Apprehend. Leyser, Meditations on the Pandects, spec. 563, medit. 8, questions whether in apprehending a person the magistrate or his attendants can rightfully employ stratagem or deceit, and he approves of the affirmative view, substantiating it with a famous example.

What if the accused resists the attendants wishing to apprehend him, or he takes to fight? There are commentators who believe that in either case the accused can be killed by the attendants, but Matthaeus, On Crimes, D 48.14.1.4, correctly argues against these commentators. Plainly the flight of the accused, which natural instinct virtually drives him to snatch at, is beyond all civil penalty. Consequently, just as he cannot be punished on that account by a Judge, much less so ought he to be killed by the attendants. As regards the other case, where the accused resists with force, it appears that it must also be said that the accused ought to be spared, in so far as this can be done without danger to the attendants; if he cannot so be spared, the attendants without doubt can defend E themselves, just as they can against any other person: consult Voet, 48.3.2. Indeed, they are the more able to do so, since they are engaged in a lawful activity and on the reasoning of D.9.2.29 use force in the exercise of their office. Leyser, loc. cit., spec. 563, medit. 13, states the same also with regard to private citizens wishing to apprehend an accused person."

Wanneer die verdagte hom verset en geweld teen hom gebruik kan word, of F wanneer hy vlug en deur geweld verhinder kan word, is daardie geweld uit die aard van die saak opsetlike geweld. nou is die vraagstuk watter mate van geweld gebruik mag word. Dit wil voorkom of die skrywers hier, wanneer hulle oor geoorloofde dood handel, opsetlike dood in gedagte gehad het. Omdat geweld en gevolglike verwonding implisiet by arrestasie veronderstel G moet word (soos ook deur Damhouder genoem word), volg dit dat ernstige weerstand ook ernstige verwonding tot gevolg kan hê. Gaan mens die skrywers na is dit duidelik dat hulle besonder klem lê op die feit dat daar 'n vermoede moet bestaan dat die verdagte 'n misdaad begaan het voordat daar gearresteer word, en dat daar ter wille van die reg 'n ondersoek moet plaasvind. Skuldigdes moet nie toegelaat word om te ontsnap H nie, maar aan die ander kant, word dit beklemtoon dat onskuldigdes ook op...

To continue reading

Request your trial
75 practice notes
  • Masuku and Another v Mdlalose and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...of Police and Others 1981 (2) SA 544 (E): referred to Masikane v Smit and Another 1965 (4) SA 293 (W): considered F Matlou v Makhubedu 1978 (1) SA 946 (A): Mcangyangwa v Nzima 1993 (1) SA 706 (E): applied Mhlongo and Another NO v Minister of Police 1978 (2) SA 551 (A): referred to Minister ......
  • Ex parte Minister of Safety and Security and Others: In re S v Walters and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...L Ed D 899): dictum at 39 (US) and 901 (L Ed) applied Macu v Du Toit en 'n Ander 1983 (4) SA 629 (A): referred to Matlou v Makhubedu 1978 (1) SA 946 (A): referred Mazeka v Minister of Justice 1956 (1) SA 312 (A): referred to McCann and Others v United Kingdom (1996) 21 EHRR 97: referred to ......
  • Ex parte Minister of Safety and Security and Others: In re S v Walters
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(27 L Ed 899): dictum at 39 (US) and 901 (L Ed) applied Macu v Du Toit en 'n Ander 1983 (4) SA 629 (A): referred to Matlou v Makhubedu 1978 (1) SA 946 (A): referred to Mazeka v Minister of Justice 1956 (1) SA 312 (A): referred to J 2002 (2) SACR p110 McCann and Others v United Kingdom (1996......
  • Competition Commission of South Africa v Media 24 (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...2005 (6) SA 419 (CC) (2005 (9) BCLR 835; [2005] 8 BLLR 749; [2005] ZACC 8): dicta in paras [22] – [23] applied Matlou v Makhubedu 1978 (1) SA 946 (A): referred Media 24 (Pty) Ltd v Competition Commission 2018 (4) SA 278 (CAC): confirmed on appeal Media Workers Association of South Africa an......
  • Request a trial to view additional results
70 cases
  • Masuku and Another v Mdlalose and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...of Police and Others 1981 (2) SA 544 (E): referred to Masikane v Smit and Another 1965 (4) SA 293 (W): considered F Matlou v Makhubedu 1978 (1) SA 946 (A): Mcangyangwa v Nzima 1993 (1) SA 706 (E): applied Mhlongo and Another NO v Minister of Police 1978 (2) SA 551 (A): referred to Minister ......
  • Ex parte Minister of Safety and Security and Others: In re S v Walters and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...L Ed D 899): dictum at 39 (US) and 901 (L Ed) applied Macu v Du Toit en 'n Ander 1983 (4) SA 629 (A): referred to Matlou v Makhubedu 1978 (1) SA 946 (A): referred Mazeka v Minister of Justice 1956 (1) SA 312 (A): referred to McCann and Others v United Kingdom (1996) 21 EHRR 97: referred to ......
  • Ex parte Minister of Safety and Security and Others: In re S v Walters
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(27 L Ed 899): dictum at 39 (US) and 901 (L Ed) applied Macu v Du Toit en 'n Ander 1983 (4) SA 629 (A): referred to Matlou v Makhubedu 1978 (1) SA 946 (A): referred to Mazeka v Minister of Justice 1956 (1) SA 312 (A): referred to J 2002 (2) SACR p110 McCann and Others v United Kingdom (1996......
  • Competition Commission of South Africa v Media 24 (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...2005 (6) SA 419 (CC) (2005 (9) BCLR 835; [2005] 8 BLLR 749; [2005] ZACC 8): dicta in paras [22] – [23] applied Matlou v Makhubedu 1978 (1) SA 946 (A): referred Media 24 (Pty) Ltd v Competition Commission 2018 (4) SA 278 (CAC): confirmed on appeal Media Workers Association of South Africa an......
  • Request a trial to view additional results
5 books & journal articles
  • The duty to prove each and every element of the offence
    • South Africa
    • Juta South African Criminal Law Journal No. , May 2019
    • May 24, 2019
    ...1973 (3) SA 526 (T) at 529H-530A; S v Ngwenya 1979 (2) SA 96 (A) at 100B; See also C W H Schmidt, Die Bewyslas' (1964) 23 THRHR 42. 66 1978 (1) SA 946 (A). 67 Section 37 (1) of Act 56 of 1955 authorised the killing of somebody who fled or resisted arrest if there was no other means of subdu......
  • Recent Case: Criminal procedure
    • South Africa
    • Juta South African Criminal Law Journal No. , May 2019
    • May 24, 2019
    ...to have been finally settled by the Appellate Division in Matlou v Makhubedu © Juta and Company (Pty) Ltd Recent Cases • Vonnise 123 1978 (1) SA 946 (A) which held that s 49(2) protects arrestors who only injure arrestees — provided they are suspected of having committed a Schedule One off......
  • An analysis of the wording, interpretation and development of the provisions dealing with the use of lethal force in effecting an arrest in South African criminal procedure
    • South Africa
    • Juta South African Criminal Law Journal No. , September 2019
    • September 6, 2019
    ...was to effect an arrest. However, Rumpff CJ refers to Van der Keessel’s Praelections ad Jus Criminale in the case of Matlou v Makhubedu 1978 (1) SA 946 (A), where it is held that the use of deadly force to effect an arrest is only warranted in cases of self-defence.2 Cowling op cit (n1) 103......
  • Comment: Deadly force and fugitive justice in the balance: The old and the new face of section 49 of the Criminal Procedure Act
    • South Africa
    • Juta South African Criminal Law Journal No. , May 2019
    • May 24, 2019
    ...limits imposed were as follows: (i) The imposition of objective limits on the conduct of the arrestor Rumpff CJ in Matlou v Makhubedu 1978 (1) SA 946 (A) emphasized that s 49(2) had to be read in the light of the following pragmatic limits: `If the circumstances permit, an oral warning shou......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT