Masombuka v Constantia Versekeringsmaatskappy Bpk

JurisdictionSouth Africa
Citation1987 (1) SA 525 (T)

Masombuka v Constantia Versekeringsmaatskappy Bpk
1987 (1) SA 525 (T)

1987 (1) SA p525


Citation

1987 (1) SA 525 (T)

Court

Transvaalse Provinsiale Afdeling

Judge

Kriegler R

Heard

April 28, 1986

Judgment

April 28, 1986

Flynote : Sleutelwoorde

Versekering — Wet op Verpligte Motorvoertuigversekering 56 van 1972 art 23 (b)(ii) — Uitsluiting van versekeraar se aanspreeklikheid waar beseerde lid is van bestuurder van voertuig se huishouding — Artikel 23 (b)(ii) alleen van C toepassing waar bestuurder van versekerde voertuig die (of 'n) hoof was van huishouding waarvan beseerde passasier 'n lid was, en nie slegs 'n lid daarvan nie.

Vervoerder — Padvervoer — Wet op Padvervoer 74 van 1977 — Uitleg van woorde 'vervoer van persone... teen vergoeding' in art 1 van Wet — Kousaliteitsvereiste in D omskrywing van padvervoer' in art 1 deurslaggewend — Vergoeding moet teenprestasie wees vir vervoerhandeling, met ander woorde daar moet 'n resiprositeit tussen twee elemente wees.

Headnote : Kopnota

Die uitsluiting van 'n bevoegde versekeraar se aanspreeklikheid om skadevergoeding te betaal, op grond van die beseerde se E lidmaatskap van 'n huishouding, in art 23(b)(ii) van die Wet op Verpligte Motorvoertuigversekering 56 van 1972 is alleen van toepassing waar die bestuurder van die versekerde voertuig ten tye van die betrokke voorval die (of 'n) hoof was van die huishouding waarvan die beseerde passassier 'n lid was, en nie slegs 'n lid daarvan nie.

Die antwoord op die vraag watter uitleg aan die woorde 'vervoer van persone... teen vergoeding' in art 1 van die Wet op Padvervoer 74 van 1977 gegee moet word, lê in die kousaliteitsvereiste wat in die omskrywing van 'padvervoer' in F art 1 van die Wet deur die woorde 'vervoer' en 'teen' aangedui word. Die vergoeding, watter vorm dit ookal aanneem, moet die teenprestasie wees vir die vervoerhandeling, met ander woorde daar moet resiprositeit tussen die twee elemente wees.

Flynote : Sleutelwoorde

Insurance — Compulsory Motor Vehicle Insurance Act 56 of 1972 s 23(b)(ii) — Exclusion of insurer's liability where G injured person is member of driver's household — Section 23(b)(ii) only applicable where driver of insured vehicle is the (or a) head of household of which injured passenger a member, and not merely a member thereof.

Carrier — Road Transportation — Road Transportation Act 74 of 1977 — Meaning of phrase 'conveyance of persons... for reward' in s 1 of Act — Requirement of causality in definition of 'road transportation' in s 1 of crucial importance — Reward must be consideration for act of H conveyance, ie there must be a reciprocity between the two elements.

Headnote : Kopnota

The exclusion of an authorised insurer's liability to pay damages, on the basis of the injured passenger's membership of a household in s 23(b)(ii) of the Compulsory Motor Vehicle Insurance Act 56 of 1972, is only applicable where the driver of the insured vehicle was at the time of the incident the (or I a) head of the household of which the injured passenger was a member, and not merely a member thereof.

The answer to the question of which construction should be given to the phrase 'conveyance of persons... for reward' in s 1 of the Road Transportation Act 74 of 1977, lies in the requirement of causality which is indicated in the definition of 'road transportation' in s 1 of the Act by the words 'conveyance' and 'for'. The reward, whichever form it takes, must be the consideration for the act of conveyance, ie there must be reciprocity between the two elements. J

1987 (1) SA p526

Case Information

Aksie om skadevergoeding. Die feite blyk uit die uitspraak.

D A Neser namens die eiser.

B P Geach namens die verweerder.

Judgment

Kriegler R:

Hierdie is 'n aksie om skadevergoeding ingevolge B die Wet op Verpligte Motorvoertuigversekering 56 van 1972. Dit spruit voort uit 'n motorongeluk waarin die eiser se minderjarige dogter Nomquibelo haar rug gebreek het. Sy is dientengevolge blywend verlam in die onderlyf.

Die eiser vorder in sy hoedanigheid as vader en natuurlike voog van Nomquibelo skadevergoeding vir verlies aan verdienste en C die koste van geneeskundige behandeling wat aangegaan sal word as gevolg van daardie besering.

Dit is gemeensaak dat gemelde skade die bedrag van R12 000 te bowe gaan kom. Dit is ook gemeensaak dat die motorvoertuig waarvan die dogter ten tye van die ongeluk 'n insittende was:

(a)

D deur die verweerder verseker is ingevolge Wet 56 van 1972;

(b)

'n Kombi was wat behoort het aan Geelbooi Ntuli, die eiser se swaer;

(c)

deur Geelbooi Ntuli geleen is aan sy broer, April Ntuli;

(d)

bestuur is deur Moses Masombuka, die eiser se seun, met E April Ntuli, Nomquibelo en vyf ander persone as insittendes;

(e)

terwyl hulle met 'n grondpad in die omgewing van Dennilton gery het, die pad byster geraak en op sy linkersy omgeslaan het.

Die groep was die betrokke dag, 3 Oktober 1983, op pad van Mabopane, 'n Swart woongebied te Noord-weste van Pretoria, na F die woonplek van die Ntuli's se moeder in Kwa-Ndebele waar hulle tot die volgende dag sou kuier.

Die eiser het aan sy swaer April Ntuli 'n geldelike bydrae tot die reiskoste gemaak aangesien sy kinders Nomquibelo en Moses die familiebesoek sou meemaak. April het niks onwettigs gesien in daardie optrede nie. Nomquibelo was daar onbewus van.

G Nomquibelo en Moses was albei destyds op skool en het in hul ouerhuis by die eiser gewoon. Moses het sowat 'n maand tevore 'n leerlingrybewys bekom gehad. Sy oom April, 'n ervare motorbestuurder, het links voor in die Kombi gesit en na 'n ruk ingedut. Intussen ry Moses voort. Hy ry so vinnig dat die H insittendes, veral sy tante, Sophie Mahlangu, hom by herhaling daaroor berispe het. Hy steur hom egter nie daaraan nie. Kort voor die ongeluk word April uit sy slapie gewek deur die vreesbevange geskree van die passasiers in die voertuig. Op daardie stadium was hulle reeds naby Ouma Ntuli se stad. Hulle was reeds af van die hoofweg af en ry toe met 'n grondpad. Dié is deur April beskryf as so sleg dat 'n mens daar met uiterse I bedagsaamheid moes ry. Daar was knikke en slaggate en bowendien het daar van hoër grond regs van die pad sand en klippe op die pad gespoel gehad. Van die klippe was so groot dat 'n mens hulle met 'n voertuig sou moes vermy. Hulle was op 'n afdraande en het 'n draai na links genader. Volgens April sou hy daar teen 30 kilometer per uur gery het. Moses ry egter J teen 80 kilometer per uur. Toe die voertuig teen die afdraande skielik na regs swenk, raak hy

1987 (1) SA p527

Kriegler R

verbouereerd, trap petrol in plaas van rem, pluk die stuurwiel A na links en verloor beheer oor die voertuig. Die voertuig het kort daarna links van die pad afgegaan en omgeval.

Na die ongeluk het April gesien dat albei die voorwiele pap was. Daar was 'n stuk doringdraad in die regtervoorband wat B vermoedelik die oorsaak daarvan was dat dit pap geword het.

Dit, in 'n neutedop, is die tersaaklike feiteagtergrond waarteen die geskilpunte besleg moet word. Ofskoon daar op die pleitstukke heelwat meer in geskil was, is daar in betoog namens die verweerder op slegs drie gronde gesteun. In die lig van die onbetwiste of bewese feite was mnr Geach, wat namens die verweerder opgetree het, ongetwyfeld korrek in sy besluit C om die verweergronde aldus te beperk.

Die drie verwere wat dan oorweeg moet word is, ten eerste, òf daar 'n kousale verband tussen Moses se nalatigheid en die ongeluk bewys is. Ten tweede moet uitgemaak word of die vordering getref word deur die uitsluiting van aanspreeklikheid wat by art 23(b)(ii) van Wet 56 van 1972 daargestel word. Ten D derde werp die verweerder die verweer op dat die finansiële reëling tussen eiser en April Ntuli tot eiser se wete in stryd met die bepalings van die Wet op padvervoer 74 vn 1977 was, dat Nomquibelo dus onwettig vervoer is en dat haar vordering stuit teen die beleidsbeginsel nemo ex suo delicto meliorem suam conditionem facere potest.

E Ek behandel iedereen van die verwere agtereenvolgens.

Kousaliteit: Meneer Geach se betoog namens die verweerder het, soos ek dit begryp het, so in mekaar gesteek. Moses was nou wel nalatig in die wyse wat hy bestuur het, maar dit was nie 'n oorsaak van die ongeluk nie. Die regtervoorband van die versekere voertuig het waarskynlik pap geword as gevolg van die F stuk doringdraad wat ná die ongeluk daarin gesien was. Daardie papword het waarskynlik die swaai na regs veroorsaak wat Moses vanweë sy onervarendheid van stryk gebring het. Die swaai was skielik en het 'n noodtoestand geskep. Nou, so lui die betoog, moet gevra word of die noodtoestand nie sou ontstaan het hoe vinnig of stadig die voertuig op daardie stadium ookal beweeg het nie. Tensy daar 'n oorwegende waarskynlikheid is dat die G noodtoestand teen 'n stadiger spoed nie sou ontstaan het nie, moet die vordering misluk. Daardie betoog gaan nie op nie, nie eers met aanvaarding van mnr Geach se uitgangspunte nie.

Die getuienis van Moses en van Sophie Mahlangu is dat die insittendes herhaaldelik vir eersgenoemde daarop gewys het dat hy te vinnig ry. Dat hy ver te vinnig gery het, is duidelik. Sy H jeugdige voortvarendheid en sy onervarendheid as bestuurder sou nouliks as verskoning kon gedien het vir die hoë spoed waarteen hy op daardie gevaarlike pad voortgesnel het. Die redelike jong leerlingbestuurder kan nie daarvan onbewus wees dat 'n hoë spoed gevaarlik is nie. Moses het in 'n stedelike gebied gewoon en was in matriek. Ten tye van die ongeluk het hy I sy leerlinglisensie reeds 'n maand gehad. Ek kan my nie indink dat hy so ongekunsteld kon gewees het dat hy, ondanks die vermanings aan die kant van sy passasiers, nie geweet het nie dat hy so vinnig ry dat sy beheer oor die voertuig in gevaar was. Die rede hoekom die wiel se papword en die swaai na regs 'n noodtoestand...

To continue reading

Request your trial
3 practice notes
  • Road Accident Fund v Mtati
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Jaga v Dönges NO and Another; Bhana v Dönges NO and Another 1950 (4) SA 653 (A) Masombuka v Constantia Versekeringsmaatskappy Bpk 1987 (1) SA 525 (T) F Mineworkers Investment Company (Pty) Ltd v Modibane 2002 (6) SA 512 (W) Public Carriers Association and Others v Toll Road Concessionaries ......
  • Du Plessis and Another v Road Accident Fund
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Bhana v Dönges NO and Another 1950 (4) SA 653 (A): dictum at 664E - H B applied Masombuka v Constantia Versekeringsmaatskappy Bpk 1987 (1) SA 525 (T): Stegen and Others v Shield Insurance Co Ltd 1976 (2) SA 175 (N): applied Union and South West Africa Insurance Co Ltd v Fantiso 1981 (3) SA ......
  • Du Plessis and Another v Road Accident Fund
    • South Africa
    • Natal Provincial Division
    • 24 May 2001
    ...(A) at 3003; Stegen and Others v Shield Insurance Co Ltd 1976 (2) SA 175 (N) at 177; Masombuka v Constantia Versekeringsmaatskappy Bpk 1987 (1) SA 525 (T) at 533E.) C Moreover, the literal interpretation is to be preferred unless the literal interpretation would lead to an absurdity. In Jag......
3 cases
  • Road Accident Fund v Mtati
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Jaga v Dönges NO and Another; Bhana v Dönges NO and Another 1950 (4) SA 653 (A) Masombuka v Constantia Versekeringsmaatskappy Bpk 1987 (1) SA 525 (T) F Mineworkers Investment Company (Pty) Ltd v Modibane 2002 (6) SA 512 (W) Public Carriers Association and Others v Toll Road Concessionaries ......
  • Du Plessis and Another v Road Accident Fund
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Bhana v Dönges NO and Another 1950 (4) SA 653 (A): dictum at 664E - H B applied Masombuka v Constantia Versekeringsmaatskappy Bpk 1987 (1) SA 525 (T): Stegen and Others v Shield Insurance Co Ltd 1976 (2) SA 175 (N): applied Union and South West Africa Insurance Co Ltd v Fantiso 1981 (3) SA ......
  • Du Plessis and Another v Road Accident Fund
    • South Africa
    • Natal Provincial Division
    • 24 May 2001
    ...(A) at 3003; Stegen and Others v Shield Insurance Co Ltd 1976 (2) SA 175 (N) at 177; Masombuka v Constantia Versekeringsmaatskappy Bpk 1987 (1) SA 525 (T) at 533E.) C Moreover, the literal interpretation is to be preferred unless the literal interpretation would lead to an absurdity. In Jag......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT